Episode 8  – Mila Guy

Boerekos opgezooz

PYNAPPELBIERPONS

Genoeg vir 6-8

Bereiding: 10 min

6 sakkies Carmien Revive Rooibostee

250 ml (1 k) pynappelsap

gebreekte ys

60 ml (¼ k) vars lemmetjiesap (van 2 of 3 lemmetjies)

250 ml (1 k) pynappelbier

250 ml (1 k) ligte ale bier

1 Plaas die teesakkies in die pynappelsap en bring tot kookpunt en kook vir 2 minute. Verwyder van hitte en laat effens afkoel.

2 Skep ys in ‘n mengeldrankie-skudder en voeg die pynappelsap, lemmetjiesap en pynappelbier by. Skud goed.

3 Giet in glase en voeg die ligte ale bier by.

PERSKESLAAI MET AARBEI-VINAIGRETTE EN BOKKOMREPIES

AARBEI-VINAIGRETTE

Maak sowat 350 ml

180 ml (¾ k) Carmien Turkish Delight (gemaak met 4 sakkies) (trek kort)

125 g aarbeie (bevrore sal ook werk)

25 ml (5 t) strooisuiker

60 ml (¼ k) appelasyn

60–80 ml (¼–⅓ k) olyfolie

Paar druppels vissous

Sout en peper na smaak

1 Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in die NutriBullet of voedselverwerker en verwerk tot glad.

PERSKE-SLAAI

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min

SLAAI

250 g vars perskes, geskil en in dun skyfies gesny (pruime of nektariens of vars aarbeie kan ook gebruik word)

1 pakkie (40 g) wilde roket

1 rol (100 g) bokkaas, in skyfies gesny

8 repies bokkom, dun gesny

PRALIEN

125 ml (½ k) suiker

50 g okkerneute

AFRONDING

Aarbei-vinaigrette

Paar takkies spekboom

1 Pak die perskeskyfies op ‘n slaaibord en sprinkel die roket oor.

2 Rangskik die kaasskyfies en bokkom bo-op.

3. PRALIEN Verhit die suiker in ‘n pan oor matige hitte tot dit begin smelt en karameliseer. (Skud die pan ban tyd tot tyd, maar moenie roer nie)

Voeg die neute by en giet onmiddelik uit op ‘n bakplaat wat goed met kossproei gespuit is. Laat afkoel en kap grof op.

4 AFRONDING Giet van die vinaigrette oor en sprinkel die pralien bo-op. Rond af met takkies spekboom.

KOOLFRIKKADELLE MET SPESERY-TAMATIESOUS

Sit voor met oondgebakte rosti’s.

Lewer sowat 12—16 medium frikadelle

Bereiding: 40 min

Gaarmaak: 20—30 min

FRIKKADELLE

500 g maalvleis (kombinasie van maer beesvleis en wild bv. volstruis) plus 125 ml (½ k) gaar bruinlensies

Sout en varsgemaalde swartpeper

1 klein ui, geskil en grofgerasper

2 knoffelhuisies, fyngerasper

1 eier

5 ml (1 t) elk fyn koljander en paprika

2,5 ml (½ t) fyn komyn

20 ml (4 t) Worcestersous

60 ml (¼ k) fyn broodkrummels geweek in 60 ml (¼ k) water

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

30 ml (¼ k) gekapte ment

Olie vir braai

Sowat 12–16 kopkoolblare (bv savoy), harde gedeelte uitgesny

TAMATIESOUS

Olyfolie

 1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngerasper

5 cm stuk gemmer, fyngerasper

250 ml (1 k) rooibostee, gemaak met 1 sakkie Carmien Masala Chai Cooking Bags of 3—4 sakkies Carmien Focus Rooibostee

2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties in sap

1 blik (400 g) kekerertjies (opsioneel)

suiker en sout en peper na smaak

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

JOGURTSOUS

1 klein Engelse komkommer, gerasper

Sout

250 ml (1 k) volroomjogurt

2 knoffelhuisies, fyngerasper

5 ml (1 t) fyn komyn

Sap van halwe suurlemoen

Klein handvol mentblare, fyngekap

1 FRIKKADELLE: Meng al die bestanddele liggies maar goed saam en vorm medium bolletjies. Verhit bietjie olie in ‘n groot pan en braai tot bruin buite-om. Haal uit pan.

