Kyk blomme en geniet ‘n unieke wyn-en-teeproe

Die naweek tydens die Rooibos MTB-bergfietsry-byeenkoms wat by De Tol Deli op die Piekenierskloofpas net voor Citrusdal aangebied is, was dit vir my een groot lekkerte om saam met die befame keldermeester van Piekenerskloof Wines, Alecia Boshoff en hul wynmaker, Wouter Loubscher, te proe en ervaar hoe interresant die wêreld van happies kos saam met ‘n sippie wyn en rooibostee kan wees en hoe wyn en tee telkens ander geure en teksture in kos na vore bring.

‘n Unieke ervaring, eie aan Piekenierskloof Wines en Carmién Tea, want volgens my is dit die enigste plek waar jy happies kos saam met wyn en ‘n glasie rooibostee kan proe wat nie net help as paletskoonmaker tussen die verskillende proeë deur nie, maar ook help met hidrering (waar wyn, nes koffie, ‘n dehidreerder is).

Hier is ‘n riglyn van hoe om te maak.

Watter wyn en watter tee pas by watter kos?

Vir beide wyn en tee geld dieselfde beginsel – die wyn en tee kan KOMPLIMENTEREND of KONTRASTEREND wees.

KOMPLIMENTEREND

  • Kos, tee en wyn het dieselfde geurintensiteit bv chai-tee saam met vrugte in ‘n spesrystroop of vars somervrugte met ‘n wit wyn met vrugtige tone
  • Romerige/botterige kos met romerige mondgevoel in tee (bv vanielje) en volronde gehoute smaak in wyn bv chardonnay
  • Soet saam met soet – bv koek of nagereg saam met tee en soetwyn eg sjerrie

KONTRASTEREND

  • Soet saam met sout – dink bv mosbolletjies saam met coppa of rooi wyn met baie tanniene saam met bruintjies of sjokoladekoek
  • Vetterige vleis versus surigheid in bv wit wyn of die fynbossmaak van bv ‘n groen tee of boegoe-tee
  • Speserysmake versus kruiesmake – dink bv sagte spesery-tone van ‘n Grenache Noir of in ‘n chai-tee saam met ‘n soutige kruie-beskuitjie

Die basiese beginsels van proe, hetsy vir wyn of tee bly maar dieselfde: kyk, ruik en dan proe.

En as jy die wyn, kos en tee kombineer, doen ek dit graag as volg:

Stap 1: Ruik die tee en wyn, neem dan ‘n slukkie tee, dan wyn. Rooibostee is ‘n natuurlike paletskoonmaker, bring geure na vore of versag dit.
Stap 2: Neem nog ‘n slukkie wyn en dan ‘n happie kos, daarna weer ‘n slukkie tee. Proe hoe die geure met mekaar praat. Herhaal indien verkies (ek vind by die tweede proeslag kom jy eers rerig agter hoe hulle aanklank vind by mekaar en verskillende geure en teksture na vore bring).
Stap 3: Herhaal met elk van die volgende wyne, tees en happie kos. Wat veral interressant is, is die versagtende effek wat die tee en happies kos op die suur, tanniene, gehoutheid en spesery-tone van die wyn het.

Ek verkies ook ‘n tee met ‘n groen rooibosbasis saam met wit wyne en ‘n tee met ‘n rooi rooibosbasis saam met die swaarder rooi wyne. ‘n Ligter rooi wyn soos Grenache werk met beide. Daar is egter geen reëls nie, eksperimenteer is die wagwoord. Al een wat ek nogals uitdagend vind is tamaties – onthou om daar suur met suur te ontmoet – dus ‘n surige wit wyn saam met die tamatie, nie ‘n gehoute chardonnay of swaar rooi wyn nie. Onthou ook om nie sterk kosse, soos iets wat met rissie gegeur is, te vroeg te geniet nie – dit verhoed dat jy verder enige ander geurnuanses kan optel. Hoe jy dit wel kan regstel is om ‘n paar slukke tee te neem – dit maak die palet weer skoon.

So het ons gemaak:

Op ons tafel het ons ‘n kaasbord in die kleine gehad met ‘n lekker verouderde, dog romerige Dalewood-Bolandkaas, botterige kaasstrooitjies, ‘n paar lappies Coppa van Richard Bosman en die heerlikste swart olywe. Daarby 4 wyne van Piekenierskloof en 4 potjies blom-rooibostees van Carmién Tea wat mooi op hul teekersies net warm genoeg was om hul unieke geure na vore te bring. Die tee is by 60°C bedien sonder suiker of melk; die wit wyne verkoel en die rooies by kamertemperatuur, maar vooraf oopgemaak om bietjie asem te haal.

Proe 1
Happie: verouderde Dalewood Boland-kaas
Wyn: Piekenierskloof Chenin Blanc
Tee: Carmién Orange Camomile-rooibostee (groen rooibos)
Proe-notas: Die vars surigheid en mineraliteit maar veral die vrugtige tone van steenvrugte op die palet het die soutigheid van die kaas na vore gebring terwyl die sagte sitrusgeure van die tee weer die romerigheid daarvan uitgebring het. Die sitrustone in beide die wyn en tee het mekaar goed gekomplimenteer.

Proe 2
Happie: kaasstrooitjies, gemaak met egte botter
Wyn: Piekenierskloof Chardonnay
Tee: Carmién Creamy mint-rooibostee (groen rooibos)
Proe-notas: Die botterigheid in die kaastrooitjies het goed na vore gekom en goed gekombineer met die subtiele rokerige tone van die gehoute Chardonnay. Die romerigheid van die vanielje in tee (met ‘n baie sagte mentgeur) het alles mooi bymekaargebring. Alles het mekaar uitstekend aangevul.

Proe 3
Happie: Coppa
Wyn: Piekenierskloof Grenache Noir
Tee: Carmién Citrus Chai
Proenotas: Die Grenache Noir, wat ook terloops Piekenierskloof se “signature wine” is, is ‘n elegante dog komplekse en goed gebalanseerde wyn met sagte tanniene wat veral sy man kan staan teenoor sterk speserye soos in Marrokaanse kos. Die speserye in die Citrus Chai-rooibostee het die wyn goed gekomplimenteer terwl die aarbeitone en efense peper in die wyn mooi maats gemaak het met die saggepekelde coppa. Interressant het die tee die effense vetterigheid van die coppa na vore gebring.

Proe 4
Happie: Calamata olywe in roosmarynvinaigrette
Wyn: Piekenierskloof Heirloom Red Blend
Tee: Carmién Floral Berry
Proenotas: Die surige tone in die Floral Berry, afkomstig van die woudbessies kontrasteer goed met die soutige olywe terwyl die olywe goed kombineer met die rokerige tone van swart vrugte en swart olywe in hierdie komplekse, maar nie te swaar (medium bodied) en elegante rooiwyn met sy gladde en goed geintegreerde tannienstruktuur. Die soetigheid van die bessies in die tee komplimenteer die swartvrgte in die wyn. ‘n Wyn en tee wat so veelsydig is dat dit ook heerlik sal smaak saam met ietsie soets soos bruintjies of sjokoladekoek.

Nou is die tyd om die N7 te vat en die blommeprag te gaan aanskou. Stop by De Tol en ervaar hierdie unieke proe-ervaring. Bespreek jou tafel hier.

VRUGTEPIZZA MET GROENSLAAI

‘n Chenin Blanc of Grenache Blanc sal heerlik wees by die pizza met sy interressante kombinasie van soetsout geure.

GENOEG VIR 6-8 MENSE
Bereiding: 15 min.
Bak: 8 min.

SOET PIZZAKORS
250 g yskoue botter, in stukke gesny
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
500 ml (2 k) koekmeel
80 ml ( k) mielieblom
’n groot hand vol gekapte kruie soos tiemie en roosmaryn
5-10 ml (1-2 t) seesoutvlokkies
BOLAAG
1 brie of camembert, in skyfies gesny
’n verskeidenheid vars vrugte, soos nektariens, pruime en vye
SLAAISOUS
60 ml (¼ k) druiwe of appelasyn
30 ml (2 e) olie
15 ml (1 e) heuning
7 ml (1½ t) Dijonmosterd
SLAAI
’n verskeidenheid slaaiblare, soos roket en jong spinasie
ekstra vars vrugte, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Soet pizzakors: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker. Verwerk tot die botter goed in die meel ingemeng is en ’n bol om die lem vorm.
2 Skep uit die voedselverwerker. Vorm in ’n bol, draai toe in kleefplastiek en laat ’n halfuur rus.
3 Sny in 6-8 stukke en rol rof uit, sowat 4 mm dik. Plaas op ’n meelbestrooide bakplaat.
4 Bolaag Pak skywe kaas en vrugte bo-op en bak sowat 8 min. tot die deeg gaar is.
5 Slaaisous: Meng al die sousbestanddele.
6 Slaai: Plaas ’n hopie slaaiblare bo-op elke pizza en rangskik die ekstra vars vrugte bo-op. Sit voor saam met die slaaisous.
WENK: Maak soet bolletjies met die deeg: Voeg 125 g gekapte neute by die deeg, rol in bolletjies en bak sowat 11 min. tot gaar. Rol in versiersuiker terwyl dit nog warm is.

SAGGEBAKTE LAMSBOUD MET AARTAPPELSOSATIES

Soos genoem sal Grenache Noir sy man staan teen speserysmake soos in hierdie lamsboud. Geniet dit saam met ‘n Creamy Mint-rooibostee van Carmién.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 20 min.
Staan: 4 uur of oornag
Gaarmaak: 2½-3 uur

GROEN SOUS
500 ml (2 k) romerige jogurt
1 bossie vars koljander, goed afgespoel en fyn gekap
halwe bossie ment, gekap
15 ml (1 e) gekapte knoffel
1 suurlemoen se sap en skil
sout en vars gemaalde peper na smaak
10 ml (2 t) fyn komyn
10 ml (2 t) bereide mosterd
olyfolie
VLEIS
1 lamsboud, ontbeen
ekstra sout en vars
gemaalde peper
rooi- of witwyn
ekstra koljanderblare en ment vir bo-oor
DROËVRUGTE-ATJAR
500 g gemengde droëvrugte, soos nektariens en pere, gekap
15-20 ml (3-4 t) garam masala
2 knoffelhuisies, gekap
80 ml ( k) olyfolie
30-45 ml (2-3 e) wit balsemieke asyn

1 Groen sous: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
2 Vleis: Vlek die boud en vryf die sous oor die vleiskant. Laat staan minstens 4 uur of oornag.
3 Voorverhit die oond tot 160 °C.
4 Plaas die boud in ’n oondpan, vleiskant na bo. Geur met die sout en peper. Giet kookwater (of helfte daarvan rooi- of witwyn) in die oondbak tot die boud sowat ’n kwart daarin lê. Bedek met tinfoelie en bak sowat 3 uur tot die vleis doeksag is en met ’n lepel in stukke gebreek kan word.
5 Verwyder die tinfoelie net voor opdiening, verhoog die hitte tot 200 °C en oondbraai tot die vleis lekker bruin is.
6 Kook die pansappe af tot geurig en dik.
Plaas die boud op ’n opdienbord, sprinkel die koljanderblare en ment ruimskoots oor en sit voor saam met die sous en atjar.
7 Droëvrugte-atjar: Meng al die bestanddele en laat staan minstens oornag sodat die geure goed kan meng. Sit voor saam met die boud en aartappels.

Rooibos MTB by Carmién

Die afgelope naweek het die eerste Carmién Rooibos MTB-bergfiets-wedren in sy nuwe formaat by die De Tol Deli, bo-op die Piekenierskloofpas teen die N7 naby Citrusdal plaasgevind. Self ‘n kranige fietsryer vir lank en plaaskind van daar, kon ek nie anders as om te gaan inloer nie. Drie sirkelroetes van verskillende afstande en uitdagings het die ryers deur asemrowende natuurtonele geneem, van indrukwekkende rotsformasies wat plek-plek nes kastele lyk, deur wingerde, vrugte-en-sitrusboorde of goudgeelblommende kanolalande en groen graanlande tot op die rand van ‘n plato waarvandaan jy ver oor die vlakte kon kyk en miskien selfs die see kon sien, of dalende in die diep klowe van die ontsagwekkende Olifantrivierberge met waterstroompies en pragtige plantegroei (ook reeds blomme) wat jou ooparms begroet, veral na die goeie reëns van die afgelope tyd.

