Aanvanklik het ek dit met ongeloof bejeën toe die video van hierdie torte die rondte doen, maar nuuskierig soos ek is, het ek toe wel besluit om dit uit te probeer. En – dit werk! Makliker en vinniger kan dit haas nie – slegs sjokolade smelt, eiergele byroer, eierwitte styfklits, invou en bak.
Tag Archives: resep
Smoothie teen inflammasie
‘n Heerlike pynappelsmoothie wat help met inflammasie.
Supersaadbeskuit uit die Airfryer
Hierdie heerlike saadbeskuid, van die bestes wat ek nog geproe het as dit kom by glutenvry en lae-koolhidraatbeskuit, tiek sommer baie boksies as dit kom by heilsaamheid.
Bolognaise (ragù) vir baie
Ek is nou maar eenmaal net nie baie goed gerat om voordat die week met ‘n hengse galop wegspring alreeds al my maaltye klaar “geprep” te hê nie. Wat ek wel taamlik gereeld doen, is om ‘n ordentlike pot bolognaisesous te prut wat dan vir ‘n hele paar maaltye kan instaan.
Hawermout-saadbrood
Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.
Souskluitjies – soete trooskos
As dit so triestig en reënerig is buite, lus ek nie net sop en brood nie, maar verlang na soet trooskos soos my ma se souskluitjies, nog gemaak volgens my Ouma Carmen se resep.
Melksnysels – pure nostalgie
Melksnysels; slinger om die spoel, soos die ouer garde dit genoem het, of soos my ma baie keer daarna verwys het: spätzle, om ons opnuut weer aan ons Hollandse afkoms te herinner, proe pure nostalgie.
Smullekker happies vir Vadersdag
Met vadersdag om die draai, wil mens die manne graag bederf met eetgoed waarvan hulle hou. ‘n Lekker tjoppie en ‘n worsie oor die kole is altyd hoog bo-aan die lysie, maar somtyds soek mens ook peuselgoed vir vooraf of selfs as daar rugby gekyk word.
Klop beurtkrag met ‘n gaar hoender
Ek het laas naweek heerlik gekuier saam met ‘n oulike groep vroue by die Vredelust-gemeente in Boston in die Kaap. So tussen die lekker klets deur takel ons die uitdagings van beurtkrag en ek wys hulle wat mens alles met ‘n gaar rotisserie-hoender kan doen buiten toebroodjies en slaai.
Braai en pampoen vir smulpape
In die groentetuin langs die plaashuis het die pampoenranke altyd geil gerank met hul oes wat skuil hou tussen die blare. Pampoen was daar baie op tafel – pampoenkoekies, broodpampoen, pampoentert en ons was lief daarvoor; maar nooit, so ver ek kon onthou, ‘n heel gebakte pampoen nie.
Sop en brood
Vir my is winter ook sinoniem met sop. Eintlik lief ek sop enige dag en kan net nie genoeg daarvan kry nie. So jy kan my verlei met ‘n koppie warm sop, en as daar nog ‘n snytjie varsgebakte brood ook by is, is ek letterlik in die koshemel.
Kabouter-Spinasietert
Die wintersonnetjie bak heerlik op die stoep, so die teegoed word daar gedek en ek bak vinnig die allerlekkerste spinasietert in die Airfryer wat ons toe sommer tersond ‘n kabouter-spinasietert doop.
Weskuslekkertes
Op die plaas was daar altyd waterblommetjies in oormaat beskikbaar en was dit wintertye Sondae altyd op tafel as toekos. My ma het die waterblommetjies heeltemal fyngekook en gepeper met baie suurlemoensap.
‘n Bordjie sout
Die versoek om ‘n bordjie eetgoed na die een of ander byeenkoms te bring, land nogals deesdae gereeld op my telefoon.
Goedhartige lensieslaai
Lensies is geen vreemdeling vir meeste van ons nie en is al van die vroegste tye deel van die daaglikse spyse – die bekendste seker maar Esau se pot lensiesop uit die Bybelse tyd. Maar met lensies kan ons deesdae veel meer vermag as bloot net sop kook.
Beskuit gelaai met goedheid
My pa het ons altyd kleintyd bederf met varsgebroude opstaankoffie en beskuit in die bed. ‘n Ritueel wat ek tot vandag toe koester.
‘n Koekliefdesbrief vir Ma
Na al die jare is dit vir my die lekkerste lekker om saam met my ma ‘n koppie tee in die sonnetjie op haar plaashuis se noordestoep te geniet. Wat ‘n voorreg om dit steeds op amper 87 steeds te kan doen.
Appeltertkoek uit die Airfryer
Verlede week bak ek die malvapoeding uit my Lekker & Goed-boek vir ‘n klompie Japanese teeaankopers en hulle smul omtrent. Gedagtig aan iets om te bak Sondagmiddag vir saam met tee of selfs vir poeding, bly die malvapoeding in my kop, maar ek maak mos nie maklik graag twee goed na mekaar op dieselfde manier nie.
Klop beurtkrag met hoenderpastei
Beurtkrag gaan nog vir lank met ons wees, want die probleme met elektrisiteit gaan allermins oornag verdwyn. Ons het dus geen keuse as om na alternatiewe kragbronne te kyk nie.
Mooi mooi
Twee goed wat my sommer baie vreugde verskaf is ‘n vars pluksel blomme en ‘n fraai teepot.
