‘n Tee vir elke vrou

‘n Verskeidenheid welstandstees wat vroue in alle fasette van hul lewensloop ondersteun, is tydens Vrouemaand deur Carmién Tea bekendgestel. Maar dis veral die Menopause-tee in sy pragtige pienk verpakking wat my na aan die hart lê, want dit help nie net om simptome van menopouse tydens hierdie fase te verlig nie, maar ondersteun vroue ook algeheel tydens alle lewensfasette. Ek was bevoorreg om die ambassadeur vir hierdie unieke tee te wees.

Teen dié tyd weet almal reeds dat Carmién bekend is vir hul innoverende idees en aan die voorpunt is as dit kom by die ontwikkeling van nuwe tees. Vanjaar het hulle weereens glad nie teleurgestel nie en ‘n reeks unieke welstandstees, spesiaal vir vroue, maar ook ontwikkel deur vroue, uitgebring: Daar is Feminine vir vroue van alle ouderdomsgroepe wat tydens die menstruele siklus gedrink kan word en veral help vir PMS en krampe; Fruitful, wat meehelp met fertiliteit en hormonale wanbalanse; Mom-to-be vir verwagtende moeders; Nursing vir ma’s wat borsvoed; Mom Uplift vir diegene wat sukkel met angs en nageboorte-depressie, en dan is daar Menopause, sekerlik dié belangrikste een van die lot, want hierdie tee ondersteun vroue algeheel tydens alle lewensfasette, maar veral tydens menopouse waar dit help om simptome soos nagsweet en warmgloede te beheer. Ek geniet nie net ‘n koppie hiervan op ‘n daaglikse basis nie, maar gebruik dit ook in my smoothie (waaraan ek eintlik so bietjie verslaaf is) wat ek elke oggend drink nadat ek klaar geoefen het.

So maak ek hierdie SMOOTHIE:

Plaas die volgende in die NutriBullet en verwerk tot heeltemal glad:

  • Sowat 125 ml (1/2 k) bevrore bessievrugte, insluitend bloubessies
  • Sowat 80 ml (1/3 k) laevet natuurlike jogurt
  • Soms ‘n handvol baba-spinasieblare
  • 30 ml (2 e) proteïenpoeier (ek gebruik USN se Diet Protein Ultra Light), aarbeigeur
  • 80—125 ml (1/3—1/2 k) Carmién Menopause-rooibostee (gemaak met 1 sakkie) – dit kan maar warm wees (pas die hoeveelheid tee aan afhangende hoe loperig jy die smoothie wil hê)

Heerlik en verslawend!!!

En só beskryf Carmién die unieke Menopause-tee op die Carmién-webtuiste: Carmién Menopause is a specially formulated blend of Rooibos, Raspberry Leaf, Black Cohosh, Ginseng, and Moringa that provides overall menopause support and can help relieve night sweats and hot flushes.

  • The combination of ingredients provides overall menopausal support and helps to relieve night sweats and hot flushes
  • Rooibos is naturally caffeine-free and sugar-free
  • Rooibos contains the potent antioxidant aspalathin, which can help combat several diseases
  • Rooibos can assist with weight loss
  • The cooling nature of Raspberry Leaf can assist with hot flushes and balance the fluctuation in hormones that cause issues like lower libido and vaginal dryness
  • Black Cohosh may improve physical and psychological menopausal symptoms, including anxiety, hot flashes, night sweats, and vaginal dryness
  • Ginseng may help with regulating blood sugar, improve focus and reduce inflammation
  • Moringa’s rich mineral and vitamin content offers numerous potential benefits for women, including improved nutrition, increased energy, and support for bone health. It may also help address anemia and offer anti-inflammatory properties, contributing to overall well-being.

Ingredients: Rooibos (Aspalathus Linearis), Black cohosh, Ginseng, Moringa, Raspberry leaf, Raspberry flavouring, Strawberry flavouring

The information provided is not intended as medical advice. Our products and the information we provide are not intended to diagnose, treat, cure or prevent any disease. Please consult with your healthcare professional before using our teas for any health-related concerns, or if you are taking any medications, are pregnant/nursing (unless we specify that they are safe) or have any mild/serious health conditions. Results may vary among individuals. The efficacy of our teas may depend on factors such as your individual health, lifestyle, diet, consistency, and adherence to suggested use. We do not guarantee specific results.

Vir verdere inligting en ander tees besoek die Carmién-webtuiste.

Maak jou eie hangkaas

Dit was so ampertjies of ek moes my kaastande trek, want met hemelhoë kaaspryse is dit iets wat ek myself deesdae net so elke dan en wan mee bederf. Tot ek die besluit het om my eie (sagte) kaas te maak, want eintlik is dit soooo verspot maklik om te doen. Al wat jy nodig het, is ‘n moeseliendoek en ‘n sif of vergiettes. En nou peusel ons weer alte lekker aan ‘n romerige kasie saam met brosbeskuitjies of maak sommer vinnig ‘n soetdingetjie met bietjie heuning of konfyt of selfs gemmer by die kaas ingemeng. Saam met granola is dit hemels.

Na ‘n onlangse kosshoot vir Huisgenoot waar ek amasi in ‘n hoendergereg (sien Huisgenoot van 29 Augustus 2024) gebruik het, sit ek met ‘n houertjie oorskiet amasi oftewel suurmelk. Ma se karringmelkpoeding waarmee sy ons kleintyd bederf het, of die pragmooie skons waarmee sy altyd kon spog, sou korte mette van daardie half-liter maak. Maar, besluit ek, dis ideaal om vir my ‘n hangkaas mee te maak, want dis regtig min moeite, vra net ‘n dag se staantyd (jy kan natuurlik ook dik romerige jogurt gebruik). Dan is jy gewapen met kaas teen ‘n fraksie van die prys vir wanneer jy weer wil kaaskoek of souttert bak (ek vervang die room altyd met ‘n sagte kaas) of as basis vir ‘n groentetert (wat ek altyd binne-in ‘n filodeegkors skep). Sien my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid (beskikbaar aanlyn by Carmién of by Carmién-winkel by DeTol-padstal) vir die allerlekkerste kaaskoek en soutterte. Met die warmer weer wat so pas aangebreek het en mens weer lus kry vir ‘n wyntjie saam met ietsie te peusel, is hierdie ideaal om op jou peuselbord uit te pak.

Hangkaas – so maak mens

  1. Spoel ’n groot moeseliendoek uit met water en droog dit uit.
  2. Sit die moeseliendoek in ’n sif of vergiettes met die punte wat oor die kante hang.
  3. Meng 500 ml (2 k) amasi of natuurlike romerige jogurt met bietjie sout (en peper en ‘n handvol kruie indien verkies).
  4. Plaas die mengsel in die moeseliendoek en laat die wei 2–3 uur lank deursyg. Sit dit in die yskas of ’n koel plek met ’n opvangbak onder.
  5. Bring dan die punte van die doek na mekaar toe sodat die amasi of jogurt ’n bol vorm en bind die doek met tou vas.
  6. Hang die bol oor ’n opvangbak (ek hang dit baie keer oor die steel van ’n houtlepel wat ek dwars oor die opvangbak plaas) of sit dit in ’n vergiettes in die yskas met ’n opvangbak onder. Laat staan vir 12 uur.
  7. Verwyder dan die moeseliendoek versigtig wanneer dit kompak maar steeds sag voel. Dit sal vir drie tot vyf dae goed hou in die yskas.

Voorgestelde kombinasies:

Vir ietsie souts:

  • ’n Handvol gekapte kruie soos basilie, suurlemoentiemie, origanum, gekapte grasuie, seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper
  • Gedreineerde kappertjiesaad en gekapte gerookte forelstukkies
  • Rooiuie-marmelade
  • Gerasperde, gedreineerde komkommer met fyngedrukte knoffel en ’n bietjie dille
  • Enige pesto of salsa verde
  • Avokado, fyngekapte tamatie en gerasperde suurlemoenskil met ’n bietjie gekapte brandrissie
  • ’n Bietjie bloukaas of selfs fyngerasperde parmesaankaas
  • Ontpitte olywe, songedroogde tamaties, fyngedrukte knoffel en gerasperde lemoenskil of lekker tuisgemaakte piekels

Vir ietsie soets:

  • Heuning en gerasperde suurlemoenskil
  • Marmer-minder-suiker konfyte soos marmalade of bessiekonfyt (ek hou van Simply Truth) deur die hangkaas of kap gepreseveerde gemmer fyn en meng deur
  • Meng rooibospoeier wat kaneel of klapper in het, daarby

BROS SAADBESKUITJIES MET HANGKAAS

Ek word betower deur groot, bros en dun platbrode wat jy in stukke breek en saam met hangkaas en allerlei lekkerstes soos olywe of piekels op ’n uitpakbord geniet. Vir my bly dit die lekkerste manier van informeel saamkuier. Dit bring verskeie herinneringe terug van my kuiers hier teen die draai van die eeu oor die land heen: Ek onthou die skemeraandhappies langs ’n dam in die Sondagsriviervallei; Niel Stemmet se voorbroodjies op Upington; die platbrode by die familie-deli op Citrusdal wat ’n treffer is saam met ’n glasie granache, en die intieme saamkuier by Jan Hendrik se Innovation Studio in Kaapstad waar die groot velle platbrode so mooi regop skuins teen die bakke eetgoed opgedien is.

Lewer 12 groot stukke of 36 beskuitjies
Bereiding: 15 min.
Baktyd: 1 uur

  • 180 g saadmengsel (sonneblom-, sesam- en vlassaad, asook pampoenpitte)
  • 45 ml (3 e) psilliumvesel
  • 15 ml (1 e) paprika
  • 2,5 ml (½ t) sout of roosmaryn-soutsprinkel
  • 400 ml water
  1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
  2. Meng al die bestanddele en laat 10 minute staan.
  3. Plaas ’n Silpat-silikoonmatjie op ’n bakplaat en smeer die mengsel oor die matjie tot 2 mm dik. Maak seker dit is gelyk.
  4. Bak 1 uur tot bros en gaar (verhoog die temperatuur laaste 10 minute tot 190 °C).
  5. Breek in stukke terwyl die beskuitjies nog warm is.
  6. Koel af en bêre in ’n lugdigte houer.
  7. Stapel regop langs bakke met ’n verskeidenheid hangkaassmere, saadkonfetti asook olywe en piekels op ’n uitpakbord en sit voor met wyn.

Saadkonfetti

‘n Bekostigbare dukkah-weergawe met grondbone. Ideaal om saam met olyfolie en varsgebakte brood te geniet.

Bestanddele:

  • 80 ml (⅓ k) sesamsaad
  • 20 ml (4 t) komynsaad of 10 ml (2 t) fyn komyn
  • 250 ml (1 k) geroosterde grondbone
  • 5 ml (1 t) fyn koljander
  • 5 ml (1 t) paprika
  • 5 ml (1 t) geelsuiker (opsioneel)
  • 2,5 ml (½ t) sumac (opsioneel)
  • 10 ml (2 t) soutvlokkies

Instruksies:

  • Rooster sesamsaad en komynsaad in ‘n droë pan tot dit liggies verbruin en die komynsaad geurig is.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Stam dit effe fyn indien verkies.
  • Verpak in ‘n lugdigte houer.
  • Sprinkel oor slaaie of groente, of bedien saam met brood en olyfolie.

Hangkaas-Gemmertert

‘n Ongebakte tert met gemmer-hangkaas in ‘n granola-kors. Ideaal vir ‘n laat ontbyt of as ‘n peuselhappie.

Bestanddele:
Vir die muesli:

  • 1 kg hawermout (glutenvry indien verkies)
  • 500 ml (2 k) fyn klapper
  • 500 ml (2 k) sonneblomsaad
  • 250 ml (1 k) heel amandels
  • 100 g pampoenpitte
  • 20 ml (4 t) fyn kaneel en/of 10 ml (2 t) fyn gemmer
  • Knippie sout
  • 80–100 ml bruinsuiker
  • 160 ml (⅔ k) gesmelte klapperolie of botter

Vir die kors:

  • Ongeveer 625 ml (2½ k) van die bereide muesli
  • Ongeveer 125 ml (½ k) gesmelte botter of klapperolie

Vir die vulsel:

  • Ongeveer 250 g hangkaas
  • 80 ml (⅓ k) gepreserveerde gemmer + 30 ml (2 e) van die stroop
  • Ekstra gemmerstukke vir bo-op
  • Ongeveer 45 ml (3 e) muesli-krummels vir bo-oor

Instruksies:

  1. Meng al die muesli-bestanddele behalwe die klapperolie, botter of olie. Skep in ‘n dun lagie in ‘n groot oondpan en giet die klapperolie, botter of olie oor. Meng deur en bak vir 30 minute, meng gereeld.
  2. Plaas sowat 625 ml van die muesli in ‘n voedselverwerker en maak grofweg fyn. Voeg gesmelte klapperolie of botter by om die krummels aanmekaar te laat kleef. Druk die mengsel in die bodem en teen die kante van ‘n 20-cm tertpan. Verkoel tot benodig.
  3. Meng die hangkaas en gemmerstukke asook die gemmerstroop. Skep in die kors en versier met ekstra gemmerstukkies en muesli-krummels.

Groente in ‘n ander gedaante

Die mandjie met pragtige groentes wat ‘n week of wat gelede by my afgelewer is, het my só geïnspireer dat ek nie anders kon as om weer ‘n paar lekker groenteresepte te gaan afstof nie. Die groot lekkerte is dat dit nie net as groente-bygereg en slaai instaan nie, maar net so heerlik is as ‘n tert, en ook ingespan kan word vir soetigheid (dink brownie); selfs om diens te doen vir ontbyt.

Net laasweek nog was dit bitterlik koud, reënerig en nat en was dit sop en brood en bakpoedings wat ons lekker snoesig en warm en gekoester gehou het. En nou, ewe skielik, as die oggendmis lig, het ons die mooiste dae met ‘n kleureprag van blomme wat ons oral langs die Weskus begroet. Ja, die blomme is hier al om ons en sit opnuut weer ‘n huppel in ons stap. En daarmee saam het die tyd vir ligter eet ook aangebreek. Dan is groente perfek – maar ek praat nou glad nie koue slaai met baie blare of so nie; vir slaai gebruik ek patat wat jou lekker vol en versadig laat voel en span die laaste van die lemoene in om slaaisous te maak (het juis net die naweek weer so 4 sakkies van die soetste sagtesitrus van die plaas af gekry). ‘n Groentetert, geur gegee met ingelegde sondroëtamaties is heerlike middagkos en vir ontbyt kom daar oondgeroosterde botterskorsie in die omelet. Dan natuurlik, tower ek daai allerlekkerste brownie op wat jou nie so skuldig laat voel as jy daaraan weglê nie.