Soos jy oor die nek van die Piekenierskloofpas gekom het, is jy geesdriftig begroet deur wapperende baniere en ‘n meer dan lewensgroot Carmién-wegspring “blok” waar die fietsryers kon aantree vir die verskillende roetes. Onder die bome en opgeslane tent op die groot grasperk het die vure gesellig gebrand met hope plek waar fietsryers en besoekers kon kuier en geniet wat alles oral by die veeltal stalletjies te ete aangebied is: De Tol se bekende roosterkoeke en hamburgers (met ‘n roosterkoekbun), sosaties, pannekoek wat die kerk se vrouens kom maak het, heerlike pizzas en natuurlik vir my die lieflike verskeidenheid gesonder eetgoed wat gewissel het van slaaie en wraps met groente tot kekerertjie-patties en smoothies wat Piekenierskloof Mountain Resort gemaak het. Om jou dors te les was daar velerei om van te kies: koffie in al sy formate, tee en rooibos cuppaccinos, en natuurlik van Piekenierskloof se pryswennerswyne.

En natuurlik kon jy gaan snuffel in Carmién Tea se oulike teewinkel waar al hul 40 plus tees, teepotte en allerlei ander toepaslike ware wat jou teedrink-ervaring net in iets unieks kan omskep, te koop is. My nuutste kookboek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, is ook daar te koop asook heelparty van my teelappe, voorskote en tafeldoeke. Langsaan, is die oudste wynkeldertjie in die vallei nou pragtig gerestoureer in ‘n proelokaal waar jy heerlike Piekenierskloofwyne kon proe en koop. Voor teen die pad, die ou tolhuisie waar jy nou heerlike plaasprodukte, tot vryloop steaks, droëvrugte en sitrusvrugte, varsgebak en konfyte kan kry.

Tussendeur kon jy meedoen aan ‘n verskeidenheid unieke ervarings: daar was tee-en-nibbelproeë, ginproeë en die kinders kon selfs ook tee proe saam met heerlike eetgoedjies. Ekself het ‘n wyn, tee en happieproe aangebied met Carmién-tee, Piekenierskloofwyne en De Tol-happies, alles verbou en gemaak op die familieplase en iets wat jy nie sommer êrens anders gaan ervaar nie.

Behalwe dat ek ‘n taamlike koffie-en-tee-rekening teen die einde van die naweek gehad het, kon ek nie wegbly van die heerlike eetgoed wat die stalletjies aangebied het nie. Die roosterkoek onverbeterlik – lekker lig en goed deurgebak, heerlik saam met ‘n pattie of die sosatie, die pizzas varsgebak net daar op die perseel en die gesondheidshappies almal lieflik vars. Terug by die huis gaan diep ek my souttertresep, wat as piekniekkos of selfs kosblikkos kan dien, op. En as ek terugverlang na die lekker van so ‘n onvergeetlike naweek, maak ek ‘n Piekenierskloofwyntjie, ‘n wittetjie, oop, brou daarby my gunsteling Carmién tee, en gaan sit op my stoep met ‘n souttertjie in die hand en terugdink aan die lekker terwyl ek die blomme geniet wat al om my Weskushuis baldadig hul gesiggies son se kant toe wys.

Volgende jaar se Rooibos MTB datum is reeds vasgemaak: 27 & 28 Julie 2024. Teken dit solank in jou dagboek aan en moenie uitmis op die mooi en fun nie!

SOUTTERTJIES

LEWER 5-6 MIDDELSLAG- OF 12 KLEIN TERTE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: ongeveer 40 min.

VULSEL
500 ml (2 k) botterskorsie, in blokkies gesny
250 ml (1 k) patat, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
1 rooi soetrissie, in klein blokkies gekap
250 g spek, in stukkies gesny
sout en vars gemaalde peper na smaak
’n paar takkies tiemie, blaartjies afgestroop
45 ml (3 e) olie
15 ml (1 e) suurlemoensap
KORS
½ ui, fyngekap
45 ml (3 e) botter
6 snye volgraansaadbrood, verkrummel
EIERVLA
6 eiers
500 ml (2 k) volroom natuurlike jogurt
125 ml (1/2 k) volroommelk
30 ml (2 e) mielieblom
Paprika, sout en peper
SAMESTELLING
250 ml (1 k) verouderde cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 4-6 middelslag-losboomtertpanne met kossproei of 12 holtes van ’n muffinpan.
1 Vulsel Plaas die botterskorsie, patat, ui, soetrissie en s pek in ’n oondpan.
2 Geur na smaak met die sout en peper en sprinkel die tiemieblaartjies oor.
3 Meng die olie en suurlemoensap en meng deur. Bak 15-20 min. tot die groente se puntjies net-net swart verkleur. Laat afkoel.
4 Kors Braai die ui in die botter in ’n pan tot sag. Voeg die broodkrummels by en braai ’n paar minute tot effens bruin.
5 Verdeel die krummels tussen die pannetjies en druk op die bodem vas. Laat afkoel.
6 Eiervla Plaas die eiers,jogurt, melk en mielieblom in ’n mengbak en klits tot gemeng. Maak seker jy het 1 liter vloeistof.
Indien te min, voeg nog melk by. Geur na smaak met die paprika, sout en peper.
7 Samestelling Verdeel die groente tussen die pannetjie se holtes. Giet die eiervla bo-oor. Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor.
Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak 20-25 min. of tot die vla gestol het.
8 Haal uit die oond, laat ’n bietjie afkoel en haal uit die pan.
9 Sit voor as ’n ligte ete saam met ’n slaai of gebruik as piekniekkos of inpakkos.

Spanakopita met oorskiet

Na ‘n paar wonderlike fotosessies en kookklas of twee die afgelope tyd, was daar heelwat oorskiet bestanddele in my yskas wat vir my loer, al wagtende om verwerk te word in een of ander dis. So ‘n paar lang dae agter die kospotte en letterlik op jou voete dink terwyl jy mooi kosprentjies maak, bly een van my lekkerste lekkers en oorlaai my telkens met hope inspirasie. Maar die teenpool is dat alles na die tyd weer opgeruim, skoongemaak, opgepak en weer op hul plekke moet kom, om nie te praat van al die oorskiet wat ook ‘n plekkie moet vind nie. So ja, so opwindend soos dit is, tap dit nogals mens se energie. Dis daarom wat ek weekliks probeer om ‘n paar goeie oefenklasse in te kry om die fiksheidvlakke hoog te hou – net die ding om te help om hierdie wonderlike kook-en-fotografie-sessies met geesdrif te kan kafdraf.

Met die gaar oorskietkos is daar gewoonlik nie ‘n probleem nie, maar die bietjies rou oorskiet kan nogals baie gou jou yskas en koskaste tot boordens toe vol maak. Ek lê gewoonlik so ‘n dag of wat laag en doen net die nodigste in die kombuis (gewoonlik jaag die spertyd vir inhandiging van kopie my dan nogals rond). Met die kopie in die sakkie, kan ek daarna weer opnuut weer my fokus na die kombuis verskuif.

So wat was my ontdekking toe ek die yskas oopmaak: ‘n halwe pak filodeeg, halwe bakkie ricotta-kaas, ‘n pak gekapte spinasie, halwe pak koljanderblare, 2 of meer soetrissies en ‘n eiervrug of twee. In die mandjie neffens die yskas is daar ook altyd uie en baie knoffel met ja, ook ‘n suurlemoen of twee. Ek was nog altyd gek na spinasie en het reeds toentertyd al wat deeg is met filodeeg verruil. Nie net is dit heelwat gesonder met geen vet in die deeg nie, maar die superdun deegvelletjies bak wonderlik bros wat in dun-dun vlokkies breek as jy ‘n eerste happie vat, geen wonder sy naam beteken eintlik “blaar” nie. Dis toe wat ek besluit om ‘n weergawe van die Griekse lekkerny, Spanakopita te maak.

SPANAKOPITA

‘n Heerlike happie.

Maak sowat 10—12 happies
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 20—30 min

1 ui, verkieslik rooi, gekap
Sowat 4 knoffelhuisies, fyngerasper
1 of 2 soetrissies, in klein blokkies gesny
olie
1 eiervrug, in klein blokkies gesny, skil en al
200—300 g gekapte spinasie, goed afgespoel
30—40 g koljanderblare, gekap
1 suurlemoen se sap en fyngerasperde skil
Sout en peper na smaak
12 velle filodeeg, ontdooi
300 g ricotta-kaas

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n bakplaat.
1 Braai die ui in ‘n bietjie verhitte olie in ‘n pan tot sag, voeg die knoffel en soetrissie by en braai effe. Voeg dan die eiervrug by en braai tot die eiervrug bykans opgebreek het.
2 Voeg die spinasie, koljanderblare en suurlemoensap by, verlaag die hitte en prut tot die spinasie verwerk is en al die vog verdamp het.
3 Sprinkel die gerasperde skilo or, geur met sout en peper en laat afkoel tot minstens louwarm.
4 Spuit elke vel filodeeg met kossproei en plaas twee-twee opmekaar. Sny elke pakkie in 4 lang repe.
5 Gebruik een lang reep per spanakopita: Plaas ‘n lepel van die spinasiemengsel met ‘n lepel ricotta bo-op op die onderste ent van die reep deeg en vou die punt oor sodat dit ‘n driehoekige sakkie maak. Vou die deeg nou al om en om sodat dit ‘n driehoekige pakkie maak. Smeer ‘n bietjie water aan die entpunt en plak vas teen die pasteitjie. Plaas eenkant. Herhaal met orige deegrepe en vulselmengsel.
6 Plaas die deegpakkies op ‘n bakplaat, spuit goed met kossproei en bak sowat 20—30 minute of totdat die deeg goudbruin is. Geniet louwarm of koud.

Wenk: Dis maklik om ook ‘n spanakopita-pastei te maak: Plaas 4 velle gespuite deeg in ‘n langwerpige pasteibak en skep die spinasievulsel in, vervolg met die ricotta-kaas. Plaas nog 3—4 velle gespuite filodeeg bo-op en spuit die bokors met kossproei. Bak en sny in vierkante of in diamante (soos mens baklava sal sny).

Groentekerrie goed vir jou “gut”

Verskoon my, maar “gut” is vir my so ‘n lekker woord, so amper asof dit ‘n gevoel weerspieël – dink nou maar aan “ek het so ‘n gut feeling…” of die uitdrukking om op te tree volgens jou “gut”. Ek vertrou nogals my “gut” en is baie min kere verkeerd. Maar nou is ek op ‘n ander “gut” reis – die een van goeie gesondheid wat vanuit jou “gut” oftewel spysverterings-sisteem begin, maar spysvertering doen dit net nie vir my nie, so vir my sal dit “gut” wees. Gut-gesondheid is deesdae groot nuus op die gesondheidsfront met pre- en probiotika op almal se lippe. So my nuutste missie is om ‘n goedvoel “gut” te hê wat sommer ‘n wye spektrum gesondheids-voordele het.

Immers was goeie gesondheid en gesonder eet nog van altyd af een van my groot prioriteite. My nuutste boek, Lekker & Goed, heilsame kos propvol heilsaamheid is juis daarop geskoei om gesonde kos steeds superheerlik te laat smaak. En hoe lekker en inspirerend was dit nie toe ek die storie van die befaamde sangeres, Andriëtte Norman, raaklees op verskeie platforms en tydskriftfe van hoe sy deesdae groot sukses behaal met ‘n “gut friendly” leef-en-eetstyl nie en absoluut wonderlik lyk en voel.

Sowat anderhalf maand gelede het ek toe een van haar inligtingsessies bygewoon, wat terloops gehou is by haar ewe inspirerende man, Glynn Moolman, ‘n biogenetikus, se splinternuwe Evolve 20-gimnasium in die Cobble Walk-sentrum in Sonstraal Heights, Durbanville. Wat ‘n groot lekkerte is dit nou vir my om saam met haar hande te kan vat en gesonde vroueoggende aan te bied waar ek ‘n paar “gut”-vriendelike groentegeregte gaan demonstreer terwyl sy almal meer vertel en motiveer om “gut” vriendelik te eet en te leef. (Ons gaan sommer bietjie oefen ook).

