Mooie Prins Albert

Ons besluit om ons Suid-Kaap besoek af te sluit met ‘n oornagslaap op die mooie Prins Albert was uit en uit die moeite werd. ‘n Paar jaar gelede het ek as Kokkedoor-beoordelaar by die mooie Dennehof Karoo Gastehuis net buite die dorp oorgebly en toe reeds het die sjarme van die eeuoue dame, wat uit 1835 dateer, my bekoor. Toe die geleentheid hom dis voordoen om weer daar deur te ry, het ek net geweet ek wil weer graag die elegante en ongekunstelde luuksheid van Dennehof gaan ervaar. Die gastehuis, die eerste een wat ‘n toerisme-akkreditasie op Prins Albert verkry het, het intussen van eienaar verwissel en spog met 4 sterre. Die nuwe eienaars, Inga en Albert, se fyn oog en aandag aan detail is oral te sien, van die stylvolle kamers, waar ouwêreldse sjarme en luukse moderne geriewe soomloos trou tot die pragtige versorgde tuine vol verrassings in die ommuurde beddings en waterelemente.

Met ons vorige besoek het ons ontbyt op die dek wat oor die leiwatervoor gebou is, maar nou is daar ‘n pragtige konservatorium opgerig wat uitkyk oor die nabye vleiland met die voëls wat letterlik in die riete baljaar. En wat ‘n besonderse eetervaring wag nie hier op ons nie. Inga staan self agter die kospotte en haar passie spoel oor in die keurige ontbyt waar alles vars vanuit die tuin en met plaaslike bestanddele soos die suiwel van die naburige melkery, Gay’s Guernsey Dairy, gemaak word – alles prentjiemooi voorgesit. Ons geniet tuisgemaakte granola met die romerigste plaasvars Guernsey-jogurt en vars vrugte. Daarna kies Lodewyk ‘n omelet en ek bestel Turkse eiers met dubbelroomjogurt, gebraaide tamaties en avokado met die heerlikste brandrissieolie wat Inga self maak. Ek is so geïnspireer dat ek die resep as inspirasie gebruik vir een van my volgende Huisgenoot-artikels. (So hou Huisgenoot dop om die resep vir Turkse eiers op labneh te sien). Na ontbyt gaan koop ons dadelik vir ons kaas by Gay’s Guernsey Dairy (hul kase het al oorsese pryse gewen) en  vertoef ook nog ‘n wyle in die pragtige dorpie waar mens teruggevoer word na stadiger en met bewustheid lewe, waar ouwêrelds stylvol opgedis word en netjies ingehaak is by hedendaagse tendense en moderne tegnologie.

Gaan loer gerus op Dennehof.co.za as jy meer wil lees oor die besonderse  verblyfplek.

Hier volg my resep vir tuisgemaakte granola wat jy dan saam met jogurt en vrugte kan voorsit.

Granola

Die granola is heerlik bros en geurig met net genoeg soetigheid.

Maak 2 liter

Bereiding: 15 min

Baktyd: 30 min

750 ml (3 k) hawermout

500 ml (2 k) klapper

500 ml (2 k) sonneblomsade

125 ml (1/2 k) pampoensade

250 ml (1 k) elk heel amandels en pekanneute

20 ml (4 t) fyn kaneel

Knippie sout

80—100 ml suiker

160 ml (⅔ k) klapperolie, gesmelt

BYVOEGINGS

50 g elk bosbessies of veelkleur- sultanas en gekapte Turkse appelkose

Voorverhit die oond tot 160º C. Voer ‘n groot bakplaat met tinfoelie of bakpapier uit.

1 Meng die hawermout, klapper, sonneblomsade, pampoensade, amandels en pekanneute in ‘n groot bak. Voeg die kaneel en sout by en meng goed deur.

2 Meng die suiker en klapperolie in ‘n glasbeker, giet oor die hawermoutmengsel en meng baie goed deur met jou hande.

3 Skep op die bereide bakplaat, versprei egalig oor die plaat en bak sowat 30 minute of tot goudkleurig. Roer gereeld met ‘n houtlepel om te verhoed dat dit aanbrand.

4 Verwyder uit die oond en koel af. Meng die vrugte by en skep in lugdigte houers.

5 Sit voor saam met jogurt en vars vrugte.

SuidKaap kuierreis

Deel 2

Op my onlangse kuier deur die Suid-Kaap op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie, het ek heelik ontspan saam met die boervroue van die Mosselbaai-omgewing en ook vir die eerste keer ‘n draai gegooi op die pragmooi dorpie, Uniondale. Vanjaar se tema is kook en ek besef dadelik, hierdie lot vroue kook nie net agter die kospotte nie, maar is ook kookwater as dit by mooimaak en bederf en omgee kom, maak nie saak hoe groot die uitdagings is wat hulle daagliks op die plaas moet trotseer nie. Ons kuier en lag tog te lekker terwyl die vroue lustig saamgesels terwyl ek my ding agter die demonstrasietafel doen.

Om so ‘n reeks demonstrasies agtermekaar te kry, vra nogals mooi organiseer en kophou. Eerstens ry ek alles saam om die demonstrasie aan te bied, van Snappy Chefs en ‘n Airfryer tot potte en panne en genoeg messe en lepels vir sny en roer. En natuurlik moet dit wat ek gemaak het, in iets moois voorgesit word – ek gaan haal my versameling emaljeware, want nie net is die kans vir breek minder nie, maar is dit ook weer hoogmode om daarmee te dek. So ver as ek kan, doen ek meeste van die voorbereiding reeds by die huis en verpak alles in sakkies en bakkies, elkeen gemerk volgens resep en vir watter dem. ‘n Dag voor die tyd stel ek my hele “kombuis” op by die plek en pak die nie-bederfbare bestanddele uit. Vroegoggend voor die mense aankom, doen ek die laaste voorbereiding vir die bederfbare produkte en maak vir oulaas seker dat alles uitgesit is volgens resep, van die bestanddele tot die apparate, messe en lepels. (sien video by verlede week se plasing).

Sodra ek klaar gedem is, is dit tyd vir skoonmaak, oppak en die pad vat na die volgende dorp waar ek die storie herhaal. Moet sê, nogals uitmergelend, veral as die afstand tussen die dorpe op dag 3 nogals ver is. Maar vir my is dit die ene opwinding, nie net sien ek nuwe plekke nie, maar ontmoet die wonderlikste mense.

Dankie SSK vir hierdie heerlike geleentheid om te kon deel wees van vanjaar se kook-program.  Soos belowe, hier is die resepte vir Airfryer-appeltertkoek en die krummelhoenderrepies met Oosterse roerbraai.

KRUMMELHOENDERREPIES MET OOSTERSE ROERBRAAI

Dis die roerbraaisous van hierdie gereg wat dit so besonders maak. Maak sommer ‘n klompie en hou dit in jou yskas.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 min

Gaarmaak: 20 min

OOSTERSE ROERBRAAISOUS 

4 knoffelhuisies, fyngerasper

5 cm stuk gemmerwortel, fyngerasper

125 ml (½ k) Carmien Boost-rooibostee met vit C, gemaak met 4 sakkies

125 ml (½ k) sojasous

60 ml (¼) vars lemmetjiesap

15 ml (1 e) soesji-asyn

30—45 ml (2–3 e) heuning of suiker of versoeter

45 ml (3 e) sesamsade

Klein handvol gekapte koljanderblare

HOENDER

1 pak mini-hoenderborsfilette (Simply Truth)

125 ml (½ k) mielieblom, gegeur met sout en peper en knippie bakpoeier

2 eiers geklits

Sowat 250 ml (1 k) Pancko-broodkrummels

GROENTE

Olie

1 ui, in skyfies gesny

1 rooi of groen soetrissie, in klein blokkies gesny

2 wortels, geskil en in julienne-repies gesny

Handvol mangetout of broccoli-blommetjies of 2 murgpampoentjies, in repies gesny

roerbraaisous na smaak

VOORSIT EN AFRONDING

Eiernoedels, gaargemaak

piekelgemmer

sesamsade of grondbone vir bo-oor sprinkel

koljanderblare vir afronding

ROERBRAAISOUS Plaas al die bestanddele in ‘n klein pot en laat prut 2 minute lank. Giet in ‘n flessie en hou in die yskas.

1 Rol die vleisstukkies in gegeurde mielieblom, dan in geklitste eier en dan in broodkrummels. Plaas in yskas.

2 Verhit bietjie olie in ‘n groot pan en braai die ui, wortel en soetrissie tot net sag, maar nog baie bros. Voeg die mangetout en/of broccoli by.

3 Voeg ‘n goeie skoot roerbraaisous by en laat prut tot geurig, moenie die mengsel laat pap kook nie.

4 Verhit genoeg olie in ‘n groot pan en braai die vleisstukkies bietjie vir bietjie tot bruin en bros, bedek van tyd tot tyd om gaar te stoombraai. Verwyder deksel laaste rukkie om dit mooi bros te kry.

7 Roer die noedels deur die groenteroerbraai, skep in ‘n opdiepbord en rangskik die vleis bo-op. Sprinkel sade en paar skyfies piekelgemmer bo-oor. Garneer met koljanderblare.

STROPERIGE APPELTERT

Vir hierdie appeltert het ek die malvapoeding-resep wat in my boek, Lekker en Goed, is aangepas om sodoende ‘n heerlike appeltert, gemaak met vars appels met ‘n geurige stropie oor, te maak. Ek bak dit sommer in die Airfryer.

Maak 1 middelslag tert

Bereiding: 15 min

Baktyd: 40 min

STROOP

80 ml (⅓ k) bruinsuiker

4 sakkies vanielje, Relax, Orange Camomile of Earl Grey-rooibostee van Carmien

250 ml (1 k) volroommelk

80 g botter

TERT

3–4 appels, in dun ronde skyfies gesny

2 appels, in klein blokkies gesny

50 g pekanneuthalwes (opsioneel)

BESLAG

1 eier

80 ml (⅓ k) suiker

30 ml (2 e) gladde appelkooskonfyt

250 ml (1 k) amasi of karringmelk of natuurlike jogurt

15 ml (1 e) appelasyn

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

1,25 ml (¼ t) koeksoda

1,25 ml (¼ t) sout

VOORSIT

Natuurlike volroomjogurt

Spuit ‘n 20 cm losboompan met kossproei. Voer uit met bakpapier en spuit weer. (Hou tweede pan gereed en tinfoelie)

1 STROOP Plaas die suiker, teesakkies en melk in ‘n kastrolletjie en bring stadig tot kookpunt, roer tot die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

Druk al die vloeistof uit die teesakkies en verwyder die teesakkies. Voeg die botter by en meng tot gesmelt.

2 TERT Rangskik die appelskyfies en pekanneute op die bodem van die pan.

3 BESLAG Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng.

4  Roer die konfyt, amasi en asyn saam, voeg by die mengel en klits tot glad.

5 Sif die droë bestanddele en meng alternatiewelik met die appels by die eiermengsel in.

6 Giet in die voorbereide pan.

7 Stel die Airfryer op 180°C (bak). Plaas die pan in die laaitjie en bak sowat 25–30 minute of totdat ‘n toetspen skoon uit die tert kom. (Die koek is geneig om effe donker van bo te bak, so my voorstel is om dit so halfpad deur die baktyd met ‘n velletjie tinfoelie te bedek)

8 Plaas ‘n houtplank oor die Airfryer-laaitjie, draai om en keer die tert daarop uit. Verwyder die ring en boom asook die bakpapier. Skuif die boom nou weer onder die koek in en knip die ring weer netjies om die gaar koek vas.

7 Giet van die warm stroop oor die tert en bak weer vir 5—10 minute in die AirFryer tot die tert mooi bruin is bo-op.

8 Verwyder uit die AirFryer, laat paar minute afkoel, ontvorm op ‘n mooi dienbord en sit voor met orige stroop asook die natuurlike jogurt.

Suid-Kaap kuierreis

Deel 1

Op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie het ek onlangs kuier-kuier deur die Suid-Kaap gereis en saam met wonderlike groepe boervroue uit die omgewing gekuier. My eerste stop is Heidelberg. Ek bly oor op Skeiding-gasteplaas met ‘n pragtige uitsig oor die graan- en canolalande. ‘n Welkome reëntjie was nie net die wêreld skoon en nog mooier nie, maar sit ook ‘n huppel in die stap van die vinke waar hulle geesdriftig nesbou bo die swembad. Astrid Fisher, ‘n oud-kollega van my, is die organiseerder van hierdie jaarlikse bederf vir SSK se boervroue en ons word gasvry ontvang by die plaaslike hoërskool.

Vir lank is dit nou al die gebruik dat die gaste bederf word met ‘n verskeidenheid keurig gebakte koeke waaraan hulle kan smul. En hoe lekker is dit vir my toe Adelé Wessels, voorslag spysenier van Heidelberg kom hallo sê. Jare terug het Huisgenoot gereeld die platteland ingevaar op soek na kosstories en lekker resepte. Die bloedjong Adelé het toe net haar intrek in haar oupa se pragtige ouwêreldse dubbelverdiepinghuis op Heidelberg geneem en toe reeds het sy my beïndruk met haar kookvernuf en styl. Vandag is sy verantwoordelik vir die mooiste verskeidenheid koeke, elkeen pragmooi versier. Die spekboomkoek trek dadelik my aandag. Nie veel later nie, kom sy met die handgeskrewe resep by my aangestap en ek deel dit graag.

Dis my beurt om te dem. Ek het onlangs die maklikste resep vir mayonnaise, gemaak met hardgekookte eier en min olie, op die internet ontdek. Ek besluit om dit pleks van hollandaise-sous vir my Eier Benedict te gebruik. My nou al bekende hawermout-saadbrood, wat ek sommer in die Airfryer bak, staan in vir die Engelse muffin in hierdie bekende resep. Ek rond dit af met piekeltamaties, ‘n treffer wat jy altyd in die yskas moet hê. (sien die resepte) Ek demonstreer ook ‘n appeltert, geskoei op die gesonder Malvapoedingresep uit my boek, Lekker en Goed en ek maak die lekkerste bros hoenderrepies saam met ‘n Oosterse roerbraai. (resepte volgende week).   

HEILSAME EIER-BENEDICT

‘n Snytjie of twee saadbrood, opgetop met fyngemaakte avokado, ‘n geposjeerde eier en ‘n goeie skep hardgekookte eier-mayo, afgerond met piekeltamaties en vars roket.

Piekeltamaties

Ek het altyd ‘n bottel van hierdie piekeltamaties in my yskas. Heerlik op brood en ‘n skeppie oor groente of by ‘n blareslaai ingemeng, is net so lekker. Ek geniet bv. ook graag ‘n skepppie daarvan in groenbonebredie.

Maak sowat 1 liter (4 k) piekeltamaties

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 50 min

2 x 500 g Baby Plum tamaties, gehalveer

2 uie, in repies gesny

15—20 ml (3—4 t) pienk sout

Paar takkies roosmaryn en of tiemie

15 ml (1 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) olie

PIEKELSOUS

125 ml (½ k) ongefilterde appelasyn

250 ml (1 k) flou groen rooibostee (ek gebruik 1 sakkie van Carmien se REVIVE met gemmer en brandrissie); andersins water

60 ml (¼ k) bruinsuiker

15 ml (1 e) pienk sout

60–80 ml (¼–⅓ k) olyfolie

Steriliseer 2 x 750 ml flesse asook die deksels.

1 Smeer bakplaat goed met olie. Pak die tamaties en uie in ‘n enkellaag, geur met sout, sprinkel kruie en suiker oor die tamaties en giet olie oor.

