By die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek op DeTolDeli aangebied het, is daar heerlik gekuier terwyl almal saam die spyse van die dag berei het. By aankoms het almal ‘n Rosé Sangria en verskeie Carmien Cold Brews geniet en hul verlustig aan ‘n geurige Persiese jogurtsop (laas week se resepte). Die tafel was ‘nContinue reading “Peusel peusel”
Category Archives: Resepte
Geseënde Paasfees
Laas week sien ek die pragtige tafeldoek, Grace, wat my kosvriendin, Elmarie Berry op sosiale media geplaas het heel toevallig raak en terstond bestel ek een. Nie net is dit besonders mooi nie, maar die simboliek sprekend oor Paasfees tref my diep. Hier is haar beskrywing van alles wat op daardie tafeldoek gestileer is enContinue reading “Geseënde Paasfees”
Lam en slaai
Stadiggebakte lamsblaaie, gaargemaak in ‘n geurige rooibos-mentsous saam met vars aartappelslaai en ‘n Oosterse groen slaai, was die hoofgereg tydens die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek by DeTol Deli digby Citrusdal aangebied het. Meeste van my proviand vir die kookklas het ek gekoop by die DeTol Deli. Dis veral die vleis wat direk vanContinue reading “Lam en slaai”
Ons kook by DeTol
Die Lekker en Goed-televisieprogram was nie net vir myself ‘n ongelooflike reis en inspirasie nie, maar het net so baie vir ander beteken. Heelwat mense het gevra vir ‘n kookklas en sommer gou was daar 16 mense wat wou kom saamkook. Laas Saterdag het ons toe die eerste Lekker-en-Goed-kookklas by DeTol buitekant Citrusdal gehou. DieContinue reading “Ons kook by DeTol”
Aartappel aptyt
Op my tafel is daar altyd plek vir my kleindag gunsteling bykos, aartappels. Jy kan soveel daarmee vermag, van braaiaartappels saam met vleis tot fynaartappels saam met wors of aartappels in slaai; ek maak ook deesdae graag die Italiaanse aartappelpasta-gereg, gnocchi. In ons tv-program, Lekker en Goed wat laasweek afgeskop het op KykNet, openbaar myContinue reading “Aartappel aptyt”
‘n Nuwe jaar vir nuwe voornemens
Nou ja, 2025 is met ons en laat dit ‘n jaar gelaai wees propvol nuwe voornemens. Ek lees op sosiale media die waar sêding raak: “If your habits do’nt change, you won’t have a new year, you will just have another year.” Oprah Winfrey het immers ook gesê: “The greatest discovery of all time isContinue reading “‘n Nuwe jaar vir nuwe voornemens”
Voorspoedige 2025
Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat weekliks saam met my op reis gaan, hetsy letterlik of saam met my in die kombuis woeker en nuwe geure en smake ontdek, altyd met goedheid in gedagte, maar ook sonder dat dit te veel inspanning verg. Voorspoed en net die beste vir die nuwe jaar watContinue reading “Voorspoedige 2025”
Geseënde Kersfees
Kersfeestyd is sekerlik die mees besonderse tyd van die jaar. ’n Tyd wanneer meeste mense bietjie kan uitspan of afskaal na ’n besige jaar, maar veral ook wanneer ons tyd saam met geliefdes en vriende kan deurbring. In my grootwordhuis was Kersfeestyd sekerlik die besigste tyd van die jaar wanneer die oes ryp was enContinue reading “Geseënde Kersfees”
Kersie op die koek: trifle
Met al ons wonderlike Kersfeesetes op die plaas was daar altyd ‘n hele spread poedings ook gewees, nie dat ons ons nie al versadig geëet het aan al die heerlike skaapboud met aartappels, vark en lieflike slaaie nie. Ma het altyd gesorg vir ‘n regte gebakte Kersfeespoeding met geldjies in (met ‘n spesiale R5-stuk watContinue reading “Kersie op die koek: trifle”
Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai
Niks bring my so in die gees van Kersfees soos ‘n pragtige Kerskrans nie – dit kan maar net eenvoudig getooi wees in groen of grys blare of andersins milddadig versier met linte en kersbolletjies. Bring die Kerskransidee tafel toe en maak ‘n slaai wat in ‘n kerskransvorm gepak is – groen en rooi metContinue reading “Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai”