BOTTERSKORSIE-SKUDOMELET

Geroosterde botterskorsie (wat jy sommer in die airfryer gaarmaak) is heerlik as vulsel in ‘n omelet saam met bietjie feta-kaas en avokado. Ek gebruik ‘n gesondheidskommelmaker om die eiers in op te skud en bak die omelet dan in ‘n pan met ‘n deksel sodat die omelet lekker hoog kan oppof.

Genoeg vir 1 persoon
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min. (oondbraai van botterskorsie uitgesluit)

OMELET

  • 5 eiers (3 eierwitte en 2 heel eiers)
  • 45–60 ml (3–4 e) melk

knoffel-en-kruie-speserye; sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

VULSEL

  • Handvol warm oondgeroosterde botterskorsieblokkies, vooraf gegeur met ’n bietjie kaneel, komyn, brandrissie en borrie
  • ½ wiel swartpeperfetakaas
  • ¼ avokado, in repe gesny
  • grasuie, gekap
  • roketblare
  1. OMELET Plaas die eiers, melk, speserye en sout en peper in ‘n plastiekhouer met ‘n deksel (‘n gesondheidskommelmaker werk ideaal). Skud baie goed tot lekker skuimerig.
  2. Bespuit ‘n kleefvrye pan met kossproei en giet die mengsel daarin. Plaas ‘n deksel op en verhit tot die omelet lekker hoog gepof en gaar is. (Dis onnodig om met ‘n eierspaan te sukkel om die omelet om te draai.)
  3. VULSEL Skep die gegeurde botterskorsie op die een helfte, sprinkel die feta oor, pak die helfte van die avokado op, sprinkel die grasuie oor, geur met die sout en peper en vou toe. Sprinkel die roketblare en orige avokado bo-op vir afronding. Sit dadelik voor.

PATATSLAAI

Lemoen en patat is ‘n heerlike kombinasie. Ek skil nie die patat nie, maar bak dit so met skil en al, want die gebakte skilletjie is vir my verskriklik lekker.

Genoeg vir 4 persone
Bereiding: 10 min.
Baktyd: 35 min.

  • 2 groot oranje patats
  • olyfolie
  • sout
  • 2 lemoene
  • groot handvol gekapte vars kruie soos pietersielie en basilie
  • 2 rolle van 100 g elk chevin (bokmelkkaas)
  • 100 g heel okkerneute
  • vars slaai soos roket, blaarslaai, ment en bronkors

SLAAISOUS

  • 125 ml (½ k) kanola-olie
  • sap en fyngerasperde skil van een suurlemoen
  • sap van die lemoene nadat jy die segmente uitgesny het
  • 15 ml (1 e) vars kruisement
  • 30 ml (2 e) wit druiweasyn
  • 15 ml (1 e) heuning
  • sout na smaak
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C (jy kan dit sommer in die airfryer doen).
  2. Was en borsel die patats se skil, maar moenie afskil nie.
  3. Sny die patats in kwarte en pak op ‘n bakplaat of in die laaitjie van die airfryer. Vryf die skywe met die olyfolie en besprinkel met die sout. Bak tot die patat sag is, sowat 35 min.
  4. Skil die lemoene en sny die segmente uit. Hou tot benodig.
  5. Druk die sap van die lemoene uit die agtergeblewe segmente en hou vir die slaaisous.
  6. Kap die kruie fyn en rol die chevin daarin. Hou tot benodig.
  7. Slaaisous Meng al die sousbestanddele deur dit saam te klits.
  8. Plaas die okkerneute in ‘n droë pan en rooster tot donker.
  9. Samestelling Pak die blare onder in ‘n mooi slaaibord. Rangskik die patatskywe en lemoensegmente op die slaaiblare.
  10. Sny die chevin in dun skyfies en pak bo-op.
  11. Giet die slaaisous oor en sprinkel die geroosterde okkerneute bo-oor.

Wenk: Pleks van bokkaas kan jy ook geroomde maaskaas gebruik, dit in bolletjies met ‘n lepel uitskep en dan in die kruie rol.

OOP GROENTETERT

Vir hierdie tert gebruik ek my staatmaker olyfoliekors wat jy sommer in die voedselverwerker kan aanmaak en maak sommer so ‘n vryvormkors op ‘n bakplaat wat jy so effe om die vulsel toevou. Die songedroogde tamaties verskaf ‘n heerlike geur.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 min
Baktyd: 30 min

BROSDEEG

  • 160 ml (⅔ k) yswater
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • 500 ml (2 k) klipgemaalde witbroodmeel
  • Knippie sout

VULSEL

  • 125 g songedroogde tamaties in vinaigrette
  • 12—14 swart olywe
  • 1 rooi soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny (opsioneel)
  • 200 g baba-spinasie
  • 125 g geroomde maaskaas
  • 1 eier, effe geklits
  • Paar baba-spinasieblare vir afronding
  • 100 g feta-kaas met swartpeper, in stukke gebreek

VOORSIT

  • babatamaties en basilieblare
  1. Voorverhit die oond tot 200˚C. Plaas ‘n bakplaat in die oond om te verhit (dit help dat die kors lekker deurbak).
  2. DEEG Meng die water en olyfolie.
  3. Plaas die koekmeel en sout in die bak van ‘n voedselverwerker met ‘n plastieklem.
  4. Giet die watermengsel deur die tuit by en verwerk tot ‘n stywe deegbal vorm in die bak – meng vir ten minste 5 minute en laat 10 minute rus.
  5. Plaas ‘n vel bakpapier op die werkoppervlak en plaas die deeg bo-op. Druk en rol die deeg in taamlike dun rowwe sirkel uit. Prik die deeg goed.
  6. VULSEL Meng al die bestanddele buiten helfte van die baba-spinasieblare en feta-kaas, geur goed met sout en peper.
  7. Plaas die vel bakpapier met uitgerolde kors op die verhitte bakplaat en skep die vulsel op die kors, maar hou ‘n rand van 3 cm reg rondom oor. Sprinkel die orige baba-spinasieblare oor en krummel die feta-kaas oor.
  8. Vou die rand skoon deeg effe oor die vulsel. Verf olyfolie oor die kors.
  9. Plaas in die oond en bak sowat 30 minute of tot die kors gaar en die vulsel stewig is.
  10. Plaas op ‘n dienbord en rond af met baba-tamaties en basilieblare bo-op. Sit louwarm voor.

PATATBROWNIES

Die kersie op die koek. Patat maak werklikwaar die lekkerste brownies. Ek het na heelwat brownieresepte gekyk wat minder koolhidrate bevat, maar die een wat met rou gerasperde patat gemaak word, bly my gunsteling: Nie te soet of te ryk nie en gemaak met bekostigbare bestanddele wat jy altyd byderhand het. Die 26 minute baktyd is in my oond die perfekte tyd om die brownie se tekstuur net reg te kry – nie droog nie, maar nog so effe klam en nat van binne.

BROWNIES

  • 1 middelslag-patat van 400 g, of 750 ml (3 k) wanneer dit gerasper is
  • 2 eiers
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 125–160 ml (½–⅔ k) bruinsuiker of heuning
  • 125 ml (½ k) gesmelte klapperolie of botter
  • 250 ml (1 k) gesifte kakao
  • 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • 30 ml (2 e) klappermeel

AFRONDING

  • Kakao of versiersuiker of gesmelte donkersjokolade
  • Aarbeie en soutvlokkies (opsioneel)
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n vierkantige 18-cm koekpan en voer uit met bakpapier.
  2. BROWNIES Meng die gerasperde rou patat, eiers, vanieljegeursel, bruinsuiker of heuning en klapperolie of gesmelte botter goed in ‘n groot mengbak.
  3. Meng die kakao, bakpoeier en koeksoda by. Voeg die klappermeel laaste by.
  4. Giet die mengsel in die bereide pan. Bak 26 minute lank of tot gaar maar steeds effe klam van binne. Laat 5–10 minute afkoel.
  5. Verwyder die brownies versigtig uit die pan.
  6. AFRONDING Sny in vierkante en sif ‘n bietjie kakao of versiersuiker oor of giet die gesmelte donkersjokolade oor. Sit voor saam met aarbeie en sprinkel soutvlokkies oor.

Wenk:

Meet die klappermeel mooi af; dit is geneig om al die vloeistof op te suig en sal die brownies baie droog maak as jy te veel byvoeg, maar help om die brownie “bymekaar” te hou.

Lê weg aan Peulgroente

Verlede week is ek werklikwaar mildelik geseën – ‘n groot mandjie groente saam met sakkies vol IMBO-produkte, van bone en lensies tot gort, sago en klapper, is by my afgelewer. Daarby was daar ‘n veelsydige Instant Pot Duo Crisp & Air Fryer. Hierdie alles-in-een apparaat kan as drukkoker, slow cooker, sous vide, lugbraaier, bak- en roosterapparaat gebruik word, en het dadelik ‘n permanente plek op die werksoppervlak in my Weskuskombuis gekry. Die kosmandjie was soos die weduwee se kruik wat nooit leeg raak nie, oorloop van lekkernye waarmee ek heerlik kan kook! Baie dankie aan IMBO en Wine&Roses.

Groentelensiesop

Sopbene:

  • 2 kg sopbene, gesaag
  • Sout en peper na smaak
  • 125 ml (½ k) tamatiepuree
  • Olie vir braai
  • 3 uie of preie, gekap
  • 4-6 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 6 selderystele, in stukke gesny
  • 5 wortels, skoongeskraap en gerasper
  • 400 g spinasie, gekap
  • 4 L groenteaftreksel, gemaak van 8 aftrekselpotjies
  • 100 g tamatiepasta
  • 500 g bruinlensies, goed afgespoel
  • Sout en peper na smaak

Vir Voorsit:

  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • ’n Handvol pietersielie of koljanderblare, gekap
  1. Voorverhit die oond tot 200 °C of stel die Instant Pot Duo Crisp & Air Fryer op AirFry. Geur die sopbene met sout en peper. Pak op ‘n bakplaat en oondbraai sowat 20 minute tot effens bruin, of gebruik die AirFryer-deksel om te rooster tot effens verbruin.
  2. Verhit olie in ‘n groot kastrol of die Instant Pot. Voeg die uie of preie, knoffel en seldery by, en soteer tot sag en geurig.
  3. Voeg die wortels en spinasie by en meng goed deur. Voeg die gebakte sopbene by.
  4. Meng die aftreksel en tamatiepasta, en voeg dit saam met die lensies by die bestanddele in die kastrol of Instant Pot. Vir drukkook, plaas die drukpotdeksel op en drukkook sowat 15 minute tot die lensies sag is. Geur met sout en peper, en sprinkel gerasperde suurlemoenskil en gekapte pietersielie of koljander oor.

Persiese Bonestowe

Bestanddele:

  • 500 g gemengde droëbone (rooi gespikkelde, nierbone, klein witbone, en swartbekbone indien verkies)
  • Sout en peper
  • 80 g botter
  • 2 uie, dun gesny
  • 10 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 2-3 stele sopseldery
  • 500 g stowelamsvleisblokkies
  • 7 ml (1½ t) fyn borrie
  • 5 ml (1 t) fyn komyn
  • 65 g tamatiepasta
  • Sowat 1,5 liter (6 k) groenteaftreksel
  • 30 g koljanderblare, gekap
  • 150 g babaspinasie

Vir Voorsit:

  • Natuurlike volroom jogurt
  • Basmati-rys
  1. Week die bone soos op die pakkie aangedui – vir 60 minute of oornag. Dreineer en spoel goed af.
  2. Plaas die bone in ‘n kastrol, bedek met koue water, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot sag. Dreineer en geur met sout en peper. (Die bone kan ook in die Instant Pot gedrukkook word.)
  3. Verhit botter in ‘n groot kastrol en roerbraai die uie, knoffel en seldery tot sag. Geur die vleis liggies met sout en peper, voeg by, en braai tot geurig.
  4. Voeg speserye en tamatiepasta by, meng deur, en voeg die aftreksel by. Laat prut tot die vleis amper sag is. Voeg meer aftreksel by indien nodig.
  5. Voeg die bone by en laat prut tot die vleis heeltemal sag is.
  6. Voeg spinasie en koljanderblare by en laat prut nog sowat 10 minute tot geurig. Geur met sout en peper indien nodig.
  7. Sit voor saam met basmati-rys en jogurt.

Smullekker Dahl

Bestanddele:

  • 2 uie, goed fyngekap
  • 3–4 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 15 ml (1 e) vars gemmer, fyngerasper
  • 1 brandrissie, ontpit en gekap (opsioneel)
  • Olie
  • 15 ml (1 e) geroosterde masala of medium kerriepoeier
  • 2,5 ml (½ t) borrie
  • 2,5 ml (½ t) paprika
  • 10 ml (2 t) fyn komyn
  • 1 blik (400 g) tamaties in sap ingemaak
  • 500 ml (2 k) rooi lensies, geweek in 1 liter (4 k) water
  • 500–750 ml (2–3 k) groenteaftreksel of chai-rooibostee (gebruik Focus van Carmién Tea)
  • Sout en peper na smaak
  • Strooisel suiker
  • Lemmetjiesap
  • Groot handvol gekapte koljanderblare

Vir Voorsit:

  • Skeppie natuurlike jogurt met fyngekapte komkommer
  • Geposjeerde eier (opsioneel)
  • Geroosterde suurdeegbrood of gepofde poppadum
  1. Braai ui en knoffel saam met gemmer en brandrissie in olie tot sag. Roer speserye by en roerbraai tot geurig, pas op vir brand.
  2. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt.
  3. Dreineer lensies en voeg saam met aftreksel of rooibostee by. Bring tot kookpunt en laat prut tot lensies sag en moesig.
  4. Geur met sout, peper, suiker en lemmetjiesap, en voeg koljanderblare by. Laat prut tot geurig, sowat 5 minute.
  5. Sit voor met ‘n skeppie jogurt en gekapte komkommer of ‘n geposjeerde eier indien verkies, saam met suurdeegbrood of poppadum.