2 Bak 40 minute by 180˚C, skakel roosterelement aan en rooster 10 min.

3 Pak dadelik in ‘n gesteriliseerde fles, gebruik ‘n gesteriliseerde tang.

4 Meng die asyn, tee, suiker en sout in ‘n kastrol of glasbak. Bring tot kookpunt op stoof of in mikrogolf. Giet kookwarm oor die tamaties. Vul die fles verder met olie tot al die tamaties net bedek is. Draai deksel stewig toe. Laat afkoel.

Jogurt-saadbrood

Hierdie koringvrye saadbrood is ryk aan proteïen verskaf deur die jogurt, eiers, sade en selfs die hawermout. Dit bevat ook baie vesel, (hawermout bevat oplosbare sowel as onoplosbare vesel) en die sade bevat onversadigde vette.

Maak 1 medium broodjie

Bereiding: 10 min

Baktyd: 35 min

500 ml (2 k) hawermout

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

180 ml (¾k) gemengde sade (lynsaad, sesamsaad, pampoensaad en sonneblomsaad)

30 ml (2 e) chia-saad

50 g heel amandels

3 eiers

250 ml (1 k) natuurlike jogurt (Lancewood, lactolite)

Sade en hawermout vir oorsprinkel

Voorverhit die lugbraaier tot 190°C. Plaas ‘n vel lugbraaier-papier op die plaat van die lugbraaier.

1 Meng die hawermout, bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak. Voeg die sade en neute by en meng weer goed

2 Klits die eiers in ‘n ander bak, voeg die jogurt by en klits tot goed gemeng.

3 Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng liggies tot deeglik gemeng. Moenie oormeng nie.

4 Plaas op die papier en vorm ‘n ovaalbroodjie, die grootte wat in ‘n lugbraaier sal pas.

5 Sprinkel hawermout en sade bo-oor.

6 Plaas die plaat van die lugbraaier in die laaitjie en sit die broodjie bo-op. Bak 30 minute lank tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die broodjie kom, bedek met tinfoelie halfpad deur die baktyd indien die broodjie te donker bak.

7 Verwyder die broodjie uit die lugbraaier, draai om met die onderkant na bo en bak vir ‘n verdere 5 minute of tot die onderkant drooggebak is.

Geposjeerde eier

Genoeg vir 1 persoon

15 ml (1 e) asyn

1 eier per persoon

Sout en peper

1 Vul ‘n klein kastrolletjie ‘n kwart met water, voeg asyn by en laat stadig kook (rolling boil).

2 Breek een eier op ‘n slag en laat gly versigtig in die water.

3 Laat prut tot die eierwit gestol en wit is. (skep van tyd tot tyd die eierwit versigtig met ‘n gaatjieslepel na die geel toe). Skep uit met ‘n gaatjieslepel en plaas in ‘n bord.

4 Herhaal vir meer eiers.

Hardgekookte eier-mayo

Lewer sowat 250 ml (1 k)

3-4 eiers, 7 min gekook en afgedop

Sowat 80 ml (⅓ k) olie

60 ml (¼ k) sjoesji-asyn of suurlemoensap

30 ml (2 e) Dijon-mosterd

30 ml (2 e) water

Sout en peper na smaak

1 Plaas al die bestanddele in die NutriBullet. Verwerk tot fyn en glad. Voeg nog water by indien te styf en geur met sout en peper.

 Afronding

1—2 ryp avokado’s, grofweg fyngedruk en gegeur met sout en peper

tamatiepiekels

roketblare

Samestelling

1 Plaas ‘n snytjie brood op ‘n bord en smeer kwistig met die avo.

2 Plaas die geposjeerde eier versigtig bo-op.

3 Skep van die mayo bo-oor.

4 Rond af met piekeltamaties en ‘n paar roketblare.

SPEKBOOMKOEK

Die koek is geskoei op die immergewilde wortelkoek.

Lewer 1 groot koek

Bereiding: 20 min

Baktyd: 60 min

KOEK

500 ml (2 k) bruismeel

375—500 ml (1½–2 k) bruinsuiker

7,5 ml (1½ k) gemengde speserye

5 ml (1 t) koeksoda

125 ml (½ k) gekapte pekanneute

2,5 ml (½ t) sout

3 eiers

5 ml (1 t) karamelgeursel

200 ml sonneblomolie

160 ml (⅔ k) karringmelk

500 ml (2 k) gekapte spekboomblare

VERSIERSEL

230 g geroomde maaskaas

60 ml (¼ k) versiersuiker

Spekboomtakkies vir versiering

Voorverhit die oond tot 160°C. Spuit twee losboomkoekpanne, 20 cm in deursnee, met kossproei.

1 KOEK Sif die droë bestanddele saam.

2 Klits die res van die bestanddele buiten die spekboom saam in ‘n groot bak.

3 Vou die spekboomblare en droë bestanddelemengsel alternatiewelik by die eiermengsel in.

4 Verdeel die mengel tusen die twee voorbereide panne en bak sowat ‘n uur lank tot gaar. Koel af in die panne.

5 VERSIEREL Meng die maaskaas en versiersuiker saam.

6 Smeer ‘n lagie versiersel oor een koek en plaas die ander een bo-op.

7 Smeer die res van die versiersel bo-op en rondom.

8 Versier met spekboomtakkies.   

Suid-Kaapse gasvryheid

So ‘n rukkie terug het ek tog te heerlik gekuier op George by hul jaarlikse landbouskou saam met die Suid-Kaap se lekker mense. Ek demonstreer ‘n paar geregte uit my boek, Lekker en Goed, ons proe van Carmien Tea se gewildste tees en word tussendeur vermaak met musiek. Daar is selfs tyd vir bietjie rondloop. Ek verkyk my aan ‘n ou trekkerversameling en toe die dorsmasjien “opgestart” word, dink ek nostalgies terug aan strooptyd op die plaas.

Die Suid-Kaap is deesdae ‘n gewilde blyplek en selfs ‘n dorpie soos Groot-Brakrivier het sy vlerke wyd gesprei met huise hoog die heuwels uit met praguitsigte oor die see. Daar is selfs ‘n paar lekker eetplekke. Die statig gerestoureerde Edwardiaanse huis wat nou die eetplek, Twin Trees, huisves, vang ons oog. Hul fokus veral op wafels, maar die res van die spyskaart is net so aptytlik. Ek kies Mediterreense vis saam met geroosterde groente en Lodewyk verlekker hom aan ‘n Hoender Milanese met ‘n parmesaankors en suurlemoenbottersous. Die volgende aand kuier ons saam met ou vriende, Marius en Charlotte van der Westhuizen by die gerestoureerde treinstasiegebou, TransKaroo, neffens die treinspoor. Hul vleisdisse is veral aan te bevole en ons keuses val op lamsnek, varklies, lamskerrie en teriyaki kortrib. Vooraf peusel ons aan skilpadjies en viskoekies. Heerlik versadig groet ons laataand ons vriende. Môre is dit langpad vat terug Langebaan toe.  

BUTTER CHICKEN DE LUXE

This flavoursome dish is super easy to make, ready within minutes and helps with gut health. The tasty sauce is creamy but not rich as it is made with creamy yoghurt, not cream, and lots of Carmien’s Gut rooibos tea with lots of probiotics and prebiotics with a lovely fennel and vanilla flavour, working wonderfully with the butter chicken. Carmien Gut Rooibos is a blend of green rooibos, chicory inulin and probiotics, specially formulated to promote gut health. This blend supports healthy digestion and overall gut health.

The probiotic, Bacillus coagulans GB1-30,6086 is a safe spore-forming probiotic which helps with digestion and protein absorption. The B30 has a protective shell, which means it can survive extreme temperatures and can also survive stomach acid until the probiotics arrive in your gut, where it teams up with your own bacteria. The chicory inulin is the prebiotic that feeds the beneficial bacteria in the gut and helps to reduce inflammation. Fennel helps with various digestive problems, including heartburn, intestinal gas and bloating. 

Serves 4—6

Preparation time: 20 min

Cooking time: about 20 minutes

3-4 bags Carmien Gut rooibos tea

250 ml (1 c) boiling water

500 ml (2 c) double cream yoghurt

2 cloves garlic, grated

30 ml (2 T) grated ginger

15–20 ml (3—4t) butter chicken spices or breyani masala

About 750 g deboned chicken thighs or breasts, halved

salt

15—30 ml (1—2 T) oil

2 onions, sliced

3—4 baby sweet peppers, cut into chunks

About 125 g brown mushrooms, halved

About 400 g passata or tomato puree

Quarter of a head broccoli, broken into florets

Quarter of a head cauliflower, broken into florets

4 baby marrows, cut into chunks

Huge handful of chopped coriander

SAMBAL

4 mini crisp cucumbers, sliced

1 Roma tomato, chopped

2 spring onions, chopped

20 ml (2 T) chopped coriander

Dash apple vinegar

Sprinkling of sugar

TO SERVE

Yoghurt oat bread or basmati rice

1 Place the rooibos tea bags in a jug and add the boiling water. Let steep till strong, press out all liquid and remove the bags from the tea. Keep aside.

2 Place the yoghurt in a large bowl, add the garlic, ginger and butter chicken spices.

3 Season the chicken pieces with salt and add to the yoghurt mixture. Marinate for at least one hour, otherwise overnight in the fridge (then cover).

4 Heat the oil in a large pan (with a lid) and add the onions, sweet peppers and mushrooms. Stir-fry till soft.

5 Add the marinated chicken and stir-fry for a few minutes.

6 Add the rooibos tea and passata or tomato puree and bring to the boil. Lower the heat and simmer till the chicken is almost cooked, stirring every now and then.

7 Add the broccoli, cauliflower and baby marrows and simmer till the veggies are cooked, but still very crisp.

8 Season to taste with salt as needed and sprinkle over the coriander leaves.

9 TO SERVE Mix all the ingredients for the salsa.

10 Spoon the chicken and veggies on a large platter, reduce the sauce and ladle over the chicken and veggies. Top with a sprinkle of coriander leaves.

9 Serve the butter chicken and veggies with bread on the side and with the salsa.

CHIA-JOGURT-EN-VRUGTE-GLASIES

Dit smaak nes poeding met die chia-saadjies wat so lekker dik raak in die jogurt. Heerlik saam met die vars vrugte en ideaal vir ontbyt, veral omdat jy die meeste werk die vorige aand doen. Dit is net so lekker vir ’n inpakete.

Ek maa kook deesdae ‘n vinnige bloubessie-konfyt met chia-saadjies en bittermin suiker. Die roer ek sommer so deur die jogurtmengsel.

Trek die groen Turkish Delight-tee in koue water vir ‘n kort rukkie, verwyder dan die teesakkies. Anders word die tee bitter.

Maak 10–12 klein glasies

JOGURT

500 ml (2 k) natuurlike volroomjogurt

6 sakkies Carmien Turkish Delight, in 250 ml koue water getrek

45 ml (3 e) bruinsuiker

125 ml (½ k) chiasaad

BESSIE-KONFYT                          

750 ml (3 k) bloubessies

Halwe pynappel, fyn opgekap

60 ml (¼ k) suiker of na smaak

Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

Handvol basilieblare

45 ml (3 e) chia-saadjies

VRUGTE

Vars aarbeie en kruie soos kruisement of basilieblare vir afronding

1 CHIA-JOGURT Meng die jogurt en tee saam. Voeg dan die bruinsuiker en chiasaad by en laat staan 30 minute tot ‘n uur of selfs oornag tot die mengel lekker dik is.

2 VRUGTE Kook die bloubessies, pynappel en suiker saam met die suurlemoensap en -skil en basilieblare tot sag. Maak fyn in die NutriBullet. Roer die chia-saadjies by en laat afkoel. Verkoel (kan ‘n week lank hou in die yskas).

3 SAMESTELLING: Skep ‘n lagie jogurtmengel in ‘n glasie, dan ‘n bietjie van die konfyt, vervolg met die konfyt, vars aarbeie en ‘n basilieblaartjie.

In love with my XL Instant Pot

The new, bigger, wider Instant Pot is a winner in my kitchen.

Big enough to cook for a crowd in an instant, and so, so easy to use. Apart from pressure cooking and sautéing, it can also be used as a slow cooker and even to make yoghurt, cook eggs, and prepare rice.

My latest favourite is creamy amasi chicken, made with skinless chicken pieces. A no-fuss, super easy, and super healthy dish. Ready to serve within half an hour.


Amasi Chicken Curry

Serves: 6
Preparation time: 15 min
Cooking time: 20 min

Ingredients:

  • 500 ml (2 c) amasi
  • 3 cloves garlic, grated
  • 15 ml (1 T) cumin
  • 15 ml (1 T) breyani masala or garam masala
  • 7.5 ml (1½ t) ground coriander
  • 8–12 free-range chicken pieces (thighs and drumsticks), skin removed
  • 30 ml (2 T) oil
  • 2 onions, chopped
  • 3 cloves garlic, grated
  • 10 cm piece fresh ginger, grated
  • Salt and pepper, to taste
  • 3 tomatoes, chopped
  • 2 sachets (50 g each) tomato paste
  • 500 ml (2 c) amasi
  • 30 ml (2 T) smooth apricot jam or date chutney
  • 500 ml (2 c) chilli and ginger rooibos tea (1 bag Revive from Carmién) or chicken stock
  • Large handful chopped coriander
  • 1 head broccoli, broken into florets
  • 250 g brown mushrooms, halved

To finish:

  • Coriander leaves, for garnishing
  • Tomato and red onion sambal

Method

  1. Mix together the first amount of amasi, garlic, and spices. Add the chicken pieces and marinate for one to two hours.
  2. Place the inner cooking pot into the cooker base and add the oil.
  3. Press Sauté on the control panel. The default temperature flashes. Press the Temp Up and Down arrows and select High. Adjust the cooking time using the time arrows, then press Start. (The display will show On and the status light will show Preheat.)
    When the display shows Hot, add the onions and garlic to the pot and stir-fry until soft.
  4. Add the chicken pieces, season with salt and pepper, and sauté for about 5 minutes. Add the remaining marinade and tomatoes.
  5. Mix the tomato paste with the second amount of amasi and the apricot jam or chutney. Add to the chicken pieces in the pot, along with the chopped coriander. Add at least 500 ml of water, tea, or stock.
  6. Place the lid on the cooking pot (ensure it is locked). Choose Pressure Cook on the smart programme and adjust the cooking time to 10 minutes. (Turn off the Keep Warm setting by pressing the button.) Press Start and let it pressure cook until the timer stops.
  7. Release the steam by setting the steam release switch to Vent and wait for all pressure to release. Remove the lid once the float valve has descended into the lid.
  8. Add the broccoli and mushrooms. Set to Sauté again and cook until the vegetables are just tender but still crisp, about 3 minutes. Use a slotted spoon to dish the chicken and vegetables into a serving dish. Reduce the gravy until thick and flavoursome. Season with more apricot jam, salt, and pepper if needed.
  9. Spoon the gravy over the chicken and vegetables (remove bones if preferred), garnish with coriander leaves, and serve with basmati rice and tomato sambal.

Vier ons erfenis met ‘n topboek (en jy kan ‘n kopie wen)

Ek het onlangs die boekbekendstelling van die bekende kos- en kookboekskrywer, Ilse van der Merwe, bygewoon. Timeless South African, celebrating 101 iconic dishes is ‘n moethê kookboek waarin jy meeste van Suid-Afrika se geliefde en gunsteling resepte gaan aantref, van erfenisikone soos koeksisters of koesisisters en bobotie tot ‘n Durbanse bunny chow of umngqusho (stampmielies en bone), selfs braaibroodjies en pap. In Timeless South African word die diverse verskeidenheid van ons ryk kultuurgeskiedenis weerspieël, ons weet tog immers, kos bring mense saam en hoe meer ons ons kos en stories deel, hoe meer gaan ons dit wat ons saam verenig, kan vier. By elke resep vertel Ilse veskeie staaltjies waaroor sy hope navorsing gedoen het. ‘n Multi-kulturele skat wat ons unieke koskultuur uitmuntend uitbeeld. Vir my was dit tog te lekker om verskeie Weskuslekkertes ook in die boek aan te tref – mossels en gebraaide snoek tot waterblommetjiebredie en heerenbone.  Net reg om die hele maand nog ons erfenis te vier. Sien die resepte op my blog: carmenniehaus.com

Timeless South African word in hardeband uitgegee deur Penguin Books en is beskikbaar in meeste topboekwinkels asook aanlyn teen sowat R480.

