Peusel peusel

By die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek op DeTolDeli aangebied het, is daar heerlik gekuier terwyl almal saam die spyse van die dag berei het. By aankoms het almal ‘n Rosé Sangria en verskeie Carmien Cold Brews geniet en hul verlustig aan ‘n geurige Persiese jogurtsop (laas week se resepte). Die tafel was ‘n bonte mengelmoes van Wonki- eetborde, ou beenhef-messegoed en onpaar servette met takkies loof en blare uit die tuin vir mooimaak in ou silwer.

Vir vooraf peusel aan tafel was daar ‘n glutenvrye hawermoutsaadbrood wat saam met ‘n geurige groentesalsa, voorgesit is. Piekenierskloof se vlagskipwyn, Grenache Noir met sy sweempie speseryegeure van komyn en anys het goed gepas by die bros saadbroodjie en gespeseryde salsa. Carmien se organiese natuurlike rooibostee het perfek gewerk as paletskoonmaker.

Na die hoofgereg van lamsblad met slaaie (volgende post) is die ete afgesluit met keurige klein dadelsjokoladeballetjies, mildadig gegeur met gemmer. Saam met PIekenierskloof se Grenache Blanc met sy sitrus aromas en sagte speserygeure saam met Carmien se Tropical Burst rooibostee met sy tropiese geurprofiel, was hierdie ‘n interressante, maar die perfekte drietal pasmaats.  

Ek beoog om nog kookklasse en demonstrasies aan te bied, so indien jy belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea,co,za

SAADBROOD

Dié saadbrood bevat min koolhidrate en geen koringmeel nie, maar wel hawermout en sorghummeel. Dis plat en kry ook geen rysmiddels in nie. Lekker saam met ‘n die groentesalsa.

Lewer 3 klein plat broodjies

Bereiding: 10 min

Staantyd: 20 min

Baktyd: 50 min

250 ml (1 k) sonneblomsaad

250 ml (1 k) pampoensade

125 ml (1/2 k) lynsaad

250 ml (1 k) hawermout

125 ml (½ k) sorghummeel

30 ml (2 e) chiasaad

45 ml (3 e) psylliumvesels

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker

45 ml (3 e) klapperolie

375 ml (11/2 k) flou Carmien groen rooibostee (2 sakkies getrek in koue water)

Voorverhit die oond tot 180˚C. Spuit 3 klein pannetjies baie goed met kossproei, voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.

1 Meng die sade, hawermout, sorghummeel en psylliumvesels en sout baie goed, maak seker dat die psylliumvesels goed deur die brood versprei is.

2 Meng die heuning of suiker, klapperolie en 125 ml (½ k) van die groen rooibostee. Verhit tot die suiker en klapperolie net gesmelt is. (moenie kook nie) Voeg res van tee by.

Voeg by die droë bestanddele en meng goed.

Druk vas in die voorbereide pan en bak 20 minute of die middelste oondrak.

Haal uit oond, keer brood uit en plaas onderstebo in die oond. Bak vir verdere 30 minute tot gaar – dis reg as dit hol klink as jy op die onderkant daarvan klop.

Laat heeltemal afkoel voor jy dit sny.

Hou vir 5 dae in ‘n lugdigte houer. Vries ook goed. Sit voor met salsa.

GROENTESALSA

Die sampioene word “gaar” in die sitrussap waarby ook allerhande ander lekkertes soos tamatie, avokado en mieliepitte ingemeng word, maw tipe cheviche.

GENOEG VIR 8 MENSE

Bereiding: 15 min.

Marineer: 30 min.

MARINADE

sap van 6 lemmetjies (3 suurlemoene) waarby 1 Carmien Revive-rooibosteesakkie gevoeg is (brandrissie en gemmer)

fyngerasperde skil van 1-2 lemmetjies

sout en peper

2,5 ml (½ t) komyn

2,5 ml (½ t) paprika

5 ml (1 t) fyngerasperde vars knoffel

GROENTE

625 ml (2½. k) bruin-en-knopiesampioene, in dun skyfies gesny

8-10 baba-Romatamaties, gehalveer

1 klein rooi en geel soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny

1 avokado, ontpit en in skyfies of blokkies gesny

1 middelslag-rooi-ui, geskil en gekap

125 ml (½ k) vars (rou) mieliepitte

125 ml (½ k) koljanderblare, gekap

1 MARINADE Meng al die bestanddele.

2 GROENTE Plaas al die groentebestanddele in ’n groot mengbak, giet die sous oor en meng goed.

3 Maak toe en verkoel sowat 30 min. in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Sit voor saam met die platbrode.

GEMMERDADELBOLLETJIES

Almal onthou kleindag se dadelbolletjies gemaak met die suikerbottersous waarby daar ook ‘n pak Mariebeskuitjies ingemeng is voordat die mengsel in klapper gerol is. Maar nou het ek hierdie gesonder weergawe bedink wat net so lekker smaak. Dadelbolletjies kan soveel variasies aanneem – voeg ‘n bietjie grondbonebotter en droëvrugte soos Turkse appelkose en bosbessies by en jy het heerlike energie-peuselkos waaraan jy kan weglê tydens of na ‘n oefensessie.

Net so, met ‘n goeie skoot gemmer in, is dit ‘n lekker soetdingetjie wat ek deesdae graag saam met tee of selfs koffie voorsit. Bowendien maak dit ook ‘n pragtige geskenkie wat jy mooi kan verpak

Maak 50 bolletjies

Bereiding: 20 min

500 g ontpitte dadels

1,25 ml (¼ t) koeksoda
125 ml (½ k) warm Carmien Focus-rooibostee (2—3 sakkies)

1 pakkie (200 g) suikervrye semelkoekies of 375 ml (11/2 k) hawermout, gerooster en effe fyner gekap

160 ml (⅔ k) kakao

250 ml (1 k) klapper

80 ml (⅓ k) klapperolie, gesmelt

30 ml (2 e) fyn gemmer

10 ml (2 t) vanieljegeursel

Klapper of kakao om in te rol

1 Plaas die dadels in ‘n glasbak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die warm tee oor en verhit 1 minuut in die mikrogolfoond. Laat afkoel.

2 Plaas die dadels saam met res van die bestanddele buiten die klapper of kakao om in te rol, in die voedselverwerker en maak goed fyn.

3 Skep 12,5 ml (1 dessertlepel) van die mengsel uit en rol in bolletjies. Rol die bolletjies in klapper of kakao.

4 Sit voor saam met tee of koffie na ete of verpak in mooi houer.

Wenk: Jy kan ook bietjie fyngekapte Turkse appelkose en bosbessies, selfs ‘n bietjie grondbonebotter of sade by die mengsel inmeng vir ‘n heerlike energieballetjie, maak die klapper dan net minder.

Geseënde Paasfees

Laas week sien ek die pragtige tafeldoek, Grace, wat my kosvriendin, Elmarie Berry op sosiale media geplaas het heel toevallig raak en terstond bestel ek een. Nie net is dit besonders mooi nie, maar die simboliek sprekend oor Paasfees tref my diep. Hier is haar beskrywing van alles wat op daardie tafeldoek gestileer is en die simboliek daar rondom. Laat dit spreek tot elkeen van ons hierdie Paasfees. Sy deel ook haar Paasresepte.

Bestel die tafeldoek by: elmarieberry.com/shop/

Foto’s: @beancollective

Stilering en resepte: @elmarieberry

Wyn: @ anthonirupertwines

DIE BYBELSE BELANG VAN PAASFEES & DIE HEILIGE TAFEL

Paasfees is meer as net ’n viering—dit is die hartklop van die Christelike geloof. Dit is die verhaal van verlossing, opoffering en oorweldigende liefde. In sy kern herinner Paasfees ons aan die grootste geskenk: Jesus Christus se opstanding en die belofte van nuwe lewe. Dit is ’n tyd om stil te raak en te besin, maar ook om bymekaar te kom, te juig, en hierdie blye boodskap met geliefdes te deel.

DIE TAFEL: ’N HEILIGE SAMEKOMS
Deur die Bybel sien ons dat die tafel ’n plek is van teenwoordigheid, voorsiening, en belofte. Jesus het gekies om ’n tafel te gebruik vir van Sy mees betekenisvolle oomblikke—niks meer betekenisvol as die Laaste Avondmaal nie. Hy het nie van ’n kansel gepreek of wonderwerke op ’n berg verrig in daardie oomblik nie—Hy het brood gebreek, wyn gedeel, en in intimiteit met Sy dissipels gesit.

Die tafel is waar verhoudings verdiep, genade uitgedeel, en harte gevoed word—nie net met kos nie, maar met gemeenskap. Veral met Paasfees word die daad om ’n tafel te dek ’n heilige uitnodiging: om te onthou, te eer, en te deel.


SIMBOLIEK IN DIE BESTANDDELE: BROOD, WYN EN OLYFOLIE
Hierdie eenvoudige, antieke bestanddele dra diepe Bybelse betekenis en kan jou Paasmaal op ’n besonderse manier anker in geestelike simboliek.

Brood
Brood is een van die oudste simbole van versorging en lewe. Jesus het Homself die Brood van die Lewe genoem en tydens die Laaste Avondmaal het Hy brood gebreek as simbool van Sy liggaam wat vir ons gegee is. Om varsgebakte brood aan jou Paastafel te bedien is ’n pragtige herinnering aan hierdie geskenk. Of dit nou ’n rustieke suurdeeg is, sagte challah of platbrood met olyfolie is, die brood herinner ons daaraan dat ons nie net deur kos nie, maar deur genade gevoed word.

Wyn
Wyn simboliseer dikwels vreugde en feesviering in die Skrif, maar met Paasfees kry dit nog ’n dieper betekenis. Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus die beker opgelig en dit die nuwe verbond in Sy bloed genoem—uitgegiet vir die vergifnis van sondes. Of jy wyn of druiwesap gebruik, om ’n seën oor die beker uit te spreek is ’n kragtige manier om daardie verbond te eer en dankie te sê.

Olyfolie
Van die salwing van konings tot die brand van tempellampe—olyfolie simboliseer in die Bybel die Heilige Gees, genesing en toewyding. Met Paasfees word olyfolie meer as net ’n bestanddeel—dit is ’n geurige herinnering aan heilige oomblikke. Sprinkel dit oor brood, gebruik dit om groente te rooster, of meng dit in ’n eenvoudige slaaisous. Sy goue rykheid verbind ons met ou geloofstradisies en eer die diepte van die verhaal wat ons vier.

Hoe om Dit by Jou Paasmaal In te Sluit
Dek jou Paastafel met bedoeling. Laat elke element—elke bord, elke blom, elke happie—die opstandingsverhaal weerklank gee.

Bedien brood op ’n houtplank met ’n klein bakkie olyfolie en ’n knippie seesout.

Spreek ’n seën uit oor die wyn of druiwesap voor die maaltyd.

Gebruik natuurlike teksture, aardse kleure, en simboliese kos soos dadels, heuning, granaatappels, en vye—vrugte van die Beloofde Land.

Laat ’n plekkaartjie of Skrifvers op elke bord vir nadenke en gesprek.

Neem ’n oomblik voor die ete om dankie te sê—nie net vir die kos nie, maar vir die vryheid, vergifnis, en nuwe lewe wat Paasfees bring.

Die Hart van Alles
Mag jou tafel hierdie Paasfees nie net mooi wees nie—maar betekenisvol. Mag dit die bovertrek weerspieël, waar brood gebreek en liefde uitgestort is. Mag dit die leë graf weerspieël, vol hoop en belofte. En mag elke gas rondom dit die warmte van welkom en die krag van opstandingslewe ervaar.
Want die wonder van Paasfees is nie net dat Jesus opgestaan het nie—maar dat Hy ons nooi om saam met Hom op te staan.

Elmarie Berry se Paasfeesresepte

Rosemary Lamb b’stilla

2 Brown onions

A handful Fresh Parsley

1 sprig rosemary

3 tbsp Olive Oil

500 g Lamb shoulder cubes

2 tsp Ground Cinnamon

2 tsp Ground Ginger

2 ½ tsp Ras el hanout

¼ tsp Cayenne Pepper

2 tsp turmeric 

1 tsp Sea Salt

450ml Water

12 sheets phyllo pastry

120g Butter

 ROSEMARY SUGAR

2 TBS Sugar

1 Orange or Lemon Zested

1 Sprig rosemary or thyme

Preheat the oven to 230°C.

1 Chop the onion, parsley and rosemary.

2 Heat 2 tablespoons of oil in a large saucepan, then brown the lamb until golden. Add the onion, parsley and rosemary to the lamb along with the cinnamon, ginger, 2 teaspoons of ras el hanout, cayenne, saffron and salt. Sauté for 2 minutes then add the water and simmer for 30-45 minutes or until the lamb is soft.

Allow to cool.

Shred the lamb. If the sauce in the pan is not thick, reduce it over a low heat. Mix the shredded lamb into the sauce.

To assemble the pie, brush 6 sheets of phyllo pastry with melted butter and lay them on top of each other. Arrange at the bottom of a shallow 30cm round, non-stick baking dish.  Spread the shredded lamb over the pastry. Brush the remaining sheets with melted butter, take each sheet and crinkle it from the long end to the other long end, placing them into a circle on top of the pie. Repeat until the top part of the pie is covered. 

Bake for 30 minutes. While baking prepare, the rosemary sugar mixture by mixing the sugar, chopped rosemary and zest of an orange or lemon. Remove the b’stilla from the oven. Sprinkle the rosemary sugar over the hot pie. 

Sticky roasted sweet potatoes

1 kg baby sweet potatoes

2 tbsp olive oil

1 tbsp fresh ginger, chopped

1 tbsp fresh garlic, chopped

1 tbsp fresh chili, chopped

2 tbsp sesame oil

¼ cup soy sauce 

3 tbsp sesame seeds, roasted

 TO SERVE

Handful fresh rocket

Handful fresh coriander, chopped

3 – 4 spring onions, chopped

Pre-heat oven to 200C. 

Lay the sweet potatoes onto a roasting tray, drizzle with olive oil and season with salt and pepper. 

Roast for 30 min. Mix the ginger garlic, chili, sesame oil, soy sauce and 2 tbsp sesame seeds. 

Pour over the sweet potatoes and roast for another 15 min until tender. 

 Just before serving mix through the rocket, coriander and spring onions. Sprinkle with the rest if the sesame seeds. 

 Corn and Apple Salad

DRESSING

½ cup extra virgin olive oil

3 tbsp lemon juice

2 tsp honey

½ cup fresh coriander

¼ cup fresh basil

1 small shallot

1 clove garlic

2 tbsp pickled jalapeños

salt and black pepper

chili flakes

 SALAD

3 cups cooked quinoa or lentils

4 grilled or roasted corn kernels, cut off the cob

2 apples, diced

1 cup cherry tomatoes, halved

100 g sugar snaps

2 avocados, chopped

2 circles feta cheese, crumbled

TO MAKE THE DRESSING: Combine all ingredients in a blender or food processor. Pulse until well combined. Season with salt and pepper.

SALAD In a large salad bowl, toss together the quinoa, grilled corn, sugar snaps, apples, tomatoes, avocado and feta cheese.

Pour over the dressing and toss well. 

  Gooey Chocolate & Tahini pudding

4 medium ripe bananas, peeled

½ c  oil

100 g tahini, at room temperature

100 g Greek-style yoghurt, at room temperature

2 large eggs, at room temperature

200 g dark brown sugar 

2 tsp vanilla extract

125 ml flour

4 tbsp cocoa powder

1 tsp bicarbonate of soda

¼ tsp fine sea salt

200g dark chocolate chips

 TO SERVE

4 tsp tahini

1 cup cream

2 tbsp honey

White candy easter eggs broken into pieces

Preheat the oven to 180C.

 Mash the bananas in a large bowl, either by hand or using an electric mixer. Then beat in the oil followed by the tahini and then the yoghurt. Beat in the egg, then the sugars and vanilla.

 Whisk the flour, cocoa, bicarbonate of soda and salt in a bowl and slowly beat into the cake batter. Fold in the chocolate chips. Pour into a 45cm x 45cm baking dish. Bake for 40–45 minutes, depending on whether you want it to have a gooey molten center or not. Once it’s out of the oven, leave to stand for 5–10 minutes.

TO SERVE Lightly whip the tahini and double cream together in a bowl and serve with the pudding, along with a generous drizzle of honey. Cut into blocks, pack them into a tower, sprinkle with some gold dust and the broken candy easter eggs. Serve with the tahini cream. 

Lam en slaai

Stadiggebakte lamsblaaie, gaargemaak in ‘n geurige rooibos-mentsous saam met vars aartappelslaai en ‘n Oosterse groen slaai, was die hoofgereg tydens die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek by DeTol Deli digby Citrusdal aangebied het. Meeste van my proviand vir die kookklas het ek gekoop by die DeTol Deli. Dis veral die vleis wat direk van die familieplaas, Bergendal, kom, wat my aanstaan, want dis veldgevoer en totaal en al hormoonvry. So ook is daar lieflike gedroogde perskes en nektariens wat in die groen slaai ingewerk is en die aartappelslaai was deurdrenk met Namaqua se ekstrasuiwer olyfolie wat jy kan tap uit groot tenke by die deli.

DeTol Deli is des moontlik een van die oudste padstalle teen die N7 en word gehuisves in die destydse tolhuis wat reeds in 1864 gebou is om tol in te vorder vir die onderhoud van die Piekenierskloofpas en ook as pitstop gedien het. In die Carmien Tea Shop kan jy steeds die watertrog sien waar donkies en perde van reisigers kon water drink en die Piekenierskloof-proelokaal is keurig ingerig in die eertydse wynkelder met die ou vate steeds daar. In die ou skuur met sy dik kleimure was daar meer as genoeg ruimte om ‘n kookklas te hou en aan te sit by ‘n lang tafel, gedek in ou goed en mooi goed. Piekenierskloof se pryswennerswyn, Shiraz met pruim, swart olyf, swartbessie en vinkelnote saam met Carmien se organiese natuurlike rooibostee, is die perfekte pasmaats by die stadiggebakte lam en slaaie.

