Rooi, rooier, gesond
Bloody Mary
Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 15 min
- 6 sakkies Carmién Pure Rooibos Tee
- 60 ml (¼ k) vodka
- Vars suurlemoensap
- Selderysout
- Gerookte paprika
- 125 ml (½ k) tamatiesap
- 7,5 ml (1½ t) suurlemoensap
- 1,25 ml (¼ t) peperwortel
- 2–4 skeute Worcestershire-sous
- 2–4 skeute Tabasco-sous
- 1 knippie elk sout- en swartpeper (of selderysout)
- Ys
- 1 selderystingel, in repe gesny met ’n aartappelskiller
- Week rooibostee in vodka vir 24 uur. Druk die sakkies uit en verwyder.
- Vryf suurlemoen om die rand van elke glas en doop in selderysout en gerookte paprikamengsel.
- Giet die vodka, tamatiesap, suurlemoensap, peperwortel, Worcestershire-sous, Tabasco-sous en sout en peper in ’n cocktail shaker gevul met ys. Skud goed. Giet in voorbereide glase. Garneer met bollings selderyrepe.
Romerige Tamatiesop
Hierdie sop is heerlik romerig alhoewel dit nie ’n krieseltjie room bevat nie. Die tamaties word vooraf bietjie in die oond gerooster om die geur uit te bring en dan fyngemaak tot fluweelglad.
Lewer 2,5 liter sop
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 40 min
- 1,2 kg Romatamaties, gehalveer
- 1 x 400 g-blik heel tamaties
- 8 knoffelhuisies, fyngerasper
- 1 Wildeklawer-ui, gekap
- 1 rooi soetrissie, in stukke gesny
- 1 aartappel, geskil
- Olyfolie
- Sout en peper na smaak
- 1 sakkie (65 g) tamatiepasta
- 1 liter (4 k) aftreksel gemaak met 8 sakkies Carmién Revive Groen Rooibostee (andersins kan 2 Carmién Cooking Teabags Groen Rooibostee ook gebruik word)
- 5 ml (1 t) cayennepeper of na smaak
- 15 ml (1 e) bruinsuiker
- 30 g basilieblare, gekap
Voorverhit die oond tot 200°C.
- Pak die tamaties, knoffel, ui, soetrissie, en aartappel in ’n oondvaste bak, sprinkel bietjie olyfolie oor en geur met sout en peper. Oondbraai 25–30 minute tot die tamaties sag en die rante effe geskroei is.
- Skep uit in ’n kastrol, voeg die tamatiepasta en aftreksel by, geur met cayennepeper, suiker en nog sout en peper soos nodig. Voeg van die basilieblaartjies by.
- Bring tot kookpunt en laat prut sowat 15–20 minute tot geurig.
- Maak fyn met ’n staafmenger.
- Skep op in bakkies en rond af met basilieblare.
Rooibos-Botterhoender
Genoeg vir 4–6 mense
Voorbereiding: 20 min
Gaarmaaktyd: sowat 20 min
- 3 Carmién Pure Rooibosteesakkies of andersins 1 Carmién Masala Chai Cooking Bag
- 250 ml (1 k) kookwater
- 500 ml (2 k) dubbelroomjogurt
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 30 ml (2 e) gerasperde vars gemmer en 10 ml (2 t) gerasperde vars borrie (of 5 ml fyn poeier)
- 15 ml (1 e) botterhoenderspeserye of brejani-masala
- 4 vellose hoenderborsies, in repies of klein blokkies gesny
- Sout
- Olie
- 2 Wildeklawer-uie, in dun ringe gesny
- Sowat 400 g passata
- ’n Paar broccoli- en blomkoolblommetjies of ’n halwe kopkool, in baie dun repies gesny
- Groot handvol gekapte koljanderblare
- ’n Paar baba-tamaties, gehalveer (opsioneel)
Voorsit
- Basmati-rys of naanbrood
- Trek die rooibostee in die kookwater tot lekker sterk. Verwyder die sakkies.
