Hierdie is die keurigste knibbelbord wat mens ooit bymekaar kan sit vir saampeusel met familie en vriende tydens die Feestyd. Elkeen van die kase en preserveerprodukte tot die wyn op hierdie bord is noukeurig met die hand uitgesoek, is bekroonde kampioene en simbolies van topgehalte en aandag aan detail. Niemand anders as Agri-Expo en dieContinue reading “KIBBELBORD VOL KAMPIOENE”
Tag Archives: blog
Wonderlike kookboek – uitstalmooi en prakties
Dis lekker om ‘n kookboek te kry wat jy permanent naby jou kombuis wil uitstal omdat dit so propvol basiese resepte en formules is wat die dinkwerk en sleur uit kosmaak haal (en boonop is die boek mooi ook). Dis presies wat die gewilde Kaapse café, The General Store (geleë aan die onderkant van Breëstraat)Continue reading “Wonderlike kookboek – uitstalmooi en prakties”
Vernuwing: Kiddos vir kinders
As jy by die INNOVATION STUDIO in die Kaapse middestad instap, kan jy maar weet daar wag ‘n unieke ervaring op jou. Die studio wat deur Hannerie Visser en haar span bedryf word, laat mens regtig met nuwe oë na enige kos en kosprodukte kyk. Ek was onlangs uitgenooi om die bekendstelling by te woonContinue reading “Vernuwing: Kiddos vir kinders”
Kokkedoor: Son en See
Dis met goeie rede dat ek bietjie teruggehou het voordat ek ietsie wou sê oor die nuutste baba in die treffer Kokkedoorreeks. Kokkedoor: Son en see. Net 8 episodes, in die kol vir die feesseisoen. Ons ken reeds die dril, 2 maters saam in ‘n span, maar die keer is dit anders, net huiskokke enContinue reading “Kokkedoor: Son en See”
Mooie Prins Albert
Ons besluit om ons Suid-Kaap besoek af te sluit met ‘n oornagslaap op die mooie Prins Albert was uit en uit die moeite werd. ‘n Paar jaar gelede het ek as Kokkedoor-beoordelaar by die mooie Dennehof Karoo Gastehuis net buite die dorp oorgebly en toe reeds het die sjarme van die eeuoue dame, wat uitContinue reading “Mooie Prins Albert”
SuidKaap kuierreis
Deel 2 Op my onlangse kuier deur die Suid-Kaap op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie, het ek heelik ontspan saam met die boervroue van die Mosselbaai-omgewing en ook vir die eerste keer ‘n draai gegooi op die pragmooi dorpie, Uniondale. Vanjaar se tema is kook en ek besef dadelik, hierdie lot vroue kook nie netContinue reading “SuidKaap kuierreis”
Suid-Kaap kuierreis
Deel 1 Op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie het ek onlangs kuier-kuier deur die Suid-Kaap gereis en saam met wonderlike groepe boervroue uit die omgewing gekuier. My eerste stop is Heidelberg. Ek bly oor op Skeiding-gasteplaas met ‘n pragtige uitsig oor die graan- en canolalande. ‘n Welkome reëntjie was nie net die wêreld skoon enContinue reading “Suid-Kaap kuierreis”
Kampioen van kampioene
Soos al die afgelope 33 jaar die geval, was ek vanjaar weer deel van die span beoordelaars wat Shoprite Checkers se kampioen Championship Boerewors moes help kies. Ek, saam met die South African Chefs Association se sjefs, president, Koo Pillay en Martin Cobald, voormalige president en ere-president asook tv-persoonlikheid en sjef Nti Ramaboa het saamContinue reading “Kampioen van kampioene”
Praat saam met SarieKos
Sodra ‘n nuwe SarieKos die rakke tref, koop ek een. Om verskeie redes, maar vir my sekerlik die grootste is om ingelig by te bly wat aangaan in die koswêreld en sodoende lekker te kan saampraat. En die nuutste (weliswaar die winteruitgawe) was weereens ‘n treffer. Dikker, in ‘n nuwe formaat en met veel meerContinue reading “Praat saam met SarieKos”
Blommetyd
En in ‘n oogwink is dit September. Lente. 2025 se blommemaand skop af met ‘n wolklose dag, nog ietwat koel, maar meer as genoeg sonskyn dat die blommetjies pragtig oop met hul koppies na die son gedraai sit. Voor ons huis in Langebaan ‘n kleurespel van wit en geel met bietjie pers plek-plek. En asofContinue reading “Blommetyd”
Ons vier vrouwees