2 TAMATIESOUS: Braai die ui en knoffel asook gemmer in bietjie olie in dieselfde pan tot sag, voeg die tee, tamaties en kekerertjies by en prut tot geurig en nie meer waterig nie. Geur met suiker, sout en peper na smaak asook suurlemoenskil.

3 Plaas die koolblare in ‘n vlak bak, giet kookwater oor en laat staan sowat ‘n minuut lank. Dreineer en draai elke frikkadel toe in ‘n koolblaar. Steek vas met ‘n stokkie en plaas in die sous. Skep ook van die sous oor die frikkadelle. Bedek en laat prut sowat 12—15 minute tot die frikkadelle deurgaar is.

3 JOGURTSOUS Plaas die komkommer in ‘n vergiettes en besprinkel met sout. Laat staan 15 min en druk dan al die vloeistof goed uit. Voeg res van die bestanddele by en meng goed.

4 Skep die tamatiesous in ‘n opdienbord met die koolfrikkadelle bo-op en sit voor saam met die jogurtsous. Rond af met mentblare.     

Wenk: jy kan die frikadelle ook op ‘n bakplaat pak en net in die oond bruinbraai, sowat 20 min. Giet die sous oor en bak verder tot geurig en tot die frikadelle gaar is.

OONDGEBAKTE ROSTI’S

1 groot aartappel per persoon

Sout en peper

Olie

Voorverhit die oond tot 220°C. Spuit ‘n groot bakplaat en voer uit met bakpapier. Spuit weer goed.

1 Skil en rasper die aartappels. Geur goed met sout en peper.

2 Gebruik ‘n groot koekiedrukker (of 12 cm-ringvorm) en plaas op die bakplaat. Skep die ring 0.3 cm vol. Druk stewig vas en maak nog rosti’s met die res van die gerasperde aartappel.

3 Verf die aartappelkoekies bo-oor goed met olie en oondbraai 10 min lank. Draai om met ‘n eierspaan en braai weer 10 min lank. Draai weer twee keer om en braai telkens 5 min lank en totdat die rosti’s bruin en deurgaar is.

4 Sit voor saam met die koolfrikkadelle en sous.

Sagopoeding-brûlée

Lewer 6—8 porsies

Weektyd: oornag

Bereiding: 15 min

Gaarmaak: 25 min

2 sakkies Carmien Masala Chai Cooking Bags

1–2 Carmien Turkish Delight-rooibosteesakkies

1 liter (4 k) melk

250 ml (1 k) sago, oornag in water geweek en gedreineer

Knippie sout

1 stuk pypkaneel

80 ml (⅓ k) suiker

60 ml (¼ k) botter

4 eiers

15 ml (1 e) melk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondbak of 6—8 bakkies.

 1 Plaas die teesakkies in ‘n kastrol en voeg die melk by. Verhit tot matig warm, druk die teesakkies uit en verwyder. Voeg die sago, pypkaneel en suiker by en verhit oor stadige hitte totdat die sago gaar en deurskynend is. Laat effe afkoel en roer die botter by.

2 Klits die eiers, melk en vanieljegeursel tot lig, voeg bietjie van die gaar sagomengsel by en meng goed. Roer die res van die sagomengsel by en verhit tot die eiers net g gaar is.

3 Giet in voorbereide bakkies en besprinkel ruimskoots met strooisuiker.

4 Skroei met ‘n blaasvlam tot die suiker gekarameliseer en gesmelt is.

Leave a comment