Die volgende oggend is om die draai: 29 Julie by die Evolve 20 gimnasium in Cobble Walk in Sonstraal Heights. Daar is twee sessies. Sien die uitnodiging en kontak vir Andriëtte Norman by andriettenorman@gmail.com. Intussen ‘n lusmakertjie.

GROENTEKERRIE MET KEKERERTJIES EN LENSIES

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 20 min

250 ml (1 k) rooilensies
1 kaneelstok
sout
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngerasper
1 cm stuk gemmer, gerasper
Olie of klapperolie
2 soetrissies, in stukkies gesny
1 eiervrug, in klein blokkies gesny
100 g sampioene, in skyfies gesny
5—10 ml (1—2 t) brejani-masala of matige kerriepoeier
2,5 ml (1/2 t) elk fyn komyn en paprika, gerooster, indien verkies
1 blik (400 g) kekerertjies
Spatsel sojasous
1 suurlemoen se sap en fyngerasperde skil
30ml (2 e) gekapte ment en/of koljanderblare
VOORSIT
Basmati-rys, verkieslik bruin
Romerige natuurlike jogurt
Kwart komkommer, saadjies verwyder en in klein blokkies gesny
handvol fyngekapte ment
fyn komyn vir oorsprinkel

1 Kook die rooilensies in genoeg water waarby die kaneelstok gevoeg is tot lekker sag en amper moeserig. Geur teen die einde met sout. Hou eenkant.
2 Braai die ui, knoffel en gemmer in ‘n bietjie verhitte olie of klapperolie tot sag. Voeg die soetrissies, eiervrug en sampioene by en roerbraai tot die eiervrug lekker sag is.
3 Sprinkel die masala of kerriepoeier, komyn en paprika oor en meng deur.
4 Voeg die kekerertjies saam met die kekerertjie-water by, voeg ook die lensies by en laat prut tot lekker geurig.
5 Rond af met ‘n spatsel sojasous, suurlemoensap en -skil asook kruie.
6 Sit voor met basmati-rys en jogurt waarby jy komkommer en fyngekapte ment ingeroer het. Rond af met ‘n knippie fyn komyn bo-oor gesprinkel.

Kook & kuier bederf, nog ‘n keer

Ek het nou reeds aan die begin van die week vertel van die kokery by ‘n verrassings-verjaarsdag-partytjie en op watter heerlike kuieroggend dit uitgeloop het daar langs die stil waters van die Langebaanmeer.

Om julle nog verder lus te maak, hier is nog twee van die resepte wat ek daar gedemonstreer het: hier het ek in die Afrika-geurbaan sowel as in die Mediterreense geurbaan gespeel.

En soos reeds genoem, as jy ‘n soortgelyke kookervaring soek, skakel my gerus by carmenniehaus@carmientea.co.za

MASALA-KOESKOES

Die lekkerte van hierdie gereg is dat dit goed gelaai is met groente. Ek geniet veral die sagte bessiegeure van die groen rooibostee-slaaisous by hierdie gereg met sy tipiese Afrika-geure. As jy lus het kan jy selfs vars aarbeie saam met die koljanderblare oorsprinkel.

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

1 sakkie (500 g) botterskorsie- of pampoenblokkies
1 sakkie (500 g) patatblokkies
2 uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
Sowat 15 g geroosterde masala en komyn vir oorsprinkel
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
2,5 ml (1/2 t) elk sout, paprika en komyn
250 ml (1 k) Marrokaanse koeskoes, geweek in 500 ml (2 k) chai-rooibostee, gemaak met 4 sakkies Focus van Carmién (kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op http://www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus)
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Sowat 180 ml (¾ k) fynbosslaaisous (sien resep onder)
20 g koljanderblare vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190°C.
1 Meng die groente met die olyfolie en vryf goed met jou hande deur. Geur met sout, geroosterde masala en komyn en meng lekker deur met jou hande. Skep in ‘n enkellaag in ‘n oondpan en oondbraai sowat 30 minute of tot gaar en effe bros. Skep uit.
2 Pak die kekerertjies in ‘n enkellaag in die Airfryer, sprinkel die sout, paprika en komyn oor asook ‘n bietjie olie. Airfry tot bros, sowat 5 minute.
3 Week die koeskoes in die rooibostee. Plaas in die mikrogolf vir 1 minuut en maak die koeskoes los met ‘n vurk.
4 Voeg die groente en kekerertjies by.
5 Giet die slaaisous oor en laat afkoel.
6 Skep op in ‘n platterige opdienskottel en sprinkel die koljanderblare oor.

FYNBOS-SLAAISOUS

Die slaaisous het sagte bessiegeure. Heerlik.

80 ml (1/3 k) olie
250 ml (1 k) groen rooibostee met forest berries en bietjie boegoe, gemaak met 3 sakkies Carmién Energize (kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op http://www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus)
Sap en fyngerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen
30—45 ml (2—3e) appelasyn
1,25 ml (1/4 t) seesoutvlokkies
30–45 ml (2—3e) suiker

Meng al die bestanddele saam en giet in ‘n bottel.

GEBAKTE BLOMKOOL MET BROCCOLIPUREE EN KRUIE-VINAIGRETTE

‘n Lieflike verandering op blomkool met witsous – blomkool wat gemarineer is in ‘n tipies Mediterreense sousie.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 40 min
Baktyd: 40 min

SLAAISOUS & MARINADE
125 ml (1/2 k) kruie soos basilie, pietersielie en tiemie, grof gekap
6 knoffelhuisies, gerasper
125 ml (1/2 k) olyfolie
90 ml (6 e) wyn- of druiwe-asyn
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
10 ml (2 t) growwe mosterd
10 ml (2 t) Djion-mosterd
5 ml (1 t) paprika
Suiker na smaak
Sout en peper na smaak
5 ml (1 t) uiesaadjies (opsioneel)
BLOMKOOL
1 groot of 2 klein blomkole
olyfolie
BROCCOLIPUREE
400 g broccoli, in stukke gesny
125 ml (1/2 k) elk volroommelk en room
Sout en peper na smaak
AFRONDING
Geroosterde sesamsade of sonneblomsade

1 SLAAISOUS EN MARINADE Meng al die bestanddele vir die slaaisous en marinade in ‘n voedselverwerker en kap fyn tot glad.
Pak die blomkool in ‘n bak en giet helfte daarvan oor. Laat staan 2 uur of oornag.
2 PUREE Plaas die broccolistukke in ‘n kastrol en giet melk en room oor. Geur met sout en peper. Kook tot lekker sag. Puree met ‘n staafmenger tot glad.
3 Verhit die oond tot 200˚C. Plaas die blomkool op ‘n bakplaat en giet olyfolie oor.
Oondbraai tot die blomkool verbruin het en brossag is, sowat 40 min. (ek doen dit sommer in die Airfryer)
4 VOORSIT Skep die blomkoolpuree op ‘n bord of platterige bak. Plaas die blomkool bo-op en giet die res van die marinade oor. Sprinkel die sade oor en rond af met basilieblare

Kook & kuier bederf

‘n Groepie vriendinne besluit nou die dag om hul hartsvriendin met haar verjaarsdag te bederf met ‘n verrassings-kookklas in haar eie huis, want sy, ‘n kosmaker van formaat, voel sy het nog baie te leer as dit kom by die bymekaarsit van geure. En ek is die gelukkige een wat hierdie kookklas moet gee. Terwyl twee van die vriende die verjaarsdagmaat wegrokkel op ‘n koffie-date, skrop ek en nog ‘n ander maat nes in haar huis. Ek pak bestanddele en apparate uit op skinkborde net reg vir elke dem en tussendeur word die groot hout-etenstafel pragtig gedek in my nuwe Mervyn Gers-eetware (meer hieroor later) saam met my nuwe mosbolletjie-tafeldoek en servette.

Die kombuis is goed toegerus en die kombuis-eiland werk gemaklik met sy mooi Smeg-stoof in die middel, maar ek sukkel so bietjie om te fokus, want vanagter die kombuistoonbank het ek die mooiste uitsig op die Langebaanmeer wat net hier voor klots-klots teen die klipmuurtjie wat die huis van die water skei. Met die naweekgangers fort, is die water stil en seepglad, net ‘n seilbootjie of twee wat langsaam verbyvaar en ‘n paar seevoëls wat knetterend stoei om ‘n stukkie kos.

Uiteindelik arriveer die verjaarsdagnooi en om mee af te skop bedien ek ‘n heerlike fluweelgladde tamatiesop in Mervyn se afoor-koppietjies. Dis ‘n warm wintersoggend en die Carmién Cold Brew-tees, Coco Pine en Cranberry Hibiscus, sorg vir ‘n bietjie lafenis.

Die vriendinne neem hul sitplekke in langs die toonbank, elk gewapen met ‘n stel resepte waarop hul aantekeninge kan maak soos ek aangaan. Dit word ‘n lawwe kuieroggend van lag en gesels en vrae vrae terwyl ek hulle so tussendeur touwys maak in die Mediterreense, Afrika, Oosterse en Maleise geurbane. Hulle snap gou dat solank mens binne die geurbane wat elk sy eie unieke lys van bestanddele, kruie en speserye het bly, mens nie eintlik verkeerd kan gaan as dit by die geur van kos kom nie.

Agterna sit ons aan by die mooi gedekte tafel en smul lekker aan ‘n veelsydige mengelslaai wat as basis kan dien vir ‘n lensieslaai sowel as ‘n kerrie-mayonnaise-hoender (Oosterse en Maleise geurbaan), ‘n Marokkaanse koeskoesslaai met bros kekerertjies (Afrika-geurbaan) en ‘n gebakte blomkool met broccoli-puree en basilie-vinaigrette (Mediterreense geurbaan). Sjokoladetorte saam met ‘n heerlike verskeidenheid Carmién-tees sluit die ete af. Ek kan net sien dat daar in hierdie lieflike kuierhuis nog vele groot kuiers en kookbederwe gaan gebeur.

As jy belangstel in ‘n soortgelyke kookervaring, kontak my gerus by carmenniehaus@carmientea.co.za.

KERRIEHOENDERMAYOSLAAI & PIEKELGEMMER-LENSIESLAAI

‘n Basiese mengelslaai vorm die basis vir ‘n heerlike kerriehoendermayo asook vir ‘n lensieslaai wat met piekelgemmer geur kry. Die hoender sowel as die lensies en slaaisous kan vooraf gemaak word. Dan kan mens net op die dag die slaai saamstel.

Genoeg vir 8-10 mense
Voorbereiding: 15-20 min
Gaarmaak: 30 min

SLAAI
1 Iceberg-slaaikop, in repies gesny en/of 2 sakkies roketblare of selfs 1 pak baba-spinasieblare
½ rooi-ui, in dun skyfies of klein blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies of stokkies gesny
1–2 Pink Lady appels, in skyfies of stokkies gesny
½ pynappel, in repies gesny
1 steel seldery, in ringetjies gesny
AFRONDING
Lemoenmosterdslaaisous (sien onder)
Groot handvol elk bosbessies en okkerneute of pekanneute (of selfs gekarameliseerde sonneblosade) vir bo-oor sprinkel
Ekstra koljanderblare

1 Rangskik die blare, rooi ui, komkommer, appels, pynappel en seldery op ‘n bord, berei die lemoen-slaaisous en giet oor.
2 Berei die kerriehoender-mayonnaise (sien rese ponder) of lensies (sien rese ponder) en skep bo-op die mengelslaai.
3 Rond af met die bosbessies, neute en koljanderblare

KERRIEHOENDER-MAYONNAISE

1 kg hoenderborsfilette, in klein blokkies of dun skyfies gesny
Sout en peper
olyfolie
KERRIESOUS
Olie
2 klein uie, gekap
30—45 ml (2 –3 e) geroosterde masala of brejani-masala of matige kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
Sap en skil van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) goeie kwaliteit minder-olie mayonnaise (ek gebruik sommer Checkers se Lite-mayonnaise)
125 ml (½ k) romerige natuurlike jogurt
1 groot tros groen of swart druiwe se korrels of selfs ‘n piesang, in skyfies gesny (opioneel)

1 HOENDER Geur die hoender met sout en peper, giet bietjie olie in ‘n pan en roerbraai tot net gaar, skep uit en hou eenkant.
2 KERRIESOUS Vee die pan uit en verhit nog ‘n bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die ui daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier en komyn by en meng deur. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise en jogurt deur.
3 Voeg by die hoender en roer deur en koel af.
4 Meng die druiwekorrels by die hoender in.
7 Skep die hoendermengsel bo-op die mengelslaai en sprinkel die bosbessies en okkerneute of pekanneute of sonneblomsade bo-oor.
8 Rond af met koljanderblare.
Sit koud voor.

