Hoender was nog altyd ‘n bekostigbare proteïen en ek het altyd ‘n pak of twee daarvan in die vrieskas. Hoenderstukke, veral boudjies en dye braai heerlik, want nee, al gaan dit hoe broekskeur, braai sal ons braai.
Category Archives: Braai
Geniet dit
Die rugby-wêreldbeker bou nou lekker momentum op met die laaste wedstryde wat in die onderskeie groepe gespeel word. Wees deel van die pret, pak ‘n uitpakbord met ‘n verskeidenheid happies of bak sommer ‘n heerlike brood en geniet dit saam met ‘n wyntjie of ‘n paar lekker drankies.
Kampioen van kampioene
Vir ‘n volle 31 jaar is ek nou al bevoorreg om deel te wees van die paneel beoordelaars wat jaarliks die nuwe Championship Boerewors van Checkers en Shoprite moet aanwys.
Braai en pampoen vir smulpape
In die groentetuin langs die plaashuis het die pampoenranke altyd geil gerank met hul oes wat skuil hou tussen die blare. Pampoen was daar baie op tafel – pampoenkoekies, broodpampoen, pampoentert en ons was lief daarvoor; maar nooit, so ver ek kon onthou, ‘n heel gebakte pampoen nie.
Braaisous vir braaidag
Ons kan ons erfenis met niks lekkerder vier as om ‘n vuurtjie aan te steek en ‘n vleisie oor die kole te gooi nie nie. Beter nog as jy ‘n braaisous met eg Suid-Afrikaanse bestanddele soos rooibostee maak.
Kampioen van kampioene
Vanjaar was ek weereens bevoorreg om deel te wees van die paneel beoordelaars wat jaarliks die nuwe Championship Boerewors van Checkers en Shoprite moet aanwys. Die dertigte jaar van die kompetisie en ek kan met trots sê dat ek van heel van die begin af deel was daarvan.
Vinkel en koljander
Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord.
Braai op safari
Ons maak graag ons eie veeldoelige braaisous wat sommer as marinade ook dien en ook in ‘n potjie gebruik kan word.