Ek beoog om voortaan gereeld kookklasse of demonstrasies aan te bied, so indien jy of jou organisasie belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea.co.za

LEG OF LAMB ROAST WITH MINT

Serves 6

Preparation time: 15 min

Cooking time: 21/2–3 hour

  • 1 leg/shoulder of lamb of about 3,5 kg   (word verskaf)
  • Salt and pepper
  • 30 ml (2 t) Marmite
  • 30 ml (2 t) Dijon mustard
  • 30 ml (2 t) soft brown sugar
  • 30 ml (2 t) olive oil
  • 2—3 onions, sliced
  • 1 head of garlic, halved
  • 4 Carmien Creamy Mint Green Rooibos tea bags
  • About 250 ml (1 c) creamy yoghurt
  • Fresh mint for garnishing

Preheat the oven to 160°C.

1 Rub the leg of lamb with salt and pepper.

2 Mix together the Marmite, mustard, sugar and olive oil and smear all over the meat.

3 Place the onions and garlic in an oven roasting pan and place the meat on top.

4 Make a strong tea with the 4 green rooibos tea bags and pour into the roasting pan. Cover the pan and oven-roast as follows: for medium cooked meat allow 20—25 min per 500 g plus 20—25 min extra (internal temperature: 70°C).

5 Remove the lid or cover for the last 20 minutes to allow the meat to brown all over.

6 Remove the leg of lamb from the pan and place on a serving platter. Cover lightly and rest for 10 minutes before slicing the meat. Garnish with a bundel of fresh mint if you like.

7 Add yoghurt to the pan juices and mix well. Cook on the stove till reduced. Serve with the meat. 

AARTAPPELSLAAI MET SUURLEMOEN EN ROKET

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min

Kooktyd: 40 min

  • 500 g baba-aartappels, in die skil gekook
  • Olyfolie van goeie gehalte
  • Seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper
  • 1 bossie grasuie, gesnipper
  • Sap en skil van 1 groot suurlemoen
  • 1 pakkie vars roketblare

1 Druk die aartappels effe stukkend met ‘n houtlepel in ‘n slaaibak.

2 Giet heelwat olyfolie oor en geur goed met sout en peper.

3 Sprinkel grasuie en die suurlemoensap en –skil oor. Meng.

4 Stapel die roketblare bo-op

OOSTERSE GROENSLAAI MET LENSIES

Gedroogde geel nektariens, endamame-bone en piekelgemmer is heerlik in hierdie slaai met sy Oosterse geurprofiel. Groen rooibostee werk fantasties om hierdie slaaisous mee te maak.

Genoeg vir 8–10 mense

Bereiding: 20 min

Kooktyd: 40 min (rys en sorghum)

OOSTERSE SLAAISOUS (maak 2x aan)

Maak sowat 180 ml (3/4k)

  • 60 ml (¼ k) sonneblom- of canolaolie
  • 60 ml (¼ k) rysasyn
  • sap en skil van 2 suurlemoene of 4 lemmetjies
  • 125 ml (½ k) sterk Carmien Citrus Camomile groen rooibostee (3—4 sakkies)
  • 125 ml (1/2 k) sterk Carmien Revive groen rooibostee met gemmer en brandrissie (3—4 sakkies)
  • 30 ml (2 e) sojasous
  • 5-15 ml (1-3 t) sesamolie
  • 15 ml (1 e) suiker of heuning
  • 2 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 80 ml (⅓ k) koljanderblare, gekap
  • 15 ml (1 e) kruisementblare, gekap (opsioneel)

SLAAI

  • 500 ml (2 k) gaar bruinlensies
  • 250 ml (1 k) gaar bruinrys of die helfte daarvan sorghum
  • 4 stingeluie, gekap
  • 350 g wortel-en-koolslaaimengsel
  • 80 ml (⅓ k) gekapte koljanderblare
  • 125 g baba-spinasieblare
  • 125 g langsteel-broccoli, geblansjeer
  • 125 g Endamame-bone (opsioneel)
  • 50 g gedroogde geel nektariens, in papierdun skyfies gesny

AFRONDING

  • swart sesamsade
  • 50 g piekelgemmer, fyner gesny
  • Ekstra koljanderblare

1 Meng al die slaaisous bestanddele saam

2 Giet een helfte van die slaaisous oor die lensies en rysmengsel en laat staan om goed te marineer. Skep ‘n laag in ‘n slaaibord.

3  Meng die res van die slaai-bestanddele net voor opdiening en skep bo-op die lensiemengsel, giet die orige slaaisous oor en rond af met piekelgemmer, sesamsade en koljanderblare.

Ons kook by DeTol

Die Lekker en Goed-televisieprogram was nie net vir myself ‘n ongelooflike reis en inspirasie nie, maar het net so baie vir ander beteken. Heelwat mense het gevra vir ‘n kookklas en sommer gou was daar 16 mense wat wou kom saamkook. Laas Saterdag het ons toe die eerste Lekker-en-Goed-kookklas by DeTol buitekant Citrusdal gehou.  Die historiese tolhuis bo-op die Piekenierskloofpas huisves nou ‘n deli, ‘n proelokaal vir Piekenierskloofwyne en die Carmientea rooibostee-winkel. Die ou skuur daarnaas is deesdae gesellig ingerig en dis net daar waar ek my eerste Lekker en Goed-kookklas aangebied het.

Ek wil sommer gou-gou nog kookklase aanbied, enige plek. So as jy belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea.co.za

Aan die een punt van die skuur het ek ‘n lang tafel ingerig met verskeie stasies om die verskillende geregte te berei, elk toegerus met sy bestanddele die nodige kookgerei en resepte. (Om te help dat almal aan die gang kom, het ek darem so ‘n paar goed reeds vooraf gaargemaak en gereed gekry). En sonder dat ek te veel moes organiseer, het elkeen gou ‘n plekkie gevind waar hul kon kook. Tussen die gejil en gesels is die eetgoed gou-gou klaargemaak.

Met die instapslag is almal verwelkom met ‘n heerlike Sangria, gemaak met Piekenierskloof se Rosé en ‘n sakkie Carmien Cold Brew Cranberry Hibiscus. Vir verdere dorslessers was daar verskeie ander ColdBrews. Daarby klein glasies yskoue Persiese jogurtsop met subtiele rooswatergeure.

Plat bros saadbrode voorgesit met ‘n groentesalsa is as lusmaker aan tafel bedien. Die lamsblaaie, gemaak met DeTol se vrylopende en hormoonvrye lamsvleis het ek vroegoggend reeds ingesmeer met ‘n Marmite-smeersel en dit in ‘n Creamy Mint groen rooibostee (van Carmien) gaargebak tot mens dit van die bene kon afpluis. Daarby ‘n vars aartappelslaai met suurlemoen en roket asook ‘n Oosterse groenslaai met lensies. Vir soetigheid, gemmer-dadeltruffels. Alles lig en vars, geurig en tog vullend, soveelso dat die gaste eers teen laatmiddag eers weer vort is.

Hier is die resepte vir Sangria asook vir die Persiese jogurtsop. Die res van die resepte volg later.

ROSÉ SANGRIA

Carmien het nou ook familiegrootte teesakkies Cranberry Hibiscus Cold Brew wat ideaal is wanneer jy vir ‘n klompie mense ‘n drankie aanmekaar wil slaan. Een teesakkie maak 1,25 liter ystee. Dis glad nie nodig om kookwater te gebruik om die tee in te trek nie. Die aarbei-, kersie- en spookasemgeure van die Piekenierskloof Rosé saam met die subtiele roosblaar ondertone werk goed saam met die bosbessie- en hibiscusgeure van die tee om ‘n heerlike verfrissende drankie te maak.

Lewer sowat 2 liter sangria

Bereiding: 10 min

Staantyd: 10—30 min

1 Giet die rosé in ‘n groot fles en voeg die vrugte asook die die teesakkies by.  Laat staan vir te minste 10 minute (verkieslik 30 minute) totdat die tee lekker in die wyn getrek het.

2 Voeg net voor opdiening verkoelde sprankelwater of tonikumwater na smaak by asook ‘n klompie ysblokkies.

KOUE PERSIESE JOGURTSOP

Dis die rooswatergeure in hierdie sop wat dit so lekker maak. Sorg dus dat die Turkish Delight-rooibostee lekker sterk en geurig is. Ment en koljander met bosbessies, okkerneute en komkommerstukkies maak dit heerlik vars. Hemels!

Maak sowat 1 liter sop

Bereiding: 15 min

  • 500 ml (2 k) dik romerige natuurllike jogurt
  • 375 ml (1½ k) sterkgetrekte Carmien Turkish Delight-rooibostee, gemaak met 10 sakkies en afgekoel tot yskoud
  • Sout en varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml (½ k) gekapte okkerneute
  • 100g bosbessies
  • 250 ml (1 k) klein peuselkomkommers, in klein blokkies gesny
  • 60 ml (¼ k) fyngekapte koljanderblare
  • 30—45 ml (2—3 e) gekapte ment

AFRONDING

  • Gekapte okkerneute en kruie

1 Meng die jogurt en tee. Geur met sout en peper.

2 Voeg die neute, bosbessies, komkommerblokkies, koljanderblare en gekapte ment by en meng deur. Verkoel tot nodig.

3 Skep in dubbelwandglasies en rond af met neute en kruie.

Aartappel aptyt

Op my tafel is daar altyd plek vir my kleindag gunsteling bykos, aartappels. Jy kan soveel daarmee vermag, van braaiaartappels saam met vleis tot fynaartappels saam met wors of aartappels in slaai; ek maak ook deesdae graag die Italiaanse aartappelpasta-gereg, gnocchi.

In ons tv-program, Lekker en Goed wat laasweek afgeskop het op KykNet, openbaar my gas, Arina du Plessis, kosredakteur van Landbou-Boerekos en voormalige Huisgenoot-kollega, haar liefde vir aartappels. Ongelukkig kon ek haar lus toe nie bevredig met ‘n lekker gebraaide aartappeltjie nie, alhoewel die gebraaide eiervrug was net so heerlik saam met die boud.

WildeKlawer, een van die land se grootste aartappelverskaffers, is ook een van die borge van die Lekker en Goed-program. Megaboer, Louis de Kock is voorheen aangwys as Aartappelboer van die Jaar. Met hand uitgesoekte kultivars en goeie boerdery-praktyke het meegebring dat WildeKlawer met reg kan aanspraak maak as die beste aartappelprodusent in Afrika. Daardie plaasvars aartappels wat so mooi uitgestal is in die kombuis, het my menige maal goed laat verlang na ‘n lekker bros aartappel. En aartappels is goed vir jou, dit goeie energiekos het baie vesel (as jy die vel aanhou) en ‘n ryke verskeidenheid vitamiene en minerale. Toentertyd is aartappels tot voorgesit om skeurbuik te voorkom a.g.v die vitamien C inhoud daarvan. Sy minder goeie baadjie is grotendeels te wyte aan die manier gaarmaak – diepgebraai in baie olie of dit waarmee jy dit alles voorsit, met baie kaas of mayonnaise ens.

Baba-aartappels, wat aartappels is wat jonk uitgehaal is, het ‘n laer glikemiese indeks wat bloedsuikervlakke nie so vinnig laat styg nie en veral diabeteslyers moet eerder daaraan smul.

Somertyd is net reg vir heerlike aartappelslaai, net so vars met suurlemoen, olyfolie en roket of met fetakaas en agurkies – altwee is ewe lekker. Vir ‘n ligte middagete kan jy smul aan die immergewilde niqiose-slaai met tuna, aartappels en groenbone of as jy lus het, maak aartappelkluitjies, gnocchi vir aandete. Vir ‘n lekker vars smaak, maak ek ‘n kombinasie van aartappel en spinasie en sit dit voor met broccoli en koljanderpesto.

 AARTAPPELSLAAI

Hierdie is die twee lekkerste aartappelslaaie wat gereeld op ons tafel is. Isabella Niehaus se aartappelslaai met roket en suurlemoen en die een met feta-kaas van die voormalige TV-ster, Annette Hartman.

Aartappelslaai met suurlemoen en roket

Genoeg vir 4 mense

  • 500 g baba-aartappels, in die skil gekook
  • Olyfolie van goeie gehalte
  • Seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper
  • 1 bossie grasuie, gesnipper
  • Sap en skil van 1 groot suurlemoen
  • 1 pakkie vars roketblare
  • 1 Druk die warm aartappels effe stukkend met ‘n houtlepel in ‘n slaaibak.
  • 2 Giet heelwat olyfolie oor en geur goed met sout en peper en laat afkoel.
  • 3 Sprinkel grasuie en die suurlemoensap en –skil oor. Meng.
  • 4 Stapel die roketblare bo-op en sit voor.

Aartappelsaai met mayonnaise en feta-kaas

Genoeg vir 4 mense

  • 500 g baba-aartappels, in die skil gekook
  • 125 ml (1/2 k) elk goeie mayonnaise en natuurlike jogurt
  • 15 ml (1 e) heelkorrelmosterd
  • 4 agurkies, grof gekap
  • 2 wiele feta-kaas, gekrummel
  • Bossie grasuie, gekap

1 Halveer die aartappels indien nodig.

2 Meng die mayonnaise-mengsel met die korrelmosterd en meng deur.

3 Meng die agurkies en feta-kaas deur en sprinkel die grasuie oor.

4 Verkoel tot met opdiening.

NIÇOISE-SLAAI

Vir hierdie klassieke Franse slaai gebruik ek graag tuna-filette wat in olyfolie met suurle­moen en swartpeper gepiekel is.

Genoeg vir 3 mense

Bereiding: 10 min

VINAIGRETTE

  • 1 knoffelhuisie, fyn­gedruk
  • 5 ml (1 t) dijonmos­terd
  • 30 ml (2 e) witwy­nasyn
  • 5 ml (1 t) suurle­moensap
  • 125 ml (½ k) olyfolie
  • 5 ml (1 t) heuning

SLAAI

  • 1 Iceberg-slaaiblare of sowat 100 g ro­ketblare
  • 6 baba-aartappel­tjies, saggekook en skilletjies afgetrek
  • 200 g jong groenbo­ne, geblansjeer
  • 3 eiers, 7 min. ge­kook, afgedop en gehalveer
  • 180 g gepiekelde tuna in olyfolie met suurlemoen en swartpeper, of 2 blikke tuna in olie, gedreineer
  • 150 g kersietama­ties, gehalveer
  • 10 swart olywe
  • 125 g spekrepies, gebraai en opgesny, of 4-6 ansjovisfilet­te, in lang repies ge­sny
  • 30 ml (2 e) kapper­tjiesaad, asook ’n paar langsteel-kap­pertjiesade

1 VINAIGRETTE Meng al die bestanddele.

2 SLAAI Pak al die be­standdele vir die slaai (in afsonderli­ke hopies indien verkies) op ’n slaai­bord. Sprinkel die kappertjiesaad laaste oor en sit voor saam met die vinaigrette.

GNOCCHI MET SPINASIE

’n Ligte gnocchi voorgesit saam met gestoomde broccoli en koljanderpesto.

GNOCCHI

  • 3 groot gaar aartappels, goed fyngedruk
  • 300 g spinasie, goed drooggedruk en fyngekap
  • 2,5 ml (½ t) fyngekapte knoffel
  • sout en peper, na smaak
  • 1 eier
  • 150 g ricotta- OF roomkaas
  • 250 ml (1 k) witbroodmeel of glutenvrye meel
  • ekstra meel vir strooi

AFRONDING

  • koljanderpesto
  • (sien resep)
  • 125 g gestoomde broccoliblommetjies
  • pecorinoskaafsels
  • koljanderblare

1 Gnocchi Plaas die aartappels, spinasie en knoffel in ’n bak en meng goed deur. Geur met die sout en peper en voeg die eier en kaas by. Meng goed.

2 Voeg net genoeg meel by om ’n stywe, maar sagte deeg te maak. Meng liggies tot ’n deeg vorm. Moenie oormeng nie.

3 Sprinkel die ekstra meel op ’n oppervlak en rol die deeg in ’n lang dun rolletjie.

Sny die rolletjie in 1 cm-stukkies. Druk elkeen effens platter met die tande van ’n vurk.

4 Verhit intussen ’n groot kastrol soutwater tot kookpunt.

Plaas sowat 10 stukkies per keer in die water en bring weer tot kookpunt. Verwyder die gnocchi met ’n gaatjieslepel sodra hulle bo-op die water begin dryf. Herhaal met

die res van die deegstukkies.

5 Afronding Plaas  4-6 stukkies gnocchi in ’n bakkie, roer die pesto deur die broccoliblommetjies en stapel bo-op.

6 Rond af met die pecorinoskaafsels en ekstra koljanderblare.

KOLJANDERPESTO

lewer 250 ml (1 k) pesto

bereiding: 10 min.

  • 60 g koljanderblare
  • 125 ml (. k) olyfolie
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • sout en peper, na smaak
  • 100 g pampoenpitte

Plaas al die bestanddele vir die pesto buiten die pampoenpitte in die voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die pitte by en verwerk tot grofgekap. Skep uit in ’n houertjie.

‘n Nuwe jaar vir nuwe voornemens

Nou ja, 2025 is met ons en laat dit ‘n jaar gelaai wees propvol nuwe voornemens. Ek lees op sosiale media die waar sêding raak: “If your habits do’nt change, you won’t have a new year, you will just have another year.” Oprah Winfrey het immers ook gesê: “The greatest discovery of all time is that a person can change his future by merely changing his attitude.”

Op die webtuiste Webmd.com/ Food&Fitness kom ek af op 12 gewoontes van mense wat “super gesond” lewe. Daar is niks nuuts nie, maar ek merk veral op dat dit klein veranderinge is wat ‘n groot impak kan hê. En ek gaan vanjaar opnuut weer daarin belê. As dit by gesonder eetgewoontes kom, is my boek, Lekker&Goed; heerlike kos propvol heilsaamheid, nommerpas om mens weer op die regte spoor te bring. Die boek is aanlyn beskikbaar by carmientea of andersins Lapa.