Dis Kersfees
2024 lê bykans op sy rug en almal is besig om reg te skud vir die feesgety. Begin sommer vroegtydig beplan aan hoe julle Kersfeestafel vanjaar daar gaan uitsien. Dek dit uitspattig in helder kleure om sonnige Suid-Afrika te weerspieël.Beplan ‘n buitetafel op die stoep of onder ‘n lekker koelteboom in die tuin. Gooi ‘nContinue reading “Dis Kersfees”
Koekies vir die feestyd
En sowaar, voor ons alweer kom kry, lê die jaar op sy rug en is ons besig om reg te skud vir die feesseisoen. In my grootwordhuis is daar jaarliks ook verwoed koekies gebak sodat die blikke vol kon wees vir wanneer die familie arriveer. Brosbrood, koffiekoekies, gemmerkoekies, speserykoekies en vele meer. Later van tydContinue reading “Koekies vir die feestyd”
Gasvry sonder moeite
Dis lekker om te sien hoe ‘n kosvriendin vlerke kry en hoog vlieg. Elmarie Berry, kosblogger en outeur van die kookboek, Kosbaar, se tweede boek, The Table, Heartbeat of the Home, wat onlangs by Penguin Random House South Africa uitgegee is, is reeds in ’n tweede druk. ‘n Groot prestasie in die wêreld van hedendaagseContinue reading “Gasvry sonder moeite”
PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE
Ek was die afgelope tyd besig met ‘n baie opwindende projek waaroor ek julle bietjie later meer sal vertel, so ek kon ongelukkig nie veel tyd op sosiale media verwyl, interressante plekkies besoek of nuwe resepte ontwikkel nie. Gelukkig het ek ‘n magdom heerlike resepte wat my telkens verstom laat as ek dit ‘n slaggieContinue reading “PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE”
Somerse Boerekos
Laas week land hier ‘n pakkie, tot boordens toe gelaai met brood en wyn, konfyt en nog vele ander lekkernye by my. Dis van Arina du Plessis, kosredakteur van Landbou-Boerekos. Daarby die someruitgawe van die treffer-tydskrif, Landbou Boerekos, die someruitgawe. Voorop ‘n skottel frikadelle, die frikadelle wat Miriam Onewang, die ontslape Peter Veldsman se jarelangeContinue reading “Somerse Boerekos”
Weskusskatte
Die Weskus verras my van die dag meer en meer – soos die vele kosskatte wat daar is. Kosmarkies op Saterdae is mos geen snaaksigheid meer nie, en ek het lankal reeds geweet van die Hopefieldmark. Maar nou het hierdie mark en verskeie ander groot kokkerdore in die omliggende kosbedryf, soos onder andere die bekendeContinue reading “Weskusskatte”
Kompetisie tyd
Oefening was nog altyd deel van my lewe en ek raak skoon omgeëllie as ek nie die dag ‘n goeie gymsessie ingewerk het nie. Sowat 2 jaar terug maak ek kennis met Crossfit en dadelik is ek “hooked” want buiten kardio is daar ook heelwat kragwerk in. Hier op Langebaan is ‘n spesiale Masterklas virContinue reading “Kompetisie tyd”
Dis lente
Eers op dag 3 by Nampo op Bredasdorp sowat ‘n week of wat terug, het die lenteweer met ‘n luilekker sonnetjie eers regtig ingeskop, maar in die vrouetent het dinge kookwarm geloop en was dit die hele tyd stampvol van vroue (en heelwat mans) wat kom kyk en luister het wat ons alles daar aanvang.Continue reading “Dis lente”
‘n Pot rooibos
Vir my is dit nou al so maklik en lekker soos koek eet om met rooibos te kook. Dit het my natuurlike speserykas in ‘n teekoppie geword waarmee ek geur gee aan van brood tot sop, lamsboud daarin gaarmaak, vele slaaisouse daarmee maak en ook om daarmee te bak. En dan is daar natuurlik dieContinue reading “‘n Pot rooibos”
Dankietog vir klaargaar hoender
Nog nooit het ‘n eenvoudige gaar hoendertjie soveel reaksie uitgelok nie — ek was laas week bevoorreg om vir die eerste keer demonstrasies te doen by Nampo Kaap op Bredasdorp. Soos reeds voorheen genoem was familiekuiers en gesinsetes my eerste tema. Ek besluit om weer iets te doen met ‘n gaar rotisserie-hoender, want dis soContinue reading “Dankietog vir klaargaar hoender”