Variasie:

As jy sop wil maak, braai 2 stele gekapte seldery, 2 wortels en 1 gerasperde aartappel saam met die uie in olie tot sag. Verhoog aftreksel tot 2 liter (8 k) en kook verder soos aangedui.

Ginger-Lensie Slaai

Hierdie slaai het die bekroonde sjef en restaurateur, Jacques Erasmus, jare gelede vir my gemaak. Sedertdien is dit een van my gunsteling slaaie wat ek gereeld aan gaste voorsit. Gebruik vrugte soos wat dit in seisoen is—somertyd sal pruime en nektariens goed werk, terwyl lemoene, soos die mooie rooivleis Cara Cara-lemoene, weer wintertyd die ding sal doen.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min
Staan: 20 min

Ginger-Lensie Slaaisous

  • 2 cm-stuk gemmerwortel, fyn gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil en sap
  • 15 ml (1 e) gekapte mentblare
  • 30-45 ml (2-3 e) bruinsuiker of heuning
  • 5 ml (1 t) elk soja- en vissous
  • 5 ml (1 t) geroosterde sesamsade
  • 30 ml (2 e) water

Slaai

  • 750 g bruinlensies, saggekook en goed gedreineer
  • 60 ml (¼ k) fyn gekapte piekelgemmer
  • 125 ml (½ k) elk grof gekapte pietersielie en koljanderblare
  • 6 ryp swart pruime of 3 Cara Cara-lemoene, in skyfies gesny
  • Koljanderblare en piekelgemmer vir bo-oor
  1. Ginger-Lensie Slaaisous: Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  2. Slaai: Giet die sous oor die lensies terwyl nog warm en laat staan vir minstens 20 min. tot afgekoel en sodat die geure lekker kan intrek.
  3. Meng die gekapte piekelgemmer en kruie deur die lensies. Skep in ’n slaaibak.
  4. Rangskik die vrugteskyfies bo-op en sprinkel die koljanderblare oor. Rond af met die ekstra skyfies piekelgemmer.

Maklike Vierboneslaai

Hierdie slaai herinner aan destyds se gewilde drieboneslaai, maar dis heelwat gesonder met ‘n heerlike geurige slaaisous. Baie keer, as ek die tyd my inhaal, maak ek sommer ‘n slaaisous met rooibostee—dan gebruik ek Carmién se groen rooibostee met boegoe. Maklik en heerlik!

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 5 min

Slaaisous

  • 80 ml (⅓ k) olyfolie
  • 15 ml (1 e) elk komyn- en vinkelsaad
  • 4 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 60 ml (4 e) suurlemoensap
  • 2 suurlemoene se skil, gerasper
  • 1¼ ml (¼ t) droë brandrissievlokkies
  • 10 ml (2 t) bruinsuiker

Slaai

  • 250 ml (1 k) elk verskeidenheid gaar bone soos klein witbone, nierbone, rooi gespikkelde bone en swartbone
  • 3 wortels, in julienne-repies gesny
  • 1 rooi-ui, in dun repies gesny
  • 2-3 stukke fetakaas, grof opgebreek
  • Koljander of pietersielie vir garnering (opsioneel)
  1. Slaaisous: Verhit die olie in ’n pan en voeg die sade en knoffel by. Braai en verhit tot geurig, sowat 3 min. Roer die suurlemoensap en -skil, brandrissievlokkies, en suiker by.
  2. Slaai: Plaas die bone in ’n bak, giet die slaaisous oor en laat afkoel. Voeg die wortelrepies by en meng deur.
  3. Skep in ’n slaaibak, sprinkel die ui oor en rond af met die fetakaas en ’n takkie kruie (indien gebruik).

Rooibos-Slaaisous

Maak sowat 300 ml slaaisous

  • 80 ml (⅓ k) olie
  • 250 ml (1 k) groen rooibostee met boegoe, gemaak met 3 sakkies (ek gebruik graag Carmién Tea se Rescue)
  • Fyngerasperde skil en sap van ½ halwe suurlemoen
  • 30–45 ml (2–3 e) appelasyn
  • 1,25 ml (¼ t) seesoutvlokkies
  • 30–45 ml (2–3 e) suiker

Smullekker rysreis

Op my verdere reistog met rys, gaan delf ek in die resepte wat ek oor jare ontwikkel het en wat vandag groot staatmakers in my kombuis is en onlosmaaklik deel van my huishouding geword het. Ek besef opnuut dat met die groot verskeidenheid ryssoorte wat daar in Spekko se koskas is, mens die mees uiteenlopende geregte kan optower – van ‘n supergesonde rysslaai met bruinrys of die heerlikste brejani’s, berei met basmati, wat met reg die koning van rys genoem word. Saam met Oosterse geregte soos ‘n geurige Thaise kerrie, is klewerige jasmynrys net die ding en dan is daar natuurlik my gunsteling, plein gewone rys-en-lensies, ‘n vegetariese gereg lieflik gegeur met malse Maleise geure wat geniet word saam met ‘n skeppie jogurt. Basmati of gewone langkorrelrys is geskik daarvoor. Daarvan kan ek bakke en bakke op my eie verorber. Ja nee, met rys is daar veel meer te doen as om dit gewoon net as bykos voorsit.

RYS-EN-LENSIES

Saam met hierdie geurige vegetariese gereg sit ek graag eiervrug- en uietjips voor wat mens sommer deesdae in die Airfryer kan braai.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 45—55 min

EIERVRUG-EN-UIETJIPS

  • Sout
  • 2 middelslag eiervrugte, in papierdun skyfies gesny
  • 2 uie, geskil en in dun skyfies gesny
  • Olie

RYS-EN-LENSIES

  • 250 g swart of bruin lensies
  • 45 ml (3 e) olie
  • 10 ml (2 t) komynsaad
  • 200 g SPEKKO basmati-rys
  • 5 ml (1 t) fyn koljander
  • 3 ml (ruim ½ t) borrie
  • 5 ml (1 t) gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) suiker
  • 1 kaneelstok
  • Peper na smaak
  • 1 blik (400 g) botterbone, gedreineer (opsioneel)
  • 350 ml water

AFRONDING

  • Koljanderblare
  • Dik romerige jogurt
  • Bietjie fyn komyn vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond (of Airfryer) tot 200°C.

  1. TJIPS Sprinkel die sout oor die eiervrug en uie en laat staan 10 minute. Spoel af en druk droog.
  2. Versprei egalig in ‘n enkellaag op ‘n bakplaat of andersins in die AirFryer se laaitjie en besprinkel goed met olie.Oondrooster tot gaar en lekker bros, sowat 10 min. Roer gereeld met ‘n eierspaan sodat dit egalig kan gaar word. Hou eenkant.
  3. RYS-EN-LENSIES: Kook die lensies in water tot sag. Dreineer en geur goed met sout.
  4. Verhit 45 ml (3 e) olie in ‘n groot kastrol en roerbraai die komynsaad tot geurig, sowat 2—3 min.
  5. Voeg die rys, fyn speserye, suiker en kaneelstok by en meng deur sodat die rysmengsel goed met die speserye bedek is. Geur met sout en peper.
  6. Voeg die gaar lensies, botterbone, indien gebruik, en water by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat sowat 15 min prut tot die rys sag en meeste van die vloeistof geabsorbeer is.
  7. Verwyder van die hitte, plaas ‘n skoon vadoek oor die pan en plaas die deksel op, laat 10 min, stoom.
  8. Roer die helfte van die tjips deur die rysmengsel, skep in bakkies en skep ‘n hopie tjips bo-op elk.
  9. Rond af met koljanderblare en ‘n skeppie jogurt. Sprinkel die komyn oor.

THAISE KERRIE

Die staatmaker is menige dag aandkos in my huis. Toe my kinders klein was, het hulle dit in klein bakkies geskep en ewe met Chinese stokkies geëet. Dié kerrie met sy klappermelkbasis kan met hoender, vark of seekos gemaak word. Klewerige jasmynrys is heerlik hierby, so maak seker jy maak genoeg daarvan gaar. (Enige oorskiet rys kan jy later sommer net so met ‘n sprinkel sojasous oor, geniet).

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.

  • 30 ml (2 e) olie
  • 15 ml (1 e) gerasperde vars gemmerwortel
  • 3-4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 stingeluie of 1 klein ui, gekap
  • 30-45 ml (2-3 e) Thaise groen-, rooi- of geelkerriepasta
  • 1 blik (400 g) klappermelk
  • 4 hoenderborsfilette of ontbeende, ontvelde dye, in stukke gesny
  • 250 g groentes soos baba-eiervrug, gehalveer; Chinese blaarkool, in dun repies gesny; en/of ertjiepeule en babamielies
  • ’n hand vol babaspinasieblare
  • ’n hand vol koljanderblare, gekap
  • 30 ml (2 e) sojasous
  • ’n paar druppels vissous
  • sowat 30 ml (2 e) lemmetjie- of suurlemoensap
  • 5 ml (1 t) bruinsuiker
  • ’n paar kersietamaties
  • koljanderblare en sesamsade vir oorsprinkel
  • Spekko-jasmynrys vir voorsit
  1. Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die gemmerwortel, knoffel en uie tot sag en geurig.
  2. Voeg die kerriepasta by en roer deur.
  3. Voeg die klappermelk by en bring tot kookpunt. Laat goed kook.
  4. Voeg die hoenderstukkies by en laat 5 min. prut tot byna gaar.
  5. Voeg die groente en gekapte koljanderblare by en laat prut sowat 5-10 min. tot die groente net-net gaar maar nog baie bros is.
  6. Roer die soja- en vissous saam met die lemmetjiesap en bruinsuiker by. Meng deur.
  7. Voeg die tamaties by – moenie nog verhit nie – en strooi die koljanderblare en sesamsade oor.
  8. Sit voor saam met klewerige jasmynrys.

GROENTEBREJANI

Hierdie geurige groentegereg is ook baie maal middel-van-die-week aandkos in ons huis. Soms sny ek sommer ook hoenderborsfilette in repies of blokkies en braai dit vinnig bruin met ‘n spatsel sojasous oorgesprinkel. Dan voeg ek dit by sodra ek die ui begin braai. Sien ook die variaisie vir ‘n eenvoudige hoenderbrejani wat ek altyd maak. Maak seker dat jy basmati, wat so lekker uitswel tot dubbele lengte, hiervoor gebruik.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 60 min

  • 500 ml (2 k) Spekko-basmati-rys
  • Sout na smaak
  • Olie
  • 5 kardamompeule
  • 5 ml (1 t) komynsaad
  • 1 ui, gekap
  • 1 elk rooi, geel en groen soetrissie, ontkern en in blokkie gesny
  • 1 eiervrug, in klein blokkies gesny (opsioneel)
  • 10 klein worteltjies
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 15 ml (1 e) fyngerasperde vars gemmer
  • 230 g sampioene, in stukke gesny
  • 1 kop blomkool, in blommetjies gebreek
  • 10 ml (2 t) borrie
  • 45—60 ml (3—4 e) fyn brejani-masala
  • 10 ml (2 t) fyn gekapte mentblaartjies
  • ‘n groot handvol elk koljanderblare en pietersielie, gekap
  • 5 ml (1 t) elk mosterdpoeier en fyn komyn
  • 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer en in ‘n bietjie olie tot bros gerooster
  • Vars koljanderblare vir voorsit
  1. Kook die rys 15 minute met ‘n bietjie sout volgens die aanwysings op die pak. Spoel onder koue water af en hou eenkant.
  2. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n kastrol en roerbraai die kardamom en komynsaad effe.
  3. Voeg die ui, soetrissie en eiervrug by en roerbraai so 2 minute.
  4. Voeg die wortels by en roer die knoffel en gemmer by. Roer en verhit sowat 5 minute voordat jy die sampioene en blomkool byvoeg.
  5. Sprinkel die borrie en brejani-masala oor en geur met sout soos nodig. Meng deur en giet bietjie water by sodat dit nie aanbrand nie.
  6. Sprinkel die ment, koljander en pietersielie oor en voeg die mosterd en komyn by. Verhit ‘n paar minute, pas op vir oorgaarmaak.
  7. Voeg die rys en 125 ml (1/2 k) water by gevolg deur die kekerertjies.
  8. Bedek en laat sowat 20 minute oor hoë hitte stoom, verlaag die hitte tot baie laag en laat nog sowat 20 minute stoom tot lekker geurig.
  9. Sprinkel vars koljanderblare oor en sit voor.

HOENDER-BREJANI: Meng 5 ml (1 t) heel brejani-speserymengsel, 15 ml (1 e) brejani-masala, 10 ml (2 t) garam masala, 1 kaneelstokkie, 2 lourierblare en 125 ml (1/2 k) natuurlike jogurt. Voeg 8 hoenderporsies, kleiner gesny of 6 hoenderborsfilette, wat in stukke gesny is by en marineer ‘n halfuur lank. Braai 1 gekapte ui, 4 fyngerasperde knoffelhuisies, 15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer en 1 groen soetrissie, wat in stukke gesny is in olie tot sag. Voeg 60 ml (1/4 k) gekapte koljanderblare by asook 180 ml (3/4 k) kookwater asook die gemarineerde hoenderstukke saam met die marinade. Verlaag die hitte, bedek en laat prut tot die hoender sag is. Voorsit: Skep ‘n laag gaar basmati-rys, dan ‘n laag gaar lensies (500 ml gaar rys en 250 ml gaar lensies) en dan ‘n laag hoendermengsel in die kastrol. Herhaal tot die bestanddele opgebruik is en stip met bietjie botter. Bedek en laat sowat 10 minute oor baie lae hitte stoom sodat die geure lekker kan deurtrek. Sprinkel nog koljanderblare oor en sit voor.

BRUINRYS-EN-QUINOA-SLAAI

Spekko se bruinrys is ‘n volgraanrys waarvan die buitenste lagie nie verwyder is nie. Dit het ‘n lae Glikemiese Indeks en is ideaal om te gebruik as jy vars (clean eating) en gesonder wil eet. Dit neem wel ietwat langer om sag te kook maar die heerlike neuterige smaak maak dit beslis die moeite werk. Die kombinasie saam met quinoa is heerlik en verskaf ook heelwat proteïen. Maak seker jy spoel die quinoa goed af voor jy dit gaarmaak (ek kook dit sommer baie keer vinnig op, dreineer en spoel af – sodoende raak jy van die bitter smaak ontslae. Pasop ook vir te lank kook, dan is dit ‘n pappery.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.