Ek deel ook sommer hier ‘n paar resepte daaruit.

12 HABITS OF SUPER-HEALTHY PEOPLE

Medically Reviewed by Poonam Sachdev on August 31, 2024

1/12

Have Breakfast

It’s important for a bunch of reasons. It jump-starts your metabolism and stops you from overeating later. Plus, studies show that adults who have a healthy breakfast do better at work, and kids who eat a morning meal score higher on tests. If a big plateful first thing isn’t for you, keep it light with a granola bar or a piece of fruit. Just don’t skip it.

Carmen opmerking: Ek geniet eers ontbyt nadat ek soggens klaar geoefen het. Meestal is dit dan ‘n smoothie gemaak met bessies, veral bloubessies, natuurlike jogurt, ‘n skep wei-proteien en ‘n goeie skoot groen rooibostee (enige soort in die Carmien-reeks). Partykeer sit ek so bietjie groenigheid soos spinasie ook by.

Maar ‘n lekker tuisgemaakte muesli is net so lekker. Met die muesli-resep in Lekker&Goed kan jy ook in ‘n japtrap granola-stafies maak: Meng net van die muesli met gesmelte donker sjokolade en laat dit stol in ‘n pannetjie. Sny in stafies. Ideaal vir inppakkos.

2/12

Plan Your Meals

It’ll help you save time and money in the long run. Block out some time, then sit down and consider your goals and needs. Do you want to lose weight? Cut back on sugar, fat, or carbs? Add protein or vitamins? Meal prep keeps you in control. You know what you’re eating and when. A bonus: It’ll be that much easier to skip those doughnuts in the breakroom at work.

Carmen opmerking: “Meal prep” werk veral goed as jy kos moet inpak saam werk toe. In Lekker&Goed is daar verskeie heerlike resepte wat ideaal is daarvoor, soos byvoorbeeld ‘n appelsemelmuffin sonder suiker en bykans geen vet nie of die lekkerste frittata-tertjies wat gelaai is met protein of oornag teemarisu-hawermoutpotjies, saadbrood, groente-lasagne vir nie-vleiseters, viskoekies om jou omega 3’s in te kry en heerlike slaaie. Die lys gaan aan en aan.

3/12

Drink Plenty of Water

It can do so many good things for you. Staying hydrated is at the top of the list, but it may also help you lose weight. Another reason to go for H2O? Sugary drinks are linked to obesity and type 2 diabetes. If you aren’t a fan of plain water, add flavor with slices of orange, lemon, lime, watermelon, or cucumber.

Carmen opmerking: As gewone water nie jou ding is nie, skink gerus vir jou ‘n koppie van Suid-Afrika se eie rooigoud: rooibostee. Nie net hou dit jou gehidreer nie, maar dis ook propvol antioksidante. Cold Brews is juis vanjaar een van die groot nuwe kostendense en Carmien staan reg daarmee met hul ColdBrew-reeks. Geen kookwater en tee wat eers moet afkoel vir ystee nie. Dis ook reeds effe versoet met stevia-blare (nie die poeier wat effe bitter is nie). Daar is ‘n verskeidenheid geurkombinasies asook ‘n familiepak met groter sakkies Cranberry Hibiscus ColdBrew waarmee jy sommer groot potte op ‘n slag kan aanmaak en in die yskas hou.  Heerlik en verbruikersvriendelik. Ook ideaal vir die kinders se kospakkies.

4/12

Take an Exercise Break

Don’t just grab another cup of coffee — get up and move. Do some deep lunges or stretches. It’s great for your body and mind. Just 30 minutes of walking five times a week may help keep the blues at bay. And if you can’t do those minutes all at once, short bursts help, too.

Carmen opmerking: Ek kan waarlikwaar getuig dat oefening bitterlik baie help om jou buie in bedwang te hou. Ek probeer om nie ‘n dag te laat verbygaan sonder dat ek nie op een of ander manier bietjie oefening ingekry het nie.

5/12

Go Offline

Checking your email and social media a lot? Sure, your friends and family’s latest updates are just a click away, but do you really need to see pictures of your cousin’s latest meal? Let it wait until morning. Set a time to log off and put the phone down. When you cut back on screen time, it frees you to do other things. Take a walk, read a book, or help your cousin chop veggies for their next great dinner.

6/12

Learn Something New

New skills help keep your brain healthy. Sign up for a dance class or a creative writing workshop. Better yet, master a new language. The mental work it takes can slow the signs of aging and may even delay the effects of Alzheimer’s disease.

7/12

Don’t Smoke

If you light up, quit. It’s a big move toward better health. Your body repairs itself quickly. As soon as 20 minutes after your last cigarette, your heart rate and blood pressure drop. Why wait? Kick the habit, today. Your doctor will be happy to help you get started.

8/12

Sleep Well

There are almost too many benefits to list. A good night’s sleep keeps you in a better mood, sharpens memory and focus, and helps you learn new things. In the long term, it lowers your risk of heart disease and helps you keep trim. Aim to get 7 to 9 hours a night. For the best rest, do it on schedule — turning in and waking up at about the same times every day.

9/12

Train Your Muscles

Strength training helps your body trade fat for muscle mass. That means you’ll burn more calories even when you’re being a couch potato. But these workouts can also help you slim down, strengthen your heart, and build up your bones. Do strength-training exercises — like push-ups, lunges, and weight lifting — at least twice a week.

Carmen opmerking: Vir ‘n hele paar jaar doen ek nou al Crossfit op ‘n gereelde basis. By Crossfit is daar iets vir almal, want dit bestaan uit ‘n verskeidenheid aktiwiteite van kardio tot gewigoptel en ook bietjie gimnastiek, en alles word op verskeie vaardigheidsvlakke aangebied, van RX tot “scaled” en vir beginners. Vanjaar het ek dit nou my doelwit gemaak om veral te let op tegniek as dit kom by dinge soos “lifting” en “pull-ups”. En ek vorder, stadig maar seker word ek sterker en fikser en lyk dit of my vetpersentasie daarmee saam ook sommer verminder. Ja, vir my gaan dit deesdae nie meer soseer oor maer word nie, maar om “leaner” en sterker te wees om sodoende die verouderings-proses te vertraag. Die belangrikste bly maar om dit konstant te doen en aan te hou oefen.

10/12

Head Outdoors

A few minutes in the sunshine raises vitamin D levels, and that’s good for your bones, your heart, and your mood. Plus, being outside means you’re more likely to move your body instead of parking it in front of the TV or computer. Choose nature over city streets, if you can.

Carmen opmerking: Nou dat ek op die Weskus bly is daar  nie meer ‘n verskoning om nie gereeld in die buitelug te kom nie. Met heerlike oop stukke veld al om ons, die pragtige blou water van die meer asook die Weskuspark net ‘n katspoegie ver, kan jy nie anders as om gereeld jou neus by die deur uit te steek nie.

11/12

Keep Your Balance

If you’re young and active, good balance will help you avoid injuries. If you’re older, it will keep you active longer and lower the chances you’ll fall and break a bone. No matter your age, good balance means better muscle tone, a healthier heart, and greater confidence. Yoga are great ways to work on it, but just about anything that keeps you moving, even walking, can help.

12/12

Be Mindful

It can mean meditating or simply stopping to smell the roses. However you do it, studies show mindfulness slashes stress, relieves pain, and improves your mood. And scientists are beginning to understand how. One study found that 8 weeks of regular meditation can change parts of your brain related to emotions, learning, and memory. Even washing dishes can be good for your brain, as long as you do it mindfully.

Muesli

Die muesli is heerlik bros en geurig met net genoeg soetigheid.

Maak 2 liter

Bereiding: 15 min

Baktyd: 30 min

  • 750 ml (3 k) hawermout
  • 500 ml (2 k) klapper
  • 500 ml (2 k) sonneblomsade
  • 125 ml (1/2 k) heel amandels, effe gekap
  • 125 ml (1/2 k) pampoensade
  • 20 ml (4 t) fyn kaneel
  • Knippie sout
  • 80—100 ml suiker
  • 160 ml (2/3 k) klapperolie, gesmelt

BYVOEGINGS

50 g elk bosbessies of veelkleur- sultanas en gekapte Turkse appelkose

Voorverhit die oond tot 160º C. Voer ‘n groot bakplaat met tinfoelie of bakpapier uit.

1 Meng die hawermout, klapper, sonneblomsade, amandels en pampoensade in ‘n groot bak. Voeg die kaneel en sout by en meng goed deur.

2 Meng die suiker en klapperolie in ‘n glasbeker, giet oor die hawermoutmengsel en meng baie goed deur met jou hande.

3 Skep op die bereide bakplaat, versprei egalig oor die plaat en bak sowat 30 minute of tot goudkleurig. Roer gereeld met ‘n houtlepel om te verhoed dat dit aanbrand.

Verwyder uit die oond en koel af. Meng die vrugte by en skep in lugdigte houers.

FRITTATA-TERTJIES

Die ideale happie vir wanneer jy ontbyt verpas het. Jy kan ook een groot frittata in ‘n pan berei.

LEWER 6-8 GROOT MUFFINS

Bereiding: 20 min.

Bak: 25 min.

  • 2 uie, gekap
  • olie
  • 200 g gerasperde murgpampoentjies en/of spinasie
  • 100 g fyngekapte sampioene
  • 6 repies bladspek, gekap, of 2 gaar hoenderborsies, gepluis
  • 250 ml (1 k) gerasperde sterk cheddarkaas
  • 1 wiel feta-kaas, grof gekrummel
  • 5 ml (1 t) aangemaakte mosterd
  • 250 ml (1 k) ertjies (opsioneel)
  • 20 g gekapte kruie soos pietersielie of koljander
  • 4 songedroogde tamaties in vinaigrette
  • 6 eiers
  • sout en peper na smaak
  • 100 g gladde romerige maaskaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 holtes van diep muffinpanne deeglik.

1 Braai die uie in ’n bietjie olie tot glasig, voeg die groente by en roerbraai tot net sag en tot alle vloeistof verdamp het.

2 Voeg die spek of hoender, kaas, mosterd, ertjies, kruie en tamaties by. Meng en skep in die goedgesmeerde muffinholtes.

3 Geur die eiers met sout en peper, voeg die maaskaas by en klits goed.

Giet oor die groentemengsel in die muffinholtes.

4 Bak sowat 25 min. of tot ferm. Sit louwarm of koud voor.

Wenke:

Voeg ‘n paar gekapte swart olywe by indien verkies.

GROENTE-SAADBROOD

Toe ek die eerste keer hierdie brood uitprobeer, was ek bra skepties, nie gedink dat ‘n klomp gerasperde murgpampoentjies ooit in ‘n brood sou kon uitdraai nie. Groot was my verbasing – dis heerlik klam en bevat min koolhidrate, want daar nie enige koring in nie, maar tog lekker baie sade. Die eier en kaas help om die mengsel te bind.

Maak 1 brood

Voorbereiding: 15 min

Gaarmaak: 30–40 min

  • 4 eiers
  • 60 ml (¼ k) olie
  • 625 ml (2½ k) gerasperde murgpampoentjies
  • 180 ml (¾ k) gerasperde mozzarella-kaas
  • 125 ml (½ k) elk pampoensade en geroosterde sonneblomsade
  • 45ml (3 t) vlassade
  • 7 ml (11/2 t) bakpoeier
  • Knippie sout

AFRONDING

Pampoensaad vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n broodpannetjie goed, voer die bodem uit met bakpapier en spuit weer

1 Klits die eiers en voeg die olie, murgpampoentjies, Mozzarella-kaas, sade, bakpoeier en knippie sout by.

2 Skep in die voorbereide pan en sprinkel pampoensaad oor. Bak sowat 30 mintue of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Koel effe af in die pan tot stewig.

4 Sit voor met botter of avokado of roomkaas, hoemoes  of bonesmeer (sien resepte).

MA SE VISKOEKIES

Ek het grootgeword met viskoekies wat met ‘n blik vis gemaak word. In die plaaswinkel was daar altyd blikke “vaalvis”, soos my broers dit genoem het, op die winkelrak. Baie aande as my ma hande in die hare was oor wat om voor te sit vir aandete, het sy ‘n blikkie vis gaan haal uit die winkel. Die kruie en speserye het later van jare bygekom soos wat ek my verdiep het in die fassinerede geure van die Maleise kookkuns. Ma het sommer die mengsel net so in die pan geskep met ‘n lepel, nie eers gebodder met bolletjies rol nie. Ons het dit meestal net so geniet met ‘n skyfie suurlemoen.

LEWER SOWAT 6-8 VISKOEKIES

BEREIDING: 15 MIN.

GAARMAAK: 20 MIN.

  • 2 blikke (400 g elk) “middlecut” makriel of sardyne in tamatiesous
  • 2 snye bruinbrood, korsies verwyder, of sowat 125 ml hawermout of gaar patat
  • 1 middelslag-ui, fyngekap
  • ’n klein bietjie olie
  • 2–3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 5 ml (1 t) gerasperde gemmerwortel
  • ’n groot hand vol gekapte pietersielie
  • ’n groot hand vol gekapte koljanderblare
  • Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 5 ml elk (1 t) fyn komyn, paprika en garam masala
  • sout en peper na smaak
  • 1 eier, geklits
  • Broodkrummels, sesamsaad of witbroodmeel om in te rol

SALSA (OPSIONEEL)

  • 2 wortels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 1 klein komkommer, in klein blokkies gesny
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • 1 peer, in klein blokkies gesny
  • balsemieke asyn na smaak
  • koljanderblare vir oorsprinkel

VOORSIT

  • Suurlemoenskyfies en gebakte patats

1 Viskoekies Dreineer die vis en maak fyn. Behou die sous en giet net genoeg oor die brood of hawemout om dit aan te klam. Laat staan tot sag en maak fyn. Voeg by die vis.

2 Braai die helfte van die ui en knoffel in ’n klein bietjie olie in ’n pan.

3 Vou die gebraaide sowel as die rou ui in die vis.

4 Voeg die kruie asook die suurlemoenskil en sap by en meng. Geur met speserye en sout en peper na smaak. Voeg die eier by en meng deur.

5 Vorm die mengsel in bolletjies en doop in broodkrummels, sesamsaad of meel tot oraloor bedek. Verkoel 30 minute.

5 Verhit ‘n klein bietjie olie in ‘n pan en braai tot alkant bruin. (die kan jy nou ook in die Airfryer doen – plaas die viskoekies in ‘n enkellaag daarin, sprinkel bietjie olie oor en lugbraai tot bruin, sowat 10 minute, draai halfpad om.

6 Salsa Meng al die bestanddele vir die salsa en sit .

7 Voorsit Sit die viskoekies voor saam met fyngemaakte patat en skep die salsa oor.

GROENTELASAGNE

Lasagne was daar baie op tafel tydens my grootwordjare. Ek onthou hoe my ma bakke daarvan gemaak en dit dan gevries het, net reg vir ontdooi wanneer gaste onverwags opdaag. Hierdie groente-lasagne is nie net vegetaries nie, maar ook ideaal vir ‘n lae-koolhidraat-dieet. Pleks van lasagnevelle gebruik ek eiervrugskywe. Vir geurigheid word die melk verhit saam met peperkorrels en ui voordat die witsous gemaak word. – dit verseker ‘n geurige witsous gemaak met laevetmelk en minder botter. Sien ook die variasie gemaak met botterskorsie en maaskaas.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 min

Baktyd: 30 min

WITSOUS

  • 500 ml (2 k) laevet-melk
  • Halwe ui, geskil
  • 5 swartpeperkorrels
  • 2 lourierblare
  • 30 g botter of klapperolie
  • 45 ml (3 e) witbroodmeel of ertjiemeel
  • 5 ml (1 t) neutmuskaat
  • 125 ml (1/2 k) gerasperde wit Cheddarkaas

GROENTEMENGSEL

  • 1 eiervrug, in baie klein blokkies gesny
  • 1 pakkie (400 g) gemengde gekapte sampioene
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny
  • 200 g spinasie, goed afgespoel en in stukkies gesny
  • 8 sondroë tamaties in vinaigrette, gekap
  • 50 g tamatiepasta
  • 20 g basilieblare, in stukkies geskeur

BYMEKAARSIT

  • 2 eiervrugte, in lengte in lang dun repe gesny en in oond gebraai tot sag
  • ekstra gerasperde wit Cheddar-kaas vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n oondbak met kossproei

1 WITSOUS Plaas die melk, ui, swartpeperkorrels en lourierblaar in ‘n kastrol en verhit tot net onder kookpunt. Verwyder van hitte en laat staan tot afgekoel.

2 Smelt die botter of klapperolie en roer die meel by. Roer tot glad, roer die melk stadig by en bring tot kookpunt. Geur met neutmuskaat en sout en peper. Roer kaas by. Hou eenkant.

3 GROENTEMENGSEL Braai die eiervrugblokkies, sampioene, knoffel en soetrissie tot sag. Voeg die spinasie by en verhit tot verwelk. Meng die tamaties en basilie by.

4 Skep ‘n dun lagie witsous in die bak, giet dan helfte van die groentemengsel oor en pak die eiervrugskywe bo-op. Herhaal met die groentemengsel en giet die orige witsous oor. Sprinkel die kaas oor. Bak sowat 20—30 minute of tot die kaas gesmelt is.

Variasie: Pleks van ‘n witsous kan jy ‘n blik of twee Mediterreense tamaties fyner kap en oorgiet.

MAKLIKE BOTTERSKORSIE-LASAGNE MET MAASKAASSOUS

1 Sny ‘n botterskorsie in stukke, geur met sout en koljander en meng bietjie gekapte knoffel en olyfolie deur. Oondbraai tot gaar, sowat 30—40 minute.  

