In Langebaan draai die lewe om veel meer as oor hoe die gety draai, maar tog, as gerugte dat die vis loop in omloop is, sien jy hoe die bote tou staan om water toe te gaan. Op die meer sit hulle gepak al langs die elflyn af en kom met goeie vangste terug. WatContinue reading “Die vis loop”
Category Archives: Resepte
Vyfster ontbyt in die Karoo
Tydens ‘n blitsbesoek aan die Karoo die pas afgelope naweek oornag ons in die vyfster eeueoue Drostdy Hotel op Graaff-Reinet. Stylvol gerestoureer in eertydste dog byderwetse elegansie spreek dit vyfsterweelde tot op die letter van die woord met die ontbyt ook uit die boeke. Van tuisgemaakte granola propvol neute saam met die vrugte en jogurt;Continue reading “Vyfster ontbyt in die Karoo”
Vars en lig
Net bietjie meer as ‘n week gelede kuier ons op die plaas om my broer en sy vrou se verjaarsdae te vier. Onder die tamaaie bome lê die tapyte en kelims oormekaar op die klippestoep met banke en stoele knus rondom lae tafeltjies gepak waar die gaste gesellig kan saamkuier. In die hoek ‘n mooiContinue reading “Vars en lig”
Skep styl met brille
Weer kan ek my geluk nie glo nie – vir ‘n derde keer in ‘n ry het Spectacle World my “uitgekit” met “trendy” en die mooiste, stylvolle brille – spesiaal uitgesoek deur hul direkteur en oogkundige, Adele Camerana om my gesigtipe te pas. Teen die tyd weet sy al goed wat by my sal goedContinue reading “Skep styl met brille”
Kopskuif – Eet gesonder & lekker
Laas week het ek tog te lekker gekuier saam met ‘n groep vroue wat ‘n baie belangrike rol in ons skole vervul – die administratiewe personeel wat sorg dat die wiele nie afkom by enige skool nie en veel meer is as net die “bustannie” wat die vervoer moet reël. Voormalige skoolhoof, Riaan Truter enContinue reading “Kopskuif – Eet gesonder & lekker”
Meer as net pap
Hawermout is veel meer as pap vir ontbyt. Met al sy goeie hoedanighede word dit al hoe meer ingespan vir wanneer jy gesonder wil eet. Ek bak van ‘n heerlike outydse piesangbrood tot ‘n byderwetse minder koolhidraat saadbrood daarmee. Ek roep net wonderlike herinneringe op van Ma se varsgebakte plaasbrood met botter en groenvye waarmeeContinue reading “Meer as net pap”
Smul aan groente (en ‘n nuwe eetprogram)
Ek was nog nooit neusoptrekkerig vir groente nie. Inteendeel die uitbarstige kleure inspireer my om buiten slaaie van oongebakte geregte tot die lekkerste filoterte mee te maak. Met filodeeg werk ek net so graag, dit frummel en vou nes sagte papier in mense se hande, al geheim is jy moet dit effe klam hou. EnContinue reading “Smul aan groente (en ‘n nuwe eetprogram)”
‘n Dag in my lewe as kosskrywer en stilis
So baie keer word ek die vraag gevra hoe gaan ons te werk wanneer ons resepte ontwikkel, maar veral ook hoe ons die mooi prentjies maak wat op die ou einde die ‘wow’-effek in ‘n tydskrif of op sosiale media moet hê. Resep-ontwikkeling, maar veral stilering was nog altyd een van my groot liefdes. AlContinue reading “‘n Dag in my lewe as kosskrywer en stilis”
Gevulde hoenderpakkies
Aandkos is meningmaal ‘n kopseer in baie huishoudings, veral as dit ‘n besige dag was. Hoenderborsies is altyd ‘n uitkoms. Hier omenby middag se kant haal ek die pak bevrore borsies uit die vrieskas, dan is dit net genoeg ontvries vir aandete. Die retro Corden Blue-gereg pas ek aan met ‘n groente-en-kaasvulsel, rol dit inContinue reading “Gevulde hoenderpakkies”
Smul aan ‘n melktert
