Terwyl almal vir oulaas rondskarrel voor daar aangesit word vir die Kersfeesmaal, is dit altyd goed om ‘n paar eetgoedjies vooraf te bedien om almal welkom te laat voel.
Tag Archives: recipe
Smul aan ‘n Feesmaal vir Kersfees
Jou kopseer oor wat om voor te sit vir Kersfees is grootliks opgelos as jy jou hand kol lê op my boek Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid.
Smul aan seekos
Die tentakels word gaargestoom en is letterlik binne minute gaar. Dit bevat ook ‘n verskeidenheid vars groentes. Die Oosterse slaaisous saam met die piekelgemmer is smullekker hierby. Heerlik vir ’n voorafhappie of as deel van ‘n uitpaktafel.
Proe die nostalgie
Dadelballetjies kan soveel variasies aanneem – voeg ’n bietjie grondboonbotter en droëvrugte soos Turkse appelkose en bosbessies by en jy het heerlike energiepeuselkos waaraan jy kan weglê tydens of ná ’n oefensessie.
Lekker min koolhidrate
Toe ek die eerste keer hierdie brood probeer, was ek bra skepties. Ek het nie gedink ’n klomp gerasperde murgpampoentjies sou ooit as ’n brood kon uitdraai nie. Groot was my verbasing – dis heerlik klam en bevat min koolhidrate, want daar is nie enige koring in nie, maar tog lekker baie sade. Die eier en kaas help om die mengsel te bind.
Glutenvry en nuwerwetse happie
Hierdie nuwerwetse Vietnamese pannekoekies met sy geurige groentevulsel en grondbone-doopsous is ideaal, ook omdat dit boonop glutenvry en vegetaries is.
Smullekker en suikervry
Ek het nog nie iemand teëgekom wat nie gek is na suurlemoenmeringuetert nie. Ook ’n staatmaker op al wat ’n koffiewinkel is se spyskaart.
Span jou airfryer in
Hoenderschnitzels uit die boonste rakke – heerlik bros buite-om en sappig van binne. Ek was nooit een vir enige diepvetgebraaide kosse nie.
Superplantkosse
Ekself beskou myself as ‘n flexitariër wat vir lank sal smul aan heerlike plantkosse, maar ook van tyd tot tyd ‘n vleisie sal geniet soos die geleentheid hom voordoen. Daarom het dit ook een van my missies geword om plantkosse so geurig as moontlik voor te sit.
Al te lekker avokado’s
‘n Geruime tyd lees ek nou al resepte vir gepiekelde avokado’s raak en toe ek eers besef dit word in werklikheid met groenerige avokado’s gemaak, het ek net geweet dis ‘n resep wat ek net moet probeer.
Stroopsoet
Die oorspronklike resep van hierdie koek, wat letterlik binne minute aanmekaar geslaan kan word en nie enige eiers inkry nie, was die koek wat ek altyd vir my kinders se verjaarsdae gebak en saamgestuur het skool toe.
Kuier in Saldanha
Ek raak net al hoe meer ingeburger hier op die Weskus en leer net meer en meer lekker mense ken. Hoe spesiaal was dit nie om te kon saamkuier met die vroue van die NG Kerk Saldanha by ‘n heerlike vroueoggend nie.
Sondag-feesmaal
In my grootwordhuis was daar elke Sondag braaiboud op tafel. Heerlik sag potgebraai. Die skenkelvleisies was my gunsteling. Daarby altyd gebraaide aartappels, vars uit die grond. Mettertyd het Sondagetes egter ‘n kuier om die braaivleisvuur geword.
Trek ‘n vissie uit
Stukke vis of selfs ‘n heel vis is heerlik as dit in ‘n romerige tamatiesous gaarbak. Brosgebraaide spekvleis smaak hemels hierby.
Hey Pesto
Die veelsydigheid van hierdie pesto ken nie perke nie – roer dit by pasta in en rasper pecorino-kaas oor of skep dit oor geroosterde groente voor dit oond toe gaan; smeer dit oor vis of vleis voor jy dit braai.
Super Smoothie
Die smoothie staan sommer pa vir baie goed – help as jy bietjie wil detoks, ‘n skoot of wat kollageen wil inkry of as teenmiddel teen verkoue.
Smul heerlik sonder skuldig voel
Met Lancewood se verleidelike dubbelroom-jogurts, Lemon Cheesecake, Turkish Delight en Chocolate with chocolate chips is dit doodmaklik om vinnige ‘n smullekker yskasttert op te tower. Wat meer is, jy het regtig net 4 bestanddele nodig, want meeste lekkerte is reeds vervat in die jogurt.
Skoffel in die tuin
Op Sondag 9 Oktober is dit Tuindag – tyd om jou blommekroon op te sit en die dag in jou tuin te geniet, hetsy met ‘n stukkie koek saam met tee of lekker mengeldrankie.
Aardse kleure en eiervrugbrood
As dit dan by eetgenot kom, is daar niks beter om dit mee te vier as een of ander groentegereg, reg uit die aarde nie.
Nog Weskusdinge
Ek’t ‘n swak vir brood, buiten Ma se varsgebakte plaasbrood, is bruinbrood wat wemel van die sade my groot gunsteling.