Episode 13 – Johan de Villiers en Lorriane Heyns

Visbraai-langtafel

BRANDEWYN-EN-COKE-MARTINI

Genoeg vir 3

Bereiding: 15 min

STROOP

100 g suiker

400 ml water

2 takkies roosmaryn

1 sakkie Carmien Pure Rooibos Cooking Teabag

DRANKIE

60 ml (¼ k) goeie kwaliteit brandewyn

200 ml suikervrye Coke

4 skeute Angostura Bitters

1 kg ys

Pomelo- of lemoenskil vir garnerring

1 STROOP Plaas al die stroopbestanddele saam in ‘n pot en kook vir 5 minute. Laat afkoel.

2 DRANKIE Plaas brandewyn, Coke, Bitters en 60 ml (¼ k) van rooibostroop in cocktail shaker gevul met ys. Skud vir 1 minuut. Giet in opdienglase. Druk ‘n bietjie van die lemoenskil se “vog” uit in elke glas, sny die skil in dun repies en garneer met lemoenskil.

VISSAMOSAS MET KOLJANDERDOOPSOUS

Maak sowat 40 samosas

Voorbereiding:  40 min

Baktyd: 15 min

VULSEL

2 blikke (400 g each) Lucky Star sardyne in tamatiesous

Olie

2 Wildeklawer-uie, gekap

1 cm stuk vars gemmer, gerasper

2 knoffelhuisies, gerasper

Groot handvol mentblare, gekap

Groot handvol koljanderblare, gekap

1—2 vars brandrissies, ontpit en fyn gekap

30 ml (2 e) appelkooskonfyt

2,5 ml (½ t) borrie

5 ml (1 t) sout

10 ml (2 t) gemaalde koljander

5 ml (1 t) gemaalde komyn

30 ml (2 e) suurlemoensap

SAMOSAS

10 velle filodeeg, ontdooi

olie

Sesamsade

VIR VOORSIT

Koljanderdoopsous

Voorverhit die oond of lugbraaier to 190°C

1 Dreineer die vis en maak fyn.

2 Verhit olie in ‘n pan en braai die uie tot sag, voeg die gemmer en knoffel by, braai bietjie, voeg dan die gevlokte vis by.

3 Voeg die res van die vulselbestanddele by, verlaag die hitte en prut stadig vir sowat 15 min. tot geurig.

4 Laat afkoel.

5 Gebruik 15 ml (1 e) vulsel per samosa.

6 Plaas die filodeegvelle opmekaar. Gebruik ‘n skerp mes en sny in 6 repe, 5—6 cm wyd. Bedek lossies met ‘n klam doek om te voorkom dat die filodeeg uitdroog.

7 Gebruik 1 reep deeg per keer en plaas in die lengte op ‘n plat oppervlak, verf liggies met olie.

8 Vou die onderste punt diagonaal oor om ‘n pakkie te maak en skep 15 ml (1 e) van die vulsel in. Vou die “pakkie” diagonaal oor en vou dan op en oor tot ‘n driehoekie gevorm is.

8 Plaas op ‘n bakplaat, verf met olie, sprinkel sesamsaad oor. Herhaal met filodeeg en vulsel.

9 Bak 12—15 minute tot goudbruin. Sit voor met koljanderdoopsous.

KOLJANDERDOOPSOUS

Maak sowat 125 ml

Bereiding: 5 min

40 g vars koljanderblare

2,5 ml (½ t) sout

2 brandrissies, gekap

10 ml (2 t) knoffel, fyngedruk

15 ml (1 e) fyn klapper

30 ml (2 e) water

15 ml (1 e) suiker

30 ml (2 e) appelasyn

60 ml (¼ k) olie

Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker of NutriBullet en verwerk tot glad. Sit voor saam met die samosas.

MALEISE SEEKOSSOP

Probeer gerus die teeaftreksel wat ek ook bedink het om hierdie sop mee te maak – werklik onverbeterlik lekker.

Maak sowat 3 liter sop

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: sowat 30 min

60 g botter

15 ml (1 e) olie

10 ml (2 t) fyngestampte knoffel

10 ml (2 t) fyngerasperde gemmerwortel

1 klein Wildeklawer-ui, gekap

80 ml (⅓ k) koekmeel

2 liter (8 k) teeaftreksel (sien resep)

20 ml (4 t) tamatiepasta

Sout en peper

250 g vis, ontgraat en in stukke gesny

1 pak (750 g) Marinaramengsel, krapstokkies verwyder indien verkies

1 pak (500 g) bevrore gaar mossels in halfskulpe

125 ml (1/2 k) dik natuurlike jogurt

Koljanderblare vir oorsprinkel

1 Verhit die botter en olie in ‘n kastrol en roerbraai die ui, knoffel en gemmerwortel daarin tot sag.

2 Roer die meel by en roer tot glad. Verhit, terwyl geroer word tot dit net begin prut.

3 Meng die teeaftreksel en tamatiepasta. Roer stadig by die meelmengsel in.

5 Plaas terug op die plaat en verhit tot die sop kook en effe verdik.

6 Voeg die vis en seekos by en verhit tot die mengsel weer kook, goed warm en gaar is, sowat 5 minute.

7 Roer die jogurt deur en garneer met koljanderblare.

Maak ‘n rooibostee-aftreksel soos volg: Trek 4 Carmiensakkies elk van Gut, Focus en Revive in 2 liters (8 k) kookwater.