2 Meng ‘n bakkie geroomde maaskaas met bietjie melk tot ‘n romerige sous.

3 Pak lae tamatiesous, botterskorsie en handevol babaspinasie saam met lasagnevelle (wat vinnig in kookwater gedruk is (opsioneel) in ‘n bak en rond af met die maaskaasmengsel. Sprinkel gerasperde Cheddarkaas bo-oor en bak tot die kaas gesmelt en goudbruin is.

Al hierdie resepte is geneem uit my boek: Lekker&Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid.

Voorspoedige 2025

Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat weekliks saam met my op reis gaan, hetsy letterlik of saam met my in die kombuis woeker en nuwe geure en smake ontdek, altyd met goedheid in gedagte, maar ook sonder dat dit te veel inspanning verg. Voorspoed en net die beste vir die nuwe jaar wat voorlê en maak moeite om jou drome waar te maak.

Soos C.S. Lewis se sêding immers lui: “You are never too old to set another goal or to dream a new dream.”

2024 is iets van die verlede, ‘n jaar met vele uitdagings, heerlike onthoue, maar veral een van drome wat waar geword het. UIteindelik is dit daar  – Lekker & Goed, my poging om heerlike kos propvol heilsaamheid te maak, het televisie gehaal.  Van 2 Januarie word dit om 5h30 op KykNet uitgesaai.

Maar dis geensins ek alleen wat getimmer het aan hierdie droom nie – daar is ‘n hele “village” mense wat gesorg het dat ons mooi kon maak op tv. So dankie weereens:

Paul Venter en Jaco Laubser van Homebrew Films wat dadelik ingekoop het in die idee. Martin Gouws en Tania Reed van HomeBrew wat gesorg het dat alles op skedule en reg verloop.

Pascal Wakefield, jy het defnitief ‘n nuwe dimensie en nuwe manier van doen aan kookprogramme gegee. Jy het my uitgedaag, maar ook net so baie leiding gegee, my gerus gestel en boonop kon ons net so lekker lag.

Herman Lensing, wat soveel meer as net kosvervaardiger was. Jou kreatiwiteit ken net geen perke nie en jy het die mooiste stel in ‘n bitter kort tydjie gebou. Saam met jou span, Dylan Buys en Vikayla Govender, het julle magic gemaak in die kombuis en die kos pragtig gestileer; locations gesoek, die mooiste tafels gedek. En boonop ook agter die monitor help seker maak het dat die prentjies in sync bly. Jy dit ook reggekry om almal in die regte mood te kry vir die dag wat voorlê.

Produksie- en kameraspan Eckard Groenewald, Erick Bwanali, Zaahid Cassiem, Janco Pieterse en klankman Michael Snyman dankie vir jul geduld en lang ure wat jul ingesit het.

Eileen Hamer, stilis , vir die mooimaak en pragtige uitrustings verskaf deur Hugo Fleur.

Alwina Hugo en haar span van Shark Bay Lodge in Langebaan, vir die villas waar ons kon skiet en die etes vir die span.

Die borge sonder wie hierdie program nie moontlik sou wees nie: CarmienTea, WIldeKlawer en Piekenierskloof, dankie dat julle geglo en ingekoop het in hierdie program en my gehelp het om dit realiteit te maak.

My kookboek, Lekker&Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, was die beginpunt van hierdie tv-droom. Maak seker jy skaf jou kopie aan om van die heerlike resepte asook vele meer en heelwat gesondheids-inligting daarin te kry. Die boek is beskikbaar aanlyn by Carmien Tea of Lapa.

Geseënde Kersfees

Kersfeestyd is sekerlik die mees besonderse tyd van die jaar. ’n Tyd wanneer meeste mense bietjie kan uitspan of afskaal na ’n besige jaar, maar veral ook wanneer ons tyd saam met geliefdes en vriende kan deurbring. In my grootwordhuis was Kersfeestyd sekerlik die besigste tyd van die jaar wanneer die oes ryp was en moes afgehaal word. ’n Tyd van lang ure werk, maar ook saans met genoegdoening gaan slaap met die wete dat daar weereens mildelik voorsien is. En alhoewel ek dit soms nie so gesien het nie – ons het immers elke Kersvakansie al ons vriende met afguns bejeën wat kon gaan baljaar by die see terwyl ons ingeval het op die plaas – was dit ook ’n baie spesiale tyd waarin ons diep bewus geword het van al ons onverdiende seëninge. Die familie-samesyn en die spesiale Kersritueel op Ou Kersaand, met Kindjie Jesus, die hoofrolspeler. Kersgeskenke was daar ja, maar dit was veral die gees van omgee wat my telkens diep getref het. Ek onthou veral hoe my pa, tussen al die spanning wat die oesery meegebring het, ook tyd ingeruim het om Kaap toe te ry om vir my ma ’n spesiale Kersgeskenk te gaan koop. Vir ons as kinders was dit groter opgewondenheid om my ma se gesig te sien wanneer sy haar Kersgeskenk oopmaak, as die blydskap oor ons eie, want ons het geweet met hoeveel liefde dit gegee is.

Elke jaar het elke huisgesin ook die oudste Bybel-dagstukboek, Uit die Beek, ontvang. Voorin het my pa in sy baie besonderse handskrif vir elkeen van ons ’n spesiale boodskap geskryf: Ek bewaar dit tot vandag toe. In die 2006-dagboek skryf hy:

Geseënde Kersfees – mag die oordenking van die Bybel vir jul wysheid en insig gee vir die pad vorentoe. Mag die Here jul as huisgesin seën. Pa & Ma

Ja, dis ’n besonderse tyd om omgee en liefde aan almal om ons te bewys, bekend en onbekend. Soos een van Moeder Teresa se vele wyshede tereg sê:

“It is Christmas every time you let God love others through you.”

Hier is ’n dorslesser of twee vir die Kerstyd.


PINK LADY

Makes 1 drink

  1. Run the lemon half around the rim of a glass and dip in salt. Allow to dry.
  2. Place the tea bag in a saucepan, pour over the water and bring to a boil. Cook till syrupy, about 5 min.
  3. Pour a tot of the syrup in the glass, also add a tot of gin.
  4. Top with the ready-to-drink ice tea. Finish with a slice of lemon or a flower or two.

FRUITY SOMETHING

Makes 1 drink

  • 50 ml of the cranberry hibiscus syrup (see recipe above)
  • 1 Ready To Drink Carmien Geranium Mint
  • Plenty of fresh berries like strawberries, blueberries and cherries
  • Lemon slices
  • Ice cubes
  1. Pour the syrup in a glass and top with the ready-to-drink.
  2. Add plenty of fruit, lemon slices and ice cubes.

Kersie op die koek: trifle

Met al ons wonderlike Kersfeesetes op die plaas was daar altyd ‘n hele spread poedings ook gewees, nie dat ons ons nie al versadig geëet het aan al die heerlike skaapboud met aartappels, vark en lieflike slaaie nie. Ma het altyd gesorg vir ‘n regte gebakte Kersfeespoeding met geldjies in (met ‘n spesiale R5-stuk wat sy spesiaal vir Pa ingeskep het) met wynsous daarby. Ons kinders het net agter die geld aan geëet. Gelukkig het sy altyd die lekkerste trifle opgetower met veelkleurige jellie, baie vla en lekker baie neute (en natuurlik is die koek goed bygekom met ‘n paar goeie skote sjerrie!). Daarby ook vrugteslaai en ma se tuisgemaakte roomys. Ons het omtrent gesmul.

Later van jare het ek kennis gemaak met die swartwoudtrifle, gemaak met lae donker sjokoladekoek, room en karamelkondensmelk. Bo-op die lekkerste soet vars kersies.
Vanjaar het ek besluit om daardie trifle ‘n slaggie weer af te stof. Die koek het ek geur gegee met Carmién se Floral Berry rooibostee. Dit het ek saam met vars aarbeie en bloubessies in ‘n jellie gestol wat ek ook met die einste Floral Berry rooibostee gemaak het. Bo-op, pleks van room, liggies versoete romerige maaskaas en natuurlik hope vars bessies. Dit vertoon indrukwekkend as jy dit in ‘n lang glasvaas maak sodat mens die lagies mooi kan sien. Skep diep en groot sodat jy al die lekkerte kan proe!
Geniet gerus die trifle met ‘n glasie granache noir van Piekenierskloof. Die geure komplementeer mekaar lekker.

BLACK FOREST TRIFLE

This yummy trifle is layered with flavours of chocolate cake, berries, and a Floral Berry rooibos tea jelly which complements the chocolate and berries beautifully. Final touches are a not-too-sweet creamed cheese topping finished with lots of fresh cherries.

CAKE

  • 500 ml (2 cups) cake flour
  • 180 ml (¾ cup) cocoa
  • 250 ml (1 cup) oats
  • 10 ml (2 tsp) bicarbonate of soda
  • 2.5 ml (½ tsp) salt
  • 500 ml (2 cups) warm Carmién Floral Berry rooibos tea, made with 6 tea bags
  • 100 ml canola oil
  • 30 ml (2 tbsp) apple cider vinegar
  • 250 ml (1 cup) sugar

JELLY

FRUIT

  • 250 g strawberries, halved
  • 125 g blueberries

TOPPING

  • 2 x 230 g creamed cottage cheese
  • About 60 ml (¼ cup) icing sugar
  • 250 g fresh cherries

Preheat the oven to 180°C. Spray an oven pan with cooking spray.

  1. CAKE: Place the cake flour, cocoa, oats, bicarbonate of soda, and salt in a large mixing bowl and mix well.
  2. Combine the rooibos tea, oil, vinegar, and sugar in another bowl and mix well. Add to the dry ingredients and mix well till smooth.
  3. Pour into the prepared tin and bake for about 30–40 minutes till a testing skewer comes out clean from the middle of the cake. Allow to cool and turn out. Cut into pieces.
  4. JELLY: Mix the rooibos tea with the brandy or cherry liqueur.
  5. Mix the gelatine with a little bit of the warm tea and mix till dissolved (place in the microwave for a few seconds if needed, just be careful that the mixture does not boil).
  6. Slowly add to the rest of the tea and mix well.
  7. Arrange a layer of cake in the bottom of a glass bowl or vase. Arrange a layer of strawberries and blueberries on top, and repeat the layers.
  8. Carefully pour over the jelly, place in the refrigerator, and allow to set.
  9. Mix the creamed cheese and icing sugar and spoon over the berry layer.
  10. Arrange the cherries on top. Refrigerate until needed.

Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai

Niks bring my so in die gees van Kersfees soos ‘n pragtige Kerskrans nie – dit kan maar net eenvoudig getooi wees in groen of grys blare of andersins milddadig versier met linte en kersbolletjies. Bring die Kerskransidee tafel toe en maak ‘n slaai wat in ‘n kerskransvorm gepak is – groen en rooi met broccoli en sonrooi tamaties. Die slaaisous is heerlik met songedroogde tamaties waarby ‘n tikkie gemmer en brandrissie gevoeg is in die vorm van Carmién se Revive groen rooibostee. Pragtig om kleur en geur aan die kerstafel te verskaf.
En dan kan ek my bykans nie ‘n Kersfeestafel indink sonder ‘n lekker bruingebraaide lamsboud nie, selfs al word ‘n koue ete beplan. Dit laat my sommer terugverlang na die wonderlike Kersetes op die plaas waar die hele uitgebreide familie van sommer maklik 50 stuks van ons Kersdag bymekaargekom het.
Elkeen het sy uithalergereg gebring; my ma het baie keer gesorg vir die lekkerste skaapboud. Die lekkerte van ‘n skaapboud is mos dat dit warm of by kamertemperatuur kan voorsit. Saam met ment is dit ‘n feesmaal. Eers smeer ek die boud in met ‘n Marmite-mengsel wat gefaamde sjef en restaurateur, Jacques Erasmus, my nog geleer het en dan gaar ek die boud verder in ‘n ment-rooibostee. Ja, reg geraai, die geurige Creamy Mint groen rooibostee van Carmién, en gebruik die pansappe dan as basis vir die sous. Heerlik, heerlik, heerlik!

LEG OF LAMB ROAST WITH MINT

Mint is the perfect companion for lamb. With this easy-to-prepare recipe, you can’t go wrong in creating a masterpiece and impressing your guests. The leg of lamb is roasted in a creamy mint green rooibos tea which makes the tastiest gravy. Green rooibos, with its herbal notes, is ideal to use with meat and savoury dishes. Serve the meat with roasted rosemary potatoes.

  • 1 leg of lamb of about 3.5 kg
  • Salt and pepper
  • 30 ml (2 tbsp) Marmite
  • 30 ml (2 tbsp) Dijon mustard
  • 30 ml (2 tbsp) soft brown sugar
  • 30 ml (2 tbsp) olive oil
  • 2–3 onions, sliced
  • 1 head of garlic, halved
  • About 250 ml (1 cup) creamy yoghurt
  • 4 Carmién Creamy Mint Green Rooibos tea bags
  • Fresh mint for garnishing
  1. Preheat the oven to 160°C.
  2. Rub the leg of lamb with salt and pepper.
  3. Mix together the Marmite, mustard, sugar, and olive oil and smear all over the meat.
  4. Place the onions and garlic in an oven-roasting pan and place the meat on top.
  5. Make a strong tea with the 4 green rooibos tea bags and pour it into the roasting pan. Cover the pan and oven-roast as follows: for medium-cooked meat, allow 20–25 minutes per 500 g plus 20–25 minutes extra (internal temperature: 70°C).
  6. Remove the lid or cover for the last 20 minutes to allow the meat to brown all over.
  7. Remove the leg of lamb from the pan and place it on a serving platter. Cover lightly and rest for 10 minutes before slicing the meat. Garnish with a bundle of fresh mint if you like.
  8. Add yoghurt to the pan juices and mix well. Cook on the stove until reduced. Serve with the meat.

For the potatoes:
Place baby potatoes in a roasting pan, season with salt and plenty of fresh rosemary sprigs, and grate over at least 6 cloves of garlic. Sprinkle over some olive oil and place in the oven next to the meat for about 1 hour until done and crisp. Scatter over some feta cheese just before serving.

BROCCOLI AND TOMATO WREATH

A tasty and colourful salad that simulates Christmas.

SALAD DRESSING

  • Large handful each of basil, parsley, and chives
  • 4–6 sundried tomatoes
  • 2 cloves garlic, peeled
  • Finely grated rind and juice of half a lemon
  • 80 ml (⅓ cup) olive oil
  • 100 g sunflower seeds (optional)
  • Salt to taste
  • About 125 ml (½ cup) Carmién Revive with green rooibos, ginger, and chilli, made with 1–2 bags

SALAD

  • 1 head of broccoli, broken into florets
  • 250 g baby tomatoes, a variety of colours
  • 1 red onion, finely sliced
  • 12–16 green olives
  • 125 ml (½ cup) sultanas
  • 100 g mozzarella slices, cut into stars with a cookie cutter
  1. SALAD DRESSING: Place all the ingredients, except the rooibos tea, in a NutriBullet or blender and blend until fine. Add just enough rooibos tea to make a runny dressing.
  2. Pour some boiling water over the broccoli, drain, and rinse under cold water. Press dry.
  3. Mix all the ingredients for the salad except the cheese stars.
  4. Add some dressing to the salad ingredients and mix well.
  5. Arrange the salad ingredients in a circle around the edge of a round serving plate. Pour over some more dressing if needed and garnish with the cheese stars. Serve cold.

Dis Kersfees

2024 lê bykans op sy rug en almal is besig om reg te skud vir die feesgety. Begin sommer vroegtydig beplan aan hoe julle Kersfeestafel vanjaar daar gaan uitsien. Dek dit uitspattig in helder kleure om sonnige Suid-Afrika te weerspieël.
Beplan ‘n buitetafel op die stoep of onder ‘n lekker koelteboom in die tuin. Gooi ‘n mooi tafeldoek oor, want vanjaar het ek ‘n helder mosterdkleurige een gekies met skokpienk servette en swart borde. Vir elegansie het ek verder gedek met kristalglase en silwer messegoed. Bloekomblare sorg vir die aardse gevoel.

Maak jou eie kandelaar met lint en gebreekte porselein (ek het stukke van my oudste borde, party wat geslagte terug dateer, gebruik) en hang dit bo-oor die tafel. Dit lok terselfdertyd ook lekker geselskap uit. En natuurlik kan daar nooit te veel kerse wees om die feestelikheid af te rond nie.

Maak ook seker dat die area rondom jou tafel mooi getooi is. Moenie skroom om van jou binnemeubels buitentoe te dra vir effek nie. Dit verskaf ekstra neersit- en uitstalplek. Vars blomme, optelgoed uit die natuur, (ek het ‘n paar vinknessies gebruik), selfs kruie in terracotta-potte of in kissies sorg vir interessantheid, groenigheid en sagtheid op die patio.

Die spyskaart wat ek vir vanjaar se Kersfeesete beplan het, kan warm of koud bedien word.
Vir voorgereg is daar ‘n vars nektarienslaai met prosciutto saam met ‘n heerlike vrugtige slaaisous, gemaak met Carmién se Passion Peach rooibos tee.
Lamsboud, gaargemaak in Carmién se Creamy Mint Green rooibostee en voorgesit met ‘n romerige sousie wat daarmee gemaak word, smaak voortreflik saam met roosmaryn-braaiaartappels.
Vir slaai is daar ‘n keurige broccoli-tamatieslaai wat alte spoggerig in ‘n kransvorm voorgesit word.
En vir poeding gaan jy jou ooreet aan die lekkerste Swartwoud-trifle, gemaak met sjokoladekoek wat saam met baie bessies in ‘n Floral Berry-jellie gestol word en bo-op soeterige romerige roomkaas afgerond met kersies. Mooi en lekker verby, maar glad nie so ryk dat jy ooreet voel nie.

Hou dop, want vanaf nou tot kort voor Kersfees gaan ek elke week video’s, foto’s en ook die resepte daarvoor vir julle deurgee.

