Ek vat hande met ‘n dieetkundige

Lekker eet, maar gesonder eet daarby, het my nog altyd baie na aan die hart gelê. Daarom is dit vir my so ‘n riem onder die hart dat die eerste televisie-seisoen van Lekker en Goed so goed ontvang is en almal aanklank daarby kon vind. As kosskrywer en resepontwikkellaar met ‘n 4-jaar Huishoudkundegraad gespesialiseer inContinue reading ” Ek vat hande met ‘n dieetkundige”

Peusel peusel

By die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek op DeTolDeli aangebied het, is daar heerlik gekuier terwyl almal saam die spyse van die dag berei het. By aankoms het almal ‘n Rosé Sangria en verskeie Carmien Cold Brews geniet en hul verlustig aan ‘n geurige Persiese jogurtsop (laas week se resepte). Die tafel was ‘nContinue reading “Peusel peusel”

Geseënde Paasfees

Laas week sien ek die pragtige tafeldoek, Grace, wat my kosvriendin, Elmarie Berry op sosiale media geplaas het heel toevallig raak en terstond bestel ek een. Nie net is dit besonders mooi nie, maar die simboliek sprekend oor Paasfees tref my diep. Hier is haar beskrywing van alles wat op daardie tafeldoek gestileer is enContinue reading “Geseënde Paasfees”

Lam en slaai

Stadiggebakte lamsblaaie, gaargemaak in ‘n geurige rooibos-mentsous saam met vars aartappelslaai en ‘n Oosterse groen slaai, was die hoofgereg tydens die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek by DeTol Deli digby Citrusdal aangebied het. Meeste van my proviand vir die kookklas het ek gekoop by die DeTol Deli. Dis veral die vleis wat direk vanContinue reading “Lam en slaai”

Ons kook by DeTol

Die Lekker en Goed-televisieprogram was nie net vir myself ‘n ongelooflike reis en inspirasie nie, maar het net so baie vir ander beteken. Heelwat mense het gevra vir ‘n kookklas en sommer gou was daar 16 mense wat wou kom saamkook. Laas Saterdag het ons toe die eerste Lekker-en-Goed-kookklas by DeTol buitekant Citrusdal gehou.  DieContinue reading “Ons kook by DeTol”

Aartappel aptyt

Op my tafel is daar altyd plek vir my kleindag gunsteling bykos, aartappels. Jy kan soveel daarmee vermag, van braaiaartappels saam met vleis tot fynaartappels saam met wors of aartappels in slaai; ek maak ook deesdae graag die Italiaanse aartappelpasta-gereg, gnocchi. In ons tv-program, Lekker en Goed wat laasweek afgeskop het op KykNet, openbaar myContinue reading “Aartappel aptyt”

‘n Nuwe jaar vir nuwe voornemens

Nou ja, 2025 is met ons en laat dit ‘n jaar gelaai wees propvol nuwe voornemens. Ek lees op sosiale media die waar sêding raak: “If your habits do’nt change, you won’t have a new year, you will just have another year.” Oprah Winfrey het immers ook gesê: “The greatest discovery of all time isContinue reading “‘n Nuwe jaar vir nuwe voornemens”

Geseënde Kersfees

Kersfeestyd is sekerlik die mees besonderse tyd van die jaar. ’n Tyd wanneer meeste mense bietjie kan uitspan of afskaal na ’n besige jaar, maar veral ook wanneer ons tyd saam met geliefdes en vriende kan deurbring. In my grootwordhuis was Kersfeestyd sekerlik die besigste tyd van die jaar wanneer die oes ryp was enContinue reading “Geseënde Kersfees”

Kersie op die koek: trifle

Met al ons wonderlike Kersfeesetes op die plaas was daar altyd ‘n hele spread poedings ook gewees, nie dat ons ons nie al versadig geëet het aan al die heerlike skaapboud met aartappels, vark en lieflike slaaie nie. Ma het altyd gesorg vir ‘n regte gebakte Kersfeespoeding met geldjies in (met ‘n spesiale R5-stuk watContinue reading “Kersie op die koek: trifle”

Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai

Niks bring my so in die gees van Kersfees soos ‘n pragtige Kerskrans nie – dit kan maar net eenvoudig getooi wees in groen of grys blare of andersins milddadig versier met linte en kersbolletjies. Bring die Kerskransidee tafel toe en maak ‘n slaai wat in ‘n kerskransvorm gepak is – groen en rooi metContinue reading “Vier Kersfees met lamsboud en ‘n kerskransslaai”

Dis Kersfees

2024 lê bykans op sy rug en almal is besig om reg te skud vir die feesgety. Begin sommer vroegtydig beplan aan hoe julle Kersfeestafel vanjaar daar gaan uitsien. Dek dit uitspattig in helder kleure om sonnige Suid-Afrika te weerspieël.Beplan ‘n buitetafel op die stoep of onder ‘n lekker koelteboom in die tuin. Gooi ‘nContinue reading “Dis Kersfees”

Koekies vir die feestyd

En sowaar, voor ons alweer kom kry, lê die jaar op sy rug en is ons besig om reg te skud vir die feesseisoen. In my grootwordhuis is daar jaarliks ook verwoed koekies gebak sodat die blikke vol kon wees vir wanneer die familie arriveer. Brosbrood, koffiekoekies, gemmerkoekies, speserykoekies en vele meer. Later van tydContinue reading “Koekies vir die feestyd”

Gasvry sonder moeite

Dis lekker om te sien hoe ‘n kosvriendin vlerke kry en hoog vlieg. Elmarie Berry, kosblogger en outeur van die kookboek, Kosbaar, se tweede boek, The Table, Heartbeat of the Home, wat onlangs by Penguin Random House South Africa uitgegee is, is reeds in ’n tweede druk. ‘n Groot prestasie in die wêreld van hedendaagseContinue reading “Gasvry sonder moeite”

PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE

Ek was die afgelope tyd besig met ‘n baie opwindende projek waaroor ek julle bietjie later meer sal vertel, so ek kon ongelukkig nie veel tyd op sosiale media verwyl, interressante plekkies besoek of nuwe resepte ontwikkel nie. Gelukkig het ek ‘n magdom heerlike resepte wat my telkens verstom laat as ek dit ‘n slaggieContinue reading “PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE”

Somerse Boerekos

Laas week land hier ‘n pakkie, tot boordens toe gelaai met brood en wyn, konfyt en nog vele ander lekkernye by my. Dis van Arina du Plessis, kosredakteur van Landbou-Boerekos. Daarby die someruitgawe van die treffer-tydskrif, Landbou Boerekos, die someruitgawe. Voorop ‘n skottel frikadelle, die frikadelle wat Miriam Onewang, die ontslape Peter Veldsman se jarelangeContinue reading “Somerse Boerekos”