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS

Lewer sowat 180 ml (¾ k) slaaisous

125 ml (½ k) vars uitgedrukte lemoensap of lemoen-rooibostee, gemaak met 3 sakkies Boost van Carmién Tea
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) korrelmosterd
5 ml (1 t) Dijonmosterd
15 ml (1 e) heuning of suiker
45 ml (3 e) vars gekapte pietersielie, koljanderblare en ment (15 ml elk)
Sout en peper na smaak

1 Meng al die bestanddele saam. Hou in die yskas.

GEMMERLENSIESLAAI

250 ml (1 k) lensies
500 ml (2 k) Carmién Orange Camomile rooibostee (6 sakkies)
sout
1 eiervrug, in klein blokkies gesny
sout
Olie
AFRONDING
Lemoenslaaisous (sien resep)
Piekelgemmer

1 Vervang die hoender en kerriemayo in bogenoemde slaai met lensies. Kook die lensies in rooibostee tot sag. Geur met sout teen die einde. Dreineer en giet dadeik helfte van die slaaisous oor terwyl nog warm.
2 Sout die eiervrug, laat 10 minute staan en spoel af. Druk droog en braai in olie tot lekker bruin.
3 Stel die mengelslaai saam, giet orige slaaisous oor en skep die lensies en eiervrug bo-op.
4 Kap piekelgemmer fyn op en meng bietjie by die lensies in. Rond af met okkerneute en bosbessies en sprinkel nog piekelgemmer oor asook koljanderblare.

BONUS: Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

Woudkoek

‘n Koek wat uitspattig versier is met allerhande takkies vanuit die natuur maak die mooiste ‘centrepiece’ vir ‘n teetafel. Ek was nog nooit een wat groot was op koekversiering nie, selfs kinderkoeke versier het my nie eintlik aangestaan nie. Maar nou lees ek dat gepersde blomme en allerhande droë goed vanuit die natuur die nuutste tendens in koekversiering is. Toe ek nou die dag dus ‘n koek moet versier, nader ek dadelik my blomvriendin, Elmarie van den Berg van Soutbos. Sy kan nou waarlik waar toor met blomme. “Toe maar, los dit vir my”, is haar vertroostende woorde. En ek kan rustig aangaan om die koek gebak te kry terwyl ek weet Elmarie sal magic maak as dit by die versierdery kom.

Op d-dag laai ek vroegoggend die vierlaagkoek, wat ek toe al dik met ganache gesmeer het, in die kar, Vredenburg toe, Food Lover’s Market toe, daar waar Elmarie deesdae haar blommestalletjie in die hoekie naas die kasregisters bedrywe. Uit haar blomemmers haal Elmarie slangbos en nog so ‘n ander silwerige bossie asook ‘n paar gedroogde wilde vinkelblomme, daarby ‘n paar koringblommetjies en klokkies. Ons steek die takkies, nie te veel nie, versigtig vas met groot spelde, druk ‘n paar blommetjies tussen-in en die beskeie koek ontpop in ‘n pronkstuk – net reg om die ster van die tafel te wees.

Hawermoutsjokoladekoek
Vir ‘n vierlaagkoek

Glo dit of nie, maar die basis van hierdie sjokoladekoek, wat nie eiers in kry nie, is hawermout wat ek vinnig in Carmién se Turkish Delight-rooibostee kook voordat ek dit by die beslag inmeng. Die Turkish Delight verleen ‘n heerlike blomgeur aan die sjokoladekoek en die hawermout sorg dat die koek lekker klam is.

Bonus: kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

4 x 250 ml (4 k) koekmeel
250 ml (1 k) kakao
25 ml (5 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
500 ml (2 k) suiker
1 liter (4 k) Carmién Turkish Delight-rooibostee (gemaak met 8 teesakkies)
325 ml (1½ k) olie
60 ml (1/4 k) druiwe-asyn
20 ml (4 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) hawermout
500 ml (2 k) water
GANACHE
4 x 80 g donker sjokolade
250 ml (1 k) room

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer die bodems van 4 20-cm-losboompanne uit met bakpapier en spuit met kossproei.
1 Sif die koekmeel, kakao, koeksoda en sout saam en voeg die suiker by.
2 Meng die rooibostee, olie, asyn en vanieljegeursel saam in ‘n groot glasbak en voeg die hawermout by. Kook 2 minute in die mikrogolfoond tot die hawermout effe versag het. Laat effe afkoel.
3 Voeg die water by die hawermoutmengsel en meng alles by die droë bestanddele in.
4 Verdeel die beslag tussen die 4 panne en bak sowat 30 minute of totdat die koek net gaar is en ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
5 Smelt die sjokolade saam met die room in die mikrogolfoond ‘n minuut op ‘n slag en roer tot die sjokolade glad is.
6 Smeer bietjie ganache oor 3 van die koeklae en stapel die koeklae opmekaar. Smeer die res van die ganache bo-op en rondom die koek.
7 Versier die koek na goeddunke.

Twee bestanddele sjokolade-torte

Aanvanklik het ek dit met ongeloof bejeën toe die video van hierdie torte die rondte doen, maar nuuskierig soos ek is, het ek toe wel besluit om dit uit te probeer. En – dit werk!

Makliker en vinniger kan dit haas nie – slegs sjokolade smelt, eiergele byroer, eierwitte styfklits, invou en bak.

So tussen die Sondagmiddagete berei het ek hierdie koek gou vinnig aanmekaar geslaan en sommer in die Airfryer gebak. Binne 25 minute was dit klaar, en vir mooimaak en afronding was ‘n bietjie versiersuiker bo-oor gestuif meer as genoeg.

Heerlik en lekker en ideaal vir poeding tot ietsie soets by tee of na-ete koffie.

4 x 80 g donker sjokolade
5 eiers, geskei
Knippie sout
Versiersuiker vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond of Airfryer tot 160°C. Voer die bodem van ‘n 20 cm losboompan uit met bakpapier en spuit goed met kossproei.
1 Smelt die sjokolade, roer die eiergele een vir een by die sjokolade in.
2 Klits die eierwitte styf saam met knippie sout en vou bietjie vir bietjie by die sjokolade in
3 Skep in die voorbereide pan en bak sowat 25 minute tot stewig maar steeds effe klam binne. Laat afkoel in die pan, ontvorm en plaas op ‘n dienbord. Stuif met versiersuiker.

Smoothie teen inflammasie

Ek het nou vir ‘n geruime tyd gesukkel met ‘n baie seer knie. Te veel burpees en boks jumps het sy tol geëis en my knie het dik opgeswel gestaan van die inflammasie, soveelso dat ek by tye skaars een voet voor die ander kon sit. Toe het ek die term “gekniehalter” vir die eerste keer goed verstaan. Mens besef net nie hoe so ‘n basiese besering jou hele mensmees ondermyn nie. Kort storie lank, ek moes my toe maar verlaat op fietsry en alles stadiger vat. Na ‘n bietjie opleeswerk het ek ook besef dat dit wat jy eet ook inflammasie kan veroorsaak. Dadelik het ek baie meer krities begin kyk na wat ek eet en ook spesifiek probeer om kosse wat inflammasie help voorkom, in te neem. Dis toe wat ek opnuut die waarde van pynappel besef het: pynappel is anti-inflammatories en help veral om inflammasie in gewrigte en spiere te voorkom, verder bou dit die immuunstelsel op en verbeter bloedsirkulasie. Pynappel bevat ook baie bromelien, ‘n kombinasie van ensieme wat help om proteiene te verteer. Dis bv. waarom pynappel ingespan word as vleisversagmiddel, want die pynappel breek die proteien af en versag die vleis. In jou liggaam maak bromelien dit vir jou makliker om kos te verteer en te absorbeer. Die bromelien kan ook help dat jou spiere vinniger herstel na ‘n harde oefensessie en jy dus minder seer voel. Ek voeg ook graag ‘n goeie skoot rooibostee by, wat verdere antioksidante verskaf. Die inflammasie in my knie is iets van die verlede, hy buig weer ordentlik en ek kan sonder seer weer lekker oefen en beweeg.

Pynappelsmoothie

Ek dink ek het ook die manier gevind om te keer dat ‘n smoothie uitskei as dit ‘n tydjie staan: voeg ‘n lepel of wat chai-saadjies by. Die supersaad bevat ook baie vesel en antioksidante, maar het ook die voordeel dat dit uitswel, so iets soos ‘n smoothie sal bietjie verdik as dit ‘n tydjie staan en nie uitskei nie. Omdat hierdie smoothie so romerig smaak, voel mens glad nie dis te koud om selfs wintertyd te geniet nie. Ideaal vir ontbyt of nadat jy klaar geoefen het.

Maak 3 groot glase smoothie
Bereiding: 10 min

1 bevrore piesang
1 pynappel, geskil en in stukke gesny
Halwe suurlemoen, geskil en in stukke gesny
250—375 ml (1-1½k) volroom natuurlike jogurt
375 ml (1½k)
Sowat 30 ml (2 e) chia-saadjies
5—10 ml (1—2t) versoeter of heuning indien verkies

1 Plaas die vrugte in die voedselverwerker en pols tot heeltemal glad en verwerk tot ‘n puree.
2 Voeg die jogurt, chia-saadjies en versoeter by en verwerk tot goed gemeng.
3 Giet in glase en laat staan so 5—10 minute indien daar tyd is.

Supersaadbeskuit uit die Airfryer

Noudat ek al lekker agter die kap van die byl gekom het hoe om in die Airfryer te bak, is dit bykans al “oond” wat ek deesdae gebruik. Maklik, bietjie vinniger en as jy alternatiewe krag van een of ander aard het, behoort jy hom ook te kan hardloop daarop, maak maar net vooraf seker. Weliswaar kan mens nou nie groot hoeveelhede beskuit op ‘n slag bak nie, maar dit wil al vir my voorkom asof almal net bietjie meer waardering het vir elke stukkie en enetjie op ‘n slag is genoeg, so dit hou nogals ook langer.

Ek het onlangs bietjie weer opgelees oor die goedheid van rooibos en aarde daardie lys gaan net aan en aan. Hier in wintertyd is dit veral vir my belangrik om gehidreer te bly, maar as dit so koud en triestig is, raak dit maar moeilik om dan genoegsaam water te drink. Dis waar die lekkerte van rooibos inkom, want jy kan dit koud of warm geniet. So ja, na soggens se opstaankoppie is dit oor na rooibostee toe vir die dag. Ek pak vir my ‘n mooi skinkbordjie met ‘n teepot, koppie asook bietjie melk en versoeter as ek die dag daarna voel (ek wissel my verskeidenheid teepotte elke dag bietjie af) en staan eintlik verstom hoe maklik mens op so ‘n manier sommer heelwat vloeistof inneem. As ek oefen, sit ek altyd ‘n sakkie of twee van Carmién se Energise in my waterbottel wat perfek is om my energievlakke ‘n hupstoot te gee. Vir sommerso deur die dag aan teug, geniet ek die nuwe Passion Peach net so, en as ek lus is vir tee met melk, kies ek Carmién se groen Earl Grey. Dit en die Red Mocha is die ideale tee om te maak wanneer jy ‘n beskuitjie wil doop. Onthou, as jy baie vesel inneem, soos bv by hierdie beskuit, is dit belangrik om heelwat vloeistof te drink, anders kan jy sukkel met hardlywigheid. Saans net voor slaaptyd, maak ek my potjie vir oulaas vol met Carmién se Orange Chamomile en vat dit somtyds sommer saam met my kamer toe – net reg om my in die regte bui vir slaaptyd te kry.