SLAAI

  • 250 ml (1 k) Spekko-bruinrys
  • 125 ml (½ k) quinoa, goed afgespoel
  • sout
  • 80 ml (½ k) koljanderpesto (sien resep)
  • 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
  • 1 komkommer, gehalveer en ontpit en in klein blokkies gesny
  • groot hand vol bloubessies of andersins druiwe, appel of nektariens, in blokkies gesny
  • 1 rooi-ui, geskil en in klein blokkies gesny
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil
  • hand vol roketblare
  • geroosterde pampoen- en sonneblomsaad vir garneering

Pesto:

  • 1 groot handvol koljanderblare
  • 2 handvol vars basiliekruidblare
  • 50 g gerasperde parmesan
  • 75 g geroosterde sonneblomsaad
  • 1 knoffelhuisie
  • 125 ml (½ k) olyfolie
  • sout na smaak
  1. Kook die bruinrys en quinoa saam met ‘n bietjie sout volgens die aanwysings op die pak. Dreineer goed en laat afkoel.
  2. Meng die afgekkoelde rys en quinoa in ‘n bak saam met die koljanderpesto, kekerertjies, komkommer, bloubessies, rooi-ui en suurlemoenskil.
  3. Strooi die roketblare oor en garneer met pampoen- en sonneblomsaad.

KOLJANDERPESTO

Meng die koljanderblare, basiliekruid, parmesan, sonneblomsaad, knoffel en olyfolie in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n gladde pasta. Meng sout in na smaak en gebruik sommer in ‘n slaai of ander geregte.

Nampo, hier kom ons

Ek was nog altyd gek oor enige landbouskou of boeredag en is superopgewonde om deel te wees van vanjaar se vroue-program wat by Nampo Kaap in Bredasdorp aangebied word vanaf 11—13 September. Ek kry van Woensdag, 11 Sept tot Vrydag, 13 September die geleentheid om in die “vrouetent” mense bietjie touwys te maak in my manier van kook. My tema: maak ’n kopskuif oor kos: eet lekker, maar gesonder sonder moeite. Ons gaan bietjie kyk watter geregte mens met ’n klaargaar hoender kan opdis; dan berei ons ’n paar ligter geregte soos brood en ’n vullende slaai en sluit af met ’n paar lekker soetgoed wat vinnig en maklik is om te berei. Hier is ’n lusmaker met ’n paar resepte soos ’n Thaise hoenderkerrie, pilaf met mentfeta en ’n vinnige appelkrummel.

HOENDERKERRIE MET AMANDELRYS

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

  • 30 ml (2 e) botter of klapperolie
  • 1 ui, gekap
  • 15 ml (1 e) gemmer-en-knoffelpasta
  • 1 rooi brandrissie, gekap
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 10-15 ml (2-3 t) garam masala
  • 5 ml (1 t) elk fyn komyn en koljander
  • 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
  • 1 x 400 g-blik klappermelk of helfte natuurlike jogurt
  • 50 g fyn amandels (opsioneel)
  • 1 gaar spithoender, in growwe stukke gebreek
  • ’n hand vol gekapte koljanderblare

RYS

SALSA

  • kersietamaties, komkommer, brandrissie en rooi-ui, in klein blokkies gesny
  • bruinasyn
  1. Verhit die botter of olie en braai die ui, gemmer en knoffel en brandrissie tot sag. Voeg die speserye by en roer deur.
  2. Voeg die tamaties by. Laat prut 2-3 min. tot geurig. Voeg die klappermelk by en meng deur.
  3. Voeg die amandels by (indien gebruik). Verhit 2-3 min. tot die sous effe verdik, roer die hoenderstukke by en verhit 5-7 min. tot warm. Sprinkel die koljanderblare oor.
  4. Dreineer die rys en kook sowat 15 min. in die water of rooibostee tot sag. Dreineer en vlok. Sprinkel ’n bietjie sesamolie oor, en dan die amandels.
  5. Meng al die bestanddele vir die salsa. Sit voor met die kerrie, rys en atjar (indien gebruik).

HOENDERPILAF MET MENTFETA

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.

  • 2 uie, gekap (1 rooi, indien verkies)
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 rooi brandrissie, in stukkies gesny
  • ’n bietjie olie
  • 5 ml (1 t) karwysaad
  • 5 ml (1 t) elk fyn komyn en koljander
  • 2 heel kaneelstokkies
  • 1 steranys
  • 250 ml (1 k) langkorrel of basmatirys
  • sout na smaak
  • 500 ml (2 k) groenteaftreksel (ek gebruik meestal Carmien se groen rooibostee pleks van die aftreksel)
  • 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
  • ½ spithoender, met ’n vurk in stukke getrek

MENTFETA

  • 100 g feta
  • 60 ml (¼ k) gekapte mentblare
  1. Braai die uie, knoffel, soetrissie en brandrissie in ’n bietjie verhitte olie tot sag. Voeg die karwysaad by en braai 1-2 min.
  2. Roer die komyn en koljander deur en voeg die kaneelstokkies en steranys by.
  3. Voeg die rys by en geur met sout. Voeg die aftreksel by en laat prut tot die rys sag is en die aftreksel verdamp het.
  4. Roer die pitmielies en die hoender by en verhit tot warm.
  5. Breek die feta in stukke. Meng die ment by. Sit voor met die hoenderpilaf.

APPELKRUMMEL

Die hawermout, neute en klapper maak ’n heerlike kors en krummel vir hierdie appeltert wat met vars appels berei word. Ek bak sommer die tert in die Airfryer.
Maak 1 tert
Bereiding: 20 min
Baktyd: 30—40 min

KORS EN KRUMMEL

  • 125 ml (1/2 k) bruinsuiker
  • 500 ml (2 k) hawermout
  • 125 ml (1/2 k) fyn klapper
  • 50 g gemengde neute, grof gekap
  • 50 g pampoenpitte
  • knippie bakpoeier
  • sowat 160 ml (2/3 k) botter

VULSEL

  • 2 appels, ontkern, maar ongeskil in skywe gesny
  • 125 ml (1/2 k) bloubessies (bevrore)
  • 1 cm gemmerwortel, gerasper
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker (opsioneel)
  • fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ’n ronde 20 cm losboom-koekpan of tertpannetjie.

  1. Meng al die droë bestanddele in die voedselverwerker tot die hawermout bykans fyn is, voeg die botter by en pols tot goed ingemeng.
  2. Druk sowat twee derdes vas in die pannetjie. Bak 5—10 minute.
  3. Meng al die bestanddele vir die vulsel en skep in die gebakte kors.
  4. Krummel die res van die hawermoutmengsel oor en bak sowat 30 minute of tot die krummel lekker bros is.

Nostalgiese poedings

So op Vrouedag dink mens onwillekeurig terug aan die vroue wat ‘n groot invloed op mens se lewe gehad het. Vir baie van ons is dit ons ma’s wat ons menswees en ons doen en late help vorm het. Soms doelbewus, maar meestal is dit die klein dingetjies wat mens bybly en later van jare koester. So was dit met Ma en haar manier van omgee wat meestal om kos, maar veral brood en poeding gedraai het.

Soos julle reeds weet, was ons koshuiskinders wat Vrydagmiddae dood van die honger die huis via die kombuis binnegestorm het waar die reuk van tuisgebakte soetsuurdeegbrood ons begroet het. Die hooguitgerysde brode het reeds almal netjies in gelid onder die linnedoek gelê, nog louwarm. Dan was dit die eerste gestoei wie die korsie gaan kry. Ons het ook geweet dat nadat daardie brode uit die oond gekom het, daar ook een of ander poeding oond toe gegaan het. Baie keer moes ons raai, maar meestal was dit karringmelkpoeding, wat nog in die oond was terwyl ons solank aangesit het vir ons middagete. Dit het altyd pofhoog uit die oond gekom en daarmee saam was die karamelsous wat Ma (en later ons) geduldig staan en roer het tot al die suikerkaramel in die melk opgelos was tot salige lekkerte. Ander kere was dit gebakte appels, met ‘n naeltjie of twee saam met ‘n stuifie kaneelsuiker en klontjie botter in die gaatjie gedruk waar sy die kern uitgesny het. Dié het ons saam met vla gekry; menigmaal ook Roly Poly in ‘n stroopsoet sousie gebak of soms gebakte vla saam met gouestroop. Wanneer die tyd haar ingehaal het, is ‘n bottel ingelegde perskes van die spensrak gehaal en ook saam met dun vla voorgesit. Sondae was daar baie keer fluweelpoeding, wat somtyds ‘n Post Toastie-korsie gekry het a la die koshuis. Andersins een of ander sjokoladepoeding (my pa het dit sommer modder gedoop); dié het ons geniet saam met haar legendariese roomys wat sy met dik plaasroom gemaak het. En so kan die lysie aangaan en aangaan…haar liefdesbriewe geskryf met ‘n happie soet om ons terug te verwelkom by die huis na ‘n strawwe week in die koshuis waar ons ons al van Donderdag af begin uithonger het om plek te maak vir die naweek se groot eet.

KARRINGMELKPOEDING MET SOUTKARAMELSOUS

Genoeg vir 4—6 mense Voorbereiding: 10 min Baktyd: 40 min

  • 180 ml (3/4 k) suiker
  • 15 ml (1 e) botter
  • 4 eiers
  • 60 ml (1/4 k) bruismeel
  • Knippie sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 500 ml (2 k) volroommelk
  • 250 ml (1 k) karringmelk

VOORSIT
Soutkaramelsous
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondbak of 4—6 afsonderlike oondvaste bakkies.

  1. Verroom die suiker en botter saam.
  2. Voeg die eiers een vir een by en klits.
  3. Roer die meel, sout en vanieljegeursel by.
  4. Meng die melk en karringmelk en roer by die eiermengsel.
  5. Giet in die voorbereide bakkies. Plaas in ‘n oondpan gevul met kookwater en bak sowat 40 minute tot die karringmelkmengsel gestol is. Laat effe afkoel tot louwarm.
  6. Sit voor met soutkaramelsous.

Soutkaramelsous
1 pakkie (150 g) karameltoffies
125 ml (1/2 k) room
Knippie seesoutvlokkies (opsioneel)
Smelt die toffies, room en sout in die mikrogolfoond vir 2—3 minute op Hoog, roer gereeld tot die toffies gesmelt het.

FLUWEELPOEDING
(Post Toastie-tert, sagopoeding en ryspoeding)

Dis min dat mens kon sê dat jy van koshuiskos gehou het, maar soms het ons in Huis Brandwag op Citrusdal fluweelpoeding op ‘n Post Toastie-kors vir poeding gekry. Hemels! Fluweelpoeding vorm die basis vir sago- en selfs ryspoeding.

Genoeg vir 6—8 mense Voorbereiding: 15 min Baktyd: 25 min

  • 125 ml (1/2 k) suiker
  • 200 ml koekmeel
  • 2 ml (1/2 t) sout
  • 4 eiers, geskei
  • 1 liter (4 k) warm volroommelk
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 25 ml (5 t) appelkooskonfyt
  • 125 ml (1/2 k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n groterige oondvaste bak met botter of spuit met kossproei. (Andersins spuit 6—8 oondvaste bakkies).

  • Meng die suiker, koekmeel en sout.
  • Klits die eiergele tot lig, voeg die melk en geursel by, voeg die koekmeelmengsel bietjie vir bietjie by en klits tot goed gemeng.
  • Giet in ‘n dikboomkastrol en verhit oor lae hitte terwyl gedurig geroer word tot die mengsel begin prut en gaar is.
  • Giet in die voorbereide bak of bak(kies) en maak gelyk bo-op. Bak 15—20 minute.
  • Smelt die konfyt in die mikrogolfoond en smeer bo-oor.
  • Klits die eierwitte tot skuimerig, voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot styf.
  • Skep bolle oor die vla en bak sowat 5 minute by 220°C of tot die meringue net effe verbruin bo-op.

Wenk: Berei ‘n kors met 200 g Post Toasties wat fyngedruk is en met sowat 100 g gesmelte botter gemeng is. Druk vas onderin die bak(kies).

Variasie: Sagopoeding: week 200 ml sago in bietjie water tot sag. Kook in 750 ml (3 k) melk tot sag. Laat effe afkoel en roer die suiker, sout en eiergele by. Skep in die bak(kies) en berei verder soos beskryf.

Ryspoeding: Gebruik 500 ml (2 k) melk en 250 ml (1 k) room. Los die meel uit en voeg die suiker, ongeskeide eiers en 2 ekstra eiergele, sout by en klits goed. Voeg 500 ml (2 k) gaar rys en 3 ml (ruim ½ t) kaneel of die gerasperde skil van 1 lemoen by. Skep in bakkies en bak sowat 40 minute tot gestol.

SUURMELK-CRÈME BRULEE

Hierdie crème brulee is amper ‘n tipe korslose kaaskoek met sy bruleelagie bo-op.

Genoeg vir 4—6 mense

  • 2 bakkies (230 g elk) geroomde maaskaas
  • 125 ml (1/2 k) strooisuiker
  • 4 eiers
  • 60 ml (1/4 k) suurlemoensap
  • 250 ml (1 k) suurmelk of jogurt

Voorverhit die oond tot 160°C. Smeer 4—6 oondvaste bakkies.

  1. Meng die roomkaas, strooisuiker, eiers, suurlemoensap en suurmelk of natuurlike jogurt goed saam en skep in die gesmeerde ramekinbakkies of dariole-vormpies.
  2. Plaas in ‘n oondpan, halfpad gevul met kookwater en bak 30—40 minute of tot gaar en ‘n mespunt net skoon uit die poedings kom.
  3. Koel oornag af, sprinkel strooisuiker oor en skroei met ‘n blaasvlammetjie.

Variasie: GEBAKTE VLA Verhit 375 ml (1 1/2 k) volroommelk (of helfte daarvan room) en 5 ml (1 t) fyngerasperde lemmetjie- of lemoenskil. Koel effe af. Voeg 80 ml (1/3 k) strooisuiker by en roer tot opgelos. Klits 3 ekstra groot eiergele en 2 ml (1/2 t) vanieljegeursel. Voeg by die melk. Sprinkel neutmuskaat oor en bak in gesmeerde bakkies in ‘n waterbad soos die vorige resep tot die vla amper gestol is. Baktyd sowat 25 minute.

