Rooibos MTB by Carmién

Die afgelope naweek het die eerste Carmién Rooibos MTB-bergfiets-wedren in sy nuwe formaat by die De Tol Deli, bo-op die Piekenierskloofpas teen die N7 naby Citrusdal plaasgevind. As ek terugverlang na die lekker van so ‘n onvergeetlike naweek, maak ek ‘n Piekenierskloofwyntjie, ‘n wittetjie, oop, brou daarby my gunsteling Carmién tee, en gaan sit op my stoep met ‘n souttertjie in die hand.

Groentekerrie goed vir jou “gut”

SMy nuutste missie is om ‘n goedvoel “gut” te hê wat sommer ‘n wye spektrum gesondheids-voordele het. Immers was goeie gesondheid en gesonder eet nog van altyd af een van my groot prioriteite. My nuutste boek, Lekker & Goed, heilsame kos propvol heilsaamheid is juis daarop geskoei om gesonde kos steeds superheerlik te laat smaak.