Kaggelkos

WHISKYSOUR
Genoeg vir 2
ROOIBOSSTROOP
100 ml suiker
250 ml (1 k) water
4 sakkies Carmien Citrus Chai-rooibostee
DRANKIE
50 ml whisky
3 SkeuteAngostura Bitters
15 ml eierwit
25 ml (5 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) rooibsostroop
1 handvol ysblokkies
1 STROOPKook suiker, water en tee saam vir 5 minute. Laat afkoel.
2 DRANKIEPlaas whisky, bitters, eierwit, suurlemoensap en rooibosstroop in ‘n cocktail shaker en skud vir 1 minuut. Maak oop en voeg dan eers ys by en skud weer tot yskoud. Gooi in glase en sit voor.
LEMOENWORTELSOP
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Kooktyd: 20—30 min
30 ml (2 e) olie
1 prei, in ringe gesny
1 ui, gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn koljander
1 kaneelstok
8 groot wortels, geskil en in stukke gesny
1 klein botterskorsie, geskil en ontpit en in stukke gesny
1, 5 liter aftreksel, gemaak met 6 Carmien Focus en 2 Carmien Boost-teesakkies
Gerasperde skil en sap van 2 lemoene
7 ml (1,5 ml ) bruinsuiker
Sout en swartgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) dik volroomjogurt
Handvol gekapte koljanderblare
1 vel filodeeg, dubbel gevou
gesmelte botter
geroosterde pampoenpitte
1 Verhit die olie in ‘n pan en braai die prei en ui daarin tot sag.
2 Meng die kerrie en fyn speserye deur.
3 Voeg die groente by asook die aftreksel en lemoen.
4 Geur met suiker, sout en peper.
5 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut tot die groente sag is.
6 Verwyder van die hitte, verwyder die kaneelstok en verpulp met ‘n stokmerger. Roer die jogurt en koljanderblare by, verhit weer indien verkies.
7 Skep in bakkies, bedek met ‘n vel filodeeg, bind vas met tou en verf met botter, sprinkel pampoenpitte oor.
8 Bak by 180°C of tot bruin. Sit warm voor.

HEEL GEKERRIEDE LENDESTUK
Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 30 min
Gaarmaak: sowat 1 uur
MASALASMEERSEL
1 elk sakkie Carmien Zesty lemon, Turkish Delight en Revive
2 sakkies Carmien Focus of 1 sakkie Carmien Masala Chai-cooking bag
300 ml kookwater
10 ml (2 t) heel komynsaad
15 ml (1 e) heel koljandersaad
1 heel steranys
6 knoffelhuisies, geskil
50 g vars gemmer, gerasper
Groot handvol vars kruie soos pietersielie, koljander, ment
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene en 2 lemmetjies
60 ml (¼ k) olie
VLEIS
1,5 kg heel beeslende (nie ligter nie)
sout
3 uie, in wiggies gesny
6-8 aartappels, in wiggies gesny
250 ml (1 k) Carmien groen rooibostee (2 sakkies)
olie
natuurlike jogurt vir by sous
1 Plaas die teesakkies in ‘n beker en giet die kookwater oor. Laat afkoel en verwyder die teesakkies.
2 Rooster die komyn en koljandersade in ‘n droë pan. Plaas saam met die steranys in ‘n stamper en maak fyn met ‘n vysel, andersins gebruik ‘n Nutribullet.
3 Maak die knoffel, gemmer en kruie fyn in die voedselverwerker, voeg die fyngestampte speserye en gerasperde skil by.
4 Skakel die voedselverwerker aan en voeg die suurlemoensap en lemmetjiesap asook die afgekoelde tee en olie by.
5 Verwerk tot ‘n smeerbare mengsel.
6 VLEIS Maak ‘n paar insnydings met ‘n skerp mes in die vleis en vryf die vleis oraloor goed in met die masalamengsel. Marineer verkieslik oornag in die yskas.
7 Bring vleis tot kamertemperatuur, haal uit die marinade (hou enige oorskiet marinade eenkant) en geur met sout.
8 Voorverhit die oond tot 160°C.
9 Pak die uie in die middel van ‘n oondbak en plaas die vleisstuk bo-op.
10 Pak die aartappelwiggies rondom die vleis en geur dit liggies met sout.
11 Giet die helfte van die groen rooibostee in die bak en besprinkel die aartappels liggies met olie
12 Oondbraai as volg: 20—25 minute per 500 g plus 20 minute ekstra vir mediumgaar en tot die vleis gaar is na jou voorkeur.