Hierdie heerlike saadbeskuid, van die bestes wat ek nog geproe het as dit kom by glutenvry en lae-koolhidraatbeskuit, tiek sommer baie boksies as dit kom by heilsaamheid – hulle is glutenvry en bevat min koolhidrate as jy nie te veel daarvan eet nie, is grotendeels van hawermout en saad gemaak wat opsigself gelaai is met vesel en goeie vette, alles wat goed is vir vertering en goeie spysverteringsgesondheid (gut). Die sade en eiers sorg ook dat dit heelwat proteien bevat wat dit ideaal maak om jou metabolisme ‘n goeie wegspring vroegoggend te gee. Ek hou nie van beskuit wat te soet is nie en het slegs ‘n bietjie versoeter, erythritol, bygevoeg. Dis heelwat goedkoper as xylitol en is ook die enigste alternatiewe versoeter wat ‘n bros beskuitjjie gee. ‘n Verdere pluspunt is dat die beskuit ook ‘n goeie skoot rooibostee inkry en daarmee saam baie antioksidante. Ek het spesifiek 2 tees uit Carmién se wellness reeks gekies wat ook hul uiters gewilde teatox kombo uitmaak: Energise and Cleanse. Hierdie kombinasie help om energievlakke te verhoog en ook om ontslae te raak van toksiene.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

Makes 20 pieces
Preparation time: 15 min
Baking time: about 45 minutes in the Airfryer

625 ml (2½ c) oats, preferably gluten-free (also see hint)
250 ml (1 c) mixed seeds, including sunflower, pumpkin, sesame and linseed
80 ml (⅓ c) cranberries (optional)
80-125 ml (⅓-½ c) erythritol
60 ml (¼ c) psyllium husk
12,5 ml (2½ t) baking powder
5 ml (1 t) salt
4 eggs
80 ml (⅓ c) coconut oil, melted
250 ml (1 c) Carmién rooibos tea, made with 2 bags each Energise and Cleanse
15 ml (1 T) apple vinegar

Preheat the oven to 180°C. Spray a 20 cm square tin with Spray ‘n Cook, line the bottom with baking paper, then spray again.
1 Mix the oats, mixed seeds, cranberries, erythritol and psyllium husk together. Mix well.
2 Whisk the eggs, and add the melted coconut oil, tea and apple vinegar. Beat well.
3 Add the tea mixture to the dry ingredients and mix well. Stand for 10 minutes.
4 Spoon into the square tin. Bake for about 40-50 minutes or until a testing skewer comes out dry.
5 Let cool a bit in the tin, turn out and cool completely on a wire rack. Cut into rusks and place on a baking tin.
6 Dry in a cool oven at about 100°C until dry and crispy.
7 Keep in an airtight container.

In Airfryer: Select bake and set the temperature to 180°C. Bake for about 30-35 minutes, cover the top with tinfoil after about 15 minutes to prevent the top from becoming too dark.
To dry: Select bake and set the temperature to 82°C (lowest setting). Arrange rusks in a single layer on the oven rack and dry out for about 3 hours till dry and crisp.

Hint: replace half of the oats with fruit & nut muesli (reduced sugar) by Simple Truth. It’s gluten-free and contains toasted oats, sorghum, and seeds with flaked almonds, cranberries and raisins.

Bolognaise (ragù) vir baie

Ek is nou maar eenmaal net nie baie goed gerat om voordat die week met ‘n hengse galop wegspring alreeds al my maaltye klaar “geprep” te hê nie. Wat ek wel taamlik gereeld doen, is om ‘n ordentlike pot bolognaisesous te prut wat dan vir ‘n hele paar maaltye kan instaan, hetsy spaghetti bolognaise, lasagne of ‘n lekker moesaka. En glo dit of nie, maar Vrydaemiddae is baie keer wanneer ek my lekker groot Le Creuset-pot nadersleep en die heerlike vleissous stadig en geurig aan die kook kry. Buiten vir ‘n lekker lang stowetyd, is ‘n goeie skoot rooi wyn ononderhandelbaar en die groot geheim vir ‘n bolognaisesous met diepte. As ek my dus ‘n vroeë Vrydagmiddag af veroorloof, skink ek dadelik vir my ‘n goeie rooiwyntjie in en verruil my studio vir my kombuis. My keuse val meestal op ‘n rooie vanuit die Piekenierskloofwyne, meestal Grenache, maar nou die dag het ek ‘n slaggie weer ‘n Pinotage oopgemaak (terloops my Pa se gunsteling) en my net weereens verlekker aan die donker, intense geure, ryk teksture en goeie “body” daarvan.

Oor die jare het ek nou al geleer om die basiese vleissous goed te vermeerder met ‘n lekker klomp groente, van spinasie en wortel tot seldery en sampioene en terselfdertyd ook ‘n lotjie goedheid in te werk. (dan pla my gewete my nie eers as my huismense gemaklikerwys die slaaibak verbygaan nie). Vir die pot kies ek gewoonlik ‘n meer bekostigbare rooi wyn, maar glad nie een van swak gehalte nie (en ja,ek moet bieg, so terwyl ek die pot roer, beland daar ‘n skoot of wat van die pinotage wel in die pot net om die nodige keurige afronding daaraan te verskaf).

Nog iets waarmee ek deesdae ook begin eksperimenteer het, is om die witsous met lensiemeel oftewel chana te maak, dan is dit glutenvry en gebruik ek dit graag om die moesaka, wat ek terloops net met eievrug en nie ook aartappels nie, maak. Die chanameel verskaf so ‘n heerlike neuterige smaak wat goed gaan saam met die eiervrug.

Jy kan ook die lugbraaier inspan om hierdie geregte te maak – braai die eiervrugskywe daarin, gebruik ‘n 20 cm vierkantige of selfs losboom-koekpan en stel jou moesaka en lasagne daarin saam. Dan bak dit maklik in die lugbraaier. Onthou net om dop te hou dat dit nie te donker bo-op bak nie – sit dan net ‘n vel tinfoelie bo-op en bak verder.

Al kook ek meeste van die tyd nie volgens die letter van die woord tradisionele resepte nie, interreseer dit my nogals waar dinge vandaan kom. Ek het nog altyd gewonder waar bevind ‘n bolognaisesous hom nou eintlik – is dit ‘n ragù of ragout – albei word dieselfde uitgespreek, is ‘n heerlike souserige affêre, maar tog nie dieselfde ding nie. Ragù is ‘n klas Italiaanse pastasous gewoonlik gemaak met maalvleis, groente en somtyds tamaties, bv bolognaise. Ragout, aan die ander kant, verwys na ‘n stadiggekookte Franse styl stowegereg wat met vleis, vis of groente gemaak kan word, selfs net groente. Jy kan dit op sy eie eet of andersins saam met ‘n stysel soos polenta, koeskoes of pasta. So ja daar het jy dit. Ons maak ragù vandag.

BOLOGNAISESOUS

Lewer sowat 2,5 kg sous

Sowat 125 ml (½k) olie
4 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
2 groen soetrissies, ontpit en in klein stukkies gesny (opsioneel)
1 bossie seldery, fyn gekap
200 g sampioene, in stukkies gesny
4 wortels, grof gerasper
1,5 kg maer beesmaalvleis
3 blikke (400 g elk) tamaties in tamatiesap of andersins 1,2 kg vars Roma-tamaties, geskil indien verkies
200 g spinasie, goed afgespoel en fyn opgekap, stingels en al
4 pakkies (60 g elk) tamatiepasta
4—6 songedroogde tamaties in vinaigrette, opgekap (opsioneel)
30—45 m l(2—3 e) vars basielieblare
5 ml (1 t) roosmarynblaartjies, fyn opgekap
30—45 ml (2—3 e) suiker
Sout en swartpeper na smaak
375 ml (1½ k) rooiwyn

1 Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie, knoffel, soetrissies, seldery en sampioene daarin tot sag en geurig. Roer die wortels by.
2 Voeg die maalvleis by. Breek die vleis op met ‘n vurk. Roerbraai tot gaar, maar nie nodig vir bruin nie.
3 Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.
4 Stel die hitte laer en laat prut sowat 2 uur lank tot lekker geurig. Pas die geur aan met sout en peper asook suiker soos nodig.

Wenk: braai ‘n halwe pak spekvleis saam met die ui tot gaar – dan kan jy die maalvleis verminder.

Die sous kan nou net so saam met spaghetti voorgesit word of jy kan lasagne of moesaka daarmee maak. Vir die spaghetti bolognaise gaan jy miskien sowat helfte van die sous gebruik, maar vir moesaka en lasagna kan jy verder kom met slegs ‘n derde van die sous.

VIR MOESAKA

2—3 eiervrugte, in dun skywe gesny met skil en al en gesout
⅓ van die bolognaise sous
WITSOUS
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) chanameel
250—300 ml melk
Knippie mosterd of aangemaakte mosterd
Sout en peper na smaak
AFRONDING
125 ml (½k) gerasperde sterk Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 Spoel die eiervrugskywe af en druk droog. Braai in olie tot sag, maar nie droog nie. In die Airfryer: Plaas die skywe in ‘n enkellaag in die laaitjie van die Airfryer, sprinkel liggies met olie en airfry tot bruin vir sowat 10 minute – tyd gaan afhang van dikte van die skywe
2 Pak lae bolognaisesous en eiervrug in ‘n bak.
3 WITSOUS Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die meel by. Roer tot glad oor matige hitte. Verwyder van die hitte en roer die melk stadig by. Plaas terug op die hitte en roer tot die sous kook en verdik.
4 Giet oor die bolognaisesous in die bak en sprinkel die kaas oor. Bak sowat 20 minute of tot die kaas gesmelt en effe borrelrig is.
Sit voor met slaai.

VIR LASAGNE

1 pak rou lasagnevelle
Kookwater
⅓ van die bolognaise-sous
1 x witsous
125 ml (½ k) gerasperde sterk Cheddarkaas

1 Doop elke lasagnevel in kookwater of effe te versag.
Skep ‘n laag bolognaisesous in die bak en pak ‘n laag lasagnevelle bo-op.
Herhaal lae.
Berei die witsous soos beskryf en smeer bo-oor. Sprinkel die kaas oor en bak tot gesmelt en borrelrig.

Wenk: Maak die moesaka of lasagne in ‘n 20 cm-vierkantige bak of selfs in ‘n 20 cm losboom-koekpan en bak by 180°C in die lugbraaier.

Hawermout-saadbrood

Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.

Maak 1 medium brood
Bereiding: 15 min
Baktyd: 40—50 minute

625 ml (21/2 k) hawermout
250 ml (1 k) gemengde sade, insluitend sonneblom-, pampoen-, sesam- en lynsaad
60 ml (1/4 k) psylliumvesels
12,5 ml (21/2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
4 eiers
45 ml (3 e) klapperolie, gesmelt
250 ml (1 k) water
15 ml ( 1 e) appelasyn
gemengde sade of sesamsade vir bo-op sprinkel
VOORSIT
Avokado

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n klein broodpannetjie en voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.
1 Meng die droë bestanddele goed saam.
2 Klits eiers, voeg klapperolie, water en appelasyn by en klits goed.
3 Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Laat staan 10 min tot stewig.
4 Skep in pannetjie, druk effe plat.
Bak sowat 40-50 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit voor met fyngedrukte avokado.

In lugbraaier: Stel die lugbraaier op bak en verhit tot 180°C. Bak 30 minute lank, bedek die brood na 15 minute met tinfoelie om te keer dat dit te donker bak bo-op.

