In love with my XL Instant Pot

The new, bigger, wider Instant Pot is a winner in my kitchen. Big enough to cook for a crowd in an instant, and so, so easy to use. Apart from pressure cooking and sautéing, it can also be used as a slow cooker and even to make yoghurt, cook eggs, and prepare rice. My latestContinue reading “In love with my XL Instant Pot”

Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai

Niks bring my so in die gees van Kersfees soos ‘n pragtige Kerskrans nie – dit kan maar net eenvoudig getooi wees in groen of grys blare of andersins milddadig versier met linte en kersbolletjies. Bring die Kerskransidee tafel toe en maak ‘n slaai wat in ‘n kerskransvorm gepak is – groen en rooi metContinue reading “Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai”

Gasvry sonder moeite

Dis lekker om te sien hoe ‘n kosvriendin vlerke kry en hoog vlieg. Elmarie Berry, kosblogger en outeur van die kookboek, Kosbaar, se tweede boek, The Table, Heartbeat of the Home, wat onlangs by Penguin Random House South Africa uitgegee is, is reeds in ’n tweede druk. ‘n Groot prestasie in die wêreld van hedendaagseContinue reading “Gasvry sonder moeite”

Super Smoothies

My liefde vir ‘n lekker smoothie is nou reeds alombekend, veral as die weer eers gedraai het. Met my eerste kuiertjie by Andriette Norman waar ons meer gesels het oor gutgesondheid, het sy ons bederf met ‘n groen sappie – so verfrissend en lekker en dis toe dat ek opnuut weer my groen smoothie gaan afstof het.

My eie teestel

Ek kon my geluk dus nie glo toe ek vroeër vanjaar die uitnodiging ontvang om my eie stel breekware te kom saamstel by Mervyn Gers nie. Na ‘n taamlike heen en weer, het my keuse uiteindelik op ‘n teestel geval, want daar is vir my niks lekkerder om ‘n mooi teetafel te dek en ‘n verskeidenheid tees saam met lekker eetgoed voor te sit nie.

Lensiesop teen die koue

Op my stoof is die soppot steeds langdurend aan die prut – my man is die expert as dit kom by ‘n lekker dik bonkige ertjie- of gortsop, terwyl ek weer daarvan hou om ‘n geurige fluweelagtige sop met baie groente in te maak. Toe ek hierdie lensie-en-patatsop raaklees in een van my vele kookboeke wat veral oor beter gutgesondheid gaan, het ek dit dadelik uitprobeer.

Rooibos MTB by Carmién

Die afgelope naweek het die eerste Carmién Rooibos MTB-bergfiets-wedren in sy nuwe formaat by die De Tol Deli, bo-op die Piekenierskloofpas teen die N7 naby Citrusdal plaasgevind. As ek terugverlang na die lekker van so ‘n onvergeetlike naweek, maak ek ‘n Piekenierskloofwyntjie, ‘n wittetjie, oop, brou daarby my gunsteling Carmién tee, en gaan sit op my stoep met ‘n souttertjie in die hand.