13 Laat rus die vleis te minste 10 minute voor dit voorgesny word.
14 Plaas die vleis op ‘n dienbord en rangskik die aartappelskywe (en uie) rondom. Hou warm.
15 Giet nog groen rooibostee by die pansappe in die pan en verhit op die stoofplaat tot die skraapsels loskom.
16 Giet die pansappe in ‘n kastrolletjie, voeg die oorskiet marinade by en laat kook tot geurig. Roer bietjie natuurlike jogurt by vir ‘n lekker romerige sous en sit voor saam met die vleisstuk en aartappelskywe. Geniet met sambals.
SAMBALS
Tamatiesambal: Sny ‘n hand vol kerietamaties kleiner op. Voeg 1 gekapte rooi-ui by. Meng ‘n bietjie bruin-asyn, ‘n strooisel suiker en 1 gekapte groen brandrissie by. Sprinkel koljanderblare oor.
Piesangsambal: Sny piesangs in skyfies, sprinkel suurlemoensap oor asook bietjie klapper
Komkommersambal Sny ‘n kwart komkommer in klein blokkies, voeg ‘n handvol gekapte ment en 1 gekapte rooi brandrissie by. Vou 125 ml (1/2 k) volroomjogurt by.
Pynappelsambal Sny ‘n pynappel in stukke, voeg ‘n handvol gekapte koljanderblare en 1 groen of rooi gekapte brandrissie by.
MELKKOS
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min
Kooktyd: 15–20 min
MELKKOS
1 250 ml (5 k) volroommelk
1 kaneelstok
15 ml (1 e) Carmien Chai-espresso (in ‘n toeklap-teesiffie geskep)
250 ml (1 k) koekmeel
knippie sout
5 ml (1 t) bakpoeier
60 ml (¼ k) botter
GEPOSJEERDE PERE (OPSIONEEL)
250 ml( 1 k) suiker
500 ml (2 k) water
6 pere, in blokkies gesny
KANEELSUIKER
80 ml (⅓ k) suiker
10 ml (2 t) fyn kaneel
1 Plaas melk saam met die kaneelstok en rooibos-espresso-poeier in groot pot oor matige hitte en bring tot kookpunt.
2 Terwyl melk begin kook, maak frummels: plaas meel, sout, bakpoeier en botter in mengbak (of gebruik ‘n elektriese menger) en vryf botter met vingerpunte in meel in tot die growwe tekstuur van klam seesand.
3 Haal kaneelstok uit melk en roer die frummels met ’n houtlepel by die melk in. Hou aan roer tot mengsel verdik en begin kook. Verlaag hitte tot stadige prut en kook tot melkkos gaar is, sowat 5 minute. Skakel hitte af en maak pot toe. Laat staan vir 10 minute.
4 Posjeer die pere: Bring suiker en water tot kookpunt. Plaas peerblokkies in stroop en posjeer vir 10 minute. Haal van hitte af. Meng alles vir kaneelsuiker saam.
5 Sit so voor: Sprinkel bietjie kaneelsuiker onder in bakkies van jou keuse en skep melkkos bo-op. Skep geposjeerde pere bo-op met van die stroop. Sit voor.
Rooibos chai espresso melksnysels
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 min
Gaarmaaktyd: 15 min
60 ml (1/4 k) Carmien rooibos chai espresso
500 ml (2 k) kookwater
200 ml koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (1/2 t) sout
1,5 liter (6 k) volroommelk
ekstra koekmeel vir oorstrooi
2 eiers
60 ml (1/4 k) suiker
5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
Kaneelsuiker vir oorsprinkel
1 Gebruik ‘n teepot met ‘n siffie en giet die rooibos-espresso in die siffie.
2 Giet die kookwater stadig oor en laat staan tot nodig.
3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
4 Voeg ‘n bietjie van die melk by om ‘n stywe deeg te vorm. Meng goed en knie liggies tot die deeg effe glad is, nie lank nie.
5 Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
6 Strooi ruimakoots meel oor die deeg.
7 Rol die deeg in ‘n rol op, begin aan die lang kant en sny die rol in baie repies.
8 Strooi baie meel oor die snysels en vroetel dit liggies met jou vingers los. Hou eenkant tot benodig.
9 Giet die melk in ‘n groot kastrol en voeg die tee by die melk in die kastrol. Verhit tot net by kookpunt.
10 Sprinkels die snysels in sonder om die meel af te skud.
11 Verlaag hitte en roerkook sowat 10 minute.
12 Klits die eiers en suiker saam tot lig en vou by die mengsel in.
13 Laat net weer opkook.
14 Skep in bakkies en sit voor met ‘n strooiel kaneelsuiker.