Souskluitjies – soete trooskos

‘n Groot handeklap vir die Citrusdallers, wat nou met die groot reën hande gevat, plan gemaak en skouer aan die wiel gesit het om hulself en andere te help. Ek het foto’s gesien van manne met trekkers wat die swaargelaaide Spar-lorries op dun agterpaatjies en deur diep modderpoele na hul bestemming help sleep het, ouens wat mense wat vasgekeer is op die skouer getel en in rubberbote na veiligheid gebring het en so kan die lys aangaan. Nou nie so groot in omvang nie, maar die Olifantsrivier het al voorheen ‘n paar keer die ingang na Citrusdal versper – ek onthou selfs ‘n keer hoe my pa, as kommandant van die plaaslike kommando, in ‘n rubberbootjie die rivier oor is om te gaan hulp verleen. Ja, as dit lekker begin reën het op die plaas, was daar ‘n groot opgewondenheid om te sien of die vlei al begin loop het en of die damme al water gevat het, maar daarmee saam ook die onderlangse spanning of ‘n uitloop of damwal gaan hou. En dan as dit nodig begin lyk, is daar sandsakke gepak, baie keer nagdeur, net om te keer dat die walle nie wegkalwe nie – daar het ek die krag van water eerstehans ervaar.

As dit so triestig en reënerig is buite, lus ek nie net sop en brood nie, maar verlang na soet trooskos soos my ma se souskluitjies, nog gemaak volgens my Ouma Carmen se resep. Dit was ‘n veerligte sponskluitjie, eerder ‘n tipe melkpap as kluitjie, wat versigtig met twee poedinglepels in klein hopies in ‘n soet kaneelstropie geskep is. Interressant, was dit ook die poeding wat Eunice van den Berg, tannie Ina de Villiers van Kook & Geniet-faam, vir my opgedis het toe sy ‘n proesel van haar ma se gewildste resepte vir ‘n Huisgenoot-artikel moes maak. Hare was net in ‘n gesmelte bottersousie met die kaneelsuiker dik oorgesprinkel, geskep.

Twee kookboeke wat ek soos ‘n kleinood bewaar is die van Mrs Van Tulleken se “Die praktiese kookboek vir Suid-Afrika” (ons eerste kookboek) en dan ‘n hoog-Hollandse kookboek, Oranje kook, koeken recepten boeken met binne-in ook ‘n verskeidenheid pragtige handgeskrewe notas en resepte. Verweerd en broos. Snaaks, ek kry nie ‘n resep vir souskluitjies in enige van hulle nie, wel een vir fluweelpoeding, wat eintlik net ‘n verwerking van hierdie sponsagtige souskluitjies is. Weer iets wat my Skoonma gereeld vir ons opgedis het.

Juis omdat julle so geesdrifting meegedoen het met die melksnysels, het ek gedink die souskluitjies sal net so gepas wees vir nou. Met die resep wat ek hier vir julle gee, kan jul nou souskluitjies sowel as fluweelpoeding maak. Die resep is wel heelparty minder soet as die oorspronklike een. Ek maak selfs somtyds ook ‘n kors van Post Toasties vir die fluweelpoeding – kompleet soos ons in die koshuis gekry het – kan jy nou meer!

SOUSKLUITJIES

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaak: 20 minute

SOUS
500 ml (2 k) rooibostee, sterk getrek met 3 vanielje-teesakkies van Carmién (kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.)
80 ml (⅓ k) suiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) botter
KLUITJIES
45 ml (3 e) koekmeel (ek het al glutenvrye meel ook gebruik en dit werk goed)
30 ml (2 e) mielieblom
15 ml (1 e) vlapoeier
1,25 ml (¼ t) sout
500 ml (2 k) melk
2 eiers, by kamertemperatuur, geskei
5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 SOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en laat goed kook. Giet daarna in ‘n opdienskottel.
2 KLUITJIES Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout met ’n bietjie van die melk om ’n slap pasta te vorm.
3 Kook die res van die melk en roer die pasta stadig daarby in. (begin deur eers bietjie van die warm melk met die pasta te meng voordat jy die hele lotjie dan met die melk meng)
4 Kook die mengsel 2 minute en roer aanhoudend tot dit verdik het. Pas op dat dit nie aanbrand nie.
5 Klits die eiergele en roer dit geleidelik by die kokende mengsel in. Voeg die vanieljegeursel by.
6 Haal van die stoof af. Klits die eierwitte styf en vou in.
7 Skep lepels vol van die mengsel in die sous in die opdienskottel. Sit die sponskluitjies warm voor.

FLUWEELPOEDING

Met die basiese souskluitjie-resep tower mens net so maklik fluweelpoeding op.

(1) Berei die basiese souskluitjies soos beskryf, maar verdubbel die resep. Vou net helfte van die styfgeklitste eierwitte in. Skep die vlapap in ‘n bak en bak 15 minute tot stewig by 180°C. Smeer ‘n lagie (sowat 10—15 ml) verminderde suiker-konfyt bo-oor (andersins kan jy net bietjie suiker by die melkpap inroer).
(2) Maak ‘n meringue met die eierwitte as volg: plaas die eierwitte saam met 125 ml (1/2 k) versoeter of suiker in ‘n glasbak wat oor ‘n kastrol kookwater staan, roer tot die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en klits die eierwitte tot styf met ‘n elektriese klister, sowat 10 minute. Skep bollings op die konfytlaag en skroei met ‘n kombuis-blaasvlam.

Melksnysels – pure nostalgie

Melksnysels; slinger om die spoel, soos die ouer garde dit genoem het, of soos my ma baie keer daarna verwys het: spätzle, om ons opnuut weer aan ons Hollandse afkoms te herinner, proe pure nostalgie. Op ‘n reënerige dag was dit baie keer aandkos. (Ma het nie gehou van pannekoek bak nie, eerstens was dit te tydrowend en tweedens was daar net te veel flops vir haar wiskundige brein om te verwerk). Ek onthou hoe sy die deeg in skoenveterdun repies gesny het, nogals met ‘n Minora-lemmetjie wat sy spesiaal eenkant in die spens gehou het! (was vir seker voor die tyd van Victorinox-messies).

In die middel van die plaaskombuis het ‘n skoongeskropte houttafel gestaan met ‘n brandmerk op die kant wat ‘n primusstofie eens op ‘n tyd daar gelaat het (dink my pa wou koffiewater kook). Die het sy lighands dik besaai met meel uit die nerfaf kolletjiesblik. Die deeg is vinnig aangemaak en daarna dun-dun uitgerol en opgerol in ‘n rolletjie. Dan het die snyery begin. Nadat sy so ‘n klompie gesny het, is hulle goed deur die kombuistafelmeel gevee en vanmekaar losgefrummel om fyn snyseltjies te maak wat dan netjies toegegooi is met ‘n kombuisvadoek. Op die stoof het die melk begin borrel. Die snyseltjies is handjie-vir-handjie in die melk ingeroer en dan stadig gekook tot hulle deurgaar was. Die eiers is vinnig deurgeroer en dan was dit opskeptyd. Elkeen het sy bakkie gekry, dik bestrooi met kaneelsuiker. Ons het dit klein lepeltjies-vir-lepeltjie geëet, bang dat die lekkerte sou opraak. Op ‘n Sondagaand maak ek ook somtyds vir ons melkkos, want my mense hou daarvan, maar ek vat meestal kortpad en maak amper eerder net ‘n tipe dik vlapap waarby ek heelparty eiers inroer. Ek brou ook baie keer vir ons ‘n rooibos chai espresso (te kry by Carmién) wat ek dan by die melk ingooi om ekstra geurifheid daaraan te verskaf. Die tikkie chai-geure is onmenslik lekker daarby en dit bring soveel goeie herinneringe terug.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

Rooibos chai espresso melksnysels

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 min
Gaarmaaktyd: 15 min

60 ml (1/4 k) Carmién rooibos chai espresso
500 ml (2 k) kookwater
200 ml koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (1/2 t) sout
1,5 liter (6 k) volroommelk

ekstra koekmeel vir oorstrooi
2 eiers
60 ml (1/4 k) suiker
5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
Kaneelsuiker vir oorsprinkel

1 Gebruik ‘n teepot met ‘n siffie en giet die rooibos-espresso in die siffie.
2 Giet die kookwater stadig oor en laat staan tot nodig.
3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
4 Voeg ‘n bietjie van die melk by om ‘n stywe deeg te vorm. Meng goed en knie liggies tot die deeg effe glad is, nie lank nie.
5 Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
6 Strooi ruimakoots meel oor die deeg.
7 Rol die deeg in ‘n rol op, begin aan die lang kant en sny die rol in baie repies.
8 Strooi baie meel oor die snysels en vroetel dit liggies met jou vingers los. Hou eenkant tot benodig.
9 Giet die melk in ‘n groot kastrol en voeg die tee by die melk in die kastrol. Verhit tot net by kookpunt.
10 Sprinkels die snysels in sonder om die meel af te skud.
11 Verlaag hitte en roerkook sowat 10 minute.
12 Klits die eiers en suiker saam tot lig en vou by die mengsel in.
13 Laat net weer opkook.
14 Skep in bakkies en sit voor met ‘n strooiel kaneelsuiker.

Smullekker happies vir Vadersdag

Met vadersdag om die draai, wil mens die manne graag bederf met eetgoed waarvan hulle hou. ‘n Lekker tjoppie en ‘n worsie oor die kole is altyd hoog bo-aan die lysie, maar somtyds soek mens ook peuselgoed vir vooraf of selfs as daar rugby gekyk word.

In my huis word daar nooit nee dankie gesê vir pizza, nachos of ‘n broodjie gelaai met allerhande lekkertes nie. Noudat daar volop avokado’s in die winkels is, gaan daar bykans nie ‘n trippie winkel toe verby wat ek nie ‘n avokado of twee in die trollie laai nie – dit span ek graag in op broodjies, pizza of selfs nacho’s. Maklik, lekker en die avo’s is propvol goeie vette en vesel wat goed is vir jou. Met ripe & ready gaan jy ook nie sommer sit met te harde avokado’s nie.

Dis egter net so maklik om avokado’s tuis ryp te maak – plaas hulle net in ‘n papiersak saam met vrugte soos ‘n piesang, appel of kiwivrug en maak dig toe. Die vrugte gee etileengas af, ‘n planthormoon wat rypwording aanhelp.

Deluxe Avocado BLT

4 – 6 Servings
Prep: 20 Minutes
Cook: 10 Minutes

For the avo-nnaise dressing
120 g (½ cup) mayonnaise, homemade or store-bought
1 small ripe avocado, peeled and stoned
1 clove garlic, grated or crushed
15– 30 ml (1 -2 tbsp) lemon juice

1 ciabatta loaf, sliced in half horizontally
2 large ripe avocados, peeled and stoned
4 large ripe tomatoes, sliced
1 small head of butter lettuce, rinsed and pat dry
200 g (approx. 8 slices lean back bacon), cooked & crumbled
Sea salt and freshly ground black pepper
Avocado or olive oil, to drizzle
Microgreens for garnish

1 Start by making the avo-nnaise, place all the ingredients in the jug of a stick blender and whizz until smooth.
2 Lay the ciabatta halves on a platter and spread liberally with the avo-nnaise. Arrange lettuce leaves and tomato slices on the bread and top with avocado slices and bacon pieces.
3 Season with salt and pepper and drizzle with the oil.
4 Serve cut into wedges with extra avo-nnaise dressing.

Chip & Dip Nachos with Guacamole

A lighter version of nachos, which is super tasty.

Prep: 30 Minutes
Cook: 10 Minutes
4 Servings

1 small avocado, peeled, stoned and diced
1 red onion, very thinly sliced
4 ripe tomatoes, deseeded and diced
1 jalapeño pepper, deseeded and chopped (optional)
15 g fresh coriander, finely chopped
250 g nachos/corn chips
250 ml (1 c) store-bought tomato salsa
45 ml (3 T) plain yoghurt
For the Guacamole
2 ripe avocados, peeled and stoned
2 cloves garlic, finely chopped
15 g coriander, plus a little extra for garnish
Salt & pepper, to season
Fresh coriander, to garnish
Lime wedges, to serve

Preheat oven on grill.
1 In a bowl mix together the diced avo, red onion, tomato, jalapeño, and coriander, season and toss to combine, set aside for the flavours to develop.
2 Layer the nachos on a baking tray or oven-proof skillet and pour over the salsa, place under the grill for 7-10 minutes until the chips are golden and toasted and the tomato salsa is bubbling.
3 Make the guacamole by combining all the ingredients in a bowl and roughly mash together.
4 Scatter the avo tomato mixture over the baked chips, top with dollops of guacamole and drizzle with the plain yoghurt.
5 Serve with extra guacamole and garnish with fresh coriander and lime wedges.