Waterblommetjiebredie

Waterblommetjies are indigenous pond flowers that grow wild in the Boland area’s dams and marshes, but they are also farmed. The waterblommetjie fruit has been a well-loved ingredient in Western Cape bredies for ages — the texture somewhat like small artichoke leaves but the taste resembling green beans with a floral hint of lemon. Their short season spans July, August and September, during which many waterblommetjie sellers can be seen on street corners in the Boland, offering their bounty to passersby in cars. Traditionally, there was only one way to enjoy waterblommetjies: in a simple bredie made with mutton or lamb, potatoes and ‘surings’ (sorrel). These days, surings are often replaced with fresh lemon juice. Boland cooks have found more modern ways to cook waterblommetjies, including tempura-style, in chicken casseroles, as a pastry filling, or simply simmered in lemony, salted water as a side dish. Here is atraditional bredie recipe.

SERVES 6

500 g waterblommetjies

about 1½ litres (6 cups) cold water

15 ml (1 Tbsp) salt

45 ml (3 Tbsp) olive or vegetable oil

1.5 kg mutton or lamb knuckles, or neck or rib cutlets

salt and pepper, to taste

1 large onion, chopped

250 ml (1 cup) hot water

1 ml (¼ tsp) ground nutmeg

4 large potatoes, peeled and cubed

juice of 1 lemon or a few surings, if you can find some cooked rice, to serve

Add the waterblommetjies to a large bowl and cover with the cold water. Add the salt and stir gently, then leave for 30—60 minutes to soak to get rid of any sand. Drain in a colander, rinse under cold running water, then set aside.

In a large, heavy-bottomed pot, heat the oil over moderately high heat on the stovetop and fry the meat portions in batches until lightly browned on some sides, seasoning with salt and pepper as you go. Remove the meat from the pot and set aside. Turn down the heat to medium, add the onion to the same pot and fry until soft and translucent. Return the meat back to the pot and add the hot water and nutmeg. Bring to a simmer with the lid on, then cook over low heat for about 1 hour. Then add the potatoes and waterblommetjies and continue to cook for another hour or until the potatoes are soft and the meat is very tender. Serve warm with cooked rice.

Heerenbone

Heerenbone are a uniquely South African heirloom bean, only growing in the dry Sandveld district. People have tried to cultivate it in other parts of the country, with no success. They are large, flat and extremely silky, making them a delectable ingredient in many South African stews and other dishes. People drive across provinces to buy their annual stash of heerenbone in the Sandveld or at a few delis along the West Coast and Boland. These days they can even be found on fine-dining menus as a proudly South African indigenous ingredient. Serving these beans simply as a side dish is a humble feast, yet they can also be turned into a delicious bean salad or a smooth purée.

SERVES 4 AS A SIDE DISH

2 cups heerenbone

1½ litres (6 cups) water

2 bay leaves

2 whole cloves garlic, peeled

45 ml (3 Tbsp) apple cider vinegar

10 ml (2 tsp) sugar or honey

80 ml (⅓ cup) extra-virgin olive oil

salt and pepper, to taste

½ small red onion, very finely sliced

a small handful fresh herbs (parsley, sage and/or dill), roughly torn

Add the heerenbone and water to a large pot and bring to a boil. As soon as it starts to boil, remove from the heat, cover with a lid and leave to soak for 1 hour. After 1 hour, return the pot to the heat, adding the bay leaves and garlic cloves. Simmer slowly over low heat for 1½—2 hours, or until the beans are just tender but still retain their shape. Carefully drain the water. Rinse briefly under warm water, if preferred, and drain well.

Add the vinegar, sugar or honey and oil to a jar and shake vigorously to mix. Pour this mixture over the beans as soon as they are drained, season all over with salt and pepper, then stir gently to mix. Transfer the beans to a serving plate and serve warm or at room temperature, scattered with slivers of onion and herbs.

Braaied snoek with apricot jam marinade

Snoek is a long, thin species of snake mackerel, commonly found in the cold waters of the western and southern coasts of South Africa. It is highly popular as a smoked or braaied fish. There are two styles of braaiing snoek: on a hinged grid lined with foil or without foil. When braaiing snoek without foil, it is common to first lightly oil the grid to prevent the skin from sticking completely. The upside is that the skin becomes charred, as some prefer to eat the fish, skin and all. When braaiing with foil, the aim is to cook the fish with lots of marinade from the bottom, so that it steams in the liquid before it is turned quickly, and the flesh side is given a smoky finish. The most popular South African marinade for braaiing a snoek is a melted-butter sauce with garlic, lemon and apricot jam, sometimes also containing some parsley or dill. Serve the snoek with soetpatats and roosterkoek.

Note

Snoek contains long bones, but they can easily be removed from the flesh as you eat it.

SERVES 6

125 g (½ cup) butter

30 ml (2 Tbsp) olive oil, plus extra for oiling the foil

2—3 cloves garlic, finely grated or crushed

60 ml (¼ cup) smooth apricot jam

finely grated zest and juice of 1 medium lemon

salt and black pepper, to taste

a small handful fresh parsley or dill, finely chopped (optional)

1 whole large fresh snoek, flecked

To a small saucepan over medium heat, add the butter, oil, garlic, jam, lemon zest and juice, and season with salt and pepper. As the jam and butter melt, stir occasionally until the marinade is relatively smooth (don’t boil for too long). Remove from the heat and stir in the parsley or dill.

Line the inside of a hinged grid with foil, then brush lightly with oil. Place the flecked snoek on the foil skin-side down. Use a basting brush to cover it generously with the prepared marinade, then close the grid and braai the snoek foil-side down over moderately hot coals for about 15 minutes, or until the flesh side starts to turn opaque here and there from cooking through. Turn the fish over and braai the flesh side briefly until just golden — it will smoke a lot from the sweet marinade dripping onto the coals, adding lots of smoky flavour. Do not overcook. Turn back with the foil-side down and brush again with the marinade before serving hot.

Lightly curried West Coast black mussels

For many West Coast fishing communities, living ‘from the rocks’ is a way of survival when the fish simply aren’t biting. Mussels are one of the most sustainable sources of protein of our time, as they are easy to harvest and simple to cook. The South African black mussel (with black or bluish flesh) and brown mussel are less common than the abundant, invasive Mediterranean black mussel (males with white flesh, females with orange flesh), yet they aren’t easy to distinguish by looking at the shells. Mediterranean black mussels are sustainably farmed in Saldanha Bay in the cold Benguela Current, with very little human intervention.

The public can easily buy these live mussels in a few delis in the Western Cape, but if you have a permit, you can forage them from the rocks. This recipe yields tender mussels in a fragrant, curried sauce, which is a wonderful starter when served with bread to mop up the sauce.

Notes

1. For this recipe, only fresh mussels will do — not frozen.

2. Lightly curried mussel soup is a popular Cape dish during Ramadan.

SERVES 4

1½—2 kg fresh black mussels

250 ml (1 cup) water

30 ml (2 Tbsp) butter

1 medium onion, very finely chopped

2 cloves garlic, finely chopped or grated

10 ml (2 tsp) roasted masala or medium curry powder

10 ml (2 tsp) ground fennel (barishap)

5 ml (1 tsp) ground turmeric

5 ml (1 tsp) ground cumin

1 x 400 ml can coconut cream or coconut milk, or 250 ml (1 cup) fresh cream

10 ml (2 tsp) sugar

salt and pepper, to taste

a handful fresh coriander leaves, to serve

Soak the mussels in a bowl of fresh, cold water for 30 minutes. Use a knife to scrape growths off the shells and pull off the beards, rinsing the mussels as you go, then set aside in a clean bowl. Discard mussels that do not close tightly upon tapping. To a large pot over medium heat, add 1 cup of water and all the mussels, then bring to a boil with the lid on. Cook for 6—8 minutes, steaming until the mussels have opened. Stir and cook for another minute to make sure all the mussels are cooked. Remove from the heat and pour the liquid through a muslin cloth or fine sieve into a jug or bowl, reserving it for later. Set the mussels aside, discarding any that didn’t open. In a large wide pot, melt the butter and fry the onion until just softened. Add the garlic, stir for another minute, then add the dry spices and stir. Cook for a minute, then add the coconut cream, sugar, salt and pepper and 1½ cups of the reserved mussel cooking liquid. Stir, then bring to a simmer. Add the cooked mussels all at once and cover with a lid, allowing them to reheat for 3—5 minutes, gently shaking the pot once or twice. Scatter with coriander, remove from the heat and serve at once with some bread.

‘n Bril met egte teeblare

Teen die tyd weet julle al, ‘n byderwetse bril is my grootste styl “statement” (vorm allermins ook deel van my handelsmerk). Daarmee voel ek onmiddelik aangetrek, het eintlik nie eers grimering, buiten rooi lipstiffie, nodig nie.

Ek sou egter glad nie kon bybly as dit nie was vir die wonderlike mense by Spectacle World nie. Daar word jy nie net uitgesorteer met ‘n oordentlike oogtoets en fantastiese lense (Zeiss) nie, maar die sakevenoot, Adele Camarena, is ook ‘n oogware-stilis wat vir jou presies kan wys wat jou pas en wat nie.

Says Adele Camarena, business associate and eyewear stylist at Spectacle World: “From pastel-hued acetates to bold geometric shapes and playful tints, this season’s eyewear is all about self-expression. Whether you’re into soft sophistication or statement-making maximalism, there’s a frame for every mood and moment. Think of your glasses not just as a functional accessory but as the final, defining detail that pulls your entire look together.”

So go ahead—frame your face, elevate your outfit, and step into Spring/Summer 2025 with a new lens on style.  

Die natuur en na aan die aarde leef het my nog altyd bekoor. En vanjaar kan ek dit ook toepas in my nuutste bril. Volhoubaarheid is immers ook nou een van die groot briltendense.

Die Kaapse brilraamontwerper, David Green, ontwerp die stylvolste brilrame met ‘n stukkie egte aarde in elke raam, van teeblare (soos in my bril) tot stukkies blare, hout of gras, selfs pêrels. Elke brilraam is uniek, handgemaak en volhoubaar, selfs die brilhouer word van herwinbare materiaal gemaak.  So ja, dis goed en mooi en in die mode  “to look good with nature”. www. Greeneyeware.com

As dit tyd is vir ‘n nuwe bril, gaan loer gerus by Spectacle World in.  Besoek https://spectacleworld.co.za/  vir  meer inligting. Volg Spectacle World op social media: Facebook: @spectacleworldcpt en Instagram: @spectacle_world_cpt

Spectacle World logo hier

Adele het ook vir ons die nuutste bril en kleurtendense vir die komende lente en somer uitgespel. Lees gerus verder op my blog: carmenniehaus.com.

SPRING HAS SPRUNG – AND EYEWEAR IS IN BLOOM

Looking to refresh your style without a full wardrobe overhaul? Start with your eyewear. A striking new pair of frames can completely transform your look, giving even last season’s staples a fresh, on-trend edge.

Setting The Scene – how to match Spring/Summer 2025’s biggest fashion trends with bold, on-point glasses:

  • This season, tailoring takes a softer turn. Fluid blazers, wide-leg trousers, and relaxed ties channel effortless authority. Say goodbye to ‘80s bulk and hello to laid-back polish. Pair with geometric or softened square frames for a sharp, modern finish.
  • The classic trench gets a candy-coloured update in lightweight satins and cottons. Think sky blue, lemon, and lilac. Throw it over jeans and a tee, then top it off with sorbet-tinted sunnies for an easy, eye-catching look.
  • Gothic romance makes a bold comeback with black lace, ruffles, corsets, and dark florals. Complete the mood with dramatic cat-eye frames – glossy, sculpted, and full of attitude.
  • This season’s florals go vintage with chintz, tapestry, and ‘70s-inspired prints. Style with round tinted lenses or soft cat-eyes for a breezy, boho feel.
  • Sport luxe gets elevated: think silky bomber jackets, tailored tracksuits, and ribbed crops. Pair with wraparound or angular frames for a sleek, street-smart edge.
  • The bubble hem makes a flirty comeback in airy pastels and floaty fabrics. Offset the volume with bold pastel shades in playful, standout frames.
  • Polka dots go bold and unexpected – oversized, sheer, embroidered, and in fresh hues like lilac-cream or navy orange. Finish the look with vintage frames or oversized cat-eyes for a pop of retro cool.
  • Double-denim is back in a big way – think jumpsuits, skirts, and throwback dresses. Pair light washes with pastel or clear frames and go bold and chunky with darker denim.
  • Animal prints are also on the prowl again – leopard, zebra, snakeskin, you name it. Keep eyewear classic for balance or match your print for full-on fierce.
  • Checks and tartans go loud this season in vibrant colours and oversized patterns. Complement the boldness with square acetate or tortoiseshell frames that echo the clean lines.
  • Stripes are stealing the spotlight – thick, thin, colourful, and textured. Top off the look with strong geometric frames or colour-blocked accents for maximum impact.
  • Pastel tulle floats in with soft elegance – blush, mint, and lavender shades steal the show. Pair with transparent acetate frames to keep the look light and dreamy.
  • Maximalist jewellery is making noise – think layers of beads, bold earrings, and statement chains. Choose standout eyewear but keep the balance by letting the bling shine below the neckline.

SPRING/SUMMER EYEWEAR TRENDS

Sustainability is no longer just a trend – it’s a lifestyle. From recycling at home to shopping pre-loved fashion, we’re all rethinking how we live. Naturally, eyewear is evolving too. Eco-conscious design now sits at the heart of many collections, with high-end brands embracing recycled plastics, bamboo, and biodegradable acetates to create stylish, sustainable frames.

Aurora acetates remain a favourite, but the spotlight’s shifting to multi-coloured and pastel blends. These soft, gradient hues – often darker at the top – subtly frame the face and draw attention upward. It’s a flattering choice, especially for those with softer colouring, adding a hint of colour without overpowering your look.

The future is feline! The cat-eye is back, better and bolder – modern, sculptural, and sometimes delightfully offbeat. Whether angular for added definition or gently rounded for a softer lift, this shape continues to flatter. Or, as Camerena puts it, “It’s the facelift without the facelift.”

Bold maximalism isn’t going anywhere. Oversized ’70s-inspired frames make a powerful impact, with thick, vintage-style designs that nod to the ’60s, ’70s, and ’80s -just scaled up for dramatic impact. Bright, bold colours and unusual colour combinations are also dominating. This style is great for those with a large bone structure of feature but may overwhelm smaller faces.

Geometric frames continue to be a go-to choice for those seeking individuality. This season leans into softened angles – think hexagons with rounded edges or angular ovals – that add just the right amount of structure and intrigue to any face shape.

Flat-top frames and aviators also hold their ground, blending retro flair with modern boldness. These styles accentuate the brow line and bring a sharp, architectural edge – ideal for adding a touch of masculine energy to any look.

Pastel acetates make a soft, stylish entrance this spring, with delicate shades like blush, lilac, and mint offering a fresh update – especially flattering on lighter hair tones. For those with darker hair, richer candy-toned pastels provide the perfect contrast, adding depth without overwhelming.

Minimalist frames are still in the spotlight, featuring thin metals and subtle ’90s vintage-inspired details. Rimless glasses are quietly making a comeback, embraced by today’s trendiest celebrities. These styles offer a delicate, understated contrast to bolder eyewear trends, perfect for those with petite features who appreciate elegant simplicity.