PATERNOSTER GEBRAAIDE GEELSTERT

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min

Gaarmaak: 10—12 min

KNOFFEL-SOJA-MARINADE

2 heel knoffelbolle

250 ml (1 k) suurlemoensap

250 ml (1 k) sojasous

250 ml (1 k) olyfolie

VIS

1 geelstert

paar skeppe natuurlike jogurt

1 Rasper die knoffelbolle aan die growwe kant van die rasper sodat die skil agterbly. Voeg die suurlemoensap, sojasous en olyfolie by.

2 Marineer die vis 1 uur lank daarin.

3 Verwyder die vis uit die marinade en hou die marinade eenkant.

4 Plaas die vis in ‘n toeklaprooster en braai 10—12 minute met die vel na onder tot die vleis net-net wil verkleur. Verf dikwels met die marinade. Draai om en braai die vleiskant 2—3 sekondes of tot net bruin. (jy kan die vis sommer so oor die vlammende kole braai)

5 Kook intussen die oorskietmarinade af tot geurig en roer ‘n paar skeppe natuurlike jogurt deur en sit saam met die vis voor. Skep aartappels (sien resep) op ‘n bord en plaas die vis bo-op. Skep sous oor.

KOMYNAARTAPPELS

olie

5 ml (1 t) vars gerasperde gemmer

15 ml (1 e) vars gekapte knoffel

4 groot Wildeklawer-aartappels, gekook, skille afgetrek en in skywe gesny

2 ml (½ t) fyn komyn

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) gekapte koljanderblare

1 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan, voeg die gemmer en knoffel by asook die aartappel en roerbraai tot warm. Geur na smaak met komyn, sout en peper en voeg die koljanderblare by. Sit voor saam met die vis.

NEUTERIGE BULGUR-EN QUINOASLAAI MET BLOMKOOL- EN- BROCCOLIPIEKEL EN ROOIBOS-SLAAISOUS

Genoeg vir 6—8 mense

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 15 min

1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer

paprika en komyn

olie

250 g bulgurkoring, geweek in 400 ml Carmien Masala Chai Cooking Teabag rooibostee, gemaak met 1 sakkie

250 g quinoa, goed afgespoel en gekook in 400 ml Carmien Masala Chai Cooing Teabag rooibostee, gemaak met 1 sakkie

ROOIBOS-SLAAISOUS

80 ml (⅓ k) olie

180 ml (¾ k) Carmien Masala Chai Cooking Teabag rooibostee, vinnig getrek met 1 sakkie

Sap en fyngerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen

30—45 ml (2—3e) appelasyn

1,25 ml (¼ t) seesoutvlokkies

30–45 ml (2—3e) suiker

Paar skeppe van broccoli-piekel (sien resep)

AFRONDING

100 g Turkse appelkose, kleiner gesny (opsioneel)

20 g koljanderblare

100 g gekapte amandels of okkerneute

1 Pak die kekerertjies in ‘n enkellaag in die Airfryer, sprinkel die sout, paprika en komyn oor. Lugbraai tot bros, sowat 5 minute.

2 Plaas geweekte bulgur in die mikrogolf vir 1 minuut en maak los met ‘n vurk. Dreineer die quinoa en meng die twee saam.

3 SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam en giet oor die bulgurkoringmengsel. Laat afkoel

4 Dreineer die piekelgroente en voeg saam met kekerertjies by die bulgurkoringmengsel. (Voeg v d piekelsous by indien verkies)

5 Meng die appelkose en helfte van die koljanderblare by

6 Skep op in ‘n platterige opdienskottel en sprinkel die koljanderblare en neute oor.

BLOMKOO- EN-BROCCOLI-PIEKEL

PIEKELMENGSEL

4 knoffelhuisies, fyngerasper

45 ml (3 e) kappertjiesade

15 ml (1 e) komynsaad

15—30 ml (1—2 e) paprika

7,5 ml (1½ t) sout

125 ml (½ k) bosbessies, afgespoel in kookwater

250 ml (1 k) appelasyn

250 ml (1 k) water, voeg 1 sakkie Carmien Revive rooibostee by

BLOMKOOL EN BROCCOLI

1 Wildeklawer-ui, in ringe gesny

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

350 g blomkool-en-broccoli-blommetjies

Olyfolie om te bedek

1 Kook al die bestanddele vir die piekelmengsel saam.

2 Giet kookwater oor die ui, soetrissie, blomkool en broccoli en verfris onder koue water. Pak in ‘n skoon fles. Giet die piekelmengel oor en vul aan met olyfolie tot net bedek. Laat 3 dae staan voor gebruik..

