Al is dit ‘n snikheet warm dag op Langebaan oorval ‘n groot lus vir melktert my laas Sondag en net daar besluit ek dis sommer ons Sondagmiddagpoeding. Nie dat dit iets nuuts is vir ons nie, ons geniet graag ‘n snytjiie melktert op ‘n Sondagmiddag, hetsy as poeding of so teen laatmiddag se kant nesContinue reading “Smul aan ‘n melktert”
Category Archives: Resepte
Verleidelike sjokoladekoek
Die ontslape kosskrywer, Neil Stemmet, wat die befaamde Sout en Peperboeke geskryf het, was van my vroegste jare as kosredakteur een van my groot kosvriende. Saam met hom het ek vele kostoere, veral deur sy geliefde Kalahari deurgemaak en ook vele Kalahari-kuierfeeste beleef en ware kos-kos geniet by sy gewilde restaurant, LeMust op Upington. MetContinue reading “Verleidelike sjokoladekoek”
Pad na jou hart
Met die vrystelling van die Huigenoot-fliek, Vergeet my nie, besluit ons om ook die kosliefdes van Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië se liefdesreis neer te pen – van hul sorgelose studentedae in Potchefstroom, hul tyd in Londen en uiteindelik Namibië waar hulle nesskop op ‘n plaas tussen die koppies en uitgestrekte vlaktes. EkContinue reading “Pad na jou hart”
Trek ‘n vissie uit
Laas week met die volmaan besluit die manne dis weer tyd om ‘n bietjie te gaan uitlê vir die nag. En oo, die stille opgewondenheid. Dis ‘n hele gedoente om die boot, visgerei, aas en eetgoed vir die deurnag-vangery gereed te kry. Vroegaand vertrek Lood en vriend Abraham. Met laagwater maak hulle aas by dieContinue reading “Trek ‘n vissie uit”
Eet vegetaries
Ek is ‘n tipiese fleksitariër wat vir weke sonder enige vleis kan klaarkom. Ek hou daarvan om met peulgewasse te eksperimenteer, veral omdat hulle so gedienstig en genadig is met die absorpsie van enige geure.
Kos as dit knyp
Hoender was nog altyd ‘n bekostigbare proteïen en ek het altyd ‘n pak of twee daarvan in die vrieskas. Hoenderstukke, veral boudjies en dye braai heerlik, want nee, al gaan dit hoe broekskeur, braai sal ons braai.
Uitgesorteer vir aandete
En voor jy kon sê mes, sit ons alweer in die helfte van Januarie. Meeste mense weer terug by die werk , die skole het amper begin en ons almal moet weer ingeskud kom in ‘n roetine. Hier op Langebaan haal die dorpenaars weer (verlig) asem, want alhoewel ons jaarliks die besoekers met ope armsContinue reading “Uitgesorteer vir aandete”
Moeitelose inpakkos
Ons is lief vir musiek, en veral Afrikaanse musiek word daar baie in ons huis geluister. My man is die musieklike een met ‘n fyn oor en baie ritme en kan enige instrument bespeel sonder dat hy eintlik les daarin moes kry. Maar ekke, ai, my ma het geglo haar meisiekinders moes musiek neem, maarContinue reading “Moeitelose inpakkos”
Naweek laatontbyt
Ek hou van enige soort gekookte pap – hawermout, Maltabella, maar veral mieliepap, die lekker growwe soort wat jy so in slopies by padstalle aankoop. Ons kook dan sommer ‘n goeie potvol en hou die oorskiet om paptert mee te maak. In my huis word daar letterlik meer dan ‘n dosyn vol eiers elke weekContinue reading “Naweek laatontbyt”
Reg vir die dag
Ek is nie ‘n groot eter soggens nie, veral nie as ek nog moet gaan oefen nie. Dan is ‘n smoothie wat jy in ‘n blits in die NutriBullet kan maak meer as genoeg vir my. Daarvoor hou ek graag ‘n pak bevrore bloubessies, wat as ‘n superkos beskou word, in my vrieskas aan. SaamContinue reading “Reg vir die dag”
Smul aan slaai (en boekweggee!)
‘Easy Al Fresco‘ bevat smullekker resepte wat ideaal is vir buite eet, hetsy op die stoep, in jou tuin, by die see, in die bos of berg of erens tussen nêrens. Grootste lekkerte is dat nie een van die resepte elektrisiteit vereis nie, maar oor die vuur of in die Weber of op gas gaargemaakContinue reading “Smul aan slaai (en boekweggee!)”