Embellished eyewear is also on the rise for 2025, as frames become more ornate and customisable. Add-on charms and embellishments allow wearers to personalise their glasses, turning them into bespoke statement pieces. This trend of “accessorising the accessory” reflects the growing desire for individuality and bold self-expression in fashion

Retro tints remain a staple, but in 2025, they get a bold refresh. This season is all about vibrant lens colours – think rose pinks and candy blues – that inject playful energy into classic metal and rimless frames. These softly saturated shades turn minimalist silhouettes into standout pieces, striking the perfect balance between vintage charm and modern flair. Whether styled with sharp tailoring or laid-back casuals, tinted lenses are a go-to for adding personality, colour, and individuality to your look.

PANTONE’S SPRING/SUMMER COLOUR TRENDS

Mocha Mousse  Pantone’s Colour of the Year: This soft, warm cocoa brown is a perfect neutral for those with light and delicate colouring. For those with dark hair and stronger colouring, Mocha Mousse works beautifully as an accent colour paired with a dramatic tone like cassis to create a show-stopping statement.

Airy Blue: A fresh, light sky blue, ideal for those with light soft and cool colouring, especially in combination with blue eyes. Those with dark hair and stronger colouring will need to wear it with a contrasting shade like dark navy, while warmer complexions are better with by yellow-toned blues, such as aqua.

White grape: A light summer yellow-green inspired by freshly ripened grapes. This shade flatters lights and warms. Clears and deeps can pair it with purple for contrast, whiles softs benefit from muted tones like verbena. Cools are best complemented by blue greens.

Pear Sorbet: A pale creamy yellow inspired by a ripe pear. This beautiful, tone is ideal for those with light or softer colouring, clears and deeps should combine with a darker shade, and warms with a warm shade like chocolate brown.

Viridian Green: A deep, cool green inspired by ocean depths. This sophisticated shade suits cool undertones, while warmer complexions are better complemented by yellow-toned greens like olive.

Yellow Jasper: A golden yellow inspired by the jasper stone, perfect for warm colouring. For cool undertones, it works best as an accent colour or within patterns.

Camellia: A vibrant, energetic coral inspired by the camellia flower. This shade is ideal for warms, while cooler complexions can use it as an accent or opt for a blue-based pink like blush instead.

Sudan Brown: A warm, earthy brown reminiscent of desert landscapes. This shade is excellent for warm undertones, while cooler complexions are better suited to grey browns like taupe.

Hibiscus: A bold, vibrant red-pink inspired by hibiscus petals. This cool red is ideal for cools and clears. Warms are better suited to orange-reds, while softs and lights should opt for gentler reds like geranium.

Passion flower: A rich, purple inspired by the passion flower. This is a universal shade that flatters all colour types.

Windsor Wine: A deep, luxurious burgundy with a purple undertone, exuding elegance and depth. It’s a stunning colour for deeps and cools. Warms should look for burgundy with a red or orange undertone.

Emerald Green: A rich, vibrant green inspired by the gemstone. This shade is ideal for clears and deeps. Cools are better suited to blue greens, while warms shine in warmer greens like lime. Softs and lights are flattered by softer turquoise shades.

Tangerine: A vibrant, warm orange inspired by citrus fruit. A bold colour for warms, it can also work as an accent for cools or in patterns. However, vibrant pink would be a more flattering alternative for cooler tones.

Powder Pink: A soft, delicate pink with an airy and calming quality. This shade is perfect for lights and cools, pairing beautifully with silver, lilac, and grey. Warms should consider yellow-based pinks like salmon or coral, while deeps and clears can pair it with contrasting tones like dark grey or chocolate brown.

Camarena concludes: “As fashion continues to champion self-expression, eyewear steps into the spotlight – elevating outfits, reflecting personality, and effortlessly nodding to the season’s biggest trends. From eco-friendly materials and soft pastels to vintage revivals and custom embellishments, Spring/Summer 2025 proves that glasses are no longer just functional—they’re transformative.”

Whether your style leans toward quiet elegance or bold drama, there’s a frame to suit your mood and sharpen your look. “Great eyewear doesn’t just change your outfit – it changes how you carry yourself,” she adds.

Kampioen van kampioene

Soos al die afgelope 33 jaar die geval, was ek vanjaar weer deel van die span beoordelaars wat Shoprite Checkers se kampioen Championship Boerewors moes help kies. Ek, saam met die South African Chefs Association se sjefs, president, Koo Pillay en Martin Cobald, voormalige president en ere-president asook tv-persoonlikheid en sjef Nti Ramaboa het saam met verlede jaar se wenner, Ruard Briel aangesit om die wenner uit die top10 finaliste aan te wys.  En soos altyd was dit geen maklike taak nie en daar is geproe en weer geproe. Op die ou end was dit die 33-jarige Roberto-Rui Agrela van die Paarl wat aangewys is as wenner.

“En daar’s net een wors, dis die Boerewors” uit Robbie Wessels en Appel se liedjie, Boereworsgordyn, het as aansporing gedien vir hierdie motorhandelaar wat vir die eerste keer ingeskryf het, vertel hy.

Toe die wors op Checkers se rakke verskyn, het ek dadelik vir my ‘n pakkie aangeskaf. En ja, boerewors is sekerlik op sy lekkerste oor die kole gebraai, maar ek is net so gek daarna om dit in die pan gaar te maak. Saam met chakalaka op ‘n broodrolletjie, is dit topkos vir ‘n vinnige aandete. Ons het gesmul.

ShopriteCheckers se Championship-boerewors is in Shoprite en Checkers-winkels landwyd te kry.

Chakalaka

‘n Skeppie chakalaka saam met boerewors op ‘n rolletjie is dubbele egte Suid-Afrikaanse lekkerte.

Ek hou van ‘n bietjie kool by die mengsel, maar dis opsioneel. As jy dit uitlos, voeg net ‘n wortel of twee meer by.

Maak sowat 750 ml (3 k)

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 20 min

Olie

2 uie, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

sowat 1 cm stuk vars gemmerwortel, gerasper

1 groen soetrissie, ontkern en in blokkies gesny

15—20 ml (3—4 t) brejani-masala of matige kerriepoeier

5 ml (1 t) paprika

2—3 geelwortels, grof gerasper

Kwart kopkool, baie fyn opgekerf (opsioneel)

Sowat 375 ml (1½ k) Carmien groen rooibostee met brandrissie en gemmer (Revive)

2 sakkies (65 g elk) tamatiepasta

Sout en peper en suiker na smaak

1 blik (400 g) gebakte bone in tamatiesous

Handvol gekapte koljanderblare (opsioneel)

1 Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai die ui, knoffel, gemmer en soetrissie daarin tot sag.

2 Voeg die speserye by en meng deur.

3 Roer die geelwortels en kopkool by en meng goed deur.

4 Meng die rooibostee met die tamatiepasta en voeg by die mengsel in die pan. Verlaag die hitte en laat prut tot die wortels en kool effe sag is, maar nog lekker bros.

5 Geur na smaak met sout en peper asook met suiker.

6 Roer die gebakte bone by asook die koljanderblare indien gebruik. Prut tot deurwarm en geurig.

7 Laat afkoel en skep in ‘n bottel (sal tot ‘n week in die yskas hou).

Praat saam met SarieKos

Sodra ‘n nuwe SarieKos die rakke tref, koop ek een. Om verskeie redes, maar vir my sekerlik die grootste is om ingelig by te bly wat aangaan in die koswêreld en sodoende lekker te kan saampraat. En die nuutste (weliswaar die winteruitgawe) was weereens ‘n treffer. Dikker, in ‘n nuwe formaat en met veel meer resepte, maar ook absoluut gelaai met troppe inligting wat tot alle seisoene spreek. Dan is daar veral die mooi in al sy treffende eenvoud.

Soos wat Herman Lensing in sy voorwoord skryf: “Ek het nog altyd geglo maak nie saak wat nie, mooi sal ons maak! Ek kies om die mooi in die lewe raak te sien. Want dis daar in alles. Van die klein dinge tot die groot goed, dis hoe ek die lewe aanpak. Vir die mooi is niks te veel moeite nie. Niks! Vir my is dit die ure om die regte bord of glas op te spoor, die myle ver ry agter die perfekte plek vir ‘n foto of die varsste bestanddeel aan (Herman het nie brieke as dit kom by ekstra moeite doen nie!). Die mens is van nature aangetrokke tot mooi dinge omdat dit positiewe emosies oproep…vreugde, fantasie, en bewondering. En die nuuste SarieKos is nuut, anders, mooi, maar steeds bekend.

Vir my is die artikel Ouma weet die beste veral goeie leesstof. Dieetkundige, Mariza van Zyl van BeterEet verduidelik hoekom toentertyd se eenvoudiger manier van doen ‘n sleutel kan wees tot ‘n heilsame, gesonder leefstyl: Ouma het met niks gemors nie, daar is vars en seisoenaal gekook, weekliks brood met aartappelsuurdeeg gebak (so het ek dit aan huis ervaar), sy het haar kontrei ondersteun, haar mense rou aartappel gegee v bloeddruk en vleis met bone en grane gerek. Die resepte net so lekker wat wissel van vinnige melktert tot piekelgroente en wildspastei met ‘n skepkors.

Die heerlike ontdekking, witsous oftewel béchamelsous gaan nooit oudmodies word nie, maar is ‘n treffende manier om groentegeregte op te kikker saam met lekker krummels; aartappels, soos eiers sal altyd ‘n stapelkos bly in enige huishouding; avokado’s is smullekker van op roosterbrood tot in slaai en kos wat langsamerhand prut is propvol geur en heerlikheid. Ontdek bistro-kos en onthou ook om plek te hou vir gebakte poeding na ete (met vla of roomys, selfs room of jogurt). Daar’s nog vele meer interressante leesstof en resepte.

Gaan kry jou SarieKos, dis beskikbaar by meeste supermarkte en smul asook saampraat, is jou voorland.    

Blommetyd

En in ‘n oogwink is dit September. Lente. 2025 se blommemaand skop af met ‘n wolklose dag, nog ietwat koel, maar meer as genoeg sonskyn dat die blommetjies pragtig oop met hul koppies na die son gedraai sit. Voor ons huis in Langebaan ‘n kleurespel van wit en geel met bietjie pers plek-plek. En asof dit nie genoeg is nie, was ek bevoorreg om reeds heelwat vroeër in die eintlike blomwêreld te gaan besoek aflê. Einde Julie kuier ek, Janine Niehaus, ‘n dieetkundige en Amanda Booyens, eienaar van die kombucha-besigheid, Guty Culture saam met ‘n groep vrouens by die mooie O’Kiep-Hotel daar neffens Springbok en ons gesels allerhande gesondheidspraatjies. Janine vertel meer oor gut en menopause en hoe dit jou lewenskwaliteit kan beïnvloed terwyl Amanda die goedheid van kombucha meedeel, veral as dit by jou gut kom en almal kan ook lekker proe. Ek demonstreer gutvriendelike geregte soos dhal met koringvrye saadbrood en botterhoender gemaak met rooibostee en jogurt. Die uithalersjefs van die hotel berei ‘n keurige ete met resepte uit my boek, Lekker&Goed en ons lê weg aan kosse, almal met ‘n gesonder inslag, van botterskorsiesop tot lamsboud in ‘n romerige ment-rooibossous saam met pampoentertjies en ‘n lieflike slaai met ‘n rooibosslaaisous. Tot diep in die namiddag word daar gelag en gesels en ek weet Namakwaland sien my sommer gou weer.

Nie veel later nie vat ek weer die pad Namakwaland se kant toe, maar dié keer net tot by VanRhynsdorp daar op die rand van die Knersvlakte, deesdae bekend as Matzikama waar ek ‘n inspirerende damesoggend saam met die raakvattervroue van die South African Council for Business Women bywoon. Ons kuier by die gewilde Letatsi Lodge en ek hang aan die lippe van elke spreker soos onder andere Sybil Visagie van Save the Sheep-projek wat letterlik al miljoene rande ingesamel het met pragtige hekelwerk, ingelegde produkte en koekies vir droogtehulp vir boere tot SACBW se president, Dr. Ziva Spangenberg, wat ons meer van haar lewensreis vertel. Ons stap verryk, maar ook diep dankbaar daar uit. Tussendeur word daar gepeusel aan ‘n filo-tamatiemaaskaastertjie en ‘n groente-quiche en sluit ons die dag af met malvapoedinkies. Ook almal resepte uit my boek, Lekker & Goed.

STADIGGEBAKTE SKAAPBOUD IN MENT-ROOIBOSSOUS

Genoeg vir 10 mense

Voorbereiding: 15 min

Gaarmaaktyd: 2½–3 hours

1 groot skaapboud, verkieslik met skenkelgedeelte nog aan (sowat 3,5 kg) 

Sout en peper

30 ml (2 t) Marmite

30 ml (2 t) Dijon mosterd

30 ml (2 t) sagte bruinsuiker

30 ml (2 t) olyfolie

2—3 uie, in dik skywe gesny

1 kop knoffel, gehalveer

4 sakkies Carmien Creamy Mint Green rooibostee

Sowawt 250 ml (1 k) natuurlike jogurt

Vars menttakkies vir versiering

Voorverhit die oond tot 160°C.

1 Vryf die boud in met sout en peper.

2 Meng die Marmite, mosterd, suiker en olyfolie saam en smeer oraloor die boud.

3 Pak die uie en knoffel in ‘n enkellaag in ‘n oondroosterpan en plaas die boud bo-op.

4 Giet sowat 375 ml (1½ k) kookwater oor die teesakkies en laat trek tot sterk maar nie te lank. Verwyder die teesakkies en giet die tee in die oondpan tot net onder die vleis.

5 Bedek met tinfoelie en maak gaar soos volg: vir mediumgaar, laat 20—25 min per 500 g plus 20—25 min extra toe (interne temperatuur: 70°C). Andersins bak totdat die vleis van die been afval. Verwyder die tinfoelie die laaste halfuur sodat die vleis kan bruin braai buite om.

6 Plaas die boud op ‘n dienbord en laat rus vir 10 minute. Sny in skywe of trek in growwe stukke of selfs rafels met twee lepels of vurke. Versier met ‘n bondel kruisement.

7 Dreineer die pansappe en kook dit af tot geurig. Roer jogurt by en kook verder tot ‘n gladde geurige sous. Sit voor saam met die vleis.

PAMPOENTERTJIES

As jy die pampoen met oranje patat vervang, kan jy die suiker nog heelwat minder maak. Skep dit in muffinpanne om klein pampoentertjies te bak. Jy kan selfs hierdie pampoentert saam met roomys vir poeding voorsit. Die pekanneute hieroor gesprinkel is veral lekker.

1—1,5 kg pampoen of botterskorsie of oranje patat of ‘n mengsel daarvan

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

7,5 ml (1½ t) fyn kaneel

5 ml (1 t) sout

180—250 ml (¾– 1 k) suiker of versoeter soos etythritol

3 eiers

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

60 ml (¼ k) gesmelte botter (opsioneel)

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Ekstra kaneelsuiker of gekapte pekanneute vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit die holtes van ‘n mediumgrootte muffinpan goed met kossproei.

1 Stoom die pampoen, botterskorsie en/of patat tot sag en plaas in die bak van ‘n voedselverwerker.

2 Meng die koekmeel, bakpoeier, fyn kaneel, sout en bruinsuiker of versoeter saam en voeg by die pampoen.

3 Voeg die 3 eiers, natuurlike jogurt, gesmelte botter en  vanieljegeursel by en verwerk tot glad. Skep in die holtes van die muffinpan en bak sowat 30–40 minute lank of tot stewig. Die tert kan nog effe klam wees. Sprinkel kaneelsuiker of pekanneute oor.