Al is dit ‘n snikheet warm dag op Langebaan oorval ‘n groot lus vir melktert my laas Sondag en net daar besluit ek dis sommer ons Sondagmiddagpoeding. Nie dat dit iets nuuts is vir ons nie, ons geniet graag ‘n snytjiie melktert op ‘n Sondagmiddag, hetsy as poeding of so teen laatmiddag se kant nesContinue reading “Smul aan ‘n melktert”
Verleidelike sjokoladekoek
Die ontslape kosskrywer, Neil Stemmet, wat die befaamde Sout en Peperboeke geskryf het, was van my vroegste jare as kosredakteur een van my groot kosvriende. Saam met hom het ek vele kostoere, veral deur sy geliefde Kalahari deurgemaak en ook vele Kalahari-kuierfeeste beleef en ware kos-kos geniet by sy gewilde restaurant, LeMust op Upington. MetContinue reading “Verleidelike sjokoladekoek”
Pad na jou hart
Met die vrystelling van die Huigenoot-fliek, Vergeet my nie, besluit ons om ook die kosliefdes van Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië se liefdesreis neer te pen – van hul sorgelose studentedae in Potchefstroom, hul tyd in Londen en uiteindelik Namibië waar hulle nesskop op ‘n plaas tussen die koppies en uitgestrekte vlaktes. EkContinue reading “Pad na jou hart”
Trek ‘n vissie uit
Laas week met die volmaan besluit die manne dis weer tyd om ‘n bietjie te gaan uitlê vir die nag. En oo, die stille opgewondenheid. Dis ‘n hele gedoente om die boot, visgerei, aas en eetgoed vir die deurnag-vangery gereed te kry. Vroegaand vertrek Lood en vriend Abraham. Met laagwater maak hulle aas by dieContinue reading “Trek ‘n vissie uit”
Eet vegetaries
Ek is ‘n tipiese fleksitariër wat vir weke sonder enige vleis kan klaarkom. Ek hou daarvan om met peulgewasse te eksperimenteer, veral omdat hulle so gedienstig en genadig is met die absorpsie van enige geure.
Kos as dit knyp
Hoender was nog altyd ‘n bekostigbare proteïen en ek het altyd ‘n pak of twee daarvan in die vrieskas. Hoenderstukke, veral boudjies en dye braai heerlik, want nee, al gaan dit hoe broekskeur, braai sal ons braai.
Uitgesorteer vir aandete
En voor jy kon sê mes, sit ons alweer in die helfte van Januarie. Meeste mense weer terug by die werk , die skole het amper begin en ons almal moet weer ingeskud kom in ‘n roetine. Hier op Langebaan haal die dorpenaars weer (verlig) asem, want alhoewel ons jaarliks die besoekers met ope armsContinue reading “Uitgesorteer vir aandete”
Moeitelose inpakkos
Ons is lief vir musiek, en veral Afrikaanse musiek word daar baie in ons huis geluister. My man is die musieklike een met ‘n fyn oor en baie ritme en kan enige instrument bespeel sonder dat hy eintlik les daarin moes kry. Maar ekke, ai, my ma het geglo haar meisiekinders moes musiek neem, maarContinue reading “Moeitelose inpakkos”
Naweek laatontbyt
Ek hou van enige soort gekookte pap – hawermout, Maltabella, maar veral mieliepap, die lekker growwe soort wat jy so in slopies by padstalle aankoop. Ons kook dan sommer ‘n goeie potvol en hou die oorskiet om paptert mee te maak. In my huis word daar letterlik meer dan ‘n dosyn vol eiers elke weekContinue reading “Naweek laatontbyt”
Reg vir die dag
Ek is nie ‘n groot eter soggens nie, veral nie as ek nog moet gaan oefen nie. Dan is ‘n smoothie wat jy in ‘n blits in die NutriBullet kan maak meer as genoeg vir my. Daarvoor hou ek graag ‘n pak bevrore bloubessies, wat as ‘n superkos beskou word, in my vrieskas aan. SaamContinue reading “Reg vir die dag”
Smul aan slaai (en boekweggee!)
‘Easy Al Fresco‘ bevat smullekker resepte wat ideaal is vir buite eet, hetsy op die stoep, in jou tuin, by die see, in die bos of berg of erens tussen nêrens. Grootste lekkerte is dat nie een van die resepte elektrisiteit vereis nie, maar oor die vuur of in die Weber of op gas gaargemaakContinue reading “Smul aan slaai (en boekweggee!)”
