Op my stoof is die soppot steeds langdurend aan die prut – my man is die expert as dit kom by ‘n lekker dik bonkige ertjie- of gortsop, terwyl ek weer daarvan hou om ‘n geurige fluweelagtige sop met baie groente in te maak. Toe ek hierdie lensie-en-patatsop raaklees in een van my vele kookboeke wat veral oor beter gutgesondheid gaan, het ek dit dadelik uitprobeer.
Author Archives: carmenniehaus
Kyk blomme en geniet ‘n unieke wyn-en-teeproe
Proe en ervaar hoe interresant die wêreld van happies kos saam met ‘n sippie wyn en rooibostee kan wees en hoe wyn en tee telkens ander geure en teksture in kos na vore bring.
Rooibos MTB by Carmién
Die afgelope naweek het die eerste Carmién Rooibos MTB-bergfiets-wedren in sy nuwe formaat by die De Tol Deli, bo-op die Piekenierskloofpas teen die N7 naby Citrusdal plaasgevind. As ek terugverlang na die lekker van so ‘n onvergeetlike naweek, maak ek ‘n Piekenierskloofwyntjie, ‘n wittetjie, oop, brou daarby my gunsteling Carmién tee, en gaan sit op my stoep met ‘n souttertjie in die hand.
Spanakopita met oorskiet
Na ‘n paar wonderlike fotosessies en kookklas of twee die afgelope tyd, was daar heelwat oorskiet bestanddele in my yskas wat vir my loer, al wagtende om verwerk te word in een of ander dis. Dis toe wat ek besluit om ‘n weergawe van die Griekse lekkerny, Spanakopita te maak.
Groentekerrie goed vir jou “gut”
SMy nuutste missie is om ‘n goedvoel “gut” te hê wat sommer ‘n wye spektrum gesondheids-voordele het. Immers was goeie gesondheid en gesonder eet nog van altyd af een van my groot prioriteite. My nuutste boek, Lekker & Goed, heilsame kos propvol heilsaamheid is juis daarop geskoei om gesonde kos steeds superheerlik te laat smaak.
Kook & kuier bederf, nog ‘n keer
Om julle nog verder lus te maak, hier is nog twee van die resepte wat ek daar gedemonstreer het: hier het ek in die Afrika-geurbaan sowel as in die Mediterreense geurbaan gespeel.
Kook & kuier bederf
‘n Groepie vriendinne besluit nou die dag om hul hartsvriendin met haar verjaarsdag te bederf met ‘n verrassings-kookklas in haar eie huis, want sy, ‘n kosmaker van formaat, voel sy het nog baie te leer as dit kom by die bymekaarsit van geure.
Woudkoek
‘n Koek wat uitspattig versier is met allerhande takkies vanuit die natuur maak die mooiste ‘centrepiece’ vir ‘n teetafel.
Twee bestanddele sjokolade-torte
Aanvanklik het ek dit met ongeloof bejeën toe die video van hierdie torte die rondte doen, maar nuuskierig soos ek is, het ek toe wel besluit om dit uit te probeer. En – dit werk! Makliker en vinniger kan dit haas nie – slegs sjokolade smelt, eiergele byroer, eierwitte styfklits, invou en bak.
Smoothie teen inflammasie
‘n Heerlike pynappelsmoothie wat help met inflammasie.
Supersaadbeskuit uit die Airfryer
Hierdie heerlike saadbeskuid, van die bestes wat ek nog geproe het as dit kom by glutenvry en lae-koolhidraatbeskuit, tiek sommer baie boksies as dit kom by heilsaamheid.
Bolognaise (ragù) vir baie
Ek is nou maar eenmaal net nie baie goed gerat om voordat die week met ‘n hengse galop wegspring alreeds al my maaltye klaar “geprep” te hê nie. Wat ek wel taamlik gereeld doen, is om ‘n ordentlike pot bolognaisesous te prut wat dan vir ‘n hele paar maaltye kan instaan.
Hawermout-saadbrood
Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.
Souskluitjies – soete trooskos
As dit so triestig en reënerig is buite, lus ek nie net sop en brood nie, maar verlang na soet trooskos soos my ma se souskluitjies, nog gemaak volgens my Ouma Carmen se resep.
Melksnysels – pure nostalgie
Melksnysels; slinger om die spoel, soos die ouer garde dit genoem het, of soos my ma baie keer daarna verwys het: spätzle, om ons opnuut weer aan ons Hollandse afkoms te herinner, proe pure nostalgie.
Smullekker happies vir Vadersdag
Met vadersdag om die draai, wil mens die manne graag bederf met eetgoed waarvan hulle hou. ‘n Lekker tjoppie en ‘n worsie oor die kole is altyd hoog bo-aan die lysie, maar somtyds soek mens ook peuselgoed vir vooraf of selfs as daar rugby gekyk word.
Klop beurtkrag met ‘n gaar hoender
Ek het laas naweek heerlik gekuier saam met ‘n oulike groep vroue by die Vredelust-gemeente in Boston in die Kaap. So tussen die lekker klets deur takel ons die uitdagings van beurtkrag en ek wys hulle wat mens alles met ‘n gaar rotisserie-hoender kan doen buiten toebroodjies en slaai.
Braai en pampoen vir smulpape
In die groentetuin langs die plaashuis het die pampoenranke altyd geil gerank met hul oes wat skuil hou tussen die blare. Pampoen was daar baie op tafel – pampoenkoekies, broodpampoen, pampoentert en ons was lief daarvoor; maar nooit, so ver ek kon onthou, ‘n heel gebakte pampoen nie.
Sop en brood
Vir my is winter ook sinoniem met sop. Eintlik lief ek sop enige dag en kan net nie genoeg daarvan kry nie. So jy kan my verlei met ‘n koppie warm sop, en as daar nog ‘n snytjie varsgebakte brood ook by is, is ek letterlik in die koshemel.
Kabouter-Spinasietert
Die wintersonnetjie bak heerlik op die stoep, so die teegoed word daar gedek en ek bak vinnig die allerlekkerste spinasietert in die Airfryer wat ons toe sommer tersond ‘n kabouter-spinasietert doop.