Mexikaanse Nuwejaarsfees
SPYSKAART Genoeg vir 10 mense. Resepte deur Arina du Plessis en foto’s deur Lee Schwagele Margaritas Geroosterde mielies met rissie-en-kruiebotter Nachos carnitas met salsa, guacamole, bone, suurroom en vars koljander Meellose donkersjokoladekoek met room en vars kruisement of Mexikaanse sjokolademousse WERKSKEDULE1-2 dae vooraf•Bak en versier die sjokoladekoek (of maak die sjokolademousse).•Maak die rissiebotter, bedek enContinue reading “Mexikaanse Nuwejaarsfees”
Geseënde Kersfees
Daar is vir my nie ‘n beter en mooier manier om die vreugde van Kersfees oor te dra as in die woorde van Koos du Plessis nie. En terwyl julle daardie woorde oordenk, is hier vir oulaas ‘n samevatting van my Kersfeestafel vir 2023. Welkom, o stille nag van vrede onder die Suiderkruis Wyl stemmeContinue reading “Geseënde Kersfees”
Somerkersfees 5
Op die familie-kersfeesete uit my kinderdae was daar altyd ‘n verskeidenheid soetigheid insluitend die Kerspoeding met die geldjies in. Nie dat dit ons gunsteling was nie, maar ons het geëet dat ons wange bol staan, alles in die hoop om die grooot geld raak te proe. My gunsteling was trifle – die koeklae met baieContinue reading “Somerkersfees 5”
Somerkersfees oppie Stoep (Somerkersfees 4)
Vir ‘n somerkersfees kan mens nooit genoeg slaai op tafel hê nie. Buiten vir die bêreslaaie, verskaf kleurvolle slaaie vrolikheid aan die Kersfeestafel: Broccoli-slaai vir die broodnodige groenigheid en aarbei-en-beetslaai vir daardie tikkie rooi. Alles om te pas by ons natuurlike Kerstafel met sy groen Kerskrans wat Elmarie van den Berg van Soutbos spesiaal virContinue reading “Somerkersfees oppie Stoep (Somerkersfees 4)”
Somerkersfees 3
DIE SPYSKAARTFynbos-volgraan-plaasbroodjies met kaaskersboompies Gemmer”gammon” met waatlemoen-en-spanspekSlaphakskeentjiesKoperpennieslaaiBeet-en-aarbeislaaiBroccoli-en-tamatieslaaiSwartwoud trifle-koek TE DRINKEWYNPiekenierskloof Heirloom WhitePiekenierskloof CinsaultPiekenierskloof Chenin BlancPiekenierskloof Pinotage (by koek) TEECarmién Floral BerryCarmién Tropical BurstCarmién Orange CamomileCarmién Turkish Delight (by koek) BêRESLAAIE Ek het in ‘n huis grootgeword waar daar nie net verwoed konfyt en blatjang gekook is nie, maar ook ingemaak en alle oorskot uit dieContinue reading “Somerkersfees 3”
Somerkersfees 2
Ek hou van die woord gammon, want dan weet almal dadelik waarvan jy praat. Varkboud kan enigeiets wees van ‘n gewone varkboud met swoerd aan wat jy in die oond bak tot die swoerd heerlik krakerig is tot een wat gerook en gepekel is. Laasgenoemde is die een wat ons altyd na verwys as gammon.Continue reading “Somerkersfees 2”
Somerkersfees 1
Die Feesgety is amptelik hier en op Langebaan is daar ‘n afwagting in die lug. Stadig maar seker begin die besoekers aankom en is dit nou ewe skielik ietwat van ‘n gesukkel om parkeerplek by die mall te kry. Maar ons kla nie, met die weer wat tans so pragtig saamspeel en die lagoon dieContinue reading “Somerkersfees 1”
Op die nippertjie Kerskoekbrood
Nie baie van ons is al hier teen Oktobermaand so in die Kersfeesgees dat ons ‘n Kersfeeskoek of twee gebak kry nie. En dan kan dit ook nogals ‘n gedoente wees en ‘n aardige bedraggie kos. Ek onthou hoe ons die papier moes knip waarmee die panne gevoer moes word, die kersies kleiner moes snyContinue reading “Op die nippertjie Kerskoekbrood”
Bak koekies
Desember is nie vakansietyd op ‘n vrugteplaas nie, so die gedagte van blikke vol koekies wat saam gaan op vakansie moes wag tot Aprilmaand wanneer ons vir ‘n week Hartenbos verkas het. Nee, die plaaswerf was een groot gewoel en gewerskaf om die vrugte gepluk, gepak en gedroog te kry en almal se nerwe wasContinue reading “Bak koekies”