Hoendersosaties en bergfietsry

Die afgelope naweek was die vyfde keer dat die Rooibos MTB deur Carmién vir bergfietsryers by De Tol op die Piekenierskloofpas buite Citrusdal aangebied is. Ons was daar, nie om self te ry nie, maar om heerlik saam te kuier, goeie wyn en roosterkoek te geniet en het daar ook die lekkerste keriehoender-sosaties geproe.

Dis ‘n fyn misreëntjie wat neersif toe ons vroegoggend by De Tol bo-op die Piekenierskloof buitekant Citrusdal stop. Maar dit demp geensins die geesdrif van die horders fietsryers wat aangetree het vir ‘n 80, 55, 30 of 18 km rit nie (selfs die kleintjies het ‘n beurt gekry om ‘n paar rondtes te ry!). Die gasvryheid en pragtige natuurtonele wat hulle op die verskeie roetes begroet, maak goed daarvoor op.

Ek het lankal reeds my fietsryskoene opgehang, maar tree aan vir ‘n kort wyn-en-tee-staproete wat jou deur die wingerde neem om ‘n paar van Piekenierskloofwyne te proe saam met ‘n passende Carmién-rooibostee, ‘n uniekheid tans eie aan Piekenierskloofwyne. Telkens is ek verras met die interessante geure wat die kombinasies na vore bring. By De Tol kan jy ook formeel wyn proe en daar is ook ‘n verskeidenheid ander drinkgoed, tot ‘n mooi opgetofte Carmién-jenewer saam met ‘n sakkie piramiedrooibostee by die buitekroeg beskikbaar. Selfs die kinders kan aansit vir hul eie unieke tee-en-happie pairing. Oral op die perseel staan halfdromme met vure waar die moeë ryers en hul maters hulself kan warm maak en veral die warm storte is ‘n groot bonus. Onder die tentdak kuier die mense gesellig saam en geniet die musiek.

Na ‘n vinnige draai in die De Tol deli in die mooie ou tolhuisie, waar jy van droëperskes direk van die plaas, rou heuning en vars brood kan koop, staan ek dadelik nader vir ‘n heerlike warm koffie saam met roosterkoek, goed uitgebak en dik gesmeer met tuisgemaakte appelkooskonfyt en ‘n strooisel kaas. Die ene nostalgie. My man kies ‘n hamburger-roosterkoek, gemaak met tuisgemaakte patties. Daar is ook allerhande ander wegneem-eetgoed soos pizza en wraps en dan natuurlik die geurigste hoendersosaties waaraan ons tog te lekker smul. Nou ja, ‘n sosatie word tradisioneel mos eintlik net met lamsvleis gemaak, maar vir dié liplekker sagte hoenderhappies in die saggespeseryde kerriesous, nes die wat jy saam met lamsosaties sou proe, verleen ek toestemming om hulle ook sosaties te doop.

Dié event beloof om ‘n groot jaarlikse instelling te word, nie net vir fietsryers nie, maar vir almal wat bietjie die mooi, lekker en gasvryheid van die platteland wil geniet. Die winter is beslis nog met ons, maar as die kombers op ‘n mooi dag lig en die sonnetjie skyn op die groenigheid oral, veral die pragtige groen graanlande in die agterveld (dis nou Eendekuil se kant toe) waaroor jy met ‘n arendsoog vanaf die berg kan kyk of as Sneeubergpiek aan die Sederberg se kant sy sneeukappie op het, is dit die mooiste prentjies wat jou vir ewig bybly. Stop sommer nou daar as julle een van die dae ‘n road trip wil maak om Namakwaland se blommeprag te gaan aanskou. Dit bly die mooiste mooi en ek is ewig trots om dit eintlik nog steeds “huis” te kan noem.

Vir meer info, gaan na www.detol.co.za

Hoendersosaties

Die resep vir lamsosaties het ek opgediep uit ‘n ou resepteboek, So eet ons aan die Kaap deur Helmine Myburgh. Die resep is geplaas net na die storie van die bekende Oom Samie se winkel op Stellenbosch. Heel gepas sou ek sê, want die hoendersosaties het ons ook geniet by die ou tolhuis wat vir jare moes waghou oor die Piekenierskloofpas en wat nou diens doen as ‘n padstal en deli.

Maak sowat 8-10 sosaties
Voorbereiding: 20 min
Marineertyd: minstens 24 uur
Gaarmaak: sowat 10 min

MARINADE

  • olie
  • 2 groot uie, gekap
  • 2-3 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 10 ml (2 t) fyngerasperde vars gemmer
  • 10 ml (2 t) heel koljandersade
  • 10 ml (2 t) heel komyn
  • 10 ml (2 t) swartpeperkorrels
  • 10 ml (2 t) heel naeltjies
  • 15 ml (1 e) brejani-masala of kerriepoeier
  • 10 ml (2 t) borrie
  • 45-60 ml (3-4 e) vrugteblatjang of appelkooskonfyt
  • 3 lourierblare
  • 160 ml (3/4 k) appelasyn of bruinasyn (nie spiritus-asyn)
  • 125 ml (1/2 k) natuurlike jogurt

VLEIS

  • 1,5 kg hoenderborsfilette, in redelike blokkies gesny
  • Sout
  1. MARINADE: Verhit die olie en braai die ui, knoffel en gemmer tot die ui sag is. Kneus die heel speserye effens in ‘n vysel met ‘n stamper en voeg by die uiemengsel, braai tot geurig.
  2. Voeg die res van die bestanddele, buiten die jogurt by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dan 10 minute prut tot geurig. Laat goed afkoel en roer die jogurt by.
  3. Plaas die vleisstukke in ‘n groot nie-metaalbak en giet die marinade oor. Meng goed, maak toe en plaas vir minsens 24 uur in die yskas. Meng die volgende dag weer deur. Geur goed met sout.
  4. Ryg die vleisblokkies lossies op houtpenne.
  5. Braai oor matigwarm kole tot gaar, maar nie droog. Sit voor in ‘n roosterkoek of saam met braaivleis en ‘n paar sambals.

Beesstert, wat ‘n feesmaal

Ek hou van enige stowegereg, maar beesstert vat net die koek. As deel van Spekko se Feed your Curiosity-kampanje, was daar ook ‘n beesstert-resep wat jy saam met ‘n geurige spesery-basmatirys geniet. En ‘n almintige groot Le Creuset-pot op die koop toe om die bredie in gaar te maak. Ek kon nie wag om aan die kook te kom nie.

Beesstert is nie ‘n gereg wat jy sommer so net voor ete aanpak en dink dit sal betyds gereed wees nie. Nee! dit vat tyd om ordentlik sag te kook. Naas die beesstertpotjie wat my skoonsus nog vir ons in die Kalahari in Botswana tussen die leeus gemaak het, is hierdie sekerlik die lekkerste beesstert wat ek nog geproe het… en toe vat die kokery ook glad nie so lank soos wat ek aanvanklik gemeen het nie. Die geheim, ‘n goeie skoot groen rooibostee, want sien die rooibostee help om die vleis gouer murgsag te kry. Onthou dit as julle volgende keer weer bredie of potjie maak!

Die gematigde speseryrys is absoluut heerlik hierby – ook hier het ek die geurigheid subtiel aangehelp deur breyani-masala pleks van gewone kerriepoeier te gebruik en ook ‘n rooi rooibos met subtiele chai-geure bygegooi om daardie ekstra geurigheid, maar glad nie enige hittigheid nie, te kon kry.

Ek het nog beplan om die gereg te hou vir tot wanneer ons weer gaste vir ete kry, maar nee, na die eerste proesel, het ons daar en dan besluit, dis net die lekkerste bederf so in die middel van die week op ‘n koue wintersaand hier teen die Weskus. Saam met ‘n glasie rooies was dit tops.

OXTAIL WITH CHAKALAKA
Oxtail, slowly stewed till soft and tender tastes at its best when served with a mildly spiced basmati rice. Really finger licking good!
Serves 6—8
Preparation time: 20 min
Cooking time: 4 hours

OXTAIL

  • 2 kg oxtail
  • Salt and pepper
  • Flour
  • Oil
  • 1 onion, finely chopped
  • 2-3 carrots, finely sliced
  • 2 stalks celery, finely sliced
  • 5 cloves garlic
  • 1 sachet (50 g) tomato paste
  • 2 sprigs rosemary
  • 2-3 bay leaves
  • 1 can (400 g) cherry tomatoes
  • 1 can (400 g) chakalaka
  • 250 ml (1 c) red wine
  • 1 litre (4 c) green rooibos (4 teabags from Carmien)
  • 750 ml (3 c) beef stock

RICE

  • 15 ml (1 T) butter
  • About 2 cloves garlic
  • 30 ml (2 T) breyani masala
  • 15 ml (1 T) turmeric
  • 1 bay leaf
  • 500 ml (2 c) Spekko Basmati Rice, rinsed
  • 2 litre (8 c) Citrus Chai Rooibos Tea (made with 4-6 Carmien tea bags)

TO FINISH

  • Chopped parsley
  • Grated rind of 1 lemon
  1. OXTAIL: Season the oxtail generously with salt and pepper. Sprinkle flour over the oxtail pieces and rub in with your hands.
  2. Put a large braising pot on the stove top. Add some oil and brown the oxtail pieces in batches until nicely browned. Put aside.
  3. Add some more oil to the pot and fry the onion, carrots and celery. Cook until the vegetables start to soften and golden, about

Rysgenot

Naas brood, is rys een van my vele kosliefdes. Ek kan dit net so, saam met ‘n bietjie sojasous oorgesprinkel, bakkies vol verorber. Hoe spesiaal is dit dat ek een van Spekko se uitverkorenes is om deel te kan neem aan hul nuutste kampanje, Feed your Curiosity, 7 days 7 ways, om te wys dat rys veel meer as net ‘n bykos is, maar inderdaad elke dag op interessante maniere in die allerheerlikste geregte ingespan kan word. Uit die lys van watertand resepte wat ek ontvang het, kies ek om twee te maak – gevulde botterskorsie, die allerheerlikste vegetariese gereg (wat ek skaamteloos man-alleen verober het, so lekker was dit). Dan is daar die beesstert, smulsag gestowe in ‘n pragtige LeCreuset-pot, waaraan my gesin net so lekker saamgesmul het.

Twee allermintige groot bokse daag laat op ’n Donderdagaand per Uber by my huis hier in Langebaan op, die een tot boordens toe gevul met bestanddele waarmee ek die lekker resepte moet kook; in die ander die apparate wat benodig word om hierdie joppie te doen – en nie sommer so nie – dis LeCreuset panne en potte net waar jy kyk – uiteindelik het ek ook nou ’n ordentlike pot om rys in te kook! Die resepte is waarlik heerlik, maar tog vinnig en maklik om te maak en ek kook tog te lekker, sit hier en daar so ‘n bietjie Carmen magic by. Ek voeg byvoorbeeld bietjie rooibostee met ‘n suurlemoengeurtjie by die rys. Heerlik! Vir my is die gevulde botterskorsie die ideale ligte middagete waaraan ek sal smul wanneer ons vinnig ‘n breek vat tussen al ons aktiwiteite deur. Vullend, maar ook lig genoeg as ek later die dag nog ‘n vinnige sessie in die gym wil gaan doen.

STUFFED BUTTERNUT
Serves 4
Preparation time: 15 min
Cooking time: 1 hour

  • 125 ml (½ c) Spekko Basmati rice, rinsed
  • 2 litres vegetable stock
  • 2 bags Carmien Zesty Lemon rooibos tea bags
  • 500 ml (2 c) boiling water
  • 2 large butternuts, halved lengthways with seeds scooped out
  • Salt
  • 2 cloves garlic
  • Few sprigs thyme
  • Oil
  • 1 can (400 g) chickpeas, drained
  • Paprika
  • 1 large onion, chopped
  • 2 cloves garlic, grated
  • 50 g pecan nuts, chopped
  • 50 g cranberries
  • 1 lemon


Handful thyme, coriander and basil leaves

Preheat the oven to 190°C.

  1. Soak the rice in water for half an hour, rinse and drain.
  2. Place the rice and stock into a pot.
  3. Steep the rooibos tea in boiling water till strong and pour over the rice. Cook till the rice is soft, then drain off the excess liquid.
  4. Score the inside flesh of the butternut, going halfway into the flesh.
  5. Season with salt, garlic and thyme. Brush with oil and place in the oven. Roast for about 45 minutes to 1 hour till cooked and soft.
  6. Spoon the chickpeas onto a baking sheet, season with paprika and a little oil and roast in the oven till crisp, about 20 min.
  7. Heat some more oil in a saucepan and fry the onion, garlic and thyme till soft. Add the rice and stir-fry a few minutes.
  8. Add the chickpeas, pecan nuts and cranberries and stir till well combined. Add lemon zest and lemon juice.
  9. Scoop out the inside flesh of the butternut, leaving a 1 cm border.
  10. Mix the butternut flesh with the rice mixture.
  11. Stuff the butternut with the filling and garnish with fresh thyme, coriander and basil leaves.

Laat ons “hygge”

Nou ja toe, nooit eers geweet so ‘n woord of enigsins so ‘n konsep bestaan nie, maar hygge (uitgespreek “hoo-gah”) is ‘n Deense konsep wat alles daaroor gaan om vir jouself ‘n knus, warm omgewing te skep sodat jy ook tydens die kouer maande plesier kan put uit die eenvoudiger dinge van die lewe. Nou, met die winterkoue wat sy kloue so diep inslaan, is dit juis wat ons nodig het. Doen dit nie net deur ‘n wintervriendelike huisomgewing te skep nie, maar veral met dit wat jy te ete en te drink voorsit. Hier’s heerlike warm rooibosdrankies en kyk uit vir ‘n beesstertresep wat ek volgende week sal deel.