Die afgelope tyd het ek die voorreg gehad om verskeie vrouedagvieringe by te woon. En mensig, is ek nou nie opnuut beïndruk met hoe baie vroue vermag nie, van in die werkplek tot die gemeenskap. Maar dis veral in die huisgesin, wat tog maar die kern van ons samelewing uitmaak, waar daar geskitter word terwylContinue reading “Ons vier vrouwees”
Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik
Ewe skielik is die winterkoue hier, veral saans en soggens vroeg; sommer so direk van hittige somersdae tot briesend koud, geen stadige oorgang soos ons dit voorheen gewoond was nie. Alhoewel die sonnige dae tussendeur sorg vir pragtige herfsdae met die mooiste sonsondergange. Deesdae voel ek die winterkoue sommer gou-gou in my lyf. Styfheid enContinue reading “Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik”
Boerekos lekkerte
In my huis is dit altyd ‘n groot opgewondenheid as daar ‘n pakkie vanaf Arina du Plessis, LandbouBoerekos se bekroonde kosredakteur afgelewer word. Die slag is dit ook nie anders nie. ‘n Swart boks met ‘n briefie in Arina se netjiese handskrif bo-op, arriveer. Die nuutste LandbouBoerekos se herfs-en-winteruitgawe. En ek weet sommer by voorbaatContinue reading “Boerekos lekkerte”
Klets met Herman
Ek en Herman Lensing, Sariekos se kosredakteur en bekroonde kookboekskrywer en tv-persoonlikheid, kom al ‘n lang pad saam. Maar die afgelope tyd was ek so di teen groot lekkerte om heelwat tyd met hom deur te bring. Ons het saam gewerk aan my eerste televisie-program, Lekker en Goed waar ons hard gewerk maar net soContinue reading “Klets met Herman”
Ek vat hande met ‘n dieetkundige
Lekker eet, maar gesonder eet daarby, het my nog altyd baie na aan die hart gelê. Daarom is dit vir my so ‘n riem onder die hart dat die eerste televisie-seisoen van Lekker en Goed so goed ontvang is en almal aanklank daarby kon vind. As kosskrywer en resepontwikkellaar met ‘n 4-jaar Huishoudkundegraad gespesialiseer inContinue reading ” Ek vat hande met ‘n dieetkundige”
Peusel peusel
By die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek op DeTolDeli aangebied het, is daar heerlik gekuier terwyl almal saam die spyse van die dag berei het. By aankoms het almal ‘n Rosé Sangria en verskeie Carmien Cold Brews geniet en hul verlustig aan ‘n geurige Persiese jogurtsop (laas week se resepte). Die tafel was ‘nContinue reading “Peusel peusel”
Geseënde Paasfees
Laas week sien ek die pragtige tafeldoek, Grace, wat my kosvriendin, Elmarie Berry op sosiale media geplaas het heel toevallig raak en terstond bestel ek een. Nie net is dit besonders mooi nie, maar die simboliek sprekend oor Paasfees tref my diep. Hier is haar beskrywing van alles wat op daardie tafeldoek gestileer is enContinue reading “Geseënde Paasfees”
Lam en slaai
Stadiggebakte lamsblaaie, gaargemaak in ‘n geurige rooibos-mentsous saam met vars aartappelslaai en ‘n Oosterse groen slaai, was die hoofgereg tydens die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek by DeTol Deli digby Citrusdal aangebied het. Meeste van my proviand vir die kookklas het ek gekoop by die DeTol Deli. Dis veral die vleis wat direk vanContinue reading “Lam en slaai”
Ons kook by DeTol
Die Lekker en Goed-televisieprogram was nie net vir myself ‘n ongelooflike reis en inspirasie nie, maar het net so baie vir ander beteken. Heelwat mense het gevra vir ‘n kookklas en sommer gou was daar 16 mense wat wou kom saamkook. Laas Saterdag het ons toe die eerste Lekker-en-Goed-kookklas by DeTol buitekant Citrusdal gehou. DieContinue reading “Ons kook by DeTol”
Aartappel aptyt
Op my tafel is daar altyd plek vir my kleindag gunsteling bykos, aartappels. Jy kan soveel daarmee vermag, van braaiaartappels saam met vleis tot fynaartappels saam met wors of aartappels in slaai; ek maak ook deesdae graag die Italiaanse aartappelpasta-gereg, gnocchi. In ons tv-program, Lekker en Goed wat laasweek afgeskop het op KykNet, openbaar myContinue reading “Aartappel aptyt”