Koekies vir die feestyd

En sowaar, voor ons alweer kom kry, lê die jaar op sy rug en is ons besig om reg te skud vir die feesseisoen. In my grootwordhuis is daar jaarliks ook verwoed koekies gebak sodat die blikke vol kon wees vir wanneer die familie arriveer. Brosbrood, koffiekoekies, gemmerkoekies, speserykoekies en vele meer. Later van tyd is ons bederf met die heerlikste verskeidenheid koekies wat skoonsus Martie jaarliks vir ons bak. ’n Groot verligting vir my, want in die media-wêreld beteken jaareinde ook dubbele saktye met min tyd te spaar vir jouself. As ek wel tog soms ’n afknyp-tydjie het, bak ek koekies waarmee jy sommer kortpad kan vat, soos die vrieskaskoekies; maak ook graag ’n glutenvrye koekie wat self ook nie veel mengwerk verg nie en dan is ek natuurlik versot op biscotti… heerlik vir ietsie soets na ete. Lekker bak en hou die koekblikke vol.


VEELSYDIGE BISCOTTI

Ek hou van biscotti wat sonder botter gemaak word. Hier is lekker baie variasies, van een met sjokolade, amandels en selfs gemmer. Geniet na ete saam met koffie of sit dit voor met tee.


Maak 15–20 biscotti
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 25 min
Uitdroogtyd: 20 min

  • 3 ekstra groot eiers
  • 160 ml (2/3 k) suiker
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • Knippie sout
  • 500 ml (2 k) koekmeel

Byvoeging

  • 100 g pistasieneute, grof gekap
  • 100 g bosbessies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat.

  1. Klits die eiers en suiker tot lig en romerig. Klits die vanieljegeursel by.
  2. Sif die droë bestanddele by en meng goed deur die eiermengsel. Voeg enige van die byvoegings by (sien ook variasies).
  3. Vorm in ’n bol en plaas op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Werk met klam hande, want die deeg kan effe taai raak.
  4. Verdeel die deeg in twee gelyke dele en vorm in twee ovaalvormige broodjies. Plaas op die gesmeerde bakplaat.
  5. Bak 25 minute tot effens bruin en ferm. Laat omtrent 10 minute op die bakplaat afkoel.
  6. Sny dan in dun diagonale skyfies van omtrent 5 mm met ’n riffeltandmes.
  7. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Pak die biscotti-skyfies in ’n enkellaag op ’n draadrakkie op ’n bakplaat. Bak 10 minute aan elke kant tot droog.
  8. Laat goed afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

VARIASIES
Sjokolade-biscotti: Vervang 125 ml (1/2 k) van die koekmeel met kakao en die pistasieneute en bosbessies met gekapte pekanneute.
Amandelbiscotti: Vervang die totale hoeveelheid neute en bosbessies met heel amandels.
Gemmerbiscotti: Vervang die totale hoeveelheid neute en bosbessies met gekapte ingemaakte gemmer.

VIR LAE KOOLHIDRAAT-BISCOTTI: Vervang die suiker met eritritol en die koekmeel met fyngemaalde amandels.


VRIESKASKOEKIES

’n Absolute staatmaker om in die vrieskas gereed te hê. Die deegmengsel word in ’n rol gerol en dan in die vrieskas gedruk. Soos jy lus kry vir koekies bak, sny jy skyfies van die rol af en bak die lekkerste koekies. Die resep het ook lekker baie variasies: van koffiekoekies, sjokolade- en gemmerkoekies tot neute-, amandel- en klapperkoekies.

Maak sowat 20 koekies per mengsel
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 12–15 min
Vriestyd: 24 uur

  • 600 g (5 k) koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 2 ml (1 t) sout
  • 400 g botter, in blokkies gesny by kamertemperatuur
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 1 blik (387 g) kondensmelk
  1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  2. Room die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die kondensmelk by en meng tot glad.
  3. Vou die droë bestanddele en enige van die variasies by die bottermengsel in.
  4. Rol in rolle van sowat 5 cm in deursnee elk. Rol toe in waspapier en plaas 24 uur in vrieskas.
  5. Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 3 groot bakplate met kossproei.
  6. Sny deeg in skyfies van 5 mm dik soos benodig. Sprinkel koekkonfetti of neute oor soos genoem by koekies. Pak op die bakplate en bak sowat 12–15 min. of tot ligbruin. Laat afkoel. (Hou res van deeg in vrieskas vir latere gebruik).

VARIASIES

  1. Klapperkoekies: Voeg 250 ml (1 k) klapper by die droë bestanddele en meng in by die bottermengsel.
  2. Sjokoladekoekies: Vervang 70 g van die koekmeel met kakao.
  3. Neutekoekies: Voeg 100 g elk bosbessies en gekapte pistasieneute by.
  4. Amandelkoekies: Voeg 100 g elk fyn amandels en rooikersies by.
  5. Gemmerkoekies: Voeg 15 ml (1 e) fyn gemmer by die basiese vrieskaskoekiemengsel en meng goed.
  6. Koffiekoekies: Voeg 10 ml (2 t) kitskoffiekorrels by die deeg.

MAKLIKE SJOKOLADE-EN-KLAPPERBOLLETJIES

Hierdie heerlike glutenvrye koekies bevat geen koekmeel of botter nie en die suiker is versiersuiker.

Lewer 20–30 bolletjies
Bereiding: 10 min
Bak: 20 min

  • 70 g kakao
  • 200 g versiersuiker
  • 300 g fyn klapper
  • ’n Knippie sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 4 eierwitte, effens geklits

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Plaas al die droë bestanddele in ’n bak en meng goed. Voeg die vanielje by.
  2. Voeg die eierwitte bietjies-bietjies by en meng liggies deur tot goed gemeng.
  3. Skep hopies met ’n roomyslepel (of ’n 15 ml-maatlepel) uit en druk die mengsel goed vas aanmekaar.
  4. Pak op die bakplaat.
  5. Bak 15 min. of tot gaar. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Gasvry sonder moeite

Dis lekker om te sien hoe ‘n kosvriendin vlerke kry en hoog vlieg. Elmarie Berry, kosblogger en outeur van die kookboek, Kosbaar, se tweede boek, The Table, Heartbeat of the Home, wat onlangs by Penguin Random House South Africa uitgegee is, is reeds in ’n tweede druk. ‘n Groot prestasie in die wêreld van hedendaagse kookboeke!

Elmarie het grootgeword in haar Libanese ouma se kombuis en het leer kook van beide hierdie ouma en haar ma. Sy kombineer graag die resepte van beide om sodoende Suid-Afrikaanse kos met ’n Libanese invloed te skep.

Sy onthou hoe sy as jong dogtertjie elke Sondag by haar Libanese ouma geëet het. Dié sou haar 16-sitplek tafel dek met die mooiste tafeldoek en beste silwerware, nes regte “royalty”. Daar het sy geleer hoe om eetware korrek te gebruik – in die regte volgorde, van buite na binne. Hulle het gesmul aan Libanese geregte soos labneh, kibbeh en geroosterde hoender, voorgesit met gepekelde suurlemoen. Hul maaltye was gevul met die heerlikste Libanese geure, gelaai met vars vrugte, groente en kruie. Dadels, olywe en olyfolie, soms is hulle selfs getrakteer op ‘n kosbare stukkie halva.

Sy onthou die vrugtebome in haar ouma se agtertuin: suurlemoen, vye en appelkoos – daarmee het sy die lekkerste appelkooskonfyt gekook en die konfytflesse gevul met allerlei heerlikhede. Haar ouma het haar geleer om die mooiheid van die klein dingetjies in die lewe te waardeer, om die geur van elke bestanddeel te proe en te troetel, maar bowenal om te lag terwyl jy kook, vertel Elmarie.

Die boek, The Table, the Heartbeat of the Home, is ‘n samekoms van heerlike Suid-Afrikaanse geure, verweef met ‘n sterk Midde-Oosterse invloed; die resepte ‘n kombinasie van tradisie en vernuwing. Die resepteboek is jou go-to gids vir stresvrye onthaal wat wissel van informele samekomste tot die viering van spesiale geleenthede. Die fokus is op maklike dog heerlike geregte wat beslis gaan beïndruk sonder om te intimideer. Die boek is in toonaangewende boekwinkels beskikbaar. Elmarie bied ook kookklasse aan en kan gekontak word op haar webtuiste: www.elmarieberry.com

LEBANESE SHREDDED LAMB WITH ROSMARINO PASTA

Serves 6

For large family gatherings, this dish is your go-to. It’s delicious, bold and easy to make, and your family will come back for seconds. Tip from my mom: Add a ground coriander rub to the lamb and cook it overnight for the most tender meat.

  • 1 x 2kg leg of lamb
  • 30ml ( 2T) ground coriander
  • Salt and freshly ground black pepper
  • 125ml (½c) water
  • 2 onions, sliced into rings
  • 1 x 410g can chopped tomatoes
  • 250ml (1c) white wine
  • 750ml (3c) boiling water
  • 500g rosmarino or orzo (rice) pasta

TOPPINGS

  • 2 x rounds of feta
  • Juice and zest of 1 lemon
  • Pomegranate seeds
  • Fresh mint, chopped
  • Salt and freshly ground black pepper

Preheat the oven to 150°C.

  1. Rub the leg of lamb with ground coriander and season with salt and pepper.
  2. Spread the chopped onion over the bottom of an ovenproof dish.
  3. Add the lamb and the ½ cup of water to the dish. Put on the lid or cover with foil and bake for 3–4 hours until soft. Take the lamb out and shred the meat.
  4. Mash the onions with a potato masher inside the dish, add the tomatoes, wine and the boiling water. Add the pasta and simmer on the stovetop for 8–10 minutes until al dente.
  5. Stir in the shredded meat and cook for another 5 minutes.
  6. Sprinkle with the feta, lemon juice and zest, pomegranate seeds and mint.

Season to taste.

PHYLLO FETA PARCELS WITH CHILLI HONEY AND MANGO ROCKET SALAD

Serves 8

The perfect dish for summer which can be served as a main or a starter. It is fresh and light and full of delicious flavours. The little phyllo parcels add just the right amount of creamy goodness as an unexpected surprise.

PHYLLO FETA PARCELS

  • 4 blocks feta, cut into quarters
  • 4 sheets phyllo pastry (about 48cm x 25cm), cut into quarters
  • Extra virgin olive oil

SALAD DRESSING

  • 2 cloves garlic, finely chopped
  • Thumb-size piece of fresh ginger, finely chopped or grated
  • 5ml (1t) dried chilli flakes
  • 60ml (¼c) soy sauce
  • 15ml (1T) honey
  • Juice of 2 limes
  • 30ml (2T) water
  • 60 ml (¼c) extra virgin olive oil

MANGO ROCKET SALAD

  • 100g rocket leaves
  • 2 mangoes, sliced into thin strips
  • 3 spring onions, sliced
  • 2–3 bushy sprigs fresh mint, leaves picked and sliced
  • 1 small cucumber, sliced lengthways into ribbons with a Y-shaped peeler
  • Salt and freshly ground black pepper

TO SERVE

  • Chilli honey
  • 30ml (2T) sesame seeds, toasted

For the phyllo parcels, preheat the oven to 200°C.

  1. Wrap each rectangle of feta in a piece of phyllo pastry and use a little oil or water to seal the seam on the underside. Brush each parcel with olive oil. Place on a baking tray lined with baking paper and bake them for 20 minutes, until golden brown.
  2. Make the salad dressing by placing the garlic, ginger and chilli in a small pan with the soy sauce, honey, lime juice and 2 tablespoons water. Heat slowly, stirring, for about 5 minutes, then remove from the heat and leave to cool. Whisk in the olive oil.
  3. Toss all the salad ingredients together and drizzle with the dressing. Arrange the feta parcels on top, and drizzle with chilli honey and sesame seeds. Serve immediately.

ORANGE BLOSSOM PAVLOVA WITH PISTACHIO CREAM FILLING AND STRAWBERRIES

Serves 6–8

This recipe has always been an absolute favourite amongst my family and friends. It is the perfect combination of Middle Eastern flavours in one dessert.

PAVLOVA

  • 6 large eggs whites, at room temperature
  • 375ml (1½c) castor sugar
  • 30ml(2T) lemon juice
  • 10ml (2t) orange blossom water
  • 15ml (1T) cornflour

CREAM FILLING

  • 500ml (2c) cream
  • 125ml (½c) pistachios, chopped in a blender or pistachio nut butter
  • 10ml (2t) orange blossom water
  • 30ml (2T) icing sugar

TO SERVE

  • 250ml (1c) fresh strawberries, quartered
  • Pistachios
  • 60ml (¼c) pomegranate seeds or edible flowers

Preheat the oven to 120°C.

  1. Use an electric mixer to whisk the egg whites in a clean, dry bowl until soft peaks form. (Ensure the bowl is clean, as any fat or spots of egg yolk can prevent the egg whites from fluffing up.)
  2. Gradually add the castor sugar, one tablespoon at a time, beating well after each addition, until the meringue is thick and glossy and the sugar is completely dissolved. Add the lemon juice, orange blossom water and cornflour and fold gently to combine.
  3. Line a baking tray with baking paper and spray with cooking spray.
  4. Spoon the meringue onto the tray into a circle with an extra layer around the edges to form a ‘bowl’. Bake for 1½ hours. Turn off the oven, leave the door closed and allow to cool completely. This stops the pavlova from cracking. (Follow the same method to make individual pavlovas).
  5. To make the cream filling, beat the cream until soft peaks form, add the nuts or nut butter, orange blossom water and icing sugar. Mix well. Just before serving, spoon the mixture on top of the pavlova and decorate with the fresh strawberries, pistachios and pomegranate seeds or edible flowers.

DATE PUDDING WITH SESAME ICE CREAM AND SALTED CARAMEL

Serves 6

My granny always served date pudding with vanilla ice cream. I have adapted this recipe and serve it with a very easy-to-make sesame ice cream, using store-bought vanilla ice cream.

DATE PUDDING

  • 500ml (2c) milk
  • 375g pitted dates, coarsely chopped
  • Scraped seeds of 1 vanilla pod
  • 5ml (1t) bicarbonate of soda
  • 120g softened butter
  • 250ml (1 c) castor sugar
  • 3 eggs
  • 225g  (1½c)self-raising flour, sieved
  • Pinch each of ground allspice and ground cinnamon
  • Toasted sesame seeds, to serve

SESAME ICE CREAM

  • 2 litres vanilla ice cream
  • 125ml (½c) tahini

SALTED CARAMEL

  • 250ml (1c) sugar
  • 100ml water
  • 180ml (¾c) pouring cream
  • 50g unsalted butter
  • 2,5ml (½t) fine sea salt
  1. To make the sesame ice cream, leave the ice cream out for 15 minutes until soft, then scoop the ice cream into an electric mixer fitted with the K hook. Add the tahini and mix through. Pour into the ice cream tub and freeze until you are ready to serve. You can also mix the tahini into the ice cream by hand.
  2. For the salted caramel, combine the sugar and water in a saucepan, bring to the boil over a medium-high heat, stirring to dissolve the sugar. Brush down the sides of the pan with a wet pastry brush and cook until a dark caramel forms (10–15 minutes). Add the cream, butter and sea salt (be careful as the hot caramel will spit), stir until dissolved (1 minute) and set aside.
  3. To make the date pudding, combine the milk, dates and vanilla in a saucepan over a medium heat and bring to the boil. Remove the pan from the heat and add the bicarbonate of soda. Set aside to cool (1 hour).
  4. Preheat the oven to 175°C. Beat the butter and sugar in an electric mixer until smooth, pale and fluffy, then add the eggs one at a time, beating well after each addition. Add the flour, spices and cooled date mixture and mix just to combine. Divide the batter among six buttered and floured 9cm-diameter cake tins. Lightly tap the tins on the work surface to level, then bake on a tray, turning the tray occasionally, until the cakes are golden and spring back when touched (30–40 minutes). Cool slightly, then turn out onto plates or serve warm in the tins, with a scoop of sesame ice cream topped with salted caramel and a scattering of sesame seeds.

NO-BAKE CHOCOLATE CHEESECAKE

Serves 6–8

I love making yummy desserts for my friends and family. With no baking required, this cheesecake is so easy to make.

BISCUIT CRUST

  • 2 x 200g packets digestive biscuits
  • 200g butter, softened

FILLING

  • 2 x 250g tubs smooth cream cheese
  • 250ml (1c) cream
  • 15ml (1T) cooled espresso
  • 400g milk chocolate

GARNISHES

  • Fruit, chocolate shavings, edible flowers, crushed nuts
  1. Grease a springform tin, cover the base with foil and grease again.
  2. Blitz the biscuits and butter in a food processor until the mixture looks like sand. Spoon the crushed biscuits into the tin, pat them down to create a crust on the bottom, and put in the fridge to set.
  3. For the filling, mix the cream cheese, cream and espresso.
  4. Melt the chocolate, fold it through the cream mixture, then pour it onto the crust. Let it set overnight in the fridge. Garnish as desired.

PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE

Ek was die afgelope tyd besig met ‘n baie opwindende projek waaroor ek julle bietjie later meer sal vertel, so ek kon ongelukkig nie veel tyd op sosiale media verwyl, interressante plekkies besoek of nuwe resepte ontwikkel nie. Gelukkig het ek ‘n magdom heerlike resepte wat my telkens verstom laat as ek dit ‘n slaggie weer probeer. So ‘n resep is hierdie beproefde pizza-resep, die kors bak lekker bros in ‘n gewone oond (daar is ‘n paar trieks) en dis veral die tamatiesous wat dit uitstaande lekker maak. Die resep het ek ook opgeneem in my laaste boek, Lekker&Goed wat handel oor heilsame kos wat absoluut heerlik is. Ek sien Bargain Books hou ‘n paar kopieë aan, andersins kan jy aanlyn bestel by CarmienTea of ook direk by die Carmienwinkel wat by DeTol op Piekenierskloof, Citrusdal is, gaan koop.