HOE SKEP MENS HYGGE IN JOU HUIS:

  • Warm beligting: Skep warm, sagte beligting met kerse feettjies en lampe met warm getinte gloeilampe om ‘n knus ambians te skep.
  • Gemaklike tekstiele: Omskep jou leefvertrek in ‘n knus, gemaklike omgewing met sagte komberse en kussings saam met oorgooide dekens. Kies materiale soos wol, katoen, en fleece.
  • Natuurlike elemente: Inkorporeer natuurlike elemente soos hout, klip, plante en vars blomme om buite binne te nooi en so ‘n kalmerende effek te skep.
  • Tikkies persoonlike elemente: Maak mooi met dinge wat spesiaal is vir jou, soos familiefoto’s, reis-soewenirs en handgemaakte goed. Dit gee warmte, diepte en persoonlikheid aan jou huis.
  • Knus hoekies: Skep klein hoekies soos leeshoekies met ‘n lekker stoel en goeie beligting, of ‘n lekker sonhoekie met bonkige, knus kussings vir wanneer jy deur tydskrifte wil blaai.
  • Laat dit lekker ruik: Daar’s niks wat ‘n plek so lekker knus laat ruik soos die reuk van varsgebakte brood of die kaneelgeur van pannekoek nie. Andersins steek lekkerruik kerse aan of gebruik essensiële olies. Geure soos vanielje, kaneel en laventel werk goed.
  • Stilwordtyd: Prakseer intieme knus hoekies en ruim tyd in waar en wanneer jy kan stil word om te lees of brei, dagboek te hou. Hierdie vredige oomblikke vorm die middelpunt van die hygge leefstyl.
  • Hygge aktiwiteite: Ruim gesinstyd in vir bordspeletjies of om jou gunteling fliek te kyk. Maak tyd om heilsame maaltye te kook, soos ‘n lekker bredie of sop. Natuurlik is dit dan die tyd om te teug aan heerlike warmmaakdrankies soos warm sjokolade en chia-melktee. Rooibos met sy natuurlike ryk aardse geur is ideaal om warmte en ‘n goedvoel-effek te skep.

Rooibos chai-melktee

Ek gee jul die basiese resep wat die SA Rooibos Council aan my verskaf het, maar dis eintlik doodmaklik om sommer van Carmien se chai-rooibostees te gebruik waar hierdie geure reeds gemeng is: Jy kan kies – daar is Carmien rooibos chai espresso (‘n los teemengsel) waarmee jy ‘n geurige espresso kan brou – teepotte met ‘n siffie in werk ook goed – of andersins kan jy die Carmien FOCUS rooibosteesakkies gebruik wat masala chai en ook borrie bevat, en dan is daar natuurlik ook die Carmien Citrus Chai, ‘n piramiedsakkie wat ‘n tikkie sitrussmake ook by het. Dan is dit nie eers nodig om al die speserye bymekaar te maak nie; brou net die tee en daar gaan jy.

Kyk hier

  1. 1 liter (4 c) water
  2. 4 rooibos-teesakkies (sien Carmien se opsies)
  3. 1 kaneelstokkie
  4. 4 heel naeltjies
  5. 2 steranys
  6. 4 cardamompeule, gekneus
  7. 1 stukkie vars gemmer, sowat 1 cm, in skyfies gesny
  8. 500 ml (2 c) melk
  9. 30 ml (2 tbsp) heuning

  • Bring die water tot kookpunt in ‘n kastrol.
  • Voeg die rooibossakkies en speserye by.
  • Verlaag die hitte en laat prut 10 minute.
  • Voeg die melk en heuning by en verhit tot warm (moenie laat kook nie).
  • Giet in bekers en geniet.

Rooibos warm sjokolade

Carmien het ‘n klaargemengde Rooibos drinking chocolate bestaande uit rooibos, kakao, egte stukkies donker sjokolade saam met bietjie suiker en Kalahari-sout. Al wat jy hoef by te voeg is kookwater. Lekker maklik.

  • 500 ml (2 c) sterkgebroude rooibos, gebruik so 3 sakkies
  • 500 ml (2 c) melk
  • 125 ml (½ c) donker sjokoladestukkies of opgekapte sjokolade
  • 15 ml (1 tbsp) kakao
  • 15 ml (1 tbsp) suiker of versoeter
  • 5 ml (1 tsp) vanieljegeursel
  • Geklopte room en kaneel vir afronding

  1. Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en verhit terwyl jy aanhoudend roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt is.
  2. Giet in bekers en rond af met geklopte room en ‘n strooisel kaneel indien verkies.

Inligting, resepte en foto’s verskaf deur die SA Rooibos Council.

Melksnysels – pure nostalgie

Melksnysels; slinger om die spoel, soos die ouer garde dit genoem het, of soos my ma baie keer daarna verwys het: spätzle, om ons opnuut weer aan ons Hollandse afkoms te herinner, proe pure nostalgie. Op ‘n reënerige dag was dit baie keer aandkos. (Ma het nie gehou van pannekoek bak nie, eerstens was dit te tydrowend en tweedens was daar net te veel flops vir haar wiskundige brein om te verwerk). Ek onthou hoe sy die deeg in skoenveterdun repies gesny het, nogal met ‘n Minora-lemmetjie wat sy spesiaal eenkant in die spens gehou het! (was vir seker voor die tyd van Victorinox-messies).

In die middel van die plaaskombuis het ‘n skoongeskropte houttafel gestaan met ‘n brandmerk op die kant wat ‘n primusstofie eens op ‘n tyd daar gelaat het (dink my pa wou koffiewater kook). Die het sy lighands dik besaai met meel uit die nerfaf kolletjiesblik. Die deeg is vinnig aangemaak en daarna dun-dun uitgerol en opgerol in ‘n rolletjie. Dan het die snyery begin. Nadat sy so ‘n klompie gesny het, is hulle goed deur die kombuistafelmeel gevee en vanmekaar losgefrummel om fyn snyseltjies te maak wat dan netjies toegegooi is met ‘n kombuisvadoek. Op die stoof het die melk begin borrel. Die snyseltjies is handjie-vir-handjie in die melk ingeroer en dan stadig gekook tot hulle deurgaar was. Die eiers is vinnig deurgeroer en dan was dit opskeptyd. Elkeen het sy bakkie gekry, dik bestrooi met kaneelsuiker. Ons het dit klein lepeltjies-vir-lepeltjie geëet, bang dat die lekkerte sou opraak. Deesdae brou ek ook baie keer vir ons ‘n rooibos chai espresso (te kry by Carmién) wat ek dan by die melk ingooi om ekstra geurigheid daaraan te verskaf. Die tikkie chai-geure is onmenslik lekker daarby en dit bring soveel goeie herinneringe terug.

Rooibos chai espresso melksnysels Genoeg vir 4 mense Bereiding: 30 min Gaarmaaktyd: 15 min

  • 60 ml (1/4 k) Carmién rooibos chai espresso
  • 500 ml (2 k) kookwater
  • 200 ml koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 2,5 ml (1/2 t) sout
  • 1,5 liter (6 k) volroommelk
  • ekstra koekmeel vir oorstrooi
  • 2 eiers
  • 60 ml (1/4 k) suiker
  • 5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
  • Kaneelsuiker vir oorsprinkel
  1. Gebruik ‘n teepot met ‘n siffie en giet die rooibos-espresso in die siffie.
  2. Giet die kookwater stadig oor en laat staan tot nodig.
  3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  4. Voeg ‘n bietjie van die melk by om ‘n stywe deeg te vorm. Meng goed en knie liggies tot die deeg effe glad is, nie lank nie.
  5. Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
  6. Strooi ruimskoots meel oor die deeg.
  7. Rol die deeg in ‘n rol op, begin aan die lang kant en sny die rol in baie repies.
  8. Strooi baie meel oor die snysels en vroetel dit liggies met jou vingers los. Hou eenkant tot benodig.
  9. Giet die melk in ‘n groot kastrol en voeg die tee by die melk in die kastrol. Verhit tot net by kookpunt.
  10. Sprinkel die snysels in sonder om die meel af te skud.
  11. Verlaag hitte en roerkook sowat 10 minute.
  12. Klits die eiers en suiker saam tot lig en vou by die mengsel in.
  13. Laat net weer opkook.
  14. Skep in bakkies en sit voor met ‘n strooisel kaneelsuiker.

Ontbyt oppie stoep

As Weskusbewoners maak ons elke oggend tyd vir ‘n ordentlike ontbyt en dit sluit altyd eiers in een of ander gedaante in.

Noudat ons Weskusbewoners is en my huis ook nou my werkplek is, maak ons elke oggend tyd vir ontbyt, somtyds net ietsie vinnig saam met ‘n heerlike pot tee. Ander kere dek ons op die stoep en geniet ‘n luilekker ete wat van vrugteslaai met tuisgemaakte granola, roosterbrood of somtyds selfs ‘n varsgebakte broodjie of skons insluit saam met varsgebroude koffie. Maar of dit nou ‘n vinnige of ordentlike ete is, eier is altyd in een of ander gedaante op die spyskaart.

Meestal heerlike romerige roereier saam met gebraaide sampioene, ander kere ‘n lekker frittata of omelet wat my man opgetower het met dit wat hy alles uit die yskas kon opdien om as vulselbestanddele te dien. Maar ek het ook onlangs ‘n resep vir ‘n eierwrap opgespoor op die Eierraad se webtuiste. Veral geskik vir diegene wat minder koolhidrate wil eet. Eiers bly een van die beste stapelvoedselkosse wat mens kan kry. Hul veelsydigheid en voedsaamheid ken geen perke nie – sien sommer ook die lysie van al hul hoedanighede en geniet met ‘n geruste hart ‘n eiertjie per dag.

Egg wrap
Serves 2
Preparation time: 10 minutes
Cooking time: 5 minutes
Total time: 15 minutes

  • 3 large eggs, at room temperature
  • Pinch of sea salt & white pepper
  • 2 tablespoons/30 ml cold filtered water
  • 10 ml olive oil or non-stick cooking spray Fillings of your choice
  • Baby spinach
  • Grated carrot
  • Grated beetroot
  • Chopped ham
  • Cherry tomatoes
  • Chopped avocado
  • Grated cheddar or cubed mozzarella

Method:

  • To make the wrap, whisk the eggs with the seasoning and water until very well combined. Allow to stand for 2 minutes if frothy.
  • Grease a 22 cm non-stick pan and pour in a quarter of the egg mixture to form a thin layer in the pan, gently coating the pan to spread the mixture around the pan as you would an omelette. Cook over medium heat for approximately 2 minutes until cooked, flip over and cook for a further minute, remove and cook the remaining mixture.
  • To serve; fill the egg wrap by placing the fillings of your choice down the centre of the omelette, roll up and cut in half to serve.

Looking to curb hunger and stay energised throughout the day? Look no further than the egg, a kitchen staple and family favourite. Eggs are a powerhouse of nutrition packed into a small shell: a good source of high-quality protein, healthy fats, and a variety of vitamins and minerals. This combination of eggy goodness helps keep you feeling full and satisfied longer after eating, making eggs an ideal choice for those looking to curb hunger and keep energy levels in check throughout the day.

Here are five reasons why you should focus on eggs for fullness:

  • Protein Power: Eggs are high in 7 g of protein per egg. Protein is a food group known for its power to keep you feeling full. Proteins are more satiating than carbs or fats and help maintain muscle mass.
  • Fat Fact: The healthy fats found in eggs, known as monounsaturated fats, add to a feeling of fullness, slowing down the digestion process which keeps your gut and brain satisfied after eating.
  • Light on Energy, Big on Nutrients: Despite being nutrient-dense, eggs are relatively low in energy – a double win for a satisfying food choice. Consuming foods that are low in energy yet high in nutrients, such as eggs, can help you feel fuller without overdoing it in terms of kilojoules.
  • Nourishing Nutrients: Eggs are packed with essential vitamins and minerals, including vitamin D, vitamin B12, selenium, choline, and phosphorus, among others. These nutrients play various roles in metabolic processes in the body and our overall health, which may indirectly contribute to satiety and appetite regulation.
  • Take it Slow: When eaten alongside other food groups, like carbohydrates, this unique combination of protein, fat, and nutrients in eggs slows down the digestion and absorption of glucose from the gut into the bloodstream. This helps stabilise our blood sugar levels and prevents rapid spikes and crashes, a trigger that could lead to feelings of hunger shortly after eating.

Like EGGcellentFood on Facebook and follow us on Instagram eggcellentfoodsa, for further information and recipes visit www.sapoultry.co.za.

Smul aan spinasie

Ek hou van spinasie, sommer baie. Nie net maak dit heerlike sop of souttert nie, dis net so lekker toegevou in ‘n degie. Dink spanakopita. Hier wys ek ‘n vinnige en maklike alternatief vir ‘n heerlike happie van spinasie in filodeeg toegerol.

Spinasie maak jou nie net sterk nie, dis ook superkos vir jou brein. Dit bevat onder andere baie yster wat essensieel is vir die bloedselle om suurstof in die liggaam te vervoer.

Net so is Carmien se splinternuwe BRAIN TEA, wat ginkgo biloba bevat, een van die oudste kruiemiddels wat bekend is om breingesondheid aan te help, ook onlangs bekendgestel. ‘n Koppie daarvan saam met ‘n spinasiehappie, gaan jou sommer supergefokus hou.

SPINASIE-FILOHAPPIES
Maak 12 happies
Bereiding: 20 min
Baktyd: 10 min

  • 3 stingeluie, gekap
  • olie
  • 300 g spinasie, goed afgewas en fyngesny
  • 3 – 4 huisies knoffel
  • 100 g botter, gesmelt
  • Handvol gekapte pietersielie
  • 2 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 5 velle filodeeg
  • 250 ml (1 k) gerasperde Cheddarkaas
  • Sesamsaadjies vir bo-oor sprinkel
  1. Braai die stingeluie in bietjie verhitte olie tot sag. Voeg die spinasie by en verhit tot verwelk.
  2. Rasper die ongeskilde bol knoffel fyn bo-oor die pan – rasper sowat 3—4 huisies fyn. Hou eenkant om af te koel.
  3. Plaas ‘n vel filodeeg op ‘n skoon oppervlak.
  4. Meng die botter, pietersielie en knoffel. Verf oor die vel filodeeg en plaas ‘n volgende vel deeg bo-op. Herhaal met al die velle deeg (hou bietjie botter oor).
  5. Skep die spinasiemengsel teen die lang kant van die filodeeg.
  6. Sprinkel kaas oor die res van die deeg.
  7. Rol die deeg stewig op, verf weer gesmelte botter oor en sprinkel sesamsaad bo-oor.
  8. Sny in skyfies van sowat 1,5 cm dik.
  9. Pak die skyfies in ‘n enkellaag in die bak van die Airfryer.
  10. Bak by 190°C vir sowat 10 min of tot die filorolletjies mooi goudbruin is. Sit louwarm voor.