Avocado pizza blanco

2 Servings
Prep: 10 Min
Cook: 25 Min

2 frozen pizza bases or premade pizza dough
For the cream cheese topping
200 g smooth cream cheese, at room temperature
100 g grated Parmesan cheese
100 g grated Mozzarella cheese
30 ml (2 T) chopped herbs, rosemary, thyme, oregano (one or combination of all three)
4 cloves garlic, crushed
Pinch of chilli flakes (optional)
Sea salt and freshly ground black pepper
For the topping
1 ripe avocado, peeled and pip removed
Baby spinach leaves or rocket leaves

Preheat oven to 200°C
1 Combine the cream cheese, Parmesan cheese, Mozzarella cheese, herbs, garlic and seasoning in a bowl.
2 Spread the cream cheese mixture over the pizza bases.
3 Bake until the base is cooked and the topping is golden and bubbling, approximately 20-25 minutes.
4 To serve top with avocado slices and scatter with baby spinach or rocket leaves.

For further information and avo recipes, visit www.avocado.co.za, like us on Facebook @iloveavocadoSA and follow us on Instagram @iloveavossa.

Klop beurtkrag met ‘n gaar hoender

Ek het laas naweek heerlik gekuier saam met ‘n oulike groep vroue by die Vredelust-gemeente in Boston in die Kaap. So tussen die lekker klets deur takel ons die uitdagings van beurtkrag en ek wys hulle wat mens alles met ‘n gaar rotisserie-hoender kan doen buiten toebroodjies en slaai. Van ‘n halwe hoender maak ek ‘n tamaaie hoender-en-groente-roerbraai met die lekkerste roerbraaisous oor, met ‘n bonus ook nog ‘n grondbone-sousie oor vir laaste lekkerte. Dit kan ‘n menigte voed.

Die ander helfte gebruik ek om ‘n Thaise kerrie met Chinese kool mee te maak. Dit sit ek voor met ‘n tipe Persiese basmati-rys wat ek in Carmién se Turkish Delight-rooibostee gaarkook om so ‘n subtiele roosgeur daaraan te verskaf. Saam met bietjie amandels daarby ingemeng, smaak dit hemels saam met die kerrie. Die velle en bene gebruik ek saam met al die groenteskille om ‘n geurige aftreksel mee te kook, reg vir sopmaak. So uit een hoender kan jy dus 3 geregte maak.

Daar’s ook verskeie ander resepte wat jy sommer weer in die Airfryer kan maak – giet ‘n blik Mexikaanse of Italiaanse tamatiesmoor oor hoenderstukke en rasper Mozzarella-kaas oor, of vryf die stukke hoender in met ‘n pesto of andersins ‘n heuning-suurlemoen-en-sojasousie (ek het die resep so ‘n tydjie gelede geplaas), pak in ‘n ronde of vierkantige koekpan wat in die airfryer sal pas en air-fry net tot die hoender deurwarm en die velletjie lekker bros is. Heerlik!

Ek vertel hulle ook toe sommer hoe maklik dit is om gesonder te eet sonder dat dit jou ‘n arm of been hoef te kos en dat jy steeds heerlik kan smul. Uit my Lekker & Goed-boek, heerlike kos propvol heilsaamheid, wys ek verskeie liplekker resepte – nostalgiese malvapoeding, wat geur kry met vanielje-rooibostee sodat jy die room en suiker minder kan maak en kaaskoek, gemaak met maaskaas en nie room nie; ‘n groente-lasagne en lensie-bobotie, so heerlik gekrui en gespesery, jy kom nie eers agter daar is nie vleis in nie; drieboneslaai, met ‘n boegoe-rooibosslaaisous – en so gaan die lysie aan en aan. En ek hoor hoe die vroue oe en aa. Die boek is steeds verkrygbaar by meeste boekwinkels soos Bargain Books en Exclusive Books of op Lapa en Carmién Tea se webtuiste. Gaan loer gerus.

Verlede week het ek ‘n paar navrae gekry vir die saadbrood-resep. Ek bak dit sommer vinnig in die Airfryer. Hier is dit nou ook. Lekker smul en bly warm! As julle voel ek moet daar by julle ook kom kuier, laat my gerus weet.

HOENDERROERBRAAI MET GRONDBONESOUS

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

GRONDBONESOUS
125 ml (½ k) growwe grondbonebotter
60 ml (¼ k) heuning
60 ml (¼ k) sojasous
250 ml (1 k) lavet-klappermelk
Sap van 2 lemmetjies
ROERBRAAISOUS
4 knoffelhuisies, fyngerasper
5 cm stuk gemmerwortel, fyngerasper
125 ml (½ k) sojasous
60 ml (¼) vars lemmetjiesap
15 ml (1 e) soesji-asyn
30—45 ml (2-3 e) heuning of suiker of versoeter
45 ml (3 e) sesamsade
Klein handvol gekapte koljanderblare
ROERBRAAI
Olie
Halwe hoender, ontvel en ontbeen en in klein stukkies gesny
4 wortels, skoongeskraap en in dun repies gesny
2-3 klein soetrissies, in dun repies gesny
Halwe kop blomkool of broccoli, in blommetjies gebreek
Kwart kop kopkool, in dun repies gesny
2—3 stingeluie, gekap
Groot handvol koljanderblare, gekap
2—4 bondels eiernoedels, gaargekook
Ekstra koljanderblare vir afronding

1 GRONDBONESOUS Meng al die bestanddele saam. Hou eenkant.
2 ROERBRAAISOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrolletjie en kook saam.
3 ROERBRAAI Verhit bietjie olie in ‘n braaipan en braai die hoenderstukkies tot effe bros, voeg van die roerbraaisous by.
4 Voeg die wortels by en roerbraai tot effe sag, maar nog baie bros, voeg die soetrissies, blomkool of broccoli by en roerbraai tot effe sag, maar nog baie bros. Voeg nog van die roerbraaisous by.
5 Roer die koolrepies by en braai net effe tot verwelk.
6 Roer die stingeluie, koljanderblare en noedels by.
Skep uit, giet van die grondbonesous oor en sprinkel nog koljanderblare oor.

Braai en pampoen vir smulpape

Nou die dag kry ek kommentaar oftewel eintlik ‘n vraag of ons dan nooit braai nie – ja ons doen en nogals baie en gereeld ook. Elke naweek brand daar ‘n vuurtjie en selfs somtyds ook op ‘n weeksdag, al braai ons net ‘n worsie. ‘n Tydjie gelede kom kuier vriende juis op ‘n weeksaand en ons braai. Vir bykos besluit ek om die immergewilde pampoentert te maak – my weergawe, wat ek in my Lekker & Goed-boek, heerlike kos propvol heilsaamheid, gepubliseer het, het heelwat minder suiker en botter, maar is steeds smullekker.

Ons het mekaar lanklaas gesien, so ons kuier en gesels altevol lekker, soveelso, dat die pampoentert in die oond bykans vergete bly en so ‘n lekker donker lagie bo-op bak, amper soos die heerlike Portugese melktertjies, pastis da nata. Dit laat my toe terugdink aan die storie wat my ma so graag vertel het van haar suster-hulle wat tydens ‘n braai ook so lekker gekuier het, dat die vleis eintlik bysaak was. Dit het goed laat geword voordat die vleis uiteindelik opdaag en toe is dit sulke verskrompelde, amper houtskool gebraaide tjoppies wat in die bak lê. Later die aand, by bedtoegaantyd, vra sy haar man wat dan nou eintlik gebeur het met die vleis. Sy antwoord: “Bokkie, ons het so lekker gebraai, toe braai ons sommer weer.” En ek verstaan heeltemal.

GEBAKTE PAMPOEN

In die groentetuin langs die plaashuis het die pampoenranke altyd geil gerank met hul oes wat skuil hou tussen die blare. Pampoen was daar baie op tafel – pampoenkoekies, broodpampoen, pampoentert en ons was lief daarvoor; maar nooit, so ver ek kon onthou, ‘n heel gebakte pampoen nie. Die het ek raakgeproe toe die wêreld sy koslappieskombers met al sy verskillende geure vir my kom oopgooi het. Dis veral Midde-Oosterse en Afrikageure waarby so ‘n bonkige pampoen aanklank vind – dink kaneel en komyn; ment en koljanderblare. Mooi genoeg om die centrepiece van jou tafel te wees.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 30 min
Baktyd: 1 uur 15 min

1 heel pampoen
Sout, fyn kaneel, fyn komyn en bietjie suiker
paprika
VULSEL
60 ml (1/4 k) olyfolie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
7,5 ml (11/2 t) vinkelsade
7,5 ml (11/2 t) komynsade
15 ml (1 e) gerasperde fyn gemmerwortel
7,5 ml (11/2t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn koljander
500 ml (2 k) botterskorsie- of pampoenblokkies
250 ml (1 k) patatblokkies
250 ml (1 k) blomkool- of broccoliblommetjies of murgpampoentjies, in ringe gesny
250 ml (1 k) murgpampoentjie-ringe (opsioneel)
2 rooi soetrissies, ontkern en in blokkies gesny
150 g mengsel van droëperskes en Turkse appelkosies, fyner gesny en in rooibostee geweek
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer (opsioneel)
250—375 ml (1—11/2 k) gaar koeskoes, bulgurkoring, stampkoring of sorghum
40 g koljanderblare, gekap
20 g ment-en/of pietersielieblare, gekap
Sap en skil van 2 suurlemoene
Paprika en komyn
Ekstra koljanderblare vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 190˚C.
1 Sny die kop van die pampoen af en verwyder die pitte en meeste vesels. Prik die pampoen aan onderkant, plaas op ‘n bakplaat saam met die deksel en geur die binnekant goed met sout, kaneel, komyn en bietjie suiker. Bak tot net sag en gaar, maar nie stukkend gekook, sowat 1 uur lank afhangende van die grootte van die pampoen.
2 Versprei die pampoenpitte op ‘n ander bakplaat, sprinkel bietjie paprika oor en plaas ook in die oond. Bak tot bros.
3 Verhit olie in ‘n pan en soteer die ui en knoffel daarin tot sag, voeg die heel speserye en gemmerwortel by en roerbraai tot geurig, sowat 1 minuut, voeg die fyn speserye by.
4 Rangskik die botterskorsie en patatblokkies, blomkool of broccoli of murgpampoentjies op ‘n ander bakplaat en giet die geurige uiemengsel oor. Meng deur die groente en plaas in die oond. Bak tot net sag, 40 min.
5 Meng die droëvrugte, kekerertjies, koeskoes, bulghur, stampkoring of sorghum, kruieblare en suurlemoen, sprinkel bietjie paprika en komyn oor en meng. Voeg by die groente en verhit tot warm, sowat 15 min.
7 VOORSIT Skep die groente in die gebakte pampoen. Sprinkel pampoenpitte en ekstra koljanderblare oor.

Pampoentert

As jy die pampoen met patat vervang, kan jy die suiker nog heelwat minder maak. Skep dit in muffinpanne om klein pampoenkoekies te bak.

Stoom 1 kg pampoen of oranje patat sag en plaas in die bak van ‘n voedselverwerker. Meng 250 ml (1 k) koekmeel, 10 ml (2 t) bakpoeier, 5 ml (1 t) fyn kaneel, 5 ml (1 t) sout en 180 ml (¾ k) bruinsuiker saam en voeg by die pampoen. Voeg 3 eiers, 250 ml (1 k) natuurlike jogurt, 45 ml (3 e) gesmelte botter en 5 ml (1 t) vanieljegeursel by en verwerk tot glad. Skep in ‘n gesmeerde oondbak of in die holtes van muffinpannetjies en bak sowat 30–50 minute tot gaar. Sprinkel kaneelsuiker oor.

Die resep vir die patatgnocchi wat ook op die foto is, is te kry in my Lekker & Goed-boek. Die boek is te kry by meeste boekwinkels soos Bargain Books en Exclusive Books, asook aanlyn by Lapa en Carmién Tea.

