Episode 11 – Ricky Schroeder

Lig die potte se deksels

PERSKE-BELLINI

Genoeg vir 4-6

Bereiding: 10 min

500 ml 2 k) water

8 sakkies Carmien Peachy Peach of Apricot Blossom Cold Brew rooibostee

4 koppies wit perskes, in stukke gesny en gevries

60 ml (¼ k) vodka

Piekenierskloof Wilhelmina MCC

Trek tee in koue water. Giet in ‘n voedselverwerker. Voeg die bevrore gesnyde perskes saam met die vodka by. Puree teen hoë spoed tot ‘n gladde mengsel. Skep in opdienglase en giet vonkelwyn by.

MIELIESTOOMBROOD

Maak 1 stoombrood

Bereiding: 15 min

Baktyd:1–1½ uur

BAKMENGSEL

250 g growwe mieliemeel

250 g steengemaalde witmeel of glutenvrye witmeelmengsel                              

30 ml (2 e) suiker

’n knippie sout

10 ml (2 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) koeksoda

OM TE BAK

250 ml (1 k) Carmien Buchu-rooibostee (1 sakkie), trek kort in lou water

250 ml (1 k) amasi

1 eier

80 ml (⅓ k) olie

1 blik (400 g) pitmielies, gedreineer (opsioneel)

VOORSIT

Heuning en gerasperde kaas

1 BAKMENGSEL Meng die droë bestanddele goed. (Verpak in ‘n lugdigte houer indien nie dadelik gaan gebruik).

2  Klits die tee, amasi, eier en olie saam. Voeg die jogurtmengsel en gedreineerde pitmielies by die droë bestanddele en meng liggies deur.

3 Smeer ‘n bakkie, wat in ‘n swartpot of gietysterkastrol kan pas met botter.

4 Skep die mengsel in die voorbereide bakkie.

5 Giet sowat 500 ml (2 k) kookwater in ‘n pot, plaas die bakkie binne-in. Plaas die deksel op en stoom sowat 1–1½ uur oor stadige hitte of totdat ‘n toetspen net-net skoon uitkom uit die middel van die brood.

5 Sit voor met heuning en maaskaas.

MEDITERREENSE LAMSKENKELS

Genoeg vir 4 mense

Bereiding; 20 min

Gaarmaak: sowat 2 uur

6–8 lamsskenkels, kan heel ook wees met lang bene

Olyfolie

Sowat 30 ml (2 e) balsamieke asyn

2 takkies roosmaryn

10 heel knoffelhuisies, ongeskil

Sout en peper

olie

500 g Roma-tamaties, grofweg opgekap

2 Wildeklawer-uie, gekap

1 Wildeklawer wortel, geskraap en in stukkies gesny

15 ml (1 e) elk gekapte basilie- en pietersielieblare

7,5 ml (1/2 e) elk gekapte oregano en tiemie

2 lourierblare

Olyfolie

Sout en peper na smaak

Suiker na smaak

65 g tamatiepasta

125 ml (½ k) Piekenierskloof-pinotage

Skoot Carmien groen rooibostee

1 blik (400 g) Lucky Star gebakte bone in tamatiesous

Paar heel piekeluie, gaargekook (opsioneel)

VOORSIT

Fynaartappel

Olyfolie

Skoot wit balsamieke asyn

Kruie vir oorsprinkel indien verkies

1 Vryf die lamskenkels in met olyfolie en balsamiese asyn en plaas in ‘n metaalvrye bak. Voeg die roosmaryn en knoffel by. Marineer oornag.

2 Geur die skenkels met sout en peper en verbruin die skenkels bietjie in olie in ‘n groot swartpot. Skep uit.

3 Plaas die tamaties in die pot, voeg die ui, wortel en die kruie by. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper asook bietjie suiker. Braai tot lekker geurig en die tamaties sag is.

4 Voeg die tamatiepasta en wyn ook by en meng goed.

5 Voeg die vleis weer by die tamatiesmoor in die pot, maak toe en laat stowe tot die vleis murgsag is en bykans van die been afval. Haap die heel knoffelhuisies uit, maar behou.

6 Roer die bone en piekeluitjites, indien gebruik, by. Verhit tot alles lekker warm is.

7 VOORSIT Druk die vleiserigheid uit die heel knoffelhuisies en meng saam met genoeg olyfolie by die fynaartappel in. Voeg die balsamieke asyn by.

8 Skep die fynaartappel op ‘n bord, sit die skenkel bo-op en skep die tamatiesous bo-oor. Rond af met kruie.

DROËVRUGTE BAKLAVA

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 min

Baktyd: 20—25 min

500 g gemengde droëvrugte, kleiner gesny

2 appels, geskil en gerasper

250 ml (1 k) Carmien Focus, berei met 3—4 sakkies

60 ml (4 e) Piekenierskloof Straw wine

1 pak filodeeg

Gesmelte botter

2 pakke (100 g elk) gemengde neute, fyner gekap

 Fyn kaneel

STROOP

125 ml (½ k) heuning

180 ml (3/4 k) sterk Carmien-Zesty Lemon, gemaak met 3—4 sakkies

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n langwerpige bak met kossproei.

1 Kook die droëvrugte en appel in die rooibostee tot sag, voeg die Straw wine by. Koel eenkant af en meng die neute by.

2 Smeer ‘n vel filodeeg met gesmelte botter, vou toe op die vou, skep ‘n rytjie van die vulsel op een lang kant en rol in ‘n rol toe.

3 Pak in die bak. Herhaal met filodeeg en vulsel tot die vulsel op is. Pak al die rolle langs mekaar in die bak.  

 Sny diagonale snye dwars oor die rolle. Smeer weer met filodeeg gaar is, sowat 20—25 minute.

3 Kook intussen die heuning en rooibostee saam tot stroperig. Giet oor die warm baklava en laat die stroop intrek.

4 Sit voor saam met roomys.

Leave a comment