Lamsvleis het baie Paasfees-simboliek – nie net was dit deel van Jesus se laaste Avondmaal voor hy gekruisig is nie, maar dit simboliseer ook Jesus wat as Lam van God geoffer is om vir ons sondes aan die kruis te sterf.
Category Archives: Paasfees
Spyse vir Pase
Tydens my dae as kosredakteur by Huisgenoot het ons elke jaar groot gegaan met ‘n Paasfees-artikel. Jacques Erasmus, befaamde sjef van Hemelhuijs in Kaapstad, het een Pase ‘n lamblad met ‘n Marmite-smeersel ingesmeer en dit lank en stadig in die oond gebak.
Kerrievis vir Paasfees
In die Kaap word daar elke Paasfees ruim kerrievis ingemaak genoeg om die hele Paasnaweek lank te kan hou – ‘n Maleier-gebruik wat ook oorgespoel het na die Christene toe.
Spesiale Sjokoladekoek
Koek, sjokolade, bessies en vye is sinoniem met die liefde. In hierdie doodmaklike sjokoladekoek kry jy alles in een met op die koop toe karamelkondensmelk – iets waarmee jy my altyd sal omkoop!
30 Dae Muffins
Pleks van middelslag muffins bak maak ek baie keer superkleintjies en bak dit in patty pan pannetjies. ‘n Strooisel neute bo-op verrig wonders en maak ‘n heerlike proehappie daarvan.
Botterskorsiesop
Soos julle nou reeds weet, is ek gek na sop wat ek as voorgereg, ligte ete of as hoofgereg geniet. Toe botterskorsiesop in die vroeë tagtigs die land soos ‘n tzoenami getref het, het ek letterlik potte vol van hierdie heerlike fluweelgladde sop gekook.
Tuisgemaakte Teebrood
Die dadels en rooibostee maak hierdie teebrood lekker swaar en klam, nes ek van ‘n koekbrood hou. Carmien Tea se Citrus Chai-rooibostee verleen ‘n ekstra speserygeur met ‘n tikkie sitrus, maar ek gebruik ook net so graag die Carmien Natural rooibos om hierdie teebrood mee te maak. Die maaskaasversiersel is heerlik hierby en ek was ook gelukkig om koekheuning in die hande te kry om daarby voor te sit.
Rice Pilaf
My take on a well-known breakfast dish, kedgeree, and ideal to serve at a laidback brunch. Leftover fish (from the previous night’s braai) is ideal to work into this simple yet tasty and versatile dish. The masala spice mix of the tea adds a wonderful flavour to the dish.