- Plaas die jogurt, knoffel, gemmer en botterhoenderspeserye of brejani-masala in ’n groot bak en meng goed.
- Geur die hoender met sout en voeg by die jogurtmengsel. Marineer ten minste vir ’n halfuur lank, andersins selfs oornag.
- Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie daarin tot sag.
- Voeg die gemarineerde hoenderstukkies bietjie vir bietjie by en roerbraai tot effe bruin.
- Voeg ook die orige marinade asook die rooibostee en die passata by. Laat prut tot die hoender bykans net gaar en die sous lekker geurig is.
- Voeg die groente by, verhit tot net warm; die groente moet nog steeds bros wees. Geur met sout soos nodig en sprinkel die koljanderblare oor. Voeg ook ’n paar vars tamaties by indien verkies.
- Skep die hoendermengsel in bakkies uit saam met rys of sit andersins voor saam met naanbrood.
Hawermoutbiscotti met Hangkaas en Vrugte
Hawermoutbiscotti
Hierdie koringmeellose biscotti is lekker bros en het ’n lekker lemoengeurtjie.
Maak sowat 40 stukkies dungesnyde biscotti
Bereiding: 20 min
Baktyd: 40–50 min
- 500 ml (2 k) hawermout
- 375 ml (1½ k) haselneute en/of amandels
- 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
- Knippie sout
- 125 ml (½ k) rou heuning
- 3 groot eiers
- 30 ml (2 e) elk lemoensap en fyngerasperde lemoenskil
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 100 g bosbessies geweek in 125 ml (½ k) Carmién Orange Camomile Rooibostee, gedreineer
- 100 g grof gekapte amandels of haselneute
Voorverhit die oond tot 160°C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei.
- Maak die hawermout en neute saam goed fyn in ’n NutriBullet tot ’n meel. Skep uit in ’n bak en voeg die bakpoeier en sout by.
- Klits die heuning en eiers saam tot romerig. Voeg die lemoensap, -skil en vanieljegeursel by.
- Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
- Dreineer die bosbessies goed en vou alternatiewelik met die grofgekapte neute by die mengsel in. Meng tot ’n sagte deeg; voeg meer van die meelmengsel by indien nodig.
- Deel die mengsel in twee en skep een helfte op die voorbereide bakplaat.
- Vorm in ’n lang ovaal rol. Herhaal met die ander deeg.
- Bak 30–40 min tot gaar.
- Verwyder uit die oond, koel af en sny in dun snytjies.
- Pak op ’n bakplaat en bak ’n verdere 10–12 min, draai om en bak nog 10–12 min tot droog en goudbruin.
- Koel af en bêre in ’n lugdigte houer.
- Sit voor saam met hangkaas, heuning en vrugte en geniet Carmién se Orange Camomile Rooibostee daarby.
Hangkaas
- 500 ml (2 k) volroom-amasi of dubbelroomjogurt
- Pienk sout na smaak
Voorsit
- Heuning
- Verskeidenheid vars vrugte, veral bessies en ook vars dadels
Streep bietjie heuning deur die kaas en sit voor met biscotti en vrugte.
Spoel ’n mousseliendoek uit met water en droog uit. Sit in ’n sif met die punte wat oor die kante hang.
Geur die amasi of jogurt met sout na smaak en skep in die mousseliendoek.
Plaas die sif oor ’n bak en laat die wei sowat 2–3 ure deursyg – sit dit in die yskas of koelplek met ’n opvangbak onder.
Bring dan die punte van die doek na mekaar toe sodat die kaas ’n bol vorm en bind dit met tou vas. Hang die bol op oor ’n opvangbak (ek hang dit baie keer oor die steel van ’n houtlepel wat ek dwars oor die opvangbak plaas of sit dit in ’n vergiettes in die yskas met ’n opvangbak onder). Laat staan vir 12 uur.
Verwyder dan die mousseliendoek versigtig wanneer dit kompak maar steeds sag voel. Verkoel. (Dit sal vir 3 dae goed hou in die yskas.)
