Mango’s vir oulaas

Ek het hierdie geurige kerrie vinnig bedink vir aandete nadat ‘n verrassingsboks met mangos en bestannddele om eintlik ‘n tipe kroningshoenderslaai te maak by my huis afgelewer is deur die mango-kwekersvereniging. Ek kon my lus nie beteuel nie en wou nie wag tot die mangos volryp genoeg was om die slaai te maak nie. Hierdie kerrie, gemaak met die groen mango, was my uitkoms en ons het almal heerlik gesmul.

Vier romanse met roulade

is die maand van liefde en romanse. Vier dit met ‘n happie roulade waarin lappies forel in toegerol is. Nie net heerlik en verleidelik nie, maar ook doodmaklik en vinnig om te maak want dit vra nie dat jy eers witsous hoef te maak nie. Koud of warm smaak dit ewe lekker. Met dieselfde mengsel kan jy selfs ‘n klein omelet maak.

Nostalgie met Peppermint Crisptert

Ek onthou die Peppermint Crisptert wat my ma altyd in ‘n Pyrexbak gemaak het vir talle Sondagmiddagkuiers. Een van daai terte wat jy nie kan ophou eet as jy eers begin het nie. Ook my man se gunsteling. Maak dit in ‘n broodvorm sodat mens dit makliker kan sny of maak weer ‘n slag ‘n driehoektert, die treffer uit die tagtigs.

Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox

Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox. Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).