Verleidelike modderkoek

Jare terug bederf my groot kosvriend vanuit die Kalahari, Niël Stemmet, my met die lekkerste klam modderkoek toe ek vir die soveelste keer die tog Kalahari toe aanpak om saam met hom die mooi van daardie wonderskone wêreld te gaan verken. Hy kon dit ook so mooi in sy eiesoortige Kalahari-Afrikaans verwoord. En toe kom eis COVID ook hier sy tol. Telkens as ek so deur my vele kosboeke blaai, kom ek op klein verrassings en kleinodes af wat my opnuut aan hom herinner.

Oosterse pangebraaide reënboogforel

Noudat ons weet hoe belangrik poli-onversadigde vette en spesifiek omega 3-vetsure vir goeie gesondheid is, is dit tyd om lekker vis gaar te maak. Met snoek is ons meer as vertroud, maar partykeer wonder ons hoe om te maak met ‘n varswatervis soos forel, wat soortgelyk aan salm is maar net baie meer bekostigbaar.

Hoendersop uit ‘n teepot

Dis nog nie koud genoeg om nou al dik gort-en-groentesop te kook nie, maar ‘n geurige hoendersop met heelwat vars bestanddele in, kom nou handig te pas. Omdat hierdie ‘n lekker dun sop is, skink ek dit in teepotte en sit dit so voor saam met die ander vars bestanddele apart in bakkies. Almal maak dan hul eie sop.

Koekies uit die vrieskas

Soos die kouete nader kruip, bekruip die lus vir ‘n soetdingetjie jou ook mos meer en meer. Veral hier teen laat aand, wanneer ons vir ons ‘n koppie Orange Camomile rooibostee van Carmién maak, begin mens rondsoek vir ietsie om aan te peusel daarby. Dan is dit voordelig om hierdie deegmengsel gereed in die vrieskas te hê.

Spoggerige Pavlova vir Ma

Op Moedersdag wil mens die een mens wat lewenslank vir jou gaan omgee, jou ma, met iets spesiaals bederf. Weet nie hoekom nie, maar ek dink dan outomaties aan ietsie soets wat ook mooi is. Vanjaar is dit asof pavlova vir my daardie boksie gaan tiek, want mens kan dit darem altevol mooimaak met van vrugte en sommer vars blomme ook.

Ontbyt in ‘n kits

Ek is lief vir ‘n romerige hawermoutpap wat ek altyd met ‘n kaneelstok, ‘n paar peule kardamom en ‘n steranys of twee gaarmaak – net soos die pap waarmee die kombuis-assistente in Huisgenoot se toetskombuis my graag destyds bederf het. Maar so baie keer is daar so baie dinge wat tegelykertyd soggens moet plaasvind, dat ‘n ordentlike ontbyt die laaste ding is waaraan jy dink en voor jy jou kom kry begin jy laatoggend peusel aan eniggeiets wat voorkom of slaan die een na die ander koppie koffie weg. Om weg te doen met hierdie slegte gewoontes, maak ek baie keer saans ‘n mengsel oornag-hawermout aan.

Lekker soet sonder sonde

Ek het nie juis ‘n soettand nie, maar vir melktert het ek nog nooit nee dankie gesê nie. Langebaan is die deesdae geseën met oulike bakkerye en ek draf gereeld daar in vir ‘n suurdeegbrood of twee. Dan bederf ek my graag met hul heerlike Portuguese tertjies – baie soos ons Suid-Afrikaanse melktert, maar daar word ‘n soet suurlemoenstropie in die melkpap ingemeng.