Ek hou van ‘n pizzakors wat papierdun en lekker bros is – nogals ‘n uitdaging as jy dit in ‘n gewone oond wil doen. Die resep hiervoor het ek jare terug in Johannesburg raakgeloop waar dit vir kosmarkte berei is. Probeer ook gerus die klappermeelkors – die beste minkoolhidraat-pizzakors wat ek tot dusver uitprobeer het en so maklik om te maak. Die geheim is dat jy hom moet bak tot lekker bros. Die tamatiesous word binne ‘n ommesientjie in die mikrogolf gemaak en is werklik baie geurig.

DEEG
5 x 250 ml (5 k) klipgemaalde witbroodmeel
15 ml (1 e) olyfolie
10 ml (2 t) sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
500 ml (2 k) louwarm water

BOLAE
Olyfolie
Mieliemeel om oor te strooi
Tamatiesous (sien resep onder)
Kombinasie van gerasperde mozzarellakaas en wit Cheddarkaas
Bolae van jou keuse (sien lys)

Voorverhit die oond tot 230°C. Plaas ‘n omgekeerde bakplaat (dit help dat dit makliker afgly) in die oond om goed warm te word voordat jy die pizzabasisse oppak.

  1. DEEG Plaas al die bestanddele vir die deeg, buiten die louwarm water, in die mengbak van ‘n voedselverwerker. Giet die water deur die tuit by en meng tot goed gemeng, so 7–10 minute en die deeg in ‘n bol rondom die lem vassit. Die deeg is effe klewerig. Verwyder uit die bak, vorm in ‘n bol, verf met olyfolie, bedek en laat rys tot dubbel die grootte.
  2. Verdeel die deeg in 4 (8 vir kleiner pizzas) bolletjies en rol so dun as moontlik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
  3. Bestrooi die warm bakplaat met mieliemeel en plaas die basis(se) bo-op (dis nie nodig om hul weer te laat rys nie). Plaas die bakplaat so na as moontlik aan die onderste element en bak 5–7 minute tot gaar maar nie bruin nie.
  4. Haal uit die oond en smeer ‘n dun lagie tamatiesous oor. Strooi kaas oor en pak bolae van jou keuse op (sien variasies).
  5. Skakel die boonste roosterelement van die oond aan en rooster tot die kaas net gesmelt het.

TAMATIESOUS
750 g pruimtamaties (Roma), ontvel en in klein stukkies gesny
80–125 ml (¼–½ k) songedroogde tamaties in vinaigrette, gekap
6 knoffelhuisies, fyngedruk of gerasper

Plaas al die bestanddele in ‘n glasbak en mikrogolf 10 minute by 100 persent krag tot die sous nie meer waterig is nie. Roer elke 3 minute. (jy kan ook die sous in ‘n kastrol op die stoof maak). Laat goed afkoel.

BOLAE
Smeer tamatiesous oor elke basis, strooi gerasperde mozzarella- en wit Cheddarkaas oor en pak enige van die onderstaande op.

• Fetakaas, tuna of hoenderskaafsels, geroosterde soetrissies, swart olywe en baba-spinasieblare. Bak en stapel skywe avokado op, geur goed met sout en peper. Rond af met roket.
• Basiliepesto, kersietamaties, swart olywe, sampioene en bocconcini of feta-kaas. Bak tot gaar en stapel basilieblare bo-op.
• Pikante pepers, rooi uie en oondgebraaide botterskorsie. Bak tot kaas gesmelt is. Rond af met roket.
• Tuna, murgpampoentjieskaafsels, olywe, rooi uie en kappertjiesaad. Bak tot die kaas gesmelt is en rond af met roket of basilieblare.
• Kersie-tamaties, broccoli, pynappel, groen olywe en gepluisde gaar hoender gemeng met bietjie geroomde maaskaas met grasuie. Bak tot die kaas gesmelt is. Rond af met roket.
• Varkrafelvleis, pynappelstukkies, coleslaw, gepiekelde gemmer, afgerond met sesamsaad (dis nie nodig vir kaas nie).

KORINGMEELLOSE PIZZAKORS

Die beste minkoolhidraatkors wat ek tot dusver uitprobeer het.

Maak 1 mediumkors
Mengtyd: 5 min
Baktyd: 30 min

250 ml (1 k) klappermeel
45 ml (3 e) psyllium husk
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) groentepoeier (ek gebruik Ina Paarman se vegetable spice)
60 ml (4 e) olyfolie
500 ml (2 k) warm water
Olie om bo-oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die droë bestanddele saam.
Meng die olie en warm water en voeg by. Meng tot deeg.
Druk nou so dun as moontlik op ‘n groot bakplaat wat met ‘n silpat uitgevoer is uit.
Bak 25 minute by 180°C sonder bolae. Verhoog die temperatuur na 200°C.
Prik gaatjies in die kors en smeer mildelik met olie. Bak ‘n verdere 7–10 minute of tot die kors lekker bros rondom die kante is; dit mag dalk bietjie oppof, prik maar net weer plat.
Smeer daarna met tamatiesous, sprinkel bietjie gekapte songedroogde tamatie oor en rasper kaas oor. Pak bolae op, rasper weer bietjie kaas oor en bak tot die kaas gesmelt is.

Somerse Boerekos

Laas week land hier ‘n pakkie, tot boordens toe gelaai met brood en wyn, konfyt en nog vele ander lekkernye by my. Dis van Arina du Plessis, kosredakteur van Landbou-Boerekos. Daarby die someruitgawe van die treffer-tydskrif, Landbou Boerekos, die someruitgawe. Voorop ‘n skottel frikadelle, die frikadelle wat Miriam Onewang, die ontslape Peter Veldsman se jarelange huishoudster, altyd spesiaal vir hom gemaak het. Dadelik kry ek my sit met ‘n stomende koppie koffie en begin deurblaai. Buiten die besonderse storie wat Arina skryf oor hierdie kos-ikoon is daar ook stories (en resepte) met ses boere wat hul toespits op herleweingslandbou en hul filosofie van “gesonde grond, gesonde kos” elke dag  uitleef. Arina kuier op plase van die Wes-Kaap tot in Limpop en maak kos met die plaasprodukte, onder andere ook tamaties. Vanuit haar toetskombuis kom daar resepte vir kleinkoekies en dekadente nageregte, net reg vir die feestyd. Hul vier die trots Suid-Afrikaanse kultivar, Pinotage se 100ste verjaarsdag en maak ook ‘n draai by agt wynmakers. Selfs Suid-Afrika se eerste Michelen-sjef, Jan van der Westhuizen, vertel sy storie van plaaskind tot internasionale restaurateur en veelbekroonde sjef. Hy deel ook sy spesiale spyskaart vir die Kerstafel. Soos altyd hou Arina nie terug nie en die uitgawe is tjok en blok met 100 beproefde resepte. LandbouBoerekos is by supermarkte te koop teen slegs R105. Ek het ‘n paar smullekker tamatie-resepte gekies, net reg om die gul somer uitbundig te vier.

Resepte en stilering: Arina du Plessis

Foto’s: Lee Schwagele

Romerige chorizopasta met gebarste tamaties

  • 1 chorizowors
  • 125 ml (1/2 k) olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, dungesny
  • 750 g kersie- of klein rosa-tamaties
  • 125 ml (1/2 k) room
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 pak (500 g) spaghetti of ander lintnoedels
  • 45 ml (3 e) grofgeskeurde basiliekruidblare
  • parmesaanskaafsels, om af te rond

Trek die velletjie van die chorizowors af en kap die worsvleis fyn. Verhit 45 ml van die olie in ’n diep pan en braai die chorizo daarin tot bros en geurig. Voeg die knoffel by en braai verder tot die knoffel sag is, maar nie bruin nie. Skep die mengsel in ’n bakkie uit en hou eenkant.

Giet die orige olyfolie in die pan en verhit tot warm. Voeg die kersietamaties by en braai tot die skille bars. Verwyder van die hitte en voeg die chorizomengsel, room, sout en peper by. Meng liggies en hou eenkant warm. Kook die pasta in ’n groot kastrol met vinnig kokende soutwater tot net gaar. Dreineer en voeg dit dadelik by die warm tamatiesous. Geur weer na smaak met sout en peper, strooi die basiliekruidblare oor en rond af met parmesaan­skaafsels. Sit dadelik voor.

Lewer 6 porsies.

Tamatie-plathoender

  • 1 groot heel hoender
  • Olyfolie
  • 30 ml (2 e) fyn koljander
  • 30 ml (2 e) paprika
  • 30 ml (2 e) komyn
  • 30 ml (2 e) swartpeper
  • 10 ml (2 t) sout

Sous

  • 250 ml (1 k) tamatiepuree
  • 60 ml (1/4 k) vars suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 45 ml (3 e) bruinsuiker
  • 45 ml (3 e) worcestersous
  • 45 ml (3 e) olie
  • 45 ml (3 e) blatjang
  • 15 ml (1 e) appelkooskonfyt

Gebruik ’n skerp skêr en knip die hoender van die borsbeen af tot onder oop. Vou die hoender oop, draai om en druk dit met jou hande plat. Bedruip met olyfolie. Rooster die speserye en sout in ’n droë pan tot geurig en laat afkoel. Vryf die hoender goed daarmee in. Sit die hoender in ’n plastieksak, druk al die lug uit die sak en verseël. Verkoel vir minstens 2 uur, maar verkieslik oornag. Meng al die bestanddele vir die sous.

Braai die hoender stadig in ’n toeklaprooster oor matige kole en draai gereeld om. Sodra die hoender halfgaar is, begin dit met die sous verf ná elke draai van
die rooster. Braai verder tot gaar. As jy twyfel of die hoender gaar is, wikkel aan sy boude. As dit los voel of dat dit maklik kan afbreek, is die hoender reg. Sit voor met slaaie of bykos van jou keuse.

Lewer 6 porsies.

Tamatie-en-fetaplatbrode
’n Lekker variasie op ’n pizza – heerlik vir ’n stoepkuier op ’n somersdag.

Platbrode

  • 500 ml (2 k) bruismeel
  • 5 ml (1 t) sout
  • 310 ml (11/3 k) dik natuurlike jogurt

Fetasmeer

  • 3 wiele fetakaas, grof gekrummel
  • 250 ml (1 k) dik natuurlike jogurt
  • Varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 ml (ruim ½ t) gemengde droë Italiaanse kruie

Geroosterde tamaties

  • 500 g rosa- of kersietamaties
  • 2 koffelhuisies, dun gesny
  • 80 ml (1/3 K0 olyfolie
  • Seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ml (2 t) balsamiese asyn
  • Jong basiliekruidblaartjies en goeie olyfolie, om af te rond
  • Jong basiliekruidblaartjies en goeie olyfolie, om af te rond

Platbrood: Meng die meel en sout in ’n groot bak. Voeg die jogurt by en maak aan tot ’n deeg. As die deeg baie klam is, voeg ’n bietjie ekstra meel by tot dit nie aan jou hande vassit nie. Verdeel die deeg in 6-8 stukke en rol elke stuk op ’n meelbestrooide oppervlak plat uit in ’n reghoekige of ovaal vorm. Verhit ’n droë, kleefvrye riffelpan en braai die brood vir ongeveer 2  minute aan elke kant tot goudbruin buite en deurgaar. Haal dadelik uit die pan en verf die warm brood aan albei kante met ’n lagie gesmelte botter of olyfolie. Hou eenkant.

Fetasmeer: Verwerk al die bestanddele vir die smeer in ’n voedselverwerker tot romerig. Skep uit, bedek en hou eenkant.

Tamaties: Voorverhit die oond tot 220 °C. Sny die helfte van die tamaties middeldeur en hou die ander helfte heel. Pak die tamaties in ’n enkellaag in ’n oondbak. Meng die knoffel en olyfolie en sprinkel oor die tamaties. Meng deur. Geur goed met sout en peper en sprinkel die balsamiese asyn oor. Oondrooster die tamaties tot die skilletjies begin bars. Haal uit die oond.

Smeer die platbrode met ’n laag van die fetasmeer en skep van die geroosterde tamaties oor. Rond af met jong basiliekruidblaartjies en olyfolie en sit dadelik voor. Lewer 6-8 porsies.

Weskusskatte

Die Weskus verras my van die dag meer en meer – soos die vele kosskatte wat daar is. Kosmarkies op Saterdae is mos geen snaaksigheid meer nie, en ek het lankal reeds geweet van die Hopefieldmark. Maar nou het hierdie mark en verskeie ander groot kokkerdore in die omliggende kosbedryf, soos onder andere die bekende Kokerboomkaas van Velddrif, Eat Artisanal (Ilze Mostert wat voorheen Hello gehad het op Hopefield), saamgespan en bedryf nou die byderwetse Foodie Hub vanuit ‘n pragtige ou gebou langs die Soutrivier in Rivierstraat, Hopefield. Hier kan jy nie net oor naweke nie, maar vanaf Dinsdae reeds sekere spesiaal uitgesoekte ambagskosse (Afrikaanse woord vir artisanal) by die deli koop. Saterdae, natuurlik, is dit meer gestapeld met plaasvars groentes, brode en varsgebak.
Ek het ‘n Saterdag of wat terug gaan inloer en was van die voordeur tot agter by die knus ingerigte stoep met sy voëlnessie-muur, waar jy by tafeltjies jou aankope kan geniet, veel meer as beïndruk. Dis nie sommer net so nie – dis mooi en keurig ingerig, die uitgesoekte produkte en kosse mooi verpak en interessant uitgestal – die vryloop-eiers in ‘n sifraamkas, die vars biet en wortels met hul loowe aan sit knus in ‘n sinkbad. Vir die suurdeegbrode kry jy ‘n klaargebruikte meelsak om hom in huis toe te vat….om elke hoe en draai voel jy om net nog iets in jou boks te wil pak waarmee jy by die voordeur toegerus word as “inkopiesak” En die beste, in elke kamer was daar iemand wat jou meer kon vertel oor elke produk, en jy kon proe ook!

Die Jimny se kattebak is tot boordens toe gelaai met die varsste groente: waterblommetjies en veldkool, selfs krulkool asook Moorrees se varsgebakte (nou befaamde) suurdeegbrode; ‘n verskeidenheid Kokerboomkase, onder andere ook die nuutste toevoeging, die romerige ligte bloukaas-camembert en dan verskeie deli-produkte, wat met kwaliteitprodukte en die grootste sorg en keurigheid gemaak is (dink clean eating) waaruit ek ‘n moeilike keuse moes maak, maar ek ‘n heeeerlike lemmetjie-preserve; die mooiste, grootste Majool-dadels, dadelsmeer, wat geen suiker bevat nie; eiervrugblatjang, hoemoes met ‘n skeutjie gemmer in; ‘n Chilli Crisp, wat gekarameliseerde uie in ‘n brandrissie-olie is en my gunsteling, ‘n Dhania-blatjang in my “inkopiesak gepak saam met ‘n heerlike tuisgemaakte botterskorsie-quiche met van die Kokerboom-bloukaas in. Regtigwaar produkte wat jy nie sommer op elke hoek en draai gaan uitskop nie. En dis nie al nie; mens kan ook bespreek vir kookklasse by die mark se kosmentor, Marieza van Zyl, wat jou van dumplings leer maak tot waterblommetjies kook; of jy kan gaan aansit by Ilze Mostert se opspringtafels waar sy telkens die lekkerste spyskaarte uitrol. ‘n Heerlike hub waar mens net lekker kan proe en beleef.
Vir meer info: 084 3055258
Met my proviand het ek toe inderdaad vir ons die geurigste waterblommetjiebredie, met lemmetjie-preserve en ‘n skoot Chilli Crisp in gemaak en dit voorgesit met die Dhal-blatjang. Die Moorrees-suurdeegbrode saam met al die kase, hoemoes en preserve was die vooraf lusmakers.

Waterblommetjiebredie

Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20 min
Kooktyd: 1½ uur

  • Olie
  • 2—3 uie, in stukke gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngerasper
  • Carmién se groen rooibostee om mee aan te klam
  • sout
  • 1 kg skenkelvleisstukke, eerste vet afgesny
  • 4—6 klein aartappeltjies, skoongeskrop en gehalveer
  • 2 kg waterblommetjies, effe laat leïn in soutwater en dan goed afgespoel
  • 4 lemmetjie-preserve, in stukke gekap
  • 15 ml (1 e) Chilli-crisp-olie
  • Basmati-rys en Dhania-blatjang om mee voor te sit
  1. Verhit bietjie olie in ‘n groot pot met ‘n deksel en braai die ui en knoffel daarin tot sag; voeg ‘n bietjie groentee by om die mengsel meer te smoor as braai.
  2. Sout die vleis en braai in ‘n lotte in die uiemengsel tot effe bruin buite-om. Voeg ‘n goeie skoot groentee by, maak toe, verlaag die hitte en laat prut tot die vleis amper sag is.
  3. Voeg die aartappels by (en nog tee soos nodig) en prut tot die aartappels halfpad sag is.
  4. Pak dan die waterblommetjies op, voeg die preserve by, maak die deksel toe en laat stoom tot die waterblommetjies heerlik sag en stukkend gekook is.
  5. Geur met nog sout soos nodig en sit voor met die rys en blatjang.

Kompetisie tyd

Oefening was nog altyd deel van my lewe en ek raak skoon omgeëllie as ek nie die dag ‘n goeie gymsessie ingewerk het nie. Sowat 2 jaar terug maak ek kennis met Crossfit en dadelik is ek “hooked” want buiten kardio is daar ook heelwat kragwerk in. Hier op Langebaan is ‘n spesiale Masterklas vir ons sestig-plussers waar ons kan (soms simpel) vrae vra wat baie keer die coach in ongeloof na sy woorde laat sluk. Maar ons oefen (en chat) en moedig mekaar aan en kom so deur die workouts. Toe sluit Christa Booysen, ‘n gesoute Crossfitter en kompetisie-deelnemer, by ons aan en die krane word omtrent oopgedraai en die grense verskuif. Die gewigte swaarder, die reps word meer, g’n gegeginnegaap meer nie. Ons oefen dat die sweet spat. Sy’s ‘n inspirasie en kort voor lank komandeer sy ons op om aan ‘n landwye kompetisie deel te neem wat hier op Langebaan aangebied word: GIRLS GONE RX. Dis nou vir diegene wat nog nie heeltemal RX (dis nou die cream of the crop in Crossfit) fiks is of al die verskillende “workouts” ken of kan doen nie. Die kompetisie is vir alle ouderdomsgroepe. Ons gaan beslis die oudste wees.

