KIBBELBORD VOL KAMPIOENE

Hierdie is die keurigste knibbelbord wat mens ooit bymekaar kan sit vir saampeusel met familie en vriende tydens die Feestyd. Elkeen van die kase en preserveerprodukte tot die wyn op hierdie bord is noukeurig met die hand uitgesoek, is bekroonde kampioene en simbolies van topgehalte en aandag aan detail. Niemand anders as Agri-Expo en dieContinue reading “KIBBELBORD VOL KAMPIOENE”

Wonderlike kookboek – uitstalmooi en prakties

Dis lekker om ‘n kookboek te kry wat jy permanent naby jou kombuis wil uitstal omdat dit so propvol basiese resepte en formules is wat die dinkwerk en sleur uit kosmaak haal (en boonop is die boek mooi ook). Dis presies wat die gewilde Kaapse café, The General Store (geleë aan die onderkant van Breëstraat)Continue reading “Wonderlike kookboek – uitstalmooi en prakties”

Vernuwing: Kiddos vir kinders

As jy by die INNOVATION STUDIO in die Kaapse middestad instap, kan jy maar weet daar wag ‘n unieke ervaring op jou. Die studio wat deur Hannerie Visser en haar span bedryf word, laat mens regtig met nuwe oë na enige kos en kosprodukte kyk. Ek was onlangs uitgenooi om die bekendstelling by te woonContinue reading “Vernuwing: Kiddos vir kinders”

Kokkedoor: Son en See

Dis met goeie rede dat ek bietjie teruggehou het voordat ek ietsie wou sê oor die nuutste baba in die treffer Kokkedoorreeks. Kokkedoor: Son en see. Net 8 episodes, in die kol vir die feesseisoen. Ons ken reeds die dril, 2 maters saam in ‘n span, maar die keer is dit anders, net huiskokke enContinue reading “Kokkedoor: Son en See”

Mooie Prins Albert

Ons besluit om ons Suid-Kaap besoek af te sluit met ‘n oornagslaap op die mooie Prins Albert was uit en uit die moeite werd. ‘n Paar jaar gelede het ek as Kokkedoor-beoordelaar by die mooie Dennehof Karoo Gastehuis net buite die dorp oorgebly en toe reeds het die sjarme van die eeuoue dame, wat uitContinue reading “Mooie Prins Albert”

SuidKaap kuierreis

Deel 2 Op my onlangse kuier deur die Suid-Kaap op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie, het ek heelik ontspan saam met die boervroue van die Mosselbaai-omgewing en ook vir die eerste keer ‘n draai gegooi op die pragmooi dorpie, Uniondale. Vanjaar se tema is kook en ek besef dadelik, hierdie lot vroue kook nie netContinue reading “SuidKaap kuierreis”

Suid-Kaap kuierreis

Deel 1 Op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie het ek onlangs kuier-kuier deur die Suid-Kaap gereis en saam met wonderlike groepe boervroue uit die omgewing gekuier. My eerste stop is Heidelberg. Ek bly oor op Skeiding-gasteplaas met ‘n pragtige uitsig oor die graan- en canolalande. ‘n Welkome reëntjie was nie net die wêreld skoon enContinue reading “Suid-Kaap kuierreis”

In love with my XL Instant Pot

The new, bigger, wider Instant Pot is a winner in my kitchen. Big enough to cook for a crowd in an instant, and so, so easy to use. Apart from pressure cooking and sautéing, it can also be used as a slow cooker and even to make yoghurt, cook eggs, and prepare rice. My latestContinue reading “In love with my XL Instant Pot”

Vier ons erfenis met ‘n topboek (en jy kan ‘n kopie wen)

Ek het onlangs die boekbekendstelling van die bekende kos- en kookboekskrywer, Ilse van der Merwe, bygewoon. Timeless South African, celebrating 101 iconic dishes is ‘n moethê kookboek waarin jy meeste van Suid-Afrika se geliefde en gunsteling resepte gaan aantref, van erfenisikone soos koeksisters of koesisisters en bobotie tot ‘n Durbanse bunny chow of umngqusho (stampmieliesContinue reading “Vier ons erfenis met ‘n topboek (en jy kan ‘n kopie wen)”