Sop en brood

Dis Junie en amptelik winter. Soggens as ek nou die blindings vroegoggend ooptrek, staar ek nog in pikdonkerte in. Net sowat ‘n maand terug het die skynsel van sonopkoms my begroet en kon ek my eerste koppie koffie op die stoep geniet sonder veel warmgoed. Vir my is dit so ‘n groot lekkerte om die oggendstond met ‘n koppie koffie te verwelkom, dat ek nie hierdie oggendritueel wintertye stop nie. Ek wikkel my maar net lekker warm toe in ‘n dik baadjie en geniet die oggendstilte van die ontwakende dag terwyl ek die manewales van ‘n groepie tarentale dophou wat met sonsopkoms kom skrop vir ietsie te ete in die oop erf oorkant die pad.

Vir my is winter ook sinoniem met sop. Eintlik lief ek sop enige dag en kan net nie genoeg daarvan kry nie. So jy kan my verlei met ‘n koppie warm sop, en as daar nog ‘n snytjie varsgebakte brood ook by is, is ek letterlik in die koshemel.

Deesdae let ek ook nogals bietjie op watse kosse almal “gut friendly” is en probeer so ver as kan daarvolgens kook. Eintlik is dit heel maklik, want as jy van vars ongeprosesseerde kosse, soos onder andere groente en lensies hou, is jou kop so te sê deur. En watter makliker manier is daar dan nou nie om hierdie in ‘n heerlike ete te omskep nie – kook ‘n pot sop! Hierby maak ek die lekkerte saadbrood – sommer in die Airfryer gebak. Makliker kan dit nie.

Soos my ma is ek gek na tamaties, so vars tamaties vorm die basis van hierdie sop saam met rooibostee as aftreksel – beide vol antioksidante en anti-inflammatories, net wat jou “gut” wil hê. Hierby rooi lensies om die sop bietjie aan te dik, maar ook proteiene te verskaf.

Die lae koolhidraat saadbrood is die lekkerste koringmeellose brood wat ek tot nog toe beproef het. Proe na regte brood! Dit kry onder andere hawermout in en dié word deesdae ook op ‘n beperkte mate ingesluit in ‘n lae koolhidraat-eetplan. Hawermout is ook glutenvry, maar word in fabrieke verwerk waar koring ook verwerk word, so dit kan gekontamineer word. As gluten vir jou ‘n probleem is, gebruik glutenvrye hawermout daarvoor. Ek sien dit glutenvrye hawermout deesdae ook op Checkers se winkelrak. Kry die resep in die nuutste Huisgenoot van 1 Junie. Daar is ander hawermoutresepte ook.

TAMATIESOP

Maak sowat 3 liter sop
Bereidingstyd: 15 min
Gaarmaak: sowat 30 min

2 uie, gekap
2—4 knoffelhuisies, fyngedruk
olie
5 ml (1 t) elk vinkelsaadjies en komynsaadjies
7 ml (1½ t) paprika (gerook indien verkies)
300 g spinasie, goed afgespoel en stingel en al fyn opgesny
8 ryp tamaties, in stukke gekap
oorskiet groente soos beskikbaar: paar boompies broccoli, 4—6 sampioene, 1 rooi soetrissie, vars mieliepitte, alles fyn opgesny
250 g rooi lensies, goed afgespoel
2 liter (8 k) rooibostee-aftreksel gemaak van 4 sakkies elk Carmién Tea Rescue (met boegoe) en Revive (met brandrissie en gemmer), goed getrek in kookwater
2—3 groenteaftreksel “pods”
15—30 ml (1—2 e) bruinuiker
Sout en swartpeper na smaak
AFRONDING
volroom jogurt
Vars kruie

1 Braai die ui en knoffel in klein bietjie olie tot sag, voeg die speserysaadjies by en braai tot geurig. Voeg die paprika by en dan die spinasie, tamatie, oorskietgroente en lensies.
2 Meng deur en voeg die teeaftreksel asook die groenteaftreksel “pods” by.
3 Bring tot kookpunt en laat kook tot die groente lekker sag en die lensies papgekook is, sowat 20—30 min.
4 Geur met bruinsuiker en sout en peper na smaak.
5 Maak fyn met ‘n staafmenger.
6 Giet die sop in ‘n bak of bakkies en sit voor met skeppies lekker dik romerige jogurt (wat ook goed is vir jou gut) en sprinkel vars kruie oor indien verkies.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode “carmenniehaus“.

Kabouter-Spinasietert

Wie van ons het ons nie kleintyd verkneukel in die mooie Liewe Heksie-stories nie. Ons was groot aanhangers. My ma het altyd vir ons voorgelees, my jongste sussie se troetelnaam was tot Blommie en daar was selfs ‘n Mattewis-kat op die werf. Nou die dag verwyl ek bietjie tyd in die plaaslike Bargain Books in die Laguna Mall hier by ons. Buiten dat hulle my nuuste boek, Lekker & Goed, in die winkelvenster uitstal, is daar vele juwele te vind tussen die rakke. So tussen die ronddwalery deur, val my oog terloops op Liewe Heksie-boekies. En terstond koop ek weer vir my twee.

By die huis kan ek nie wag om die manewales van Liewe Heksie, Blommie Kabouter en Karel Kat opnuut weer te beleef nie. Hulle het altevol graag op die stoep gesit en kuier en allerhande slim? planne daar sit en beraam. My kabouteroor-koppies wat ek by Mervyn Gers gekry het, laat my opnuut weer terugdink daaraan en ek gebruik hul graag om koffie of tee in te bedien. Jarelange vriende laat weet onlangs hulle kom maak ‘n vinnige draai – lekker bok-vir-sports-pelle en ek besluit dadelik ons gaan uit die kabouteroor koppies tee drink. Die wintersonnetjie bak heerlik op die stoep, so die teegoed word daar gedek en ek bak vinnig die allerlekkerste spinasietert in die Airfryer wat ons toe sommer tersond ‘n kabouter-spinasietert doop.

SPINASIETERT

Maak ‘n medium tert
Bereiding: 20 min
Baktyd: 30 min

4—6 velle filodeeg, ontdooi
Gesmelte botter
VULSEL
2 uie, fyngesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
olie
300 g spinasie, goed afgespoel en fyn gesny
Spatsel balsamieke asyn
4 eiers
180 ml (¾ k) volroommelk
5 ml (1 t) aangemaakte mosterd
Sout en peper na smaak
200 g sterk Cheddarkaas, gerasper
Paar baba-spinasieblare vir afrond

Spuit ‘n 20-cm losboompan goed met kossproei.
1 Stapel die filodeeg opmekaar en sny in 4 blokke. Smeer elke blok met gesmelte botter, stapel so 4 opmekaar en voer die pan rofweg met die filodeeg uit. Die punte kan maar so oor die rand van die pan steek. Hou eenkant.
2 Braai die uie en sampioene in bietjie olie tot sag, voeg die spiansie by en verhit tot dit verwerk het, sprinkel ‘n spatsel balsamieke asyn oor.
3 Kltis die eiers, melk en mosterd saam en geur na smaak met sout en peper.
4 Sprinkel ‘n laag kaas onderindie voorbereide pan, vervolg met ‘n laag spinasiemengsel. Herhaal die lae, eindig met kaas.
5 Giet die eiermengsel oor.
6 Skakel die Airfryer op bak aan en stel op 180°C.
7 Plaas die koekpan versigtig in die laaitjie en bak vir sowat 30 minute of tot die eiervlamengsel gestol is en die tert goudbruin bo-op is. (bedek die pan na sowat 14 minute met ‘n vel tinfoelie om te verhoed dat die bokant te donker word.
8 Laat effe afkoel in die pan en ontvorm dan op ‘n tertbord of koekstaander. Rond af met vars baba-spinasieblare en sit louwarm voor.

Weskuslekkertes

Nadat die Kaap vir jare my woonplek was, het ek bykans vergeet watse lekker kosse so eie aan die Weskus is. Buiten vir snoek is dit die heerboontjies en waterblommetjies wat mens sommer in die plaaslike supermarkte raakloop wat my telkens so opgewonde soos ‘n kind in ‘n lekkergoedwinkel maak.

Noudat alles so gemaklik naby en toeganklik is, koop ek nie meer so baie op ‘n slag nie. Want nou is dit nie meer moeite om vinnig in die motor te spring net na uitvaltyd om gou-gou bestanddele te gaan koop vir aandete nie. Gewoonlik het ek darem so ietwat van ‘n gedagte wat ek wil maak, maar baie maal laat ek my ook lei deur watter juwele ek op die winkelrak aantref. Veral die plaaslike Spar verras my soms met kontreigewasse. Daar is gereeld heerboontjies, vars slaai en mini-kruie vanuit die geweste. Laas week was ek verheug om die eerste waterblommetjies raak te loop. Nogals vroeg, maar met die dat ons heelwat reën gekry het die afgelope tyd, hoor ek dat die winterseisoen inderdaad vroeg is vanjaar met die sitrusboere wat alreeds volstoom oes. By die vleisrak spoor ek netjies opgesaagde murgbene op en ek weet in die vrieskas by die huis is daar nog ‘n pak stowevleis of twee. Terwyl ek huis toe ry, water my mond alreeds vir die heerlike waterblommetjiebredie met gebakte murgbene bo-op, wat wag.

Op die plaas was daar altyd waterblommetjies in oormaat beskikbaar en was dit wintertye Sondae altyd op tafel as toekos. My ma het die waterblommetjies heeltemal fyngekook en gepeper met baie suurlemoensap. Ons verkies egter die waterblommetjies steeds aan die heel kant en lekker bros en rasper eerder suurlemoenskil aan die einde oor om die nodige surigheid te verskaf. Maar ek weet ook my suurlemoenvoorraad loop dun. Stowevleis kan mos ‘n tydjie neem om sag te kook en ons wil darem ook nou nie diepdonkeraand eers aansit vir ete nie, so ek beraam toe ‘n plan. In my Franse blou broodblik spoor ek ‘n pak Zesty Lemon-rooibostee van Carmién op. Dis twee vlieë met een klap – rooibostee dien as ‘n sagmaakmiddel vir vleis, so die stowevleis kan vinniger sagkook en terselfdertyd verleen dit al ‘n effense suursmakie sommer daar van die begin van die maak van die bredie af. My kop is deur.

Ten die tyd dat die vleis begin sagkook en die waterblommetjies moet bykom, pak ek die murgbene in die Airfryer, sprinkel bietjie sout oor en braai dit tot die murg deurskynend en blinksag is. Net reg vir bo-op die bredie gaan. Eenvoudig maar egte smulkos so op ‘n weeksaand.

WATERBLOMMETJIEBREDIE MET GEBAKTE MURGBENE

Genoeg vir 4 mense

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 1 uur

2 uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyngerasper (opsioneel)
olie
Sowat 750 g lamstowevleis, in stukke gesaag
Sout en swartgemaalde peper
Sowat 750 ml (3 k) Zesty Lemon-rooibostee van Carmién, gemaak met 6 sakkies of andersins water
750 g waterblommetjies, goed afgespoel
500 g bevrore boontjies (opsioneel)
2—3 vars suurlemoene
6—8 murgbene
Rys vir voorsit

1 Braai die ui en knoffel in ‘n groot pot met ‘n deksel (my LeCreuset-potte is ideaal hiervoor) tot sag.
2 Voeg die vleis by, geur met sout en peper en braai tot lekker bruin buite-om.
3 Voeg ‘n goeie skoot rooibostee by, verlaag die hitte en prut tot die vleis lekker sag is, voeg rooibostee by soos nodig.
4 Plaas die waterblommetjies en boontjies (indien gebruik) bo-op, geur liggies met sout en peper, voeg bietjie rooibostee by indien nodig en prut tot net-net sag, maar nog effe bros.
5 Rasper vars suurlemoenskil oor en sit voor met ekstra skyfies suurlemoen en die gebakte murgbene, saam met rys natuurlik.

Hoe om die murgbene te bak: Plaas die murgbene op die rakkie van die airfryer en sprinkel sout oor. Lugbraai sowat 20 minute tot die murg deurskynend is.