BEET-EN-KAASSLAAI MET ROOIBOS-EN-BOEGOE-SLAAISOUS

Genoeg vir 4—6 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaak: 20—30 min

6 heel Wildeklawer-bete

Sout en peper

Olyfolie

1 x rooibosslaaisous (sien resep)

pakkie gemengde slaaiblare of roketblare

2 Wildeklawer-rooi uie, in ringe gesny

Halwe groen soetrissie, in klein blokkies gesny

125 g bloubessies

1 rol sagte kaas, in skyfies gesny

Fyngekapte kruisement of koljanderblare

Paar gekapte okkerneute

Kruisement- of koljanderblare vir bo-oor sprinkel (opsioneel)

1 Plaas die bete in die Airfryer, geur met sout en peper en besprinkel liggies met olie. Lugrooster tot sag en gaar. Trek die skilletjies af en sny in kwarte indien verkies.

2 Berei die slaaisous soos beskryf en giet helfte oor die beet.

3 Rangskik die slaaiblare op ‘n dienbord en skep die bete bo-op.

4 Sprinkel die ui en groenrissie asook die bloubessies oor.

5 Rol die sagte kaas in bolletjies en rol in die gekapte kruie.

6 Pak bo-op die slaai.

7 Rond af met gekapte neute en kruisement- of  koljanderblare indien verkies.

BOEGOE-SLAAISOUS

80 ml (⅓ k) olie

250 ml (1 k) Carmien Buchu rooibostee, gemaak met 3 sakkies

Sap en fyngerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen

30—45 ml (2—3e) appelasyn

1,25 ml (¼ t) seesoutvlokkies

30–45 ml (2—3e) suiker

Meng al die bestanddele saam.

VIETNAMESE KOOLSLAAI

‘n Heerlik verfrissende slaai.

Genoeg vir 6—8 mense

Bereiding: 20 min

SLAAISOUS

Sap van 3 lemmetjies

1 sakkie Carmien Boost-rooibostee

45 ml (3 e) sesamolie

2—3 brandrissies, gekap

6 knoffelhuisies, fyngerasper

5 ml (1 t) suiker

45 ml (3 e) rysasyn

45 ml (3 e) sojasous

45 ml (3 e) gekapte piekelgemmer

SLAAI

1 Wildeklawer rooi ui, gekap

2 stingeluie, in ringe gesny

250 g kopkool, fyngekerf

2 Wildeklawer-geelwortels, skoongeskraap en gerasper

3—4 mini komkommers, in dun skyfies gesny

45 ml (3 e) gekapte kruisementblare

30 ml (2 e) gekapte koljanderblare

1 avokado, in stukke gesny

60 ml (¼ k) grondbone of heel amandels

15—30 ml (1—2 e) sesamsade

100 g Chinese eier- of rysnoedels, in stukke gebreek en gediepvetbraai tot bros (opsioneel)

1 SLAAISOUS Plaas die rooibosteesakkie in die lemmetjiesap en trek vir sowat ‘n minuut. Verwyder die sakkie en meng met die res van die bestanddele.

2 SLAAI Plaas die kool, wortels, komkommer en kruie in ‘n slaaibak en giet sowat helfte van die slaaisous oor. Meng deur.

3 Rangskik die avokado bo-op en sprinkel laastens die grondbone of neute en sesamsade asook die gebraaide noedels oor indien verkies.

4 Sit voor met die res van die slaaisous.

GRENACH NOIR-PERE

Genoeg vir 6—8 mense

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 30 min

400 ml Carmien rooibostee, gemaak met ‘n sakkie Masala Chai Cooking Teabag plus 2 sakkies Zesty Lemon

500 ml (2 k) Piekenierskloof Grenache Noir

80 ml (⅓ k) heuning

100 ml bruinsuiker

6—8 klein pere met stingels, geskil en ontkerm

10 ml (2 t) mielieblom

JOGURTROOM

125 ml (½ k) room, verkoel

250 ml (1 k) volroomjogurt

Sowat 30 ml (2 e) versiersuiker

AFRONDING

Pekanneute of pistasieneute

bruinsuiker

1 Kook die rooibostee, rooiwyn, heuning en suiker saam in ‘n groot pot.

2 Plaas die pere in die mengsel. Plaas ‘n vel bakpapier bo-op sodat die pere heeltemal met wynsous bedek is.

3 Verlaag hitte en prut die pere in die mengsel tot sag, maar nie stukkend gekook nie.

4 Skep die pere uit met ‘n gaatjieslepel.

5 Verdik die sous met die mielieblom.

6 JOGURTROOM Meng al die bestanddele saam.

7 AFRONDING  Plaas neute in ‘n pan en verhit, sprinkel bietjie suiker oor en braai tot die suiker effe gekarameliseer het rondom die neute. Kap die neute fyner op.

8 Skep die pere in bakkies, giet sous oor en skep jogurt oor. Sprinkel neute oor.

Leave a comment