‘n Bril met egte teeblare

Teen die tyd weet julle al, ‘n byderwetse bril is my grootste styl “statement” (vorm allermins ook deel van my handelsmerk). Daarmee voel ek onmiddelik aangetrek, het eintlik nie eers grimering, buiten rooi lipstiffie, nodig nie. Ek sou egter glad nie kon bybly as dit nie was vir die wonderlike mense by Spectacle World nie.Continue reading “‘n Bril met egte teeblare”

Kampioen van kampioene

Soos al die afgelope 33 jaar die geval, was ek vanjaar weer deel van die span beoordelaars wat Shoprite Checkers se kampioen Championship Boerewors moes help kies. Ek, saam met die South African Chefs Association se sjefs, president, Koo Pillay en Martin Cobald, voormalige president en ere-president asook tv-persoonlikheid en sjef Nti Ramaboa het saamContinue reading “Kampioen van kampioene”

Praat saam met SarieKos

Sodra ‘n nuwe SarieKos die rakke tref, koop ek een. Om verskeie redes, maar vir my sekerlik die grootste is om ingelig by te bly wat aangaan in die koswêreld en sodoende lekker te kan saampraat. En die nuutste (weliswaar die winteruitgawe) was weereens ‘n treffer. Dikker, in ‘n nuwe formaat en met veel meerContinue reading “Praat saam met SarieKos”

Ons vier vrouwees

Die afgelope tyd het ek die voorreg gehad om verskeie vrouedagvieringe by te woon. En mensig, is ek nou nie opnuut beïndruk met hoe baie vroue vermag nie, van in die werkplek tot die gemeenskap. Maar dis veral in die huisgesin, wat tog maar die kern van ons samelewing uitmaak, waar daar geskitter word terwylContinue reading “Ons vier vrouwees”

Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik

Ewe skielik is die winterkoue hier, veral saans en soggens vroeg; sommer so direk van hittige somersdae tot briesend koud, geen stadige oorgang soos ons dit voorheen gewoond was nie. Alhoewel die sonnige dae tussendeur sorg vir pragtige herfsdae met die mooiste sonsondergange. Deesdae voel ek die winterkoue sommer gou-gou in my lyf. Styfheid enContinue reading “Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik”

Boerekos lekkerte

In my huis is dit altyd ‘n groot opgewondenheid as daar ‘n pakkie vanaf Arina du Plessis, LandbouBoerekos se bekroonde kosredakteur afgelewer word. Die slag is dit ook nie anders nie. ‘n Swart boks met ‘n briefie in Arina se netjiese handskrif bo-op, arriveer. Die nuutste LandbouBoerekos se herfs-en-winteruitgawe. En ek weet sommer by voorbaatContinue reading “Boerekos lekkerte”

Klets met Herman

Ek en Herman Lensing, Sariekos se kosredakteur en bekroonde kookboekskrywer en tv-persoonlikheid, kom al ‘n lang pad saam. Maar die afgelope tyd was ek so di teen groot lekkerte om heelwat tyd met hom deur te bring. Ons het saam gewerk aan my eerste televisie-program, Lekker en Goed waar ons hard gewerk maar net soContinue reading “Klets met Herman”

 Ek vat hande met ‘n dieetkundige

Lekker eet, maar gesonder eet daarby, het my nog altyd baie na aan die hart gelê. Daarom is dit vir my so ‘n riem onder die hart dat die eerste televisie-seisoen van Lekker en Goed so goed ontvang is en almal aanklank daarby kon vind. As kosskrywer en resepontwikkellaar met ‘n 4-jaar Huishoudkundegraad gespesialiseer inContinue reading ” Ek vat hande met ‘n dieetkundige”