Supermaklike maaskaasbrood

As jy nes ek, mal is oor brood, maar bietjie probeer wegskram van gluten en baie koolhidrate is, is hierdie maaskaas-hawermoutbrood ‘n heerlike alternatief waaraan jy maar sonder skuldgevoel ‘n snytjie of twee kan geniet. Boonop bevat dit lekker baie proteïene en vesel en is ook supermaklik en eenvoudig om te maak – net meng en bak, geen knieëry nie. Ek doen sommer ook die bakwerk in die lugbraaier.

Maaskaas-hawermoutbrood

Alhoewel hawermout nou nie juis getel word as ‘n lae koolhidraat bestanddeel nie (1 koppie bevat 40 g koolhidrate), is dit nie die hoofbestanddeel in hierdie brood nie. Die maaskaas saam met die sade en eiers asook die hawermout wat self baie proteïene bevat (16,9 g per 100 g) maak daarvan eerder ‘n proteïenryke brood met ook baie vesel. Hawermout opsigself is glutenvry, maar omdat dit meestal in meulens verwerk word waar koring gemaal word, kan dit nie as heeltemal glutenvry beskou word nie – As jy dus gluten intolerant is, soek vir glutenvrye hawermout. Die olyfolie en sade verskaf goeie onversadigde vette. Die broodjie het ek in die airfryer getoets met een houer gladde en een houer korrelmaaskaas, maar ek verkies dat dit net gladde maaskaas is wat heeltemal inmeng by die res van die bestanddele.

Maak 1 medium broodjie
Bereiding: 10 min
Baktyd: 35 min

500 ml (2 k) hawermout
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
160 ml (2/3 k) gemengde sade (vlassaad, lynsaad, sesamsaad, pampoensaad en sonneblomsaad)
3-4 eiers 30 ml
(2 e) ekstra-suiwer olyfolie
500 ml (2 k) gladde maaskaas
Sade en hawermout vir oorsprinkel

Voorverhit die lugbraaier tot 190°C. Plaas ‘n vel lugbraaier-papier op die plaat van die lugbraaier.

  1. Meng die hawermout, bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak. Voeg die sade by en meng weer goed.
  2. Klits die eiers in ‘n ander bak, voeg die olyfolie en maaskaas by en klits tot goed gemeng.
  3. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng liggies tot deeglik gemeng. Moenie oormeng nie.
  4. Plaas op die papier en vorm ‘n ovaalbroodjie, die grootte wat in ‘n lugbraaier sal pas.
  5. Sprinkel hawermout en sade bo-oor.
  6. Plaas die plaat van die lugbraaier in die laaitjie en sit die broodjie bo-op. Bak 30 minute lank tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die broodjie kom, bedek met tinfoelie halfpad deur die baktyd indien die broodjie te donker bak.
  7. Verwyder die broodjie uit die lugbraaier, draai om met die onderkant na bo en bak vir ‘n verdere 5 minute of tot die onderkant drooggebak is.
  8. Geniet louwarm saam met botter of avokado. Net so lekker om te rooster.

Familiekuiers

‘n Gesellige kuier saam met jou naastes bly maar altyd ‘n spesiale ervaring, veral as ‘n mens die voorreg het om dit nog met jou ma te kan deel. Ons het die allerheerlikste Sondagmiddag-eetervaring by die oulike eetplekkie, die Kleinvlei Bistro & Wine Stoep in Bokkomlaan, Velddrif, geniet.

Dit het heel toevallig so uitgewerk dat ek en my sibbes deesdae heelwat tyd inruim om ‘n bietjie meer saam te kuier. Meestal kan dit nou nie ons al vyf stuks wees nie, maar die wat kan, val in. Ek en Lodewyk moes laasnaweek uitmis op ‘n lekker kuier by my kleinsus op hul Karooplaas buite Graaff-Reinet, maar die besonderse eetervaring saam met my ma, tweelingsus en jongste broer aan Bokkomlaan in Velddrif se nuutste eetfonds, die Kleinvlei Bistro & Wine Stoep, het meer as genoeg opgemaak daarvoor.

Kleinvlei Bistro & Wine Stoep was deel van die nuutste In die Sop-oormaak-TV-program op KykNet waar Bertus Basson en Misi Overturf restaurante help regruk met ‘n nuwe spyskaart en dekor-opknap. En wat ‘n gem is hierdie klein familiebesigheid in vissershuis nr. 11 daar teen die waters van die Bergrivier nou nie! Velddrif is effe toegemis, maar ons word gul ontvang met ‘n tafel knus gedek langs die kaggelvuur naas die besonderse voëllewe-muurskildery in die hoek.

Die spyskaart klein en gefokus met peuselgoed en deelborde; die geregte eie aan die omgewing maar keurig vernuwe met heerlike vars geure, dink ‘n bietjie Yotam Ottolenghi-styl. Die wynlys, ‘n uitsoek-seleksie wyne meestal vanuit die omgewing wat ook ‘n goeie verskeidenheid Piekenierskloof-wyne insluit!

Vir die afskop kies ons vars oesters, focaccia-brood met plaaslike Kokerboom-kase en ‘n smullekker snoekkaaskoek. Daarna besluit ons nege stuks om elkeen ‘n hoofdis te kies en dan verskeie ander disse vir die tafel. Ons keuses val op geroosterde kruisskyf met chermoula; lamsribbetjie met kapokbos, murgpampoentjies met dukkah oorgesprinkel; mossels in ‘n Kaaps-Maleise klapperroomsous; harders ‘en papilote” en ceviche met labneh, salsa en avokado. Vir die tafel val ons keuse op gerookte snoek-viskoekies met lemoengeglasuurde patats; broccoli op labneh met gemmer en sojasous, aartappelskyfies met aioli asook heerbone met wortels, spinasie en tamatie. Ons smul en verlekker ons aan al die geure en teksture wat so goed praat met mekaar.

‘n Plekkie waarheen ‘n mens weer en weer kan terugkom om al die lekker en mooi te geniet!

Ter afsluiting verkas ons na die Columbine-koffie roastery langsaan vir ‘n wegneem-koffie en snytjie koek!

Ek gaan later in meer detail vertel oor Kleinvlei, maar vir eers is hier ‘n lusmaker-resep vir die geroosterde kruisskyf met chermoula.

GEROOSTERDE KRUISSKYF MET CHERMOULA
Die geurige vars kruiesous is heerlik oor gebraaide steak. Die mans was veral gek daarna.

1 kruisskyf per persoon
CHERMOULA
250 ml (1 k) vars pietersielie
250 ml (1 k) vars koljanderblare
4 knoffelhuisies, skoongemaak
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) droë rooipepervlokkies
2,5 ml (1/2 t) paprika
2,5 ml (1/2 t) fyn gemmer
Kosjier-sout na smaak
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
Ekstra suiwer olyfolie

  1. Braai die kruisskyf tot die gaarheidsgraad van jou keuse. Sny op in dun skyfies en pak op ‘n bord.
  2. CHERMOULA: Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n voedselverwerker en kap goed fyn. Voeg genoegsaam olyfolie by om ‘n effe loperige sousie te vorm.
  3. Streep die chermoula ruimskoots oor die gesnyde skywe kruisskyf en sit voor.

Weskus-winters

Wintertyd is die lekkerte tyd teen die Weskus met die mooiste sonsondergange, windstil meestal sonnige dae met groenigheid oral en die flaminke wat in bondels staan op die eilande. Boonop loop die snoek en tyd om die Weskusspesialiteit op die kole te gooi.

Toe ons nog in die Kaap gebly het, het ons meestal wintertyd binneland toe verkas, want die Kaap was net te koud en nat en triestig. Maar nou dat ons teen die Weskus woon, is dit eintlik nie meer nodig nie, want die dae is mooi en sonnig met reën wat meestal maar aan die skaars kant is. Die mis wat gereeld oorkom van die see se kant, sorg dat die veld tog te mooi groen skyn en ons vetplanttuintjie met plante wat hier aard, amper uitspattig groei en hul pragtige winterskleed met spatsels oranjerooi, ligte pers, bietjie geel, effe gedemp maar tog te mooi vertoon, in afwagting vir die lente-kleurspel wat binnekort in volle blom die omgewing poskaartmooi gaan tooi.

Ons manier van doen pas dan ook bietjie aan met die lagoon wat ons vir ‘n wyle verruil vir luilekker rit deur die Weskuspark of sommer net om Jacobsbaai se egte Weskusmooi te gaan geniet. Dis dan wat ons namiddae die Jimney pak met ‘n pieknieksak en een of meer voëlskuiling aandoen. Vredig en verkwikkend, mens verbeel jou amper jy het nie daardie kilometers en kilometers se ry nodig om net bietjie tot verhaal te kom in die een of ander wiltuin nie, alhoewel daai bly maar ons nommer een.

Vriend Abraham, wat koning is van visbraai, braai snoek oor die kole wyl ons rugby kyk Saterdagaand en tydens ‘n vinnige Sondagfamiliekuier op die agterste stoep maak ek egte winterkos saam met die braai: koolslaai-tartaar en patat-en-botterskorsie met ‘n Oosterse smakie (die resepte vir laasgenoemde het ek onlangs gedoen vir ‘n storie in Huisgenoot oor bykosse by die braai. (sien die uitgawe van 27 Junie om die resepte daar te kry).

Hier plaas ek die resep vir snoek soos ons dit meestal doen. Die gedagte van die neute bo-oor strooi, het ek by die kosfoendi, Christine Capendale, wat voorheen ook op Langebaan woonagtig was, gekry. Jy kan die vis ook oor die kole gaarmaak en dan net heel laaste die neute oorsprinkel net voor jy dit voorsit. Ek gee ook ‘n resep vir engelvis (ons kry dit nogals hier teen die Weskus te koop) met ‘n heerlike braaisous wat ek nog by Isabella Niehaus gekry het. Geniet die Weskus!

SNOEK MET PEKANNEURKORS

Ek het grootgeword met snoek oor die kole, trouens dit was al vis wat ons ooit gebraai het, en my pa was ‘n meester daarvan. As die snoeksmous omgekom het op die plaas met ingesoute snoek, het hy altyd ‘n paar mooies eenkant gehou vir braai en niemand moes peuter as hy doenig was voor die vuur nie. Woolies se snoek wat so liggies gerook is, is ook vir my wonderkos, net so is ek ook mos gek na neute. Kombineer die twee en jy het kos vir ‘n koningstafel.

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 10 min
Gaarmaak: 20 min

1 medium snoek, gevlek (kan effe gerook wees indien verkies)
Sout en peper
5 ml (1 t ) mosterdpoeier of Chinese 5-speserypoeier of visspeserye
80-125 ml (80-1/2 k) botter, gesmelt
4 knoffelhuisies, gekneus
Sap en skil van 2 suurlemoene
160 ml (2/3 k) gekapte pekanneute
125 ml (1/2 k) gekapte koljander of pietersielie
VOORSIT
Vinnige perske-blatjang (sien resep)

1 Geur die snoek aan die vleiskant met sout en peper en speserye.
2 Meng die botter, knoffel en suurlemoensap en –skil.
3 Plaas die vis met die velkant na onder op ‘n gesmeerde bakplaat.
4 Smeer die vis goed met van die bottermengsel en oondbraai 10 minute by 190°C.
5 Smeer die res van die bottermengsel oor, sprinkel helfte van die neute en kruie oor en bak ‘n verdere 10 minute of tot die vis net gaar is en maklik vlok met ‘n vurk.
6 Sprinkel die res van die kruie en neute oor en sit voor met die perske-blatjang.

VINNIGE BLATJANG

Soteer 1 gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies in olie tot sag, sprinkel 7 ml (11/2 t) suiker oor en braai tot gekarameliseer. Roer 15 ml (1 e) druiwe-asyn en 4 gesnyde nektariens of pruime by en verhit tot die vrugte effe sag, maar nie stukkend gekook is nie.

ENGELVIS MET KNOFFEL-SOJASOUS

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 10—12 min

KNOFFEL-SOJA-MARINADE
2 heel knoffelbolle
250 ml (1 k) suurlemoensap
250 ml (1 k) sojasous
250 ml (1 k) olyfolie
VIS
1—2 engelvisse of ‘n geelstert
Paar skeppe natuurlike jogurt

1 Rasper die knoffelbolle aan die growwe kant van die rasper sodat die skil agterbly. Voeg die suurlemoensap, sojasous en olyfolie by.
2 Marineer die vis 1 uur lank daarin.
3 Verwyder die vis uit die marinade en hou die marinade eenkant.
4 Plaas die vis in ‘n toeklaprooster en braak 10—12 minute met die vel na onder tot die vleis net-net wil verkleur. Verf dikwels met die marinade. Draai om en braai die vleiskant 2—3 sekondes of tot net bruin.
5 Kook intussen die oorskietmarinade af tot geurig en roer ‘n paar skeppe natuurlike jogurt deur en sit saam met die vis voor.

Avokado lekkerte

Avokado is nie net lekker op roosterbrood, in slaai of op pizza nie, dis selfs ideaal om te gebruik in soetgoed – ek probeer dit in sjokoladekoek en in mousse.

Ek kan net nie genoeg kry van avokado’s nie – heerlik op ‘n roosterbrood; vir my die perfekte afronding vir van slaai tot pizza en Mexikaanse disse met salsas en guacamole wat net so heerlik is saam met skyfies geroosterde tortillas, mielietjippies of selfs ryskoekies. Ander het lankal reeds, maar nou het ook ontdek hoe lekker dit in soetgoed is. Dit het ‘n neutrale smaak, maar verleen ‘n ryk romerigheid, so mens kan maar bietjie afkap op die botter en so.

Ek het ‘n resep of wat van die South African Avocado Growers’ Association nadergeskraap en sjokolademousse tot sjokoladekoek kry nou sy skoot avokado in. Gaan kyk op SAAGA se webtuiste vir meer inligting oor die goedheid van avokado asook die verskillende soorte avokado.

In ‘n neutedop kan ek noem dat avokado’s gesonde vette bevat wat goed is vir hartgesondeheid en bloeddruk en ook cholesterolvry is een ook lekker baie vesel in het. So ideaal om in te sluit as jy lekker en gesonder wil eet.

Wenk: Mens kry groenskil sowel as donkerskil avokado’s. Groenskil avokado’s se skil bly groen as dit ryp is, maar donkerskil avokado’s se skil verkleur na ‘n donkerpers.

