Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai

Niks bring my so in die gees van Kersfees soos ‘n pragtige Kerskrans nie – dit kan maar net eenvoudig getooi wees in groen of grys blare of andersins milddadig versier met linte en kersbolletjies. Bring die Kerskransidee tafel toe en maak ‘n slaai wat in ‘n kerskransvorm gepak is – groen en rooi metContinue reading “Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai”

Dis Kersfees

2024 lê bykans op sy rug en almal is besig om reg te skud vir die feesgety. Begin sommer vroegtydig beplan aan hoe julle Kersfeestafel vanjaar daar gaan uitsien. Dek dit uitspattig in helder kleure om sonnige Suid-Afrika te weerspieël.Beplan ‘n buitetafel op die stoep of onder ‘n lekker koelteboom in die tuin. Gooi ‘nContinue reading “Dis Kersfees”

Koekies vir die feestyd

En sowaar, voor ons alweer kom kry, lê die jaar op sy rug en is ons besig om reg te skud vir die feesseisoen. In my grootwordhuis is daar jaarliks ook verwoed koekies gebak sodat die blikke vol kon wees vir wanneer die familie arriveer. Brosbrood, koffiekoekies, gemmerkoekies, speserykoekies en vele meer. Later van tydContinue reading “Koekies vir die feestyd”

Gasvry sonder moeite

Dis lekker om te sien hoe ‘n kosvriendin vlerke kry en hoog vlieg. Elmarie Berry, kosblogger en outeur van die kookboek, Kosbaar, se tweede boek, The Table, Heartbeat of the Home, wat onlangs by Penguin Random House South Africa uitgegee is, is reeds in ’n tweede druk. ‘n Groot prestasie in die wêreld van hedendaagseContinue reading “Gasvry sonder moeite”

PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE

Ek was die afgelope tyd besig met ‘n baie opwindende projek waaroor ek julle bietjie later meer sal vertel, so ek kon ongelukkig nie veel tyd op sosiale media verwyl, interressante plekkies besoek of nuwe resepte ontwikkel nie. Gelukkig het ek ‘n magdom heerlike resepte wat my telkens verstom laat as ek dit ‘n slaggieContinue reading “PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE”

Somerse Boerekos

Laas week land hier ‘n pakkie, tot boordens toe gelaai met brood en wyn, konfyt en nog vele ander lekkernye by my. Dis van Arina du Plessis, kosredakteur van Landbou-Boerekos. Daarby die someruitgawe van die treffer-tydskrif, Landbou Boerekos, die someruitgawe. Voorop ‘n skottel frikadelle, die frikadelle wat Miriam Onewang, die ontslape Peter Veldsman se jarelangeContinue reading “Somerse Boerekos”

Dankietog vir klaargaar hoender

Nog nooit het ‘n eenvoudige gaar hoendertjie soveel reaksie uitgelok nie  — ek was laas week bevoorreg om vir die eerste keer demonstrasies te doen by Nampo Kaap op Bredasdorp. Soos reeds voorheen genoem was familiekuiers en gesinsetes my eerste tema. Ek besluit om weer iets te doen met ‘n gaar rotisserie-hoender, want dis soContinue reading “Dankietog vir klaargaar hoender”

Nampo Resepte

BRUINRYS-EN-QUINOA-SLAAI MET SONGEDROOGDE TAMATIES EN BLOUBESSIES Quinoa saam met bruinrys is ‘n volledige proteien. Songedroogde tamaties en bloubessies is heerlik saam.Genoeg vir 4-6 menseBereiding: 15 min.Gaarmaak: 40 min. SLAAI Hawermout-saadbrood Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.Maak 1Continue reading “Nampo Resepte”

‘n Tee vir elke vrou

‘n Verskeidenheid welstandstees wat vroue in alle fasette van hul lewensloop ondersteun, is tydens Vrouemaand deur Carmién Tea bekendgestel. Maar dis veral die Menopause-tee in sy pragtige pienk verpakking wat my na aan die hart lê, want dit help nie net om simptome van menopouse tydens hierdie fase te verlig nie, maar ondersteun vroue ookContinue reading “‘n Tee vir elke vrou”

Lê weg aan Peulgroente

Verlede week is ek werklikwaar mildelik geseën – ‘n groot mandjie groente saam met sakkies vol IMBO-produkte, van bone en lensies tot gort, sago en klapper, is by my afgelewer. Daarby was daar ‘n veelsydige Instant Pot Duo Crisp & Air Fryer. Hierdie alles-in-een apparaat kan as drukkoker, slow cooker, sous vide, lugbraaier, bak- enContinue reading “Lê weg aan Peulgroente”