TAMATIE-MAASKAASTERT

‘n Heerlike vars tert waar slegs die filokors en die tamaties in hierdie tert gebak word. Verder word al die bestanddele net ingeskep vir een salige lekkerte. Vir die vulsel gebruik ek geroomde maaskaas, watl lekker romerig is, maar nie so ryk soos roomkaas is nie. Heerlik met die tamaties wat vooraf in die oond gebak word saam met balsamieke asyn en uie wat in die pan gekarameliseer word met ‘n sprinkel suiker.

Maak 1 groot tert

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 20 min

500 g baba-tamaties, gehalveer

seesoutvlokkies en peper

Suiker

Balsamieke asyn

Olyfolie

4 velle filodeeg, elk bespuit met kossproei

2 rooi uie, in ringe gesny

230 g geroomde maaskaas

10 swart of groen olywe, in stukke gesny

1 blok feta-kaas, sonder pekel

Paar basilieblaartjies

Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ‘n bakplaatjie met tinfoelie uit en spuit goed met kossproei. Spuit ‘n tertpannetjie met kossproei.

1 Pak die tamaties in ‘n enkellaag, oop kant na bo, op die bakplaat. Geur goed met rooibos-braaisout of andersins sout en peper en sprikel ‘n goeie handvol suiker bo-oor.

2 Geur met ‘n spatsel balsamiekie asyn en giet klein bietjie olyfolie oor. Oondbak vir 10 minute by 200°C, verlaag temperatuur an 180°C en bak tot die tamaties sag is en die bokante geplooi is. Koel af.

3 Pak intussen die filodeegvelle opmekaar in die tertpannetjie. Frummel die oorhange op om ‘n tipe tertkorsrand te maak al om die kante. Bak 10 minute tot goudbruin.

4 Verhit klein bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die uie tot sag, voeg ‘n bietjie suiker en balsamieke asyn by en roerbraai tot die uie effe gekaramelinseer het. Koel af.

5 Dreineer beide die tamaties en uie. Voeg die vloeistof by die maaskaas en meng deur.

6 Smeer die gekarameliseerde uie net voor opdiening oor die filodeeg-tertkors. Smeer die maaskaas bo-oor en rangskik die tamaties en olywe bo-op.

7 Krummel die feta-kaas oor en rond af met ‘n basilieblaartjie of twee. Sit dadelik voor.

GROEN SLAAI MET ROOIBOSSLAAISOUS

Dis die slaaisous wat ‘n groen slaai verhef tot iets buitengewoons en lekker. Besluit self hoeveel van elke slaaibestanddeel jy wil insluit. Pak die slaaibestanddele in hopies indien verkies.

SLAAISOUS

Maak sowat 180 ml (3/4k) slaaisous

60 ml (¼ k) sonneblom- of canolaolie

60 ml (¼ k) rysasyn

sap en skil van 2 suurlemoene of 4 lemmetjies

125 ml (½ k) sterk Carmien Orange Camomile groen rooibostee (3—4 sakkies)

125 ml (1/2 k) sterk Carmien Revive groen rooibostee met gemmer en brandrissie (3—4 sakkies)

30 ml (2 e) sojasous

5-15 ml (1-3 t) sesamolie

15 ml (1 e) suiker of heuning

2 knoffelhuisies, fyngerasper

80 ml (⅓ k) koljanderblare, gekap

15 ml (1 e) kruisementblare, gekap (opsioneel)

SLAAIBESTANDDELE

Eiervrug, in klein blokkies gesny en gebraai

Baba-spinasie

Roket

Mangetout of endaname-bone

Mini-komkommers of murgpampoentjies, in repe geskil met ‘n groenteskiller

Rooi ui, in klein blokkies gesny

Groen appel, in skyfies of stokkies gesny

Avokado, in repies gesny

Boontjiespruite vir bo-oor sprinkel

1 SLAAISOUS Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en hou eenkant.

2 SLAAI Braai die eiervrug tot sag en giet bietjie van die slaaisous oor die warm eiervrug. Laat afkoel.

3 Rangskik die slaaibestanddele net voor opdiening in ‘n bak of op ‘n dienbord en giet bietjie van die slaaisous oor. Rond af met die boontjiespruite. Sit res van die slaaisous saam met die slaai voor.

Wenk: INdien jy ‘n romeriger slaaisous verkies, roer bietjie jogurt by.

ROOIBOS-MALVAPOEDING

Malvapoeding is ‘n groot Suid-Afrikaanse gunsteling onder al ons kultuurgroepe en was ook gereeld op tafel in my grootwordhuis. Kleintyd het ons gesmul, veral as Ma se tuisgemaakte roomys daarby voorgesit is, maar deesdae is dit gans en al te soet en te ryk vir my. Vir my gesonder weergawe kry die beslag heelwat minder suiker in en maak ek ‘n sous met vanielje-rooibostee wat ek in melk trek en dit dan as basis vir die sous gebruik – steeds heerlik geurig maar net sonder die meeste ryk en soet van die oorspronklike sous.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min

Baktyd: 30 min

BESLAG

1 eier

80 ml (⅓ k) suiker

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

3 ml (¾ t) koeksoda

1 ml (¼ t) sout

30 ml (2 e) gladde appelkooskonfyt

250 ml (1 k) natuurlike jogurt of karringmelk

15 ml (1 e) appelasyn

STROOP

80 ml (⅓ k) bruinsuiker

2 sakkies vanielje-rooibostee

250 ml (1 k) volroommelk

60 g botter

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n oondvaste bak of 6 kleiner oondvaste bakkies of ramekins met kossproei.

1 BESLAG Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng.

2 Sif die droë bestanddele direk in die eiermengsel in en meng.

3 Roer die konfyt, jogurt of karringmelk, en asyn by en klits tot glad.

4 Giet in die voorbereide bakke en bak sowat 30 minute of totdat ‘n toetspen skoon uit die mengsel kom.

5 STROOP Plaas die suiker, teesakkies en melk in ‘n kastrolletjie en bring stadig tot kookpunt, roer tot die suiker opgelos is en laat 5 minute prut. Druk al die vloeistof uit die teesakkies en verwyder die teesakkies. Voeg die botter by en meng tot gesmelt.

7 Giet die warm stroop oor die poeding(s) sodra die poedings uit die oond kom. Sit voor met vla.

Meeste van die resepte wat voorgesit is by bogenoemde geleenthede kom uit my boek: Lekker & Goed. Die boek is aanlyn beskikbaar by CarmienTea.co.za.

Ons vier vrouwees

Die afgelope tyd het ek die voorreg gehad om verskeie vrouedagvieringe by te woon. En mensig, is ek nou nie opnuut beïndruk met hoe baie vroue vermag nie, van in die werkplek tot die gemeenskap. Maar dis veral in die huisgesin, wat tog maar die kern van ons samelewing uitmaak, waar daar geskitter word terwyl daar tegelyktydig  talle balle in die lug gehou word op ‘n daaglikse basis. Wat ek wel oral opgetel het, is dat ons nie onsself moet vergeet nie, want ons is maar kompleks aanmekaar geweef.

By CarmienTea se verrykende vroueoggend, gehou by die pragmooie wynplaas, Klein Roosboom buite Durbanville, het ons nie net geproe aan hul unieke reeks rooibostees spesiaal vir vroue in verskeie stadiums van hul lewe nie; maar het ek omtrent aan die lippe gehang van Dr. Ledivia Strauss van Revitahealth (terloops, sy is die skoonsus van voormalige mej. Wêreld, Rolene Strauss).  Nie net is sy ‘n algemene dokter wat spesialiseer in funksionele, integrerende asook estetiese medisyne nie, maar is gek na kook (het vir ‘n ruk ook in Frankryk gebly) en hou van oefen (sy spog met ‘n indrukwekkende six pack).

Sy het ons bietjie meer vertel van hoe ons hormone tydens die verskillende fases van ons lewe (maar dink veral pre-, peri- en postmenopause) goed parte met ons kan speel. Haar goeie nuus is dat ons geensins hoef boedel oor te geen omdat ons gene ons straks in die steek gelaat het nie. Nee, leefstyl en gedrag kan tot 70—90 persent van ons gene uitpresteer.

Slegs deur ‘n paar leefstyl-veranderinge te maak, wat jy bietjie vir bietjie aanpak, kan bydra om lewenslustig ouer word. En dit geld van jou jongmensdae af.

Sy noem 5 goed op:

Kyk na wat jy eet

Beweeg

Slaap genoeg

Beheer spanning

Wees deel v ‘n gemeenskap

Nog iets wat my bybly, is die volgende waarhede:

Soos wat mens ouer word, is dit veral belangrik om jou spiermassa te behou. En die twee belangrikste goed om te doen, is deur genoeg proteïen-inname en deur genoegsaam te beweeg

Pas jou lewer op, want dit help reguleer jou hormone.

Vergeet ook van die badkamerskaal, daar is net te veel goed wat gewig beïnvloed. Laat weeg jou eerder met ‘n InBody-skaal wat kan vasstel hoe lyk jou spier- en vetmassa-verhoudings. Dit kan selfs ook meet hoeveel vloeistof in jou liggaam is. (meeste dieetkundiges besit sulke skale deesdae).

Agterna gesels ons tog te lekker terwyl ons teug aan Carmien se Menopause-tee met bygevoegde framboosblare (raspberry leaf) wat help vir warmgloede en balansering van hormone asook ginseng wat weer kan help met die regulering van bloedsuikervlakke, fokus te verbeter en inflammasie help verminder. En die bessiegeur is heerlik verfrissend.

Sy vertel my dat sy al by vriende ‘n heerlike tamatiesop met rooibos in, geproe het. Uit haar vertelling lui ek dadelik af dat dit my resep is en ek deel dit graag weer.

ROMERIGE TAMATIESOP

Hierdie sop is heerlik romerig alhoewel dit nie ‘n krieseltjie room bevat nie. Die tamaties word vooraf bietjie in die oond gerooster om die geur uit te bring en dan fyngemaak tot fluweelglad.

Lewer 2,5 liter sop

Bereiding: 15 min

Gaarmaak: 40 min

1,2 kg romatamaties, gehalveer

1 x 400 g-blik kersie-tamaties

8 knoffelhuisies, fyngedruk

1 ui, gekap

1 rooi soetrissie, in stukke gesny

1 aartappel, geskil

Olyfolie

Sout en peper na smaak

1 liter (4 k) aftreksel gemaak 8 sakkies Carmien Revive (groen rooibostee brandrissie en gemmer)

5 ml (1 t) cayenne-peper of na smaak

15 ml (1 e) bruinsuiker

30 g basilieblare, gekap

Voorverhit die oond tot 200°C.

1 Pak die tamaties, knoffel, ui, soetrissie,en aartappel in ‘n oondvaste bak, sprinkel bietjie olyfolie oor en geur met sout en peper. Oondbraai 25—30 minute tot die tamaties sag en die rante effe geskroei is.

2 Skep uit in ‘n kastrol, voeg die tamatiepasta en aftreksel by, geur met cayenne-peper, suiker en nog sout en peper soos nodig. Voeg van die basilieblaartjies by.

3 Bring tot kookpunt en laat prut sowat 15—20 minute tot geurig.

4 Maak fyn met ‘n staafmenger.

5 Skep op in bakkies en rond af met basilieblare.

Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik

Ewe skielik is die winterkoue hier, veral saans en soggens vroeg; sommer so direk van hittige somersdae tot briesend koud, geen stadige oorgang soos ons dit voorheen gewoond was nie. Alhoewel die sonnige dae tussendeur sorg vir pragtige herfsdae met die mooiste sonsondergange. Deesdae voel ek die winterkoue sommer gou-gou in my lyf. Styfheid en seer spiere, waarvan daar tot drie weke gelede geen sprake was nie. Dis dan wanneer ek weet die tyd vir kragsop met supergoedheid het aangebreek. Nie net kry jy sommer ‘n goeie klompie proteien in nie, maar dis ook gelaai met glisien, gelatien en kollageen  — alles wat help om veral jou dermvoering (gut lining) te herstel en te versterk. Daarby bevat dit ook baie bindweefsel, wat weer help om inflammasie teen te werk, want ja, met die ouderdom kruip inflammasie maar oral in.

Deesdae gebruik ek sommer ‘n klaargaar rotisserie-hoender, die lekker geroosterde smaak, maak dit ekstra geurig. (Jy kan ook enige oorskiet hoender bv. braaivleis gebruik)

Ek maak die aftreksel van Carmien se Gut-rooibostee, wat ‘n probiotika bevat wat hittebestand is en ook sigoreiwortel (chicory root) wat weer ‘n goeie antioksidant is en ook anti-inflammatories is. Sodoende verleen dit ekstra goedheid. Ek gee ook die sop ‘n verdere Oosterse geurprofiel met gemmer, kaneel komyn en bietjie borrie. Ten laaste hande vol groentes wat kan wissel van groen groentes soos spinasie en broccoli tot soetrissie en wortel.  Sonder te veel moeite, ‘n goeie soplepel vol gesondheid wat goed is vir jou dermgesondheid en inflammasie help beperk.

OOSTERSE HOENDERKRAGSOP

Die asyn in die sop help vir die onttrekking van kollageen vanuit die bene.

Genoeg vir 4–6 mense

Voorbereiding: 15 min

Kooktyd: 1 uur

AFTREKSEL

1 gaar rotisserie-hoender

10 ml (2 t) appelasyn

3 knoffelhuisies

2 uie, gehalveer

4–6 stele sopseldery, in stukke gesny

2 wortels, in stukke gesny

50 g droësampioene (opsioneel)

2 lourierblare

15 ml (1 e) swartpeperkorrels

5 cm gemmerwortel, dun gesny

2 heel rooi brandrissies (opsioneel)

1 heel kaneelstok

10 ml (2 t) komynsade

10 ml (2 t) Chinese vyfspeserypoeier

2,5 ml (½ t) borrie

2,5 liter kookwater waarby 6 sakkies Carmien Gut-rooibostee gevoeg is (500 ml (2 k) van die aftreksel kan vervang word met ‘n blik klappermelk om ‘n romeriger sop te verkry)

2 lemmetjies se sap

15 ml (1 e) bruinsuiker

60 ml (1/4 k) sojasous

BYVOEGINGS

200 g rysnoedels, gekook (opsioneel)

150 g babapinasieblare of halwe kop Chinese kool, in dun repies gesny

1 rooi of geel soetrissie, in repies gesny

Bossie stingeluie, dun gesny

Vars mieliepitte, direk van die stronk afgesny (opsioneel)

AFRONDING

Groot handvol elk vars koljanderblare, ment en basilie

1 lemmetjie, in skyfies gesny vir voorsit

1 AFTREKSEL Plaas die heel hoender in ‘n kastrol, voeg al die bestanddele vir die aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat stadig prut tot die vleis van die bene afval, sowat 20–30 minute. (Jy kan dit ook in die drukpot doen).

2 Haal hoender uit aftreksel, verwyder die bene en velle. Pluis die vleis. Hou eenkant.

3 Dreineer die aftreksel, gooi die groente en speserye weg. Giet die aftreksel terug in die kastrol. Giet ook daarvan in ‘n teepot of groot beker.

4 BYVOEGINGS Voeg die groente en gepluisde vleis by die aftreksel in die pot en maak goed warm. Skep in sopkommetjies, rond af met kruie en skyfies lemmetjie. Skink meer aftreksel by soos verkies.

Wenk: Indien jy nie ‘n Oosterse profiel aan die hoender wil verleen nie, voeg slegs die eerste ag bestanddele by die hoender in die pot en voeg ‘n suurlemoen pleks van lemmetjie by. Prut tot geurig en voeg die groente (indien verkies) by.

Boerekos lekkerte

In my huis is dit altyd ‘n groot opgewondenheid as daar ‘n pakkie vanaf Arina du Plessis, LandbouBoerekos se bekroonde kosredakteur afgelewer word.

