Hoender was nog altyd ‘n bekostigbare proteïen en ek het altyd ‘n pak of twee daarvan in die vrieskas. Hoenderstukke, veral boudjies en dye braai heerlik, want nee, al gaan dit hoe broekskeur, braai sal ons braai.
Category Archives: airfryer
Kortpad in die kombuis
Ek het laas naweek tog te lekker gekuier saam met die vroue uit die wynlande by Beyerskloof buitekant Stellenbosch tydens ‘n geldinsameling vir die Faith Fund van Beyers Truter wat fetale alkohol-sindroom onder plaaswerkers aanspreek.
My eie teestel
Ek kon my geluk dus nie glo toe ek vroeër vanjaar die uitnodiging ontvang om my eie stel breekware te kom saamstel by Mervyn Gers nie. Na ‘n taamlike heen en weer, het my keuse uiteindelik op ‘n teestel geval, want daar is vir my niks lekkerder om ‘n mooi teetafel te dek en ‘n verskeidenheid tees saam met lekker eetgoed voor te sit nie.
Kook & kuier bederf, nog ‘n keer
Om julle nog verder lus te maak, hier is nog twee van die resepte wat ek daar gedemonstreer het: hier het ek in die Afrika-geurbaan sowel as in die Mediterreense geurbaan gespeel.
Twee bestanddele sjokolade-torte
Aanvanklik het ek dit met ongeloof bejeën toe die video van hierdie torte die rondte doen, maar nuuskierig soos ek is, het ek toe wel besluit om dit uit te probeer. En – dit werk! Makliker en vinniger kan dit haas nie – slegs sjokolade smelt, eiergele byroer, eierwitte styfklits, invou en bak.
Supersaadbeskuit uit die Airfryer
Hierdie heerlike saadbeskuid, van die bestes wat ek nog geproe het as dit kom by glutenvry en lae-koolhidraatbeskuit, tiek sommer baie boksies as dit kom by heilsaamheid.
Bolognaise (ragù) vir baie
Ek is nou maar eenmaal net nie baie goed gerat om voordat die week met ‘n hengse galop wegspring alreeds al my maaltye klaar “geprep” te hê nie. Wat ek wel taamlik gereeld doen, is om ‘n ordentlike pot bolognaisesous te prut wat dan vir ‘n hele paar maaltye kan instaan.
Hawermout-saadbrood
Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.
Sop en brood
Vir my is winter ook sinoniem met sop. Eintlik lief ek sop enige dag en kan net nie genoeg daarvan kry nie. So jy kan my verlei met ‘n koppie warm sop, en as daar nog ‘n snytjie varsgebakte brood ook by is, is ek letterlik in die koshemel.
Kabouter-Spinasietert
Die wintersonnetjie bak heerlik op die stoep, so die teegoed word daar gedek en ek bak vinnig die allerlekkerste spinasietert in die Airfryer wat ons toe sommer tersond ‘n kabouter-spinasietert doop.
Weskuslekkertes
Op die plaas was daar altyd waterblommetjies in oormaat beskikbaar en was dit wintertye Sondae altyd op tafel as toekos. My ma het die waterblommetjies heeltemal fyngekook en gepeper met baie suurlemoensap.
Beskuit gelaai met goedheid
My pa het ons altyd kleintyd bederf met varsgebroude opstaankoffie en beskuit in die bed. ‘n Ritueel wat ek tot vandag toe koester.
‘n Koekliefdesbrief vir Ma
Na al die jare is dit vir my die lekkerste lekker om saam met my ma ‘n koppie tee in die sonnetjie op haar plaashuis se noordestoep te geniet. Wat ‘n voorreg om dit steeds op amper 87 steeds te kan doen.
Appeltertkoek uit die Airfryer
Verlede week bak ek die malvapoeding uit my Lekker & Goed-boek vir ‘n klompie Japanese teeaankopers en hulle smul omtrent. Gedagtig aan iets om te bak Sondagmiddag vir saam met tee of selfs vir poeding, bly die malvapoeding in my kop, maar ek maak mos nie maklik graag twee goed na mekaar op dieselfde manier nie.
Klop beurtkrag met hoenderpastei
Beurtkrag gaan nog vir lank met ons wees, want die probleme met elektrisiteit gaan allermins oornag verdwyn. Ons het dus geen keuse as om na alternatiewe kragbronne te kyk nie.