Ons is ‘n groepie van 3 – saam met Christa en ek, stem Annemarie, wat weer ‘n gesoute fietsryer is, ook in om deel te neem. Ons doop onsself toe sommer terstond ook die SIXTY PLUSSERS met ons slogan wat lees: STILL GOING STRONG. Carmién Tea is dadelik bereid om ons “skattige” (Annemarie se woord) blomhempies met passende sokkies te borg. Ons lyk tog te spoggerig. Van die begin af maak ek dit duidelik dat daar sekere goed is soos pull ups en box jumps wat ek net nie onder die knie kan kry nie (en boonop wil my knieë ook nie aldag saamwerk nie). So ek is doodbenoud en stel terstond vir my ‘n persoonlike afrigter vir die maand aan. Die box jumps kry ek lateraan gedoen, maar die pull ups bly sukkel en boonop moet ek tussendeur weg vir ‘n week Nampo toe en pla ‘n lastige griep ook nog. Dit voel asof alle odds teen my is.

Saterdag 21 September breek aan, my senuwees is klaar. Vroegoggend eet ek my oornaghawermout wat ook ‘n goeie skoot proteïenpoeier inkry – ‘n resep wat ‘n voormalige Crossfit-afrigter nog vir my gegee het.

En toe is ek vort om eers te gaan opwarm in die gym saam met Christa en later by Annemarie aan te sluit by die Crossfit box waar sy ons solank registreer en die goodie bags afhaal. Dit is altyd ‘n groot verrassing… en daar’s van gesigroomsamples, Crossfit-sokkies tot ‘n heerlike blikkie Carmién ystee en waterbottel met sakkies ColdBrews in.

Binne die box is dit reeds ‘n hele byenes van bedrywigheid. Die vloer is netjies uitgemerk waar elke groep moet deelneem, met die nodige toerusting uitgesit. Al klaar intimiderend. Die ander deelnemers is almal bloedjonk. As ons net eers deur die eerste workout kan kom wat die gewigte-afdeling is, sal die senuwees kalmeer. Ek’t gekies om die thrusters te doen en hoop om darem bietjie swaarder te kan gaan as wat ek geoefen het. By 42 kg roep ek halt. So werk ons deur die dag en die workouts met workout 2 wat 1500 m roei en 40 burpees oor die bar en 30 hang power cleans insluit. Vooraf het ons mooi uitgewerk wat en hoeveel elkeen van ons moet doen, meestal werk dit, maar soms moet ons maar aanpassings maak ook. Om alles gesinkroniseer te kry en kop te hou is moeiliker gedaan as gesê. Maar ons werk goed saam. So tussendeur teug ek aan my bottel Carmién Energize tee, wat nou al my grootste vriend in die Crossfitklas geword het. Workout 3 se deadlifts, ring rows, front squats en jumping pull ups is vinnig klaar en Christa vertoon indrukwekkend met 48 pull ups wat sy addisioneel doen. Dan’s daar ‘n stewige breek, tyd om aan ‘n energiestafie, (sien resep) te peusel. Workout 4, die groot een, wat ook ‘n stewige hardloopsessie met ‘n medisynebal insluit, lê voor. Ek’s benoud, want nadat my knieë begin moeilikheid gee het, het ek nie eintlik meer gedraf nie. Om ons koppe rondom die een te kry, stap ons die roete ‘n paar maal gedurende die dag, kyk hoe lank dit vat as ons hom dan nou ook moet stap, want nou’s dit een uur en die Weskus het een van die sy warm dae uitgestal.

Uiteindelik is dit ons beurt en ons beur die bultjie uit. Ek kry gelukkig beurt om die bal teen die afdraantjie af te dra. Om die draai en nog ‘n stewige opdraad en ons is daar. Wat ‘n verligting. Tyd vir die laaste wall balls, knee raises en devils presses. Die adrenalien pomp, want ons is net twee spanne op die vloer… wie gaan eerste klaar wees… en sowaar daar maak ons dit en “wen” hierdie klein vloerkompetisie. Ons het weliswaar nou nie gepodium nie, was vierde, maar gedagtig aan die groot ouderdomsverskil, is ons meer as tevrede. Sal ek dit weer doen… ek weet nie?

OORNAG TEEMARISU-HAWERMOUTPOTJIES

‘n Resep wat een van ons voormalige Crossfit-afrigters, Manta Huisamen, vir my gegee het. Die mengsel word regtig in ‘n kits gemeng en dan oornag geweek – dan is dit honderd persent vir môreoggend se ontbyt. Deesdae is hawermoutmelk ook te kry in supermarkte en ek gebruik dit graag in hierdie resep. Jy kan enige tyd koffie gebruik, maar vir ekstra goedheid verkies ek rooibostee waarby daar egte koffieboon-stukkies ingemeng is (Carmién se Red Mocha). Dan kry die hawermout so ‘n heerlike tiramisusmaak. En vir die eerste keer was daar geen rou smaak te bespeur nie. Die hawermoutmengsel word afgewissel met lagies jogurt. Noudat kollageen ook deesdae op almal se lippe is, is hierdie ook die ideale plek om ‘n bietjie daarvan in te meng, maar dit is heeltemal opsioneel. Ek gebruik die rooibospoeier waarby daar kollageen asook kakao en kaneel ingemeng is. Die kollageen help dat jou gebeente, gewrigte en vel gesond en in goeie kondisie bly. Die hawermoutmengsel word afgewissel met jogurt waarby ek ekstra wei-proteïen inmeng.

Wenk: Die hawermoutmengsel kan jy ook in glasies skep en as inpakkos saamneem werk toe.

Maak 4—5 glase
Bereiding: 15 min
Staantyd: oornag

HAWERMOUTMENGSEL

  • 250 ml (1 k) hawermout
  • 15–20 ml (3—4 t) chiasade
  • 45 ml (3 e) kakao
  • 45—60 ml (3–4 e) bruinsuiker of versoeter soos Erythritol
  • 30 ml (2 e) rooibospoeier met kollageen (opsioneel)
  • 180 ml (¾ k) hawermoutmelk
  • 125 ml (½ k) sterk rooibostee, red mocha, gemaak met 2—3 sakkies

JOGURTMENGSEL

  • 250 ml (1 k) natuurlike jogurt
  • 30 ml (2 e) proteïen whey-poeier, vanielje- of aarbeigeur
  • Bloubessies vir afronding
  1. HAWERMOUTMENGSEL Plaas die hawermout, chia-sade, kakao, suiker of versoeter en rooibospoeier, indien gebruik, in ‘n groot bak en meng goed.
  2. Meng die hawermoutmelk en rooibostee.
  3. Voeg die teemengsel by die hawermoutmengsel en roer goed. Bedek en laat staan oornag om te week.
  4. JOGURTMENGSEL Meng die jogurt en wei-proteïen.
  5. Skep lagies van die hawermoutmengsel en jogurtmengsel in klein glasies of andersins skep in bakkies en roer die jogurtmengsel liggies deur die hawermoutmengsel.
  6. Sprinkel bessies oor vir afronding.

SAAD-EN-NEUTE-STAFIES

Die stafies is ideaal om aan te peusel as mens vir lank op jou voete besig gaan wees of na ‘n oefensessie. My weergawe gaan weliswaar nie so perfek lyk nie, maar smaak hemels. Dit kry slegs ‘n klein bietjie heuning en klapperolie in wat ook die hele lotjie bymekaarhou. Vir ekstra goedheid roer ek graag ‘n lepel of twee rooibospoeier, wat ook kollageen in het, hierby in (ek gebruik Carmién se rooibospoeiers). Ook lekker vir die kinders se buitelug-kospakkies.

Maak 8–10 stafies
Bereiding: 10 min
Baktyd: 40 min

  • 50 g heel amandels
  • 125 ml (½ k) hawermout of klapper
  • 125 ml (½ k) pampoenpitte
  • 45 ml (3 e) chia-sade
  • Knippie seesout
  • 10 ml (2 t) groen rooibospoeier met kollageen (opsioneel)
  • 45 ml (3 e) heuning
  • 30 ml (2 e) klapperolie
  • 1 plak (80 g) donker sjokolade, suikervry, gesmelt

Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ‘n klein bakplaatjie met bakpapier uit en spuit baie goed met kossproei.

  1. Meng die amandels, hawermout of klapper, sade, sout en rooibospoeier saam.
  2. Verhit die heuning en klapperolie saam tot die klapperolie gesmelt is. Voeg by die neutemengsel en meng goed.
  3. Skep in die voorbereide bakplaatjie en druk stewig vas.
  4. Bak 40 minute.
  5. Verwyder uit die oond en koel effe af in die bakplaatjie. Lig versigtig uit die bakplaatjie en plaas op ‘n houtplank. Trek die bakpapier af en sny in sowat 8 stafies, gebruik ‘n groot geriffelde mes en snysaag; moenie druk nie, dan gaan die stafies breek.
  6. Draai die stafie om en smeer gesmelte sjokolade onder elkeen.
  7. Bêre in ‘n lugdigte houer met bakpapier tussen-in elk om te verhoed dat hulle aanmekaar vassit.

Wenk: jy kan ook sowat 180 g geweekte en fyngekapte dadels hierby inmeng.

Dis lente

Eers op dag 3 by Nampo op Bredasdorp sowat ‘n week of wat terug, het die lenteweer met ‘n luilekker sonnetjie eers regtig ingeskop, maar in die vrouetent het dinge kookwarm geloop en was dit die hele tyd stampvol van vroue (en heelwat mans) wat kom kyk en luister het wat ons alles daar aanvang. Weereens het Francois Boyce almal in die regte luim gekry met sy vlymskerp pittighede en musiek, ek het gekook dat die biesies bewe, veral toe Werner Westenberg van BPromotions, ‘n sjef in murg en been en voorheen van Babylonstoren, saam met my die potte geroer het en veral gehelp het dat die kookstasie nie te deurmekaar raak nie. Dankie, Werner!!!!!!!! Ons maak ‘n lente-ontbyt met ontbyttrifle met chiajogurt, ‘n groot tafelomelet met pesto en roerbraaigroente en sluit af met dadelstafies vir soetigheid.

Buiten kosdemonstrasies en teeproe by die Carmién-stalletjie, is die gaste daglank vermaak deur sangers soos Appel en Matthys Roets, het PG Engelbrecht hulle met toorkunsies vergas en Martelize Brink die mense op haar loopreis na ver plekke geneem. Nicky Lonte het vertel hoe sy borskanker twee keer oorkom het en terselfdertyd ook ‘n paar grimeerwenke uitgedeel terwyl Pierre van Niekerk van EcoHealth se lesing die belangrikheid van natuurlik leef om gesond te wees, benadruk het. Mense het nie net lekker ontspan nie, maar is ook geïnspireer met hope inligting en idees.

Op die laaste dag van ons Nampo Kaap besoek, is dit lieflike lenteweer, net reg vir die spyskaart wat ek beplan het: ‘n lente-ontbyt. Die mense is veral gaande oor die ontbyttrifle met chiajogurt wat ek in klein glaskoppietjies voorgesit het saam met vrugte wat in rooibostee geposjeer is. Die lekkerte hiervan is dat jy die glasies al die vorige aand kan maak en net die laaste afronding voor ontbyt hoef te doen; die groot tafelomelet kry ‘n streepsel tuisgemaakte groen pesto oor wat ek vinnig met al die oorskietkruie maak in die NutriBullet. Bo-op ‘n verskeidenheid geroerbraaide groentes wat ek aanklam met rooibos om te keer dat dit aanbrand terwyl dit braai. Ek rond dit af met lekker bros gebraaide rugspekvleis en heerlike romerige Deense fetakaas van Fairview. Vir soetigheid is daar dadelstafies wat ek afrond met bo-op ‘n bietjie granola, klapper en gesmelte sjokolade oorgesprinkel. Daarby voorgesit die Cold Brews van Carmien wat jy sommer met koue water aanmaak.

ONTBYTTRIFLE MET CHAIJOGURT

Ek gebruik ‘n tuisgemaakte granola vir hierdie glasies. Die granola is net so lekker saam met natuurlike jogurt en ‘n bietjie vars vrugte.
Maak 6 glasies
Bereiding: 10 min

GRANOLA

  • 1 kg hawermout
  • 500 ml (2 k) klapper
  • 500 ml (2 k) sonneblomsaad
  • 20 ml (4 t) fyn kaneel
  • Knippie sout
  • 80—100 ml bruinsuiker
  • 250 ml (1 k) heel amandels
  • 100 g pampoenpitte
  • 160 ml (2/3 k) olyfolie

JOGURT

  • 500 ml (2 k) natuurlike jogurt
  • 45 ml (3 e) bruinsuiker
  • 60 ml (1/4 k) chiasaad

VRUGTE

  • 375 ml (11/2 k) Carmién Gut rooibos tea, gemaak met 4 sakkies
  • Heuning
  • 2 appels, ontkern, maar ongeskil in skywe gesny
  • Halwe pynappel, in blokkies gesny
  • 125 ml (1/2 k) bloubessies (bevrore)
  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 houer grenadilla

Voorverhit die oond tot 160°C.

  1. Meng al die bestanddele baie goed en versprei op ‘n groot bakplaat. Bak sowat 30 minute of tot goudkleurig, roer elke nou en dan. Laat afkoel en skep in ‘n lugdigte houer tot gebruik.
  2. Skep ‘n lagie granola onder in elke glasie.
  3. Meng die jogurt, bruinsuiker en chiasaad saam en laat staan 30 minute. Skep 125 ml (1/2 k) bo-op elke lagie granola en laat staan minstens oornag.
  4. Trek die tee tot lekker sterk, giet in ‘n kastrolletjie, voeg heuning na smaak by en kook af tot lekker stroperig.
  5. Voeg die vrugte buite die grenadilla by, voeg suurlemoenskil en ‘n skoot suurlemoensap by en koel af.
  6. BYMEKAARSIT: Skep die vrugte net voor opdiening bo-op die jogurt en skep ‘n lepel grenadilla oor. Rond af met mentblaartjies.

OOPPAN-OMELET

Met die resep hoef jy nie eers te sukkel om die omelet om te draai nie. Jy kan groente na goeddunke roerbraai hiervoor.
Genoeg vir 4—5 mense
Bereiding: 5 min
Gaarmaak: sowat 15 min

olie

  • 10 eiers (6 heel en 4 eierwitte)
  • Sout en peper
  • 10 ml (2 t) groen-pesto (sien resep)

VULSEL

  • olie en botter
  • 2 uie, fyn gekap
  • 4 fyngerasperde knoffelhuisies
  • 1 soetrissie, in blokkies gesny
  • 125 g murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • 125 g sampioene, in skyfies gesny
  • 250 ml (1 k) bevrore ertjies, ontdooi (opsioneel)
  • 125 g baba-spinasie
  • 15—30 ml (1—2 e) groenpesto vir deurmeng

AFRONDING

  • 4—6 repies spek, in die AirFryer gebak
  • feta-kaas, in stukke gebreek
  • Paar groen of swart olywe (opsioneel)
  • Baba-spinasie vir garnering
  • Groen-pesto vir voorsit
  1. Verhit die olie in ‘n groot pan met ‘n deksel.
  2. Skud die eiers en eierwitte saam in ‘n gesondheidskommelmaker (of klits goed), geur met sout en peper, roer die pesto by en giet in die pan. Plaas die deksel op en verhit tot die eiers borreltjies bo-op begin maak. Lig die kante van die omelet sodat die rou eier kan onder inloop.
  3. Maak intussen die vulsel in ‘n ander pan: verhit nog olie en botter en braai die ui en knoffel daarin tot sag, voeg die groente by en roerbraai vinnig tot net-net sag, voeg rooibostee, eerder as nog olie by as dit wil lyk of die groente droogbraai of wil aanbrand. Meng die ertjies en baba-spinasie by en meng net vinnig deur saam met nog ‘n skep of twee pesto.
  4. Skep die groente bo-op die omelet en plaas die spekvleis bo-op, sprinkel die feta-kaas en olywe oor en rond af met ‘n paar vars spinasieblare.

GROENPESTO

Maak sowat 180 ml

  • 20 g pietersielie
  • 20 g basieliekruid
  • 20 g koljander of paar baba-spinasieblare
  • Paar takkies mint
  • Sowat 60 ml (1/4 k) Carmién Refresh (groen heuningbos met mint)
  • 3 fyngerasperde knoffelhuisies
  • 5 ml (1 t) fyngerasperde gemmerwortel
  • Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 100 ml olyfolie
  • 100 g sonneblomsade, gerooster

Plaas die kruie in ‘n voedselverwerker en kap goed fyn, voeg van die tee by om die proses te vergemaklik. Voeg die knoffel, gemmerwortel, suurlemoen en olyfolie by en verwerk tot glad, voeg die sade by en kap tot grof fyn. Skep in ‘n houer met ‘n deksel en verkoel.

DADELSTAFIES

Heerlike geurige stafies is ‘n wonderlike gesonde versnapering en hou in ‘n lugdigte houer vir 5—7 dae.
Maak 12—14 stafies
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 20 min

Bestanddele:

  1. 250 g dadels, ontpit en fyngekap
  2. 100 g geroosterde amandels, fyngekap
  3. 100 g pampoenpitte
  4. 100 g sonneblomsade
  5. 75 g hawermout
  6. 70 g klapper
  7. 1—2 ml (tot ½ t) vanielje-ekstrak
  8. 100 g gesmelte donker sjokolade (70% kakao of meer)
  9. ‘n knippie sout
  10. Heuning na smaak (opsioneel)

Metode:

  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Meng al die bestanddele in ‘n groot bak.
  3. Versprei die mengsel op ‘n bakplaat bedek met bakpapier. Maak dit gelyk en druk die mengsel plat.
  4. Bak vir 15—20 minute of tot ligbruin. Laat afkoel voordat jy in repies sny.