Die slag is dit ook nie anders nie.

‘n Swart boks met ‘n briefie in Arina se netjiese handskrif bo-op, arriveer. Die nuutste LandbouBoerekos se herfs-en-winteruitgawe. En ek weet sommer by voorbaat dit gaan weereens ‘n wenner wees. Binne-in die boks is daar, net so netjies verpak, ‘n bottel van die bekende KleinKaroo-wynplaas, De Krans, se Cape Ruby; daarby verskeie lekkertes soos ‘n pakkie goudoranje droëperskes en biltong asook ‘n houer dadelvingers; elkeen met ‘n etiket by van waar jy in die boek die storie daaroor kan kry. Ek blaai deur en by elke artikel, elke foto, wil ek ‘n wyle eers vertoef; want elkeen vertel ‘n unieke storie, die storie van boere (die keer Kannaland se mense) wat sorg vir die wye verskeidenheid kos wat ons op ons tafels kry en wat dit met soveel sorg en presiesie verbou. En daar is meer dan 100 maklike resepte, spesiaal vir die kouer weer.

In haar voorwoord maak Arina my nuuskierig oor die handvol vroue van die Ladismith-tuisnywerheid en ek kuier (en peusel in my geestesoog) tog te lekker saam. Maar dis veral die onthoustories van 5 bekende kosskrywers wat nostalgiese kosherinneringe van hul Ma’s deel, wat my aan die hart gryp. Ek kan sien die verlange is groot om tog net een keer weer saam met hul Ma’s te kan aansit om die tafel of in die kombuis saam met hulle doenig te wees. Dan is ek innig dankbaar, want my ma is nog met ons al het demensie ‘n groot deel van haar menswees kom steel. Een van die dae vier ons haar verjaarsdag, ‘n katspoegie van neëntig af en ons gaan saam met haar feesvier in ons grootword-plaashuis waar sy nog steeds woon en kuier op die noordestoep waar die wintersonnetjie tog so lekker kan bak en almal hul geselsies uitruil. Vir haar maak ek graag tamatiekos, want dis haar gunsteling. Sy hou veral daarvan om stampmielies, saggekook in melk, daarby te geniet. Op Ma Jo.

LandbouBoerekos is in meeste supermarkte te kry teen  R110 per tydskrif.

 TAMATIEKOS

My liefde vir tamatiekos kom van my ma. En ek maak dit graag soos Cass Abrahams my dit leer maak het.

Plaas 2 groot gekapte uie saam met 2,5 ml elk (½t) swartpeperkorrels en heel naeltjies in ‘n kastrol en voeg 125 ml (½k) water by. Laat kook tot meeste van die water verdamp het. Voeg sowat 30 ml (2 e) olie, en 2 stukke kaneel by en braai tot die uie effe verbruin het. Geur 1 kg lamskenkels wat in stukkies gesny is en voeg by saam met 1 groot stuk vars gemmerwortel wat gerasper is en 2 kardamomsade. Braai tot die vleis verbruin. Bedek en laat die vleis stadig stowe vir 30 minute. Ontvel 1 kg baie ryp tamaties, konfyttamaties verkieslik, en kap op. Voeg dit saam met ‘n brandrissie by en laat 20 minute lank prut. Voeg 6 baba-aartappels wat geskil en gehalveer is by en geur met sout en peper asook bietjie suiker na smaak. Prut tot die aartappels asook die vleis lekker sag is. Dien op met basmati-rys of stampmielies.

Love you Mom

There is no better way to treat Mom on Mother’s day than spoiling her with tea and cake, baked by yourself. Brew her favourite cup of Carmien rooibos tea and enjoy the special moment with her.   

AMASI ALMOND CAKE

Mediterranean and Africa take hands in this lovely almond cake with its amasi icing and topping made with oranges poached in a rooibos tea syrup, made with Carmien’s Piramid teas, Orange Camomile (a green rooibos) and Zesty Lemon (a red rooibos). I love a cup of Carmien Orange Camomile rooibos tea with this cake as the flavours complement each other. This is a gluten-free cake, and it’s also very easy to convert into a low-carb cake. Only replace the sugar with a sweetener.

Makes 1 large cake.

Preparation: 20 min

Baking time: 30—40 min

CAKE

6 eggs, separated

200 ml caster sugar or sweetener

200 ml amasi

Grated rind of 1 lemon

500 ml (2 c) ground almonds

ICING

2 egg yolks

30 ml (2 T) caster sugar or sweetener

45 ml (3 T) cornflour

250 ml (1 c) amasi

5 ml (1 t) vanilla essence

ORANGE TOPPING

3—4 mandarins, halved

325 ml (11/3 k) Carmien Orange Camomile (5 bags) and Zesty Lemon (2 bags) rooibos tea

60 m (¼ c) caster sugar or sweetener

Extra sugar

FOR GARNISH

Basil leaves

Preheat the oven to 180°C. Spray a 20 cm loose-bottomed cake tin with cooking spray and line with baking paper.

1 CAKE Beat the egg yolks and caster sugar till light and thick.

2 Add the amasi and lemon rind and mix.

3. Fold in the almonds.

4 Beat the egg whites till soft peaks form, and fold into the mixture.

5 Turn the mixture into the prepared tin and bake for about 25- 30 minutes or until a testing skewer comes out clean from the centre of the cake. Let cool in the pan for a bit, then turn out onto a cooling rack. Let cool.

6 ICING Beat the egg yolks till light, beat in the caster sugar and cornflour. Pour into a pot, add the amasi and heat slowly while stirring till it just begins to boil. Add the vanilla essence and cool.

7 TOPPING Place all the ingredients in a pot and bring to the boil, lower the heat and let simmer till the fruit is just soft, but still firm. Cool in the syrup. Remove the fruit from the syrup and place in the Airfryer, sprinkle with extra sugar and roast for 10 minutes till slightly caramelised. Reduce the syrup.

8 Prick some holes in the cake with a testing skewer and pour over the syrup.

9 Spread the icing on top of the cake.

10 Arrange the orange pieces on top and pour over any leftover syrup.

11 Garnish with some basil leaves.

Klets met Herman

Ek en Herman Lensing, Sariekos se kosredakteur en bekroonde kookboekskrywer en tv-persoonlikheid, kom al ‘n lang pad saam. Maar die afgelope tyd was ek so di teen groot lekkerte om heelwat tyd met hom deur te bring. Ons het saam gewerk aan my eerste televisie-program, Lekker en Goed waar ons hard gewerk maar net so baie pret gehad het. Daarna kon ons by verskeie geleenthede heerlik klets. Ek het nog altyd gedink as mens eers ‘n storie in SarieKos kry, dan het jy “arrive”. Nou ja, in die nuutste SarieKos (die herfsuitgawe) wat nou al ‘n geruime tyd op die rakke is, word daar ‘n hele 5 bladsye afgestaan spesiaal aan my en my kosloopbaan van oor die 37 jaar. Dankie Herman!

Met die herfsonnetjie wat nou tog te lekker bak op my Wesskusstoep, maak ek dié slag vir my ‘n heerlike koppie koffie (ja, ek drink dit ook nog), kry my sit in ‘n sonkolletjie en blaai weer ‘n keer deur hierdie treffertydskrif, gelaai met idees en inligting. Die storie oor jogurt interresseer my veral, ek kyk met nuwe oë na blikkiesvis (my koskas staan juis propvol Lucky Star-blikkies, want ai, hulle is dan so mooi), daar is ‘n storie oor sampioene en sop, smaaklik en maklik om te maak en my gunsteling herfskos; selfs idees vir heerlike brekfis in die bed – spesiaal vir Moedersdag en net sulke lekker resepte vir koekies. Tjok en blok vol inspirasie. Maak seker dat jy jou kopie kry – beskikbaar in meeste supermarkte teen sowat R130.

Op Netwerk24 se nuutste kyk-en-luisterprogram: Klankgolwe, gesels Herman in Kosstories ook met mense uit die koswéreld en ek is so bevoorreg om ook genooi te wees. Ons klets tog te lekker oor dit en dat, maar gesels veral oor my siening van kos, maklike, bekostigbare en gesonder resepte, maar ook hoe belangrik dit is om by mekaar te kan leer en te kan deel. Volg die skakel om die uitsending te luister.

Ek deel ook die resep vir pampoentert (en patatghnocchi) waaroor ons gesels het in Kosstories.

Pampoentert(jies)

Die bekende pampoentert van ouds was gelaai met suiker en botter. Hierdie een maak ek met jogurt om dit lekker romerig te kry en omdat pampoen, veral botterskorsies reeds lekker soet is, het mens nie so baie suiker nodig nie. Jy kan ook ‘n suikerplaasvervanger gebruik. Ek verkies etythritol.

As jy die pampoen met oranje patat vervang, kan jy die suiker nog heelwat minder maak. Skep dit in muffinpanne om klein pampoentertjies te bak as jy sou wil. Jy kan selfs hierdie pampoentert saam met roomys vir poeding voorsit. Die pekanneute hieroor gesprinkel, is veral lekker.

1—1,5 kg pampoen of botterskorsie of oranje patat of ‘n mengsel daarvan

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

7,5 ml (1½ t) fyn kaneel

5 ml (1 t) sout

180—250 ml (¾– 1 k) suiker of versoeter soos etythritol

3 eiers

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

60 ml (¼ k) gesmelte botter (opsioneel)

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Ekstra kaneelsuiker of gekapte pekanneute vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit die holtes van ‘n mediumgrootte muffinpan goed met kossproei of andersins ‘n oondvaste bak.

1 Stoom die pampoen, botterskorsie en/of patat tot sag en plaas in die bak van ‘n voedselverwerker.

2 Meng die koekmeel, bakpoeier, fyn kaneel, sout en bruinsuiker of versoeter saam en voeg by die pampoen.

3 Voeg die 3 eiers, natuurlike jogurt, gesmelte botter en  vanieljegeursel by en verwerk tot glad. Skep in die holtes van die muffinpan en bak sowat 30–40 minute lank of tot stewig. Die tert kan nog effe klam wees. Sprinkel kaneelsuiker of pekanneute oor. Sit voor saam met jogurt of roomys as jy dit vir poeding wil opdien.

PATATGNOCCHI

Wanneer dit by pastamaak kom, verkies ek om gnocchi te maak, want dis so lekker maklik met die dat daar geen grootskaalse uitrollery by betrokke is nie. En die oulike pakkies deeg wat ek meerendeels met patat en botterskorsie maak pleks van aartappels, is heerlik saam met die lekker vars smake van pesto of caponata. Die glikemiese indeks is ook laer as die van gewone aartappelgnocchi.

500 g patatblokkies

500 g botterskorsie-blokkies

Sowat 500 ml (2 k) witbroodmeel

Sout en peper

neutmuskaat

PESTO

2 knoffelhuisies, fyngerasper

40 g pietersielie

50 g okkerneute

Olyfolie

Sap en gerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen

Sout

VIR AFRONDING

Pecorino-kaas en gerookte forelstukkies (opsioneel) of andersins caponata

Roketblare

 1 Stoom die patat en botterskorsie sag, verkoel effe en maak fyn in die voedselverwerker tot glad, voeg meel by en meng goed, maar liggies tot ‘n stywe mengsel. Geur goed met sout en peper en neutmuskaat.

2 Verwyder uit die bak en knie liggies tot ‘n hanteerbare deeg.

3 Verdeel in 4 ewe groot stukke en rol elkeen in ‘n lang dun rolletjie. Sny in ewe groot skyfies. Bedek met ‘n klam doek.

4 PESTO Plaas al die bestanddele vir die pesto in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n effe loperige pasta wat steeds growwerige neute bevat. Skep die pesto op ‘n groot dienbord.

5 NET VOOR OPDIENING, kook ‘n groot pot water of groen rooibostee en voeg die gnocchi in twee sarsies by. Bring weer tot kookpunt en laat prut tot die gnocchi na die oppervlak styg. Verwyder met ‘n gaatjieslepel. Herhaal. 

5 Skep die gnocchi bo-op die pesto en rond af met pecorino-kaasskaafsels en forelstukkies indien verkies

6 Garneer met takkies roket. Andersins sit voor met die caponata-sous.

CAPONATA

Hierdie geurige tamatiestowe bly lank goed en is heerlik by die gnocchi.

Sny 2 eiervrugte, in blokkies, sout, laat staan ‘n tydjie en spoel af. Braai in ‘n bietjie olie tot sag. Skep uit. Braai 6 selderystele, wat gekap is saam met 1 gesnyde ui in nog olie tot sag en voeg 250 ml (1 k) ontpitte groen olywe asook 125 ml (1/2 k) gedreineerde afgespoelde kappertjiesade by. Voeg die eiervrug asook ‘n blik (400 g) Mediterreense tamaties asook 60—80 ml (¼–⅓ k) appelasyn en sowat 30 ml (2 e) suiker of na smaak by en laat prut tot geurig. Hoe langer die gereg staan, hoe geuriger gaan dit word. Sit voor saam met gnocchi, sprinkel amandelsplinters oor indien verkies asook bietjie verouderde Cheddarkaas.

 Ek vat hande met ‘n dieetkundige

Lekker eet, maar gesonder eet daarby, het my nog altyd baie na aan die hart gelê. Daarom is dit vir my so ‘n riem onder die hart dat die eerste televisie-seisoen van Lekker en Goed so goed ontvang is en almal aanklank daarby kon vind.

As kosskrywer en resepontwikkellaar met ‘n 4-jaar Huishoudkundegraad gespesialiseer in voeding, het ek egter juis weer die afgelope tyd besef dat die miernes inligting oor beter eet en goeie gesondheid my net meer en meer verwar, juis omdat ek darem ‘n redelike kennis daarvan het. En wat ‘n verligting toe my pad begin vanjaar kruis met die geregistreerde dieetkundige, Janine Niehaus van WESKUS DIETICIAN (ons probeer nog agterkom of daar familiebande is). Sedertdien het daar nou al vir my ‘n lig opgegaan oor verskeie aspekte wat ek nog nooit mooi uitgepluis kon kry nie, veral as dit kom by menopouse, “gut” gesondheid en eetprogramme wat inpas by ‘n strawwe oefenprogram. Janine tiek al daardie boksies en tesame met ‘n InBody-skaal, besef mens al te gou dat gewig veel meer as net ‘n enkele nommer op die skaal is.

Buiten dat Janine persoonlike eetplanne ontwikkel, het sy nou ook ‘n eetplan geskryf in samewerking met ‘n gimnasium op Velddrif waar die lede die totale pakkie kan kry – nie net ‘n ordentlike oefenprogram nie, maar ook ‘n goeie eetplan, saamgestel deur ‘n dieetkundige. Nou waar pas ek in.

Wel, om suksesvol te wees met enige eetprogram moet die mense ook lekker kan eet. En Janine gebruik onder ander my boek, Lekker en Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, vir verskeie van die resepte wat sy in haar eetplanne insluit. Die resepte ontleed sy dan noukeurig om van die energie-inhoud tot die aantal proteiene, koolhidrate en vette wat dit bevat, te bepaal.

Op ‘n Saterdagoggend ‘n week of wat gelede, was daar sommer ‘n goeie klompie mense wat oefen en gesonder eet, ‘n prioriteit gemaak het. By die bekendstelling van haar eetplan het Janine se insiggewende praatjie nie net beter eetgewoontes in die algemeen aangespreek nie, maar ook verduidelik wat gebeur tydens menopouse asook hoe om beter om te sien na jou “gut”. Ek het ek die heerlike vegetariese dahlresep, wat kan dien vir ontbyt of ligte middagete uit my boek demonstreer en ons het ‘n maaskaas-hawermoutbroodjie gebak wat gelaai is met proteien en heerlik smaak saam met die dhal. Almal kon heerlik proe.