SJOKOLADE AVO-KOEK

Hierdie is my geliefde sjokoladekoek, wat nou net lekkerder word met die byvoeging van avokado – agv die romerigheid wat die avokado verleen, word die oorspronklike hoeveelheid olie gehalveer. Die lekkerste is dat jy nou die versiersel ook met avokado kan maak! En boonop kry jy al die ekstra goedheid wat avokado’s verleen, ook sommer met ‘n happie koek in! Kan net nie lekkerder nie.

Genoeg vir 8 mense (enkellaagkoek)
Bereiding: 25 minute
Gaarmaak: 50 minute

375 ml (1½ k) koekmeel
45 ml (3 e) kakao
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
Knippie sout
250 ml (1 k) bruinsuiker (ek gebruik selfs minder, sowat 180 ml)
45 ml (3 e) olie (ek verkies canola)
1 ryp avokado, fyngedruk
250 ml (1 k) louwarm water (ek gebruik graag van Carmién se rooibostee hier om ekstra goedheid en ander geure in te bring: dink very berry of selfs Turkish Delight)
15 ml (1 e) appelasyn
7.5 ml (½ e) vanieljegeursel
VERSIERSEL
2 avokado’s, fyngedruk
60 ml (¼ k) kakao
80 ml (⅓ k) esdoringgegeurde gouestroop
5 ml (1 t) vanieljegeursel
knippie sout

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n 20 cm koekpan en voer die bodem uit met bakpapier.
1 Sif die droë bestanddele saam en voeg ook die suiker by. Meng.
2 Klits die olie, fyngedrukte avokado en vanieljegeursel goed saam met ‘n staafmenger tot geemulsifiseer. Roer by die droëbestanddele tot net gemeng. Skep in die voorbereide pan.
3 Bak 25 minute, verlaag temperatuur na 160°C en bak vir ‘n verdere 25 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Koel af in die pan.
4 VERSIERSEL Klits al die bestanddele met ‘n staafmenger tot goed gemeng en glad. Keer die koek uit en smeer die versiersel bo-oor. Stuif kakao oor indien verkies.

Wenk: Vir ‘n dubbellaagkoek (soos op die foto): verdubbel die resep en bak in 2 koekpanne, smeer ‘n derde van die versiersel (ook dubbel die resep) oor die onderste koeklaag, plaas die ander koeklaag bo-op en smeer die res van die versiersel bo-oor.

AVOCADO SJOKOLADE MOUSSE

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 10 minute
Gaarmaak: 15 min

250 g goeie kwaliteit donker sjokolade, gekap
2 groot ryp avokado’s, gehalveer en ontpit
120 ml melk (of minder)
1-2 eetlepes heuning (opsioneel)
GARNERING
Vars bessies
Gerasperde donker sjokolade

1 Plaas die sjokolade in ‘n vuurvaste bakkie en mikorogolf op medium vir sowat 30 sekondes, roer elke 30 sekondes tot gesmelt.
2 Skep die avokadovleis in ‘n voedselverwerker, voeg driekwart van die melk by en verwerk tot glad.
3 Voeg die sjokolade en heuning (indien verkies) by en verwerk tot goed gemeng.
4 Skraap die kante af en voeg meer melk by indien nodig, verwerk tot verlangde konsistensie. (dit sal verdik soos dit staan).
5 Skep in bakkies en garneer met vars bessies en sjokolade.

Wenk: Alhoewel die mousse goed sal bly vir 3-4 dae, is dit die lekkerste om dit varsgemaak te geniet.

Goedheid vir jou gut – rooibos en jogurt

Rooibos se ster skitter net al hoe helderder – nie net wil almal deesdae ‘n tikkie rooibos aan hul bas dra nie, maar dis ook ‘n bewese feit dat dit goed is vir jou gut, ‘n gewilde onderwerp wat almal deesdae aan die praat het. In ‘n onlangse artikel op Netwerk24: Dermgesondheid: rooibos en jogurt, skryf Denique Smith dat onlangse studies aangetoon het dat veral rooibos en jogurt verskeie aspekte van dermgesondheid en vertering kan verbeter, terwyl dit inflammasie en ongemak verlig. Carmién, bekend vir hul innoverende idees, het ook nou ‘n Gut-tee op die mark, wat prebiotics bevat wat hitte bestand is.

Goeie dermgesondheid is deesdae ‘n gewilde onderwerp en heelwat inligting daaroor het onlangs die lig gesien. Ook tereg so, want diegene wat dieetaanpassings gedoen het om hul dermgesondheid te bevorder, kan getuig van merkwaardige veranderinge in hul gesondheid.

Volgens Dr Hanel Sadi-Van Gijsen, ‘n senior navorser by die Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika in die afdeling Mediese fisiologie aan die Universiteit van Stellenbosch is rooibos tradisioneel gebruik om ‘n verskeidenheid maag- en dermkwale te behandel, maar dit was tot onlangs nooit wetenskaplik bewys nie. Navorsing by verskeie universiteite, ook internasionaal asook wat deur die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gedoen is, is bevind dat rooibos ‘n verskeidenheid aksies in die derm uitoefen wat nie net vertering aanhelp nie, maar ook algehele gesondheid verbeter en met siektebestuur help.

“’n Gesonde dermikrobioom (‘n versamelnaam vir alle mikro-organismes wat in ons kolon woon) help ons om voedingstowwe doeltreffend uit ons kos te onttrek, dit help met immuniteit, ondersteun dermversperringsfunskie, verminder dermontsteking, verbeter metaboliese funksie en beskerm selfs breingesondheid.”

Rooibos wat ryk is aan polifenol, het ‘n bewese prebiotiese effek wat die groei van voordelige dermbakterieë ondersteun, terwyl die dermbalans herstel en behou word. Polifenol in rooibos het die dubbele voordeel deurdat dit die groei van skakelike dermbakterieë inhibeer, maar ook die groei van voordelige dermbakterieë stimuleer. Dit kan ook inflammasie verminder en dus die risiko van siekte verlaag. Daarby het rooibos ook die voordeel dat dit die opname van glukose deur die ingewande belemmer en sodoende help met bloedglukosebeheer.

Nog ‘n produk waarvoor ek baie lief is en wat ook help met gutgesondheid, is jogurt. Met die maak van jogurt word die laktose in die melk tydens fermentasie in melksuur afgebreek. Dit verminder die laktose-inhoud van die jogurt en beteken dat diegene wat selfs laktose intolerant is, met veiligheid jogurt kan inneem.

Die gereelde inname van jogurt kan ‘n verskil maak in die verhoging van mikrobiese diversiteit en die vermindering van chroniese inflammasie wat ‘n verreikende uitwerking op die liggaam in die algemeen asook op jou geestelike welstand kan hê. Studies toon ook aan dat die gereelde inname van jogurt die risiko van vetsug, tipe 2 diabetes, hipertensie en kardiovaskulêre siektes kan verlaag.

Carmién, wat bekend is vir hul innoverende idees en aan die voorpunt is met die uitbring van nuwe tees, het natuurlik ook onlangs hul eie Gut-tee bekend gestel. Dit het ‘n groentee-basis en bevat vinkel, spearmint, sigoreiwortel, inulin asook probiotics wat hitte bestand is. So buiten vir die gutgoedheid wat rooibos reeds verskaf bevat dit nog ekstra bestanddele wat die gut ‘n verdere hupstoot gee.

In my huis word beide rooibos en jogurt weekliks sommer in groot maat verbruik. Ek’s nooit sonder ‘n pot rooibos wat êrens staan en trek nie, en soos ek kosmaak, kry van sop tot bredies of maalvleis, sommer so tussendeur ‘n goeie skoot rooigoud in.

As ek sop maak, wat gereeld beide winter en somertyd op tafel verskyn, maak ek deesdae die aftreksel met ‘n kombinasie van Carmién se heerlike verskeidenheid rooibostees. Vir ‘n speseryerige, soeterige sop, bv soos botterskorsiesop sal ek rooi rooibos verkies, dink Focus met sy heerlike kombinasie speserye, maar so iets soos bv spinasiesop, vra ‘n tee met ‘n groen rooibosbasis soos die Revive, ‘n tee uit die wellnessreeks en met brandrissie en gemmer by die groentee ingemeng. Ons geniet natuurlik boegoe en Carmién se Rescue, ook uit die wellnessreeks se boegoesmaak is nie te oordonderend nie. So ‘n sakkie of wat saam met die Revive is lekker hierby. Die nuwe Gut-tee, veral met sy vinkel- en effense spearmintsmakie, is natuurlik net so ‘n wenner om hier te gebruik.

SPINASIE-JOGURTSOP

Ek is mal oor spinasie en in hierdie sop is alles waarvan ek hou – tot bloukaas, maar jy kan ook cheddarkaas gebruik.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.

SOP
2 uie, gesny
2 preie (andersins ui), gesny
olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
800 g babaspinasie of Swiss chard, die wit steelgedeelte uitgesny en dan fyngesny
1 liter Carmién rooibostee (gemaak met ‘n mengsel van 3 Revive en 3 Rescue of andersins 6 Gut)
100 g sterk verouderde Cheddarkaas, gerasper of andersins bloukaas
500 ml (2 k) romerige natuurlike jogurt
Bietjie basilie-olie (opsioneel)
Paar baba-spinasieblare vir garnering

1 Braai die ui en prei in ’n bietjie verhitte olie in ’n kastrol tot net sag. Voeg die knoffel by en roerbraai effens.
2 Plaas die spinasie in die pot en giet die teeaftreksel in, bedek en verhit sowat 15 min. of totdat die spinasie verwelk is. Laat effens afkoel.
3 Verwerk in ’n voedselverwerker tot glad.
4 Giet terug in die kastrol, voeg die kaas en jogurt by en verhit tot die kaas net gesmelt is.
5 Giet in bakkies en streep bietjie basilie-olie oor indien verkies. Rond af met ‘n paar baba-spinasieblare.

Al meer mans kies rooibos

Al meer mans verkies om deesdae aan ‘n koppie rooibos te teug as ontspanning na ‘n dag se harde werk; dit as opstaandrankie te geniet en ook om dit as hidreerder tydens oefening te drink. Saam met ‘n lekker beskuitjie kan dit mos net heerlik wees. Ek span Carmién se rooibostees sommer in om die beskuit ook mee te bak.

In ‘n onlangse nasionale opname onder Suid-Afrikaanse mans (gedoen in opdrag van die Suid-Afrikaanse Rooibosteeraad), is ‘n paar fasinerende gewoontes, oa hul drankie-voorkeure, uitgewys.

Alhoewel 46% mans steeds koffie met opstaantyd geniet, verkies 30% deesdae rooibos. Interressant is rooibos bo-aan die lys as dit kom by ‘n ontspanningsdrankie na werk waar 32% mans rooibos verkies; dan bier (19%) met 12% wat ‘n koppie koffie verkies.

Om werksspanning te help verlig, drink meeste mans steeds water (96%); 16% koffie en 11% rooibos. Tydens oefening verkies 67% steeds water, met rooibos die tweede gewildste en ander kruiedrankies derde. Sportdrankies en elektrolietdrankies was onderskeidelik vierde en vyfde.

Tydens sosiale byeenkomste is bier en rooibos gelyk as die voorkeurdrankie teen 47% met swart tee en siders ‘n kortkop agter. Smaak was die belangrikste oorweging as dit by die keuse van ’n drankie kom, met die geleentheid (47%) en gesondheidsvoordele (39%) ook belangrik geag.

Rooibos is veral ‘n sterk aanspraakmaker as dit by warm drankies kom waar 45% mans koffie verkies teenoor 42% wat rooibos kies. Slegs 5% kies swart tee en sjokoladedrankies. Interressant het slegs 5% gevoel dat rooibostee oorwegend ‘n vrouedrankie is.

Vir 60% van die mans was gesondheidsvoordele belangrik. Rooibos bied ‘n wye verskeidenheid gesondheidsvoordele: sy unieke kombinasie van antioksidante help om inflammasie te bekamp en spanning te verlig, dit ondersteun ook hartgesondheid deurdat dit help om bloeddruk en cholesterolvlakke te verbeter, dit help ook met spierherstelling en verminder spierspasmas, bevorder slaapkwaliteit, help om diabetes te bekamp en help ook met gewigsbestuur en verbeter spermkonsentrasie en funksionering.

Samevattend het die opname getoon dat rooibos ‘n veelsydige en gesonde drankkeuse onder Suid-Afrikaanse mans is.

NEUTE-VOLGRAANBESKUIT

In my huis word daar graag ‘n beskuitjie of twee vir opstaantyd genuttig, maar ook saans net voor slaaptyd is dit net so lekker saam met ‘n koppie rooibos. My man is deesdae die slaaptyd-rooibosteemaker. Hy gebruik ‘n verskeidenheid van die Carmién-tees wat ek gemaklik naby die ketel in ‘n opslaandeksel-broodblik bêre.

Carmién se Calm, ‘n rooi rooibos gemeng met ‘n fraksie CBD (THC vry) by met sy subtiele geure van grenadella en suurlemoenbalsem is baie keer ‘n goeie keuse om te ontspan. Ek het hierdie tee ook ingespan om ‘n heerlike neuterige beskuit te maak wat mens binne ‘n ommesientjie aanmekaar slaan en wat nie eens eiers of melk inkry nie.

Maak 60—80 beskuitjies
Bereiding 20 min
Baktyd: 50—60 min
Uitdroog: oornag

375 ml (1½ k) witbroodmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) volgraanmeel
250 ml (1 k) hawermout
160 ml (⅔ k) suiker
125 ml (½ k) sonneblomsaad
125 ml (½ k) pampoensade
250 ml (1 k) bosbessies
250 ml (1 k) gemengde neute, gekap
250 g klapperolie, gesmelt
375 ml (1½ k) louwarm Carmién Calm rooibos tea with CBD, passionflower & lemon balm, gemaak met 6 sakkies
15 ml (1 e) ongefilterde appelasyn

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n oondpan met kossproei.
1 Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot bak. Voeg die res van die droë bestanddele by en meng goed.
2 Meng die klapperolie, rooibostee en asyn saam.
3 Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep in die voorbereide pan en versprei eweredig in die pan.
4 Bak 50—60 minutee of totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
5 Laat effens afkoel in die pan en keer uit op ‘n draadrak. Laat heeltemal afkoel en sny dan in klein blokkies.
6 Pak in ‘n enkellaag op groot bakplate en droog uit by 90°C tot heeltemal droog. Bêre in ‘n lugdigte houer.
7 Sit voor saam met jou gunsteling koppie Carmién rooibostee.