AFSLUITING

Dit was ‘n ongelooflike lekker en inspirerende ervaring om saam met almal by Nampo te wees. Die lente het beslis ‘n vars atmosfeer gebring, en dit was wonderlik om te sien hoe mense geniet het om saam te kuier, te eet en te leer. Ek hoop dat jy ook hierdie resepte sal probeer en die seisoen ten volle sal geniet!

‘n Pot rooibos

Vir my is dit nou al so maklik en lekker soos koek eet om met rooibos te kook. Dit het my natuurlike speserykas in ‘n teekoppie geword waarmee ek geur gee aan van brood tot sop, lamsboud daarin gaarmaak, vele slaaisouse daarmee maak en ook om daarmee te bak. En dan is daar natuurlik die lekkerte om ‘n passende koppie rooibostee te kry waar die geure van die tee en die kos met mekaar praat. Met my tweede kosdemonstrasie by Nampo Kaap op Bredasdorp is dit dan ook presies waarop ek gefokus het – tee in die kos en tee om te drink, alles uit Carmientea se wye verskeidenheid rooibostees.

Vanjaar vier Carmientea sy 25e bestaansjaar en het gegroei van ‘n klein plaaslike rooibostee-verskaffer tot ‘n internasionale maatskappy waarvan die handelsmerk tot op Japan se winkelrakke pryk. Die naam gebore uit ons tweelingsusters: die Car van Carmen en mien van Mientjie Mouton, die stigter en besturende uitvoerende hoof van Carmientea.  Carmientea is nou al bekend vir sy innoverende produkte waarmee hul jaar na jaar vorendag kom, nie net verskillende geure en vermengings nie, maar ook funsionele tees en cold brews (tee wat met koue water gemaak word vir ystee). Die nuutste, hul reeks vrouetees wat van Feminine tot Nursing en dan ook Menopause insluit – Tees spesiaal geformuleer vir vroue deur ‘n span formidabele vroue wat weet wat hulle doen.

In my demonstrasie het ek groen rooibostee gebruik om ‘n heerlike lae koolhidraat saadbrood te bak; ‘n slaaisous, gemaak met rooibos asook okkerneute het ‘n lieflike geur aan ‘n Brusselse spruite slaai verleen asook aan die bruinrys en quinoa slaai waar ek beide in rooibos gaargemaak het. Ter afsluiting het ek my nou reeds bekende rooibosteekoek gebak met die meel asook suiker heelwat afgebring om dit gesonder, maar steeds smullekker te maak.

Oor na die resepte

BRUSSELSE SPRUITE-SLAAI MET SELDERY EN APPEL EN -neute-rooibos-slaaisous en airfryer snitchels (in parmesaanmeel)

Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 10 min

OKKERNEUT-SLAAISOUS (x 2)

  • 250 ml (1 k) okkerneute of amandels
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • Handvol koljanderblare en pietersielie
  • 160 ml (2/3 k) olyfolie
  • 45 ml (3 e) suurlemoensap
  • 160 ml (2/3 k)  sterk groen rooibostee met boegoe of brandrissie en gemmer
  • 15—30 ml heuning of bruinsuiker

SLAAI

  • olyfolie
  • 500 g Brusselse spruite, ontdooi indien bevrore
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 groen appels, in dun stokkies gesny
  • 4 stele seldery, in ringetjies gesny
  • 125 ml (1/2 k) sultanas of bosbessies
  • Paar groen olywe
  • 1 rooi ui, in dun ringetjies gesny

VOORSIT

  • 4 hoenderborsfilette
  • Sout
  • bruismeel
  • parmesaankaas
  • Feta-kaas en avokado
  • roketblare
  1. SLAAISOUS Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker of NutriBullet en kap grofweg op.
  2. SLAAI Verhit olyfolie in ‘n pan en roerbraai die brusselse spruite daarin tot sag, voeg die knoffel by terwyl jy roerbraai en geur met sout asook suurlemoenskil. 
  3. Giet driewart van die slaaisous oor die brusselse spruite en laat afkoel.
  4. Kap die hoenderborsfilette platter met die agterkant van jou handpalm, geur met sout. Meng bruismeel met parmesaankaas en rol die filette daarin. Verkoel effe.
  5. Pak in die laai van die Airfryer, drup olie oor en bak sowat 20 minute tot gaar en buitekant lekker bros.
  6. Rangskil die Brusselse spruite en res van die slaaibestanddele in ‘n slaaibak of bord, giet die orige slaaisous oor. Sprinkel feta en avokado oor
  7. Sny die hoenderborsies in repe en pak bo-op. Rond af met roketblare.

Hawermout-saadbrood

Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.

Maak 1 medium brood
Bereiding: 15 min
Baktyd: 40—50 minute

  • 625 ml (21/2 k) hawermout
  • 250 ml (1 k) gemengde sade, insluitend sonneblom-, pampoen-, sesam- en lynsaad
  • 60 ml (1/4 k) psylliumvesels
  • 12,5 ml (21/2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 4 eiers
  • 45 ml (3 e) klapperolie, gesmelt
  • 250 ml (1 k) groen rooibostee
  • 15 ml ( 1 e) appelasyn
  • gemengde sade of sesamsade vir bo-op sprinkel

VOORSIT

  • Avokado

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n klein broodpannetjie en voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.

  • Meng die droë bestanddele goed saam.
  • Klits eiers, voeg klapperolie, water en appelasyn by en klits goed.
  • Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Laat staan 10 min tot stewig.
  • Skep in pannetjie, druk effe plat.
  • Bak sowat 40–50 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit voor met fyngedrukte avokado.

In lugbraaier: Stel die lugbraaier op bak en verhit tot 180°C. Bak 30 minute lank, bedek die brood na 15 minute met tinfoelie om te keer dat dit te donker bak bo-op.

ROOIBOS-SJOKOLADEKOEK

Maak een groot koek,
Bereiding: 20 min
Baktyd: sowat 40 min

KOEK

AFRONDING

  • 250 ml (1 k) geroomde maaskaas
  • Bietjie versiersuiker
  • 250 g vars aarbeie (laat lêin bietjie strooisuiker om stropie te trek) en blommetjies

Voorverhit die oond tot 180°C (of stel bak by AirFryer, ook 180°C)

  • KOEK Meng die koekmeel, kakao, koeksoda, en sout saam, voeg die hawermout en suiker by en meng goed.
  • Giet die olie, asyn en rooibostee in ‘n groot beker en klits goed.
  • Voeg die teemengsel by die droë bestanddele en meng goed.
  • Spuit ‘n silikoon-bundtpan goed met kossproei. Giet die beslag daarin en bak sowat 40—45 min lank of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
  • Bedek die koek halfpad deur die baktyd met ‘n vel tinfoelie om te keer dat die bokant nie te donker bak nie.
  • Laat afkoel in die pan en verkoel tot stewig.
  • Plaas die koek op ‘n koekstaander.
  • AFRONDING Meng die maaskaas en versiersuiker en skep op die koek
  • Rond af met aarbeie en blommetjies 

BRUINRYS-EN-QUINOA-SLAAI MET SONGEDROOGDE TAMATIES EN BLOUBESSIES

Quinoa saam met bruinrys is ‘n volledige proteien. Songedroogde tamaties en bloubessies is heerlik saam.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.

SLAAI

  • 250 ml (1 k) bruinrys, gekook in Carmien Orange Camomile (2 sakkies)
  • 125 ml (½ k) quinoa, goed afgespoel en gekook in Orange Camomile (2 sakkies)
  • sout
  • 1 sak (240 g) songedroogde tamaties in vinaigrette, opgekap (voeg ekstra Orange Camomile- tee by die vinaigrette om slaaisousie te maak)
  • 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
  • 1 mini komkommer, gehalveer en ontpit en in klein blokkies gesny
  • 125 g bloubessies
  • 1 rooi-ui, geskil en in klein blokkies gesny
  • Handvol boontjiespuite
  • hand vol roketblare
  1. Kook die rys en quinoa in aparte kastrolle met soutwater tot net sag, onderskeidelik sowat 40 en 15 min. Dreineer, spoel af en meng.
  2. Roer die die fyngekapte tamaties asook die vinaigrette deur die rysmengsel. Laat afkoel.
  3. Voeg die kekerertjies, komkommer, bloubessies, en ui by en meng liggies.
  4. Skep in ’n opdienbord en sprinkel die boontjiespruite en roket oor.

Dankietog vir klaargaar hoender

Nog nooit het ‘n eenvoudige gaar hoendertjie soveel reaksie uitgelok nie  — ek was laas week bevoorreg om vir die eerste keer demonstrasies te doen by Nampo Kaap op Bredasdorp. Soos reeds voorheen genoem was familiekuiers en gesinsetes my eerste tema. Ek besluit om weer iets te doen met ‘n gaar rotisserie-hoender, want dis so gerieflik om altyd daarvan byderhand te hê. Die volgepakte vrouetent kyk en luister aandagtig hoe ek een hoendertjie vermeerder tot ‘n drietal geregte, amper soos die brood en vissies in die Bybel. Die volgende dag verneem ek dat al die gaar hoenders by Bredasdorp se Checkers binne ‘n ommesientjie kort daarna almal opgeraap is.

Tags: Nampo Kaap, PBromotions, Francios Boyce, Hoezit Samelewing, Cedarbergwyne, David Nieuwoudt, Nadine, CarmienTea, InstantPot

Die gras is nog nat van die dou toe ons langs die vrouetent by die nou al bekende Nampo-Kaap op Bredasdorp intrek. (Meer as 32 000 mense woon dit jaarliks by). Die gawe mense van Bpromotions wat die Afgri Vroueprogram vir die eerste keer vanjaar behartig staan reg om te help aflaai, want ons moet gou eers ‘n demonstrasie-kombuis in die kleine opstel voor ons kan wegval met die verrigtinge van die dag. My Snappi-plate, LeCrueset-panne, splinternuwe InstantPot AirFryer, met sy dubbele verstelbare laaitjie en groter ruimte kry staanplek op die tafels. Een tafel voor om op te dem, een agter vir neersit. Meeste van die prepwerk vir die roerbraai, natchos en schwarma het ek reeds die vorige aand gedoen en verpak in bakkies. Dit verg nogal kophou om te onthou watter bakkie hoort by elke gereg, maar gou-gou is ons uitgesorteer en alles staan in gelid in rytjies, net reg vir raakvat tydens die demonstrasie.

Francios Boyce van Hoezit Samelewing het van meet af die vrouens aan sy voete en gou-gou wieg (amper dans) hulle gesellig saam op sy vrolike musiek. My gemoed is ook lig en ek weet ons gaan sommer lekker pret hê. Die man kan maar. Vir my dem deel ek die hoender in twee, die een helfte gebruik ek vir ‘n roerbraai en die ander vir onderskeidelik natchos en ‘n schwarma. En daai bietjie hoender word net meer en meer (en ook gesonder) in die pot soos ek groentes in alle kleure van die reënboog, byroer. Maar dis veral die Oosterse sousie van baie sojasous en sesamsaad, koljander en knoffel wat dit so lekker maak. Ek skep dit uit in ‘n groot emaljebord en sit dit voor met jasmynrys, gekook in Carmien se Turkish Delight wat ‘n heerlike rooswatergeur daaraan verleen, net reg vir saam met die Oosterse geure van die hoender. Laastens strooi ek ‘n grondbone-dukkah oor.

By die ander helfte van die hoender voeg ek ‘n geurige marinade van baie knoffel, uiepoeier, paprika, fyn komyn, en fyn koljander. Daarmee maak ek onderskeidelik natchos en schwarmas. Iets waaraan die kinders veral sal hou en die schwarma is sommer ook lekker inpakkos.

Laastens verras ek die mense met brownies wat ek met gerasperde patat maak. Almal smul terwyl hulle hulle verluister aan David Nieuwoudt van Cedarberg Wyne se uitgebreide en praktiese wenke oor die gebruik en voorsit van wyn en MCC. Nadine sluit die dag af op ‘n vrolike noot nes sy kan.

MINMOEITE HOENDERNACHO’S EN SHWARMA

GENOEG VIR 2 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.

MARINADE  (x2)

  • 15 ml (1 e) fyn gekapte vars knoffel
  • 7,5 ml (11/2 t) uiepoeier
  • 5 ml (1 t) elk paprika, fyn komyn en koljander
  • 2,5 ml (1/2 t) rooipeper
  • sout en pepper na smaak
  • sap van een vars lemmetjie, sowat 15 ml (1 e)
  • 75-100 ml olyfolie
  • Helfte van ‘n klaargaar hoender, gepluis (of 4-6 hoenderfilette, in dun repies gesny) 

BYMEKAARSIT

  • 1 ui, in repe gesny
  • 1 geel of rooi soetrissie, in repe gesny
  • ’n bietjie olyfolie
  • 1 x 250 g-pakkie oraganiese nacho-mielieskyfies (Santa Anna)
  • 1 x 400 g-blik Mexikaanse styl-tamaties
  • 250 ml (1 k) grof gekapte koljanderblare en -stingels
  • paar stukkies ingelegde jalapeño’s na smaak, gesny
  • 160 ml (⅔ k) gerasperde mozzarella-kaas
  • 250 ml (⅔ k) gerasperde wit cheddarkaas
  • ½ rooi-ui, dun gesny
  • ’n hand vol gekapte pietersielie

VIR VOORSIT

  • koljanderblare vir garnering
  • fyngedrukte avokado
  • romerige natuurlike jogurt
  1. MARINADE Meng al die bestanddele vir die marinade. Plaas die hoendestukkies vir 10 min. daarin.
  2. BYMEKAARSIT Braai die ui en geel soetrissie in olyfolie tot die ui deurskynend is. Voeg die hoenderstukkies saam met die marinade en braai tot geurig (deel in twee een helfte vir die pita).
  3. Plaas ’n laag nachoskyfies op ’n oondvaste eetbord. Gooi van die tamaties oor die skyfies en strooi gekapte koljander bo-oor. Voeg jalapeño’s by na smaak.
  4. Plaas die hoenderborsierepies egalig oor die nacho’s.
  5. Meng die kase en strooi bo-oor. Sprinkel die rooi-ui en pietersielie bo-oor.
  6. Plaas onder die roosterelement en rooster tot die kaas gesmelt het en begin borrel.
  7. Sprinkel koljanderblare oor.
  8. VOORSIT Rond af met avokado en romerige jogurt bo-oor geskep.

PATATBROWNIES

Ek het al na heelwat brownieresepte gekyk wat minder koolhidrate bevat, maar die een wat met rou gerasperde patat gemaak word, bly my gunsteling: Nie te soet of te ryk nie en gemaak met bekostigbare bestanddele wat jy altyd byderhand het.

BROWNIES

  • 1 middelslag-patat (400 g) of 750 ml (3 k) wanneer dit gerasper is
  • 2 eiers
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 125 ml (½ k) versoeter, bruinsuiker of heuning
  • 125 ml (½ k) gesmelte klapperolie
  • 250 ml (1 k) gesifte kakao
  • 7,5 ml  (1/2 e) bakpoeier
  • 2,5 ml (1/2 t) koeksoda
  • 30 ml (2 e) klappermeel

AFRONDING

  • Kakao
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige 18-cm koekpan en voer uit met bakpapier.
  2. BROWNIES Meng die patat, eiers, vanieljegeursel, versoeter, bruinsuiker of heuning en klapperolie goed in ’n groot mengbak.
  3. Meng die kakao, bakpoeier en koeksoda by. Voeg die klappermeel laaste by.
  4. Giet die mengsel in die bereide pan. Bak 26 minute of tot gaar maar steeds sag. Laat 5–10 minute afkoel.
  5. Verwyder die brownies versigtig uit die pan.
  6. AFRONDING Sny in vierkante en sif ’n bietjie kakao oor

HOENDERROERBRAAI MET SAADKONFETTI

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

ROERBRAAISOUS

  • 4 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 5 cm stuk gemmerwortel, fyngerasper
  • 125 ml (½ k) sojasous
  • 60 ml (¼) vars lemmetjiesap
  • 15 ml (1 e) soesji-asyn
  • 30—45  ml (2–3 e) heuning of suiker of versoeter
  • 45 ml (3 e) sesamsade
  • Klein handvol gekapte koljanderblare

ROERBRAAI

  • Olie
  • Halwe hoender, ontvel en ontbeen en in klein stukkies gesny
  • 4 wortels, skoongeskraap en in dun repies gesny
  • 2–3 klein soetrissies, in dun repies gesny
  • Halwe kop blomkool of broccoli, in blommetjies gebreek
  • Kwart kop kopkool, in dun repies gesny
  • 2—3 stingeluie, gekap
  • Groot handvol koljanderblare, gekap
  • Jasmynrys, gekook in Carmien se Turkish Delight (4 sakkies)
  • Saadkonfetti (sien resep)
  • Ekstra koljanderblare vir afronding
  1. ROERBRAAISOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrolletjie en kook saam.
  2. ROERBRAAI Verhit bietjie olie in ‘n braaipan en braai die hoenderstukkies tot effe bros, voeg van die roerbraaisous by.
  3. Voeg die wortels by en roerbraai tot effe sag, maar nog baie bros, voeg die soetrissies, blomkool of broccoli by en roerbraai tot effe sag, maar nog baie bros. Voeg nog van die roerbraaisous by.
  4. Roer die koolrepies by en braai net effe tot verwelk.
  5. Roer die stingeluie en koljanderblare by.
  6. Skep die rys op ‘n groot bord en stapel die hoender bo-op. Sprinkel saadkonfetti oor asook nog koljanderblare.