Janine het ook ‘n “shake” wat as ‘n gebalanseerde maaltydvervanger kan instaan, bekend gestel. Die lekkerte is, jy maak die “shake” aan met van Carmien se heerlike funksionele rooibostees. Almal kon tog te heerlik proe aan ‘n klompie variasies en help bepaal wat die lekkerste is.  Mientjie Mouton, CEO van CarmienTea, het ook meer vertel oor Carmien se wye reeks hoogs funskionele tees wat perfek pas by ‘n gesonder eetplan.

Beste van alles was, die borde was nog nie eers koud nie, toe kom die eerste navrae reeds in van mense wat in iets soortgelyks belangstel. So laat hoor van julle by carmenniehaus@carmientea.co.za

Smullekker dahl

Die geurige lensiemoes is ‘n proteienryke vegetariese dis wat heerlik is vir ontbyt of as ligte ete.

Genoeg vir 5 mense (250 ml elk)

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 30–40 min

2 uie, gekap

3—4 knoffelhuisies, fyngekap

15 ml (1 e) vars gemmer, fyngerasper

1 brandrissie, ontpit en gekap (opsioneel)

olie

15 ml (1 e) brejani-masala of geroosterde masala of medium kerriepoeier

2,5ml (1/2t) borrie

2,5 ml (1/2 t) paprika

10 ml (2 t) fyn komyn

1 blik (400 g) tamaties in sap ingemaak

500 ml (2 k) rooi lensies, vir ‘n halfuur geweek in 1 liter (4 k) water

500—750 ml (2—3 k) groenteaftreksel of chai-rooibostee gemaak met 6 sakkies (ek gebruik Focus van Carmien)

Sout en peper na smaak

Strooisel suiker

Lemmetjiesap

Groot handvol gekapte koljanderblare

VOORSIT

skeppie natuurlike jogurt

geposjeerde eier (opsioneel)

Maaskaasbrood (sien resep)

1 Braai die ui en knoffel saam met die gemmer en brandrissie in bietjie olie tot sag. Roer die speserye by en roerbraai tot geurig, so 5 minute, pas op vir brand.

2 Voeg die tamaties by en bring tot kookpunt.

3 Dreineer die lensies en voeg saam met die aftreksel of rooibostee by. Bring weer tot kookpunt en laat prut tot die lensies sag en eintlik tot ‘n moes gekook is.

4 Geur na smaak met sout en peper asook bietjie suiker en lemmetjiesap en ‘n goeie handvol koljander. Laat prut tot geurig, weer so 5 minute.

5 Skep in borde op en sit voor met ‘n geposjeerde eier indien verkies en ‘n sny maaskaasbrood

NUTRITIONELE ONTLEDING

1 porsie = 250 ml elk en lewer

17,2 g proteien (2,5 ruile); 30,4 g koolhidrate (2 ruile) en 6 g vet (1 ruil)

Maaskaas-hawermoutbrood

HIerdie is ‘n heerlike proteienryke brood.

Maak 1 medium broodjie (19 snye van 50 g elk)

Bereiding: 10 min

Baktyd: 40—50 min

500 ml (2 k) hawermout

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

160 ml (⅔ k) gemengde sade (vlassaad, lynsaad, sesamsaad, pampoensaad, en sonneblomsaad)

3—4 eiers

30 ml (2 e) ekstra-suiwer olyfolie

500 ml (2 k) gladde maaskaas (of 250 ml (1 k) amasi en 250 ml (1 k) groen rooibostee

Sade en hawermout om bo-oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C.

1 Meng die hawermout, bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak. Voeg die sade by en meng weer goed.

2 Klits die eier in ‘n ander bak, voeg die olyfolie en maaskaas by en klits tot goed gemeng.

3 Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng liggies tot deeglik gemeng. Moenie oormeng nie.

4 Skep die mengsel in ‘n medium broodpannetjie. Sprinkel hawermout en sade bo-oor.

5 Plaas op die middelste rak in die voorverhitte oond. Bak 40—50 minute tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die broodjie kom.

6 Geniet saam met die dhal.

NUTRITIONELE ONTLEDING

1 sny = 50 g en bevat

7 g proteien (1 ruil), 9 g koolhirate (0,5 ruil) en 7 g vet (1,5 ruile)

Peusel peusel

By die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek op DeTolDeli aangebied het, is daar heerlik gekuier terwyl almal saam die spyse van die dag berei het. By aankoms het almal ‘n Rosé Sangria en verskeie Carmien Cold Brews geniet en hul verlustig aan ‘n geurige Persiese jogurtsop (laas week se resepte). Die tafel was ‘n bonte mengelmoes van Wonki- eetborde, ou beenhef-messegoed en onpaar servette met takkies loof en blare uit die tuin vir mooimaak in ou silwer.

Vir vooraf peusel aan tafel was daar ‘n glutenvrye hawermoutsaadbrood wat saam met ‘n geurige groentesalsa, voorgesit is. Piekenierskloof se vlagskipwyn, Grenache Noir met sy sweempie speseryegeure van komyn en anys het goed gepas by die bros saadbroodjie en gespeseryde salsa. Carmien se organiese natuurlike rooibostee het perfek gewerk as paletskoonmaker.

Na die hoofgereg van lamsblad met slaaie (volgende post) is die ete afgesluit met keurige klein dadelsjokoladeballetjies, mildadig gegeur met gemmer. Saam met PIekenierskloof se Grenache Blanc met sy sitrus aromas en sagte speserygeure saam met Carmien se Tropical Burst rooibostee met sy tropiese geurprofiel, was hierdie ‘n interressante, maar die perfekte drietal pasmaats.  

Ek beoog om nog kookklasse en demonstrasies aan te bied, so indien jy belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea,co,za

SAADBROOD

Dié saadbrood bevat min koolhidrate en geen koringmeel nie, maar wel hawermout en sorghummeel. Dis plat en kry ook geen rysmiddels in nie. Lekker saam met ‘n die groentesalsa.

Lewer 3 klein plat broodjies

Bereiding: 10 min

Staantyd: 20 min

Baktyd: 50 min

250 ml (1 k) sonneblomsaad

250 ml (1 k) pampoensade

125 ml (1/2 k) lynsaad

250 ml (1 k) hawermout

125 ml (½ k) sorghummeel

30 ml (2 e) chiasaad

45 ml (3 e) psylliumvesels

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker

45 ml (3 e) klapperolie

375 ml (11/2 k) flou Carmien groen rooibostee (2 sakkies getrek in koue water)

Voorverhit die oond tot 180˚C. Spuit 3 klein pannetjies baie goed met kossproei, voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.

1 Meng die sade, hawermout, sorghummeel en psylliumvesels en sout baie goed, maak seker dat die psylliumvesels goed deur die brood versprei is.

2 Meng die heuning of suiker, klapperolie en 125 ml (½ k) van die groen rooibostee. Verhit tot die suiker en klapperolie net gesmelt is. (moenie kook nie) Voeg res van tee by.

Voeg by die droë bestanddele en meng goed.

Druk vas in die voorbereide pan en bak 20 minute of die middelste oondrak.

Haal uit oond, keer brood uit en plaas onderstebo in die oond. Bak vir verdere 30 minute tot gaar – dis reg as dit hol klink as jy op die onderkant daarvan klop.

Laat heeltemal afkoel voor jy dit sny.

Hou vir 5 dae in ‘n lugdigte houer. Vries ook goed. Sit voor met salsa.

GROENTESALSA

Die sampioene word “gaar” in die sitrussap waarby ook allerhande ander lekkertes soos tamatie, avokado en mieliepitte ingemeng word, maw tipe cheviche.

GENOEG VIR 8 MENSE

Bereiding: 15 min.

Marineer: 30 min.

MARINADE

sap van 6 lemmetjies (3 suurlemoene) waarby 1 Carmien Revive-rooibosteesakkie gevoeg is (brandrissie en gemmer)

fyngerasperde skil van 1-2 lemmetjies

sout en peper

2,5 ml (½ t) komyn

2,5 ml (½ t) paprika

5 ml (1 t) fyngerasperde vars knoffel

GROENTE

625 ml (2½. k) bruin-en-knopiesampioene, in dun skyfies gesny

8-10 baba-Romatamaties, gehalveer

1 klein rooi en geel soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny

1 avokado, ontpit en in skyfies of blokkies gesny

1 middelslag-rooi-ui, geskil en gekap

125 ml (½ k) vars (rou) mieliepitte

125 ml (½ k) koljanderblare, gekap

1 MARINADE Meng al die bestanddele.

2 GROENTE Plaas al die groentebestanddele in ’n groot mengbak, giet die sous oor en meng goed.

3 Maak toe en verkoel sowat 30 min. in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Sit voor saam met die platbrode.

GEMMERDADELBOLLETJIES

Almal onthou kleindag se dadelbolletjies gemaak met die suikerbottersous waarby daar ook ‘n pak Mariebeskuitjies ingemeng is voordat die mengsel in klapper gerol is. Maar nou het ek hierdie gesonder weergawe bedink wat net so lekker smaak. Dadelbolletjies kan soveel variasies aanneem – voeg ‘n bietjie grondbonebotter en droëvrugte soos Turkse appelkose en bosbessies by en jy het heerlike energie-peuselkos waaraan jy kan weglê tydens of na ‘n oefensessie.

Net so, met ‘n goeie skoot gemmer in, is dit ‘n lekker soetdingetjie wat ek deesdae graag saam met tee of selfs koffie voorsit. Bowendien maak dit ook ‘n pragtige geskenkie wat jy mooi kan verpak

Maak 50 bolletjies

Bereiding: 20 min

500 g ontpitte dadels

1,25 ml (¼ t) koeksoda
125 ml (½ k) warm Carmien Focus-rooibostee (2—3 sakkies)

1 pakkie (200 g) suikervrye semelkoekies of 375 ml (11/2 k) hawermout, gerooster en effe fyner gekap

160 ml (⅔ k) kakao

250 ml (1 k) klapper

80 ml (⅓ k) klapperolie, gesmelt

30 ml (2 e) fyn gemmer

10 ml (2 t) vanieljegeursel

Klapper of kakao om in te rol

1 Plaas die dadels in ‘n glasbak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die warm tee oor en verhit 1 minuut in die mikrogolfoond. Laat afkoel.

2 Plaas die dadels saam met res van die bestanddele buiten die klapper of kakao om in te rol, in die voedselverwerker en maak goed fyn.

3 Skep 12,5 ml (1 dessertlepel) van die mengsel uit en rol in bolletjies. Rol die bolletjies in klapper of kakao.

4 Sit voor saam met tee of koffie na ete of verpak in mooi houer.

Wenk: Jy kan ook bietjie fyngekapte Turkse appelkose en bosbessies, selfs ‘n bietjie grondbonebotter of sade by die mengsel inmeng vir ‘n heerlike energieballetjie, maak die klapper dan net minder.

Geseënde Paasfees

Laas week sien ek die pragtige tafeldoek, Grace, wat my kosvriendin, Elmarie Berry op sosiale media geplaas het heel toevallig raak en terstond bestel ek een. Nie net is dit besonders mooi nie, maar die simboliek sprekend oor Paasfees tref my diep. Hier is haar beskrywing van alles wat op daardie tafeldoek gestileer is en die simboliek daar rondom. Laat dit spreek tot elkeen van ons hierdie Paasfees. Sy deel ook haar Paasresepte.

Bestel die tafeldoek by: elmarieberry.com/shop/

Foto’s: @beancollective

Stilering en resepte: @elmarieberry

Wyn: @ anthonirupertwines

DIE BYBELSE BELANG VAN PAASFEES & DIE HEILIGE TAFEL

Paasfees is meer as net ’n viering—dit is die hartklop van die Christelike geloof. Dit is die verhaal van verlossing, opoffering en oorweldigende liefde. In sy kern herinner Paasfees ons aan die grootste geskenk: Jesus Christus se opstanding en die belofte van nuwe lewe. Dit is ’n tyd om stil te raak en te besin, maar ook om bymekaar te kom, te juig, en hierdie blye boodskap met geliefdes te deel.

DIE TAFEL: ’N HEILIGE SAMEKOMS
Deur die Bybel sien ons dat die tafel ’n plek is van teenwoordigheid, voorsiening, en belofte. Jesus het gekies om ’n tafel te gebruik vir van Sy mees betekenisvolle oomblikke—niks meer betekenisvol as die Laaste Avondmaal nie. Hy het nie van ’n kansel gepreek of wonderwerke op ’n berg verrig in daardie oomblik nie—Hy het brood gebreek, wyn gedeel, en in intimiteit met Sy dissipels gesit.

Die tafel is waar verhoudings verdiep, genade uitgedeel, en harte gevoed word—nie net met kos nie, maar met gemeenskap. Veral met Paasfees word die daad om ’n tafel te dek ’n heilige uitnodiging: om te onthou, te eer, en te deel.


SIMBOLIEK IN DIE BESTANDDELE: BROOD, WYN EN OLYFOLIE
Hierdie eenvoudige, antieke bestanddele dra diepe Bybelse betekenis en kan jou Paasmaal op ’n besonderse manier anker in geestelike simboliek.

Brood
Brood is een van die oudste simbole van versorging en lewe. Jesus het Homself die Brood van die Lewe genoem en tydens die Laaste Avondmaal het Hy brood gebreek as simbool van Sy liggaam wat vir ons gegee is. Om varsgebakte brood aan jou Paastafel te bedien is ’n pragtige herinnering aan hierdie geskenk. Of dit nou ’n rustieke suurdeeg is, sagte challah of platbrood met olyfolie is, die brood herinner ons daaraan dat ons nie net deur kos nie, maar deur genade gevoed word.

Wyn
Wyn simboliseer dikwels vreugde en feesviering in die Skrif, maar met Paasfees kry dit nog ’n dieper betekenis. Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus die beker opgelig en dit die nuwe verbond in Sy bloed genoem—uitgegiet vir die vergifnis van sondes. Of jy wyn of druiwesap gebruik, om ’n seën oor die beker uit te spreek is ’n kragtige manier om daardie verbond te eer en dankie te sê.

Olyfolie
Van die salwing van konings tot die brand van tempellampe—olyfolie simboliseer in die Bybel die Heilige Gees, genesing en toewyding. Met Paasfees word olyfolie meer as net ’n bestanddeel—dit is ’n geurige herinnering aan heilige oomblikke. Sprinkel dit oor brood, gebruik dit om groente te rooster, of meng dit in ’n eenvoudige slaaisous. Sy goue rykheid verbind ons met ou geloofstradisies en eer die diepte van die verhaal wat ons vier.

Hoe om Dit by Jou Paasmaal In te Sluit
Dek jou Paastafel met bedoeling. Laat elke element—elke bord, elke blom, elke happie—die opstandingsverhaal weerklank gee.

Bedien brood op ’n houtplank met ’n klein bakkie olyfolie en ’n knippie seesout.

Spreek ’n seën uit oor die wyn of druiwesap voor die maaltyd.

Gebruik natuurlike teksture, aardse kleure, en simboliese kos soos dadels, heuning, granaatappels, en vye—vrugte van die Beloofde Land.

Laat ’n plekkaartjie of Skrifvers op elke bord vir nadenke en gesprek.

Neem ’n oomblik voor die ete om dankie te sê—nie net vir die kos nie, maar vir die vryheid, vergifnis, en nuwe lewe wat Paasfees bring.

Die Hart van Alles
Mag jou tafel hierdie Paasfees nie net mooi wees nie—maar betekenisvol. Mag dit die bovertrek weerspieël, waar brood gebreek en liefde uitgestort is. Mag dit die leë graf weerspieël, vol hoop en belofte. En mag elke gas rondom dit die warmte van welkom en die krag van opstandingslewe ervaar.
Want die wonder van Paasfees is nie net dat Jesus opgestaan het nie—maar dat Hy ons nooi om saam met Hom op te staan.

