Trots Suid-Afrikaans (en ons cheer vir die Bokke)

In ons jonger dae het ons luidkeels saamgesing as die gewilde kar-advertensie op TV of oor die radio gespeel is: Braaivleis, rugby, sonneskyn en Rover Defender was toe baie gepas en is eintlik meer so vandag, veral nou wanneer ons een en almal bankvas agter die Bokke staan tydens die Wêreld-rugbybeker. September is ook ErfenismaandContinue reading “Trots Suid-Afrikaans (en ons cheer vir die Bokke)”

Dis rugby-wêreldbekertyd

In my huis heers daar ‘n groot opgewondenheid, uiteindelik is die wag verby en het die groot oomblik aangebreek – die langverwagte rugby-wêreldbeker! Ons almal is vurige rugby- en veral Springbok-ondersteuners en veral nadat ons die All Blacks onlangs so ‘n goeie drag slae gegee het, is ons vol hoop dat die wêreldbeker weer vanjaarContinue reading “Dis rugby-wêreldbekertyd”

MAAK SPORE KERAMIEK

Dierespore is uniek van die Napierse beeldhouer, Nelis Singels, se reeks handgemaakte keramiekware wat hy heel gepas “Maak spore” gedoop het. Dié ekoloog gebruik sy ruim kennis van die natuur- en dierelewe om sy stempel op sy eiesoortige kunswerke af te druk. Diere soos ystervark, skilpaaie, groot grys muishond en duiker pronk statig op dieContinue reading “MAAK SPORE KERAMIEK”

Super Smoothies

My liefde vir ‘n lekker smoothie is nou reeds alombekend, veral as die weer eers gedraai het. Met my eerste kuiertjie by Andriette Norman waar ons meer gesels het oor gutgesondheid, het sy ons bederf met ‘n groen sappie – so verfrissend en lekker en dis toe dat ek opnuut weer my groen smoothie gaan afstof het.

My eie teestel

Ek kon my geluk dus nie glo toe ek vroeër vanjaar die uitnodiging ontvang om my eie stel breekware te kom saamstel by Mervyn Gers nie. Na ‘n taamlike heen en weer, het my keuse uiteindelik op ‘n teestel geval, want daar is vir my niks lekkerder om ‘n mooi teetafel te dek en ‘n verskeidenheid tees saam met lekker eetgoed voor te sit nie.

Lensiesop teen die koue

Op my stoof is die soppot steeds langdurend aan die prut – my man is die expert as dit kom by ‘n lekker dik bonkige ertjie- of gortsop, terwyl ek weer daarvan hou om ‘n geurige fluweelagtige sop met baie groente in te maak. Toe ek hierdie lensie-en-patatsop raaklees in een van my vele kookboeke wat veral oor beter gutgesondheid gaan, het ek dit dadelik uitprobeer.