Elmarie Berry se Paasfeesresepte

Rosemary Lamb b’stilla

2 Brown onions

A handful Fresh Parsley

1 sprig rosemary

3 tbsp Olive Oil

500 g Lamb shoulder cubes

2 tsp Ground Cinnamon

2 tsp Ground Ginger

2 ½ tsp Ras el hanout

¼ tsp Cayenne Pepper

2 tsp turmeric 

1 tsp Sea Salt

450ml Water

12 sheets phyllo pastry

120g Butter

 ROSEMARY SUGAR

2 TBS Sugar

1 Orange or Lemon Zested

1 Sprig rosemary or thyme

Preheat the oven to 230°C.

1 Chop the onion, parsley and rosemary.

2 Heat 2 tablespoons of oil in a large saucepan, then brown the lamb until golden. Add the onion, parsley and rosemary to the lamb along with the cinnamon, ginger, 2 teaspoons of ras el hanout, cayenne, saffron and salt. Sauté for 2 minutes then add the water and simmer for 30-45 minutes or until the lamb is soft.

Allow to cool.

Shred the lamb. If the sauce in the pan is not thick, reduce it over a low heat. Mix the shredded lamb into the sauce.

To assemble the pie, brush 6 sheets of phyllo pastry with melted butter and lay them on top of each other. Arrange at the bottom of a shallow 30cm round, non-stick baking dish.  Spread the shredded lamb over the pastry. Brush the remaining sheets with melted butter, take each sheet and crinkle it from the long end to the other long end, placing them into a circle on top of the pie. Repeat until the top part of the pie is covered. 

Bake for 30 minutes. While baking prepare, the rosemary sugar mixture by mixing the sugar, chopped rosemary and zest of an orange or lemon. Remove the b’stilla from the oven. Sprinkle the rosemary sugar over the hot pie. 

Sticky roasted sweet potatoes

1 kg baby sweet potatoes

2 tbsp olive oil

1 tbsp fresh ginger, chopped

1 tbsp fresh garlic, chopped

1 tbsp fresh chili, chopped

2 tbsp sesame oil

¼ cup soy sauce 

3 tbsp sesame seeds, roasted

 TO SERVE

Handful fresh rocket

Handful fresh coriander, chopped

3 – 4 spring onions, chopped

Pre-heat oven to 200C. 

Lay the sweet potatoes onto a roasting tray, drizzle with olive oil and season with salt and pepper. 

Roast for 30 min. Mix the ginger garlic, chili, sesame oil, soy sauce and 2 tbsp sesame seeds. 

Pour over the sweet potatoes and roast for another 15 min until tender. 

 Just before serving mix through the rocket, coriander and spring onions. Sprinkle with the rest if the sesame seeds. 

 Corn and Apple Salad

DRESSING

½ cup extra virgin olive oil

3 tbsp lemon juice

2 tsp honey

½ cup fresh coriander

¼ cup fresh basil

1 small shallot

1 clove garlic

2 tbsp pickled jalapeños

salt and black pepper

chili flakes

 SALAD

3 cups cooked quinoa or lentils

4 grilled or roasted corn kernels, cut off the cob

2 apples, diced

1 cup cherry tomatoes, halved

100 g sugar snaps

2 avocados, chopped

2 circles feta cheese, crumbled

TO MAKE THE DRESSING: Combine all ingredients in a blender or food processor. Pulse until well combined. Season with salt and pepper.

SALAD In a large salad bowl, toss together the quinoa, grilled corn, sugar snaps, apples, tomatoes, avocado and feta cheese.

Pour over the dressing and toss well. 

  Gooey Chocolate & Tahini pudding

4 medium ripe bananas, peeled

½ c  oil

100 g tahini, at room temperature

100 g Greek-style yoghurt, at room temperature

2 large eggs, at room temperature

200 g dark brown sugar 

2 tsp vanilla extract

125 ml flour

4 tbsp cocoa powder

1 tsp bicarbonate of soda

¼ tsp fine sea salt

200g dark chocolate chips

 TO SERVE

4 tsp tahini

1 cup cream

2 tbsp honey

White candy easter eggs broken into pieces

Preheat the oven to 180C.

 Mash the bananas in a large bowl, either by hand or using an electric mixer. Then beat in the oil followed by the tahini and then the yoghurt. Beat in the egg, then the sugars and vanilla.

 Whisk the flour, cocoa, bicarbonate of soda and salt in a bowl and slowly beat into the cake batter. Fold in the chocolate chips. Pour into a 45cm x 45cm baking dish. Bake for 40–45 minutes, depending on whether you want it to have a gooey molten center or not. Once it’s out of the oven, leave to stand for 5–10 minutes.

TO SERVE Lightly whip the tahini and double cream together in a bowl and serve with the pudding, along with a generous drizzle of honey. Cut into blocks, pack them into a tower, sprinkle with some gold dust and the broken candy easter eggs. Serve with the tahini cream. 

Lam en slaai

Stadiggebakte lamsblaaie, gaargemaak in ‘n geurige rooibos-mentsous saam met vars aartappelslaai en ‘n Oosterse groen slaai, was die hoofgereg tydens die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek by DeTol Deli digby Citrusdal aangebied het. Meeste van my proviand vir die kookklas het ek gekoop by die DeTol Deli. Dis veral die vleis wat direk van die familieplaas, Bergendal, kom, wat my aanstaan, want dis veldgevoer en totaal en al hormoonvry. So ook is daar lieflike gedroogde perskes en nektariens wat in die groen slaai ingewerk is en die aartappelslaai was deurdrenk met Namaqua se ekstrasuiwer olyfolie wat jy kan tap uit groot tenke by die deli.

DeTol Deli is des moontlik een van die oudste padstalle teen die N7 en word gehuisves in die destydse tolhuis wat reeds in 1864 gebou is om tol in te vorder vir die onderhoud van die Piekenierskloofpas en ook as pitstop gedien het. In die Carmien Tea Shop kan jy steeds die watertrog sien waar donkies en perde van reisigers kon water drink en die Piekenierskloof-proelokaal is keurig ingerig in die eertydse wynkelder met die ou vate steeds daar. In die ou skuur met sy dik kleimure was daar meer as genoeg ruimte om ‘n kookklas te hou en aan te sit by ‘n lang tafel, gedek in ou goed en mooi goed. Piekenierskloof se pryswennerswyn, Shiraz met pruim, swart olyf, swartbessie en vinkelnote saam met Carmien se organiese natuurlike rooibostee, is die perfekte pasmaats by die stadiggebakte lam en slaaie.

Ek beoog om voortaan gereeld kookklasse of demonstrasies aan te bied, so indien jy of jou organisasie belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea.co.za

LEG OF LAMB ROAST WITH MINT

Serves 6

Preparation time: 15 min

Cooking time: 21/2–3 hour

  • 1 leg/shoulder of lamb of about 3,5 kg   (word verskaf)
  • Salt and pepper
  • 30 ml (2 t) Marmite
  • 30 ml (2 t) Dijon mustard
  • 30 ml (2 t) soft brown sugar
  • 30 ml (2 t) olive oil
  • 2—3 onions, sliced
  • 1 head of garlic, halved
  • 4 Carmien Creamy Mint Green Rooibos tea bags
  • About 250 ml (1 c) creamy yoghurt
  • Fresh mint for garnishing

Preheat the oven to 160°C.

1 Rub the leg of lamb with salt and pepper.

2 Mix together the Marmite, mustard, sugar and olive oil and smear all over the meat.

3 Place the onions and garlic in an oven roasting pan and place the meat on top.

4 Make a strong tea with the 4 green rooibos tea bags and pour into the roasting pan. Cover the pan and oven-roast as follows: for medium cooked meat allow 20—25 min per 500 g plus 20—25 min extra (internal temperature: 70°C).

5 Remove the lid or cover for the last 20 minutes to allow the meat to brown all over.

6 Remove the leg of lamb from the pan and place on a serving platter. Cover lightly and rest for 10 minutes before slicing the meat. Garnish with a bundel of fresh mint if you like.

7 Add yoghurt to the pan juices and mix well. Cook on the stove till reduced. Serve with the meat. 

AARTAPPELSLAAI MET SUURLEMOEN EN ROKET

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min

Kooktyd: 40 min

  • 500 g baba-aartappels, in die skil gekook
  • Olyfolie van goeie gehalte
  • Seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper
  • 1 bossie grasuie, gesnipper
  • Sap en skil van 1 groot suurlemoen
  • 1 pakkie vars roketblare

1 Druk die aartappels effe stukkend met ‘n houtlepel in ‘n slaaibak.

2 Giet heelwat olyfolie oor en geur goed met sout en peper.

3 Sprinkel grasuie en die suurlemoensap en –skil oor. Meng.

4 Stapel die roketblare bo-op

OOSTERSE GROENSLAAI MET LENSIES

Gedroogde geel nektariens, endamame-bone en piekelgemmer is heerlik in hierdie slaai met sy Oosterse geurprofiel. Groen rooibostee werk fantasties om hierdie slaaisous mee te maak.

Genoeg vir 8–10 mense

Bereiding: 20 min

Kooktyd: 40 min (rys en sorghum)

OOSTERSE SLAAISOUS (maak 2x aan)

Maak sowat 180 ml (3/4k)

  • 60 ml (¼ k) sonneblom- of canolaolie
  • 60 ml (¼ k) rysasyn
  • sap en skil van 2 suurlemoene of 4 lemmetjies
  • 125 ml (½ k) sterk Carmien Citrus Camomile groen rooibostee (3—4 sakkies)
  • 125 ml (1/2 k) sterk Carmien Revive groen rooibostee met gemmer en brandrissie (3—4 sakkies)
  • 30 ml (2 e) sojasous
  • 5-15 ml (1-3 t) sesamolie
  • 15 ml (1 e) suiker of heuning
  • 2 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 80 ml (⅓ k) koljanderblare, gekap
  • 15 ml (1 e) kruisementblare, gekap (opsioneel)

SLAAI

  • 500 ml (2 k) gaar bruinlensies
  • 250 ml (1 k) gaar bruinrys of die helfte daarvan sorghum
  • 4 stingeluie, gekap
  • 350 g wortel-en-koolslaaimengsel
  • 80 ml (⅓ k) gekapte koljanderblare
  • 125 g baba-spinasieblare
  • 125 g langsteel-broccoli, geblansjeer
  • 125 g Endamame-bone (opsioneel)
  • 50 g gedroogde geel nektariens, in papierdun skyfies gesny

AFRONDING

  • swart sesamsade
  • 50 g piekelgemmer, fyner gesny
  • Ekstra koljanderblare

1 Meng al die slaaisous bestanddele saam

2 Giet een helfte van die slaaisous oor die lensies en rysmengsel en laat staan om goed te marineer. Skep ‘n laag in ‘n slaaibord.

3  Meng die res van die slaai-bestanddele net voor opdiening en skep bo-op die lensiemengsel, giet die orige slaaisous oor en rond af met piekelgemmer, sesamsade en koljanderblare.

Ons kook by DeTol

Die Lekker en Goed-televisieprogram was nie net vir myself ‘n ongelooflike reis en inspirasie nie, maar het net so baie vir ander beteken. Heelwat mense het gevra vir ‘n kookklas en sommer gou was daar 16 mense wat wou kom saamkook. Laas Saterdag het ons toe die eerste Lekker-en-Goed-kookklas by DeTol buitekant Citrusdal gehou.  Die historiese tolhuis bo-op die Piekenierskloofpas huisves nou ‘n deli, ‘n proelokaal vir Piekenierskloofwyne en die Carmientea rooibostee-winkel. Die ou skuur daarnaas is deesdae gesellig ingerig en dis net daar waar ek my eerste Lekker en Goed-kookklas aangebied het.

Ek wil sommer gou-gou nog kookklase aanbied, enige plek. So as jy belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea.co.za

Aan die een punt van die skuur het ek ‘n lang tafel ingerig met verskeie stasies om die verskillende geregte te berei, elk toegerus met sy bestanddele die nodige kookgerei en resepte. (Om te help dat almal aan die gang kom, het ek darem so ‘n paar goed reeds vooraf gaargemaak en gereed gekry). En sonder dat ek te veel moes organiseer, het elkeen gou ‘n plekkie gevind waar hul kon kook. Tussen die gejil en gesels is die eetgoed gou-gou klaargemaak.

Met die instapslag is almal verwelkom met ‘n heerlike Sangria, gemaak met Piekenierskloof se Rosé en ‘n sakkie Carmien Cold Brew Cranberry Hibiscus. Vir verdere dorslessers was daar verskeie ander ColdBrews. Daarby klein glasies yskoue Persiese jogurtsop met subtiele rooswatergeure.

Plat bros saadbrode voorgesit met ‘n groentesalsa is as lusmaker aan tafel bedien. Die lamsblaaie, gemaak met DeTol se vrylopende en hormoonvrye lamsvleis het ek vroegoggend reeds ingesmeer met ‘n Marmite-smeersel en dit in ‘n Creamy Mint groen rooibostee (van Carmien) gaargebak tot mens dit van die bene kon afpluis. Daarby ‘n vars aartappelslaai met suurlemoen en roket asook ‘n Oosterse groenslaai met lensies. Vir soetigheid, gemmer-dadeltruffels. Alles lig en vars, geurig en tog vullend, soveelso dat die gaste eers teen laatmiddag eers weer vort is.

Hier is die resepte vir Sangria asook vir die Persiese jogurtsop. Die res van die resepte volg later.

ROSÉ SANGRIA

Carmien het nou ook familiegrootte teesakkies Cranberry Hibiscus Cold Brew wat ideaal is wanneer jy vir ‘n klompie mense ‘n drankie aanmekaar wil slaan. Een teesakkie maak 1,25 liter ystee. Dis glad nie nodig om kookwater te gebruik om die tee in te trek nie. Die aarbei-, kersie- en spookasemgeure van die Piekenierskloof Rosé saam met die subtiele roosblaar ondertone werk goed saam met die bosbessie- en hibiscusgeure van die tee om ‘n heerlike verfrissende drankie te maak.

Lewer sowat 2 liter sangria

Bereiding: 10 min

Staantyd: 10—30 min

1 Giet die rosé in ‘n groot fles en voeg die vrugte asook die die teesakkies by.  Laat staan vir te minste 10 minute (verkieslik 30 minute) totdat die tee lekker in die wyn getrek het.

2 Voeg net voor opdiening verkoelde sprankelwater of tonikumwater na smaak by asook ‘n klompie ysblokkies.

KOUE PERSIESE JOGURTSOP

Dis die rooswatergeure in hierdie sop wat dit so lekker maak. Sorg dus dat die Turkish Delight-rooibostee lekker sterk en geurig is. Ment en koljander met bosbessies, okkerneute en komkommerstukkies maak dit heerlik vars. Hemels!

Maak sowat 1 liter sop

Bereiding: 15 min

  • 500 ml (2 k) dik romerige natuurllike jogurt
  • 375 ml (1½ k) sterkgetrekte Carmien Turkish Delight-rooibostee, gemaak met 10 sakkies en afgekoel tot yskoud
  • Sout en varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml (½ k) gekapte okkerneute
  • 100g bosbessies
  • 250 ml (1 k) klein peuselkomkommers, in klein blokkies gesny
  • 60 ml (¼ k) fyngekapte koljanderblare
  • 30—45 ml (2—3 e) gekapte ment

AFRONDING

  • Gekapte okkerneute en kruie

1 Meng die jogurt en tee. Geur met sout en peper.

2 Voeg die neute, bosbessies, komkommerblokkies, koljanderblare en gekapte ment by en meng deur. Verkoel tot nodig.

3 Skep in dubbelwandglasies en rond af met neute en kruie.