Fees vir ‘n kind
AARBEI BUBBLE-TEA-MELKSKOMMEL
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min
10 sakkies Carmien Kiddies Berry Boost
250 ml (1 k) volroommelk
500 ml dik natuurlike volroomjogurt
Heuning na smaak
12 aarbeie, bevrore
100 ml bubbles, aarbeigeur
1 Plaas die teesakkies in die melk en laat staan tot ‘n lekker sterk geur vorm. Druk die vloeistof uit die sakkies.
2 Plaas die jogurt, in die voedselverwerker, voeg die bessiegegeurde melk en bietjie heuning na smaak by asook die aarbeie. Pols teen ‘n hoë-spoed tot ‘n gladde melkskommelagtige mengsel.
3 Giet die aarbeimengsel in glase, skep in elke glas van die bubbles by. Sit voor.
CHIA-JOGURTVRUGTEGLASIES
MAAK 4 GLASIES
Bereiding: 15 min.
Staan: oornag
JOGURT
500 ml (2 k) dik natuurlike volroomjogurt
5 ml (1 t) vanieljgeursel
2 ml (½ t) fyn kaneel
45 ml (3 e) bruinsuiker
60 ml (¼ k) chiasaadjies
VRUGTE
7 lospit geel nektariens, in skyfies en blokkies gesny
45 ml (3 e) bruinsuiker of na smaak
60 ml (¼ k) Carmien Kiddies Peachy Peach Coldbrew rooibostee, gemaak met 1 sakkie
Varsgemaalde swartpeper
kruisementblaartjies, goed afgespoel
1 JOGURT Meng die jogurt, vanieljegeursel, kaneel en bruinsuiker saam.
2 Roer die chiasaadjies in, laat 30 min. staan, roer weer goed en skep 125 ml (½ k) in elke glasie of koppietjie. Maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag. (kan tot 3 dae so staan in die yskas, word net stewiger).
3 VRUGTE Besprinkel die vrugte met suiker en koue tee. Maal swartpeper ruimskoots oor en meng goed deur. Maak toe en laat 2 ure sodat geure goed kan intrek en daar ‘n effense stropie vorm.
4 Skep die vrugte bo-op die jogurtglase net voor jy dit voorsit.
5 Plaas ‘n paar takkies kruisement bo-op elke hopie vrugte.
Varieer die vrugte soos wat jy beskikbaar het: verskeidenheid bessies; pynappel en piesang met bietjie grenadilla; verskeie sitrusvrugte of selfs gestoofde droëvrugte.
MACARONI-EN-KAAS MET TUNA
Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20 min
Baktyd: 30–40 min
1 pak 500 g) macaroni, gaargekook en gedreineer
200 g Cheddarkaas, gerasper of 80 g gerasperde parmesaankaas
2 blikke Lucky Star-tuna, gedreineer
1 bakkie (230 g) geroomde maaskaas of 250 ml (1 k) volroommelk
4 eiers
Sout en peper en bietjie mosterd
1 Wildeklawer soet ui, in skyfies gesny
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit sowat 6 leë Lucky Star blikkies goed met kossproei.
1 Meng die macaroni en driekwart van die kaas.
2 Voeg die tuna by.
2 Skep die mengsel in die blikkies en rangskik die uieringe bo-op.
3 Klits die maaskaas en eiers goed saam, geur na smaak met sout en peper. Giet die eiermengsel oor, sprinkel bietjie kaas oor elk en bak sowat 30 minute of totdat die eiermengsel gestol is.
ROOIBOS-SJOKOLADEKOEK
Maak ’n medium koek
Bereiding: 20 min
Baktyd: 20—25 minute
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel
125 ml (½ k) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
Knippie sout
250 ml (1 k) hawermout, fyn gekap
250 ml (1 k) suiker
160 ml (⅔ k) canola-olie
30 ml (2 e) appelasyn
500 ml (2 c) Kiddies Berry Boost CarmienTea-rooibostee, gemaak met 4 sakkies (of Pure-rooibostee)
AFRONDING
Donker sjokolade, gesmelt en gemeng met bietjie melk
Botterversiersel
Reënboogkoekversiersel
Vars blommetjies
Voorverhit die oond tot 180°C Spuit ‘n Bundtpan goed met kossproei.
1 KOEK Meng die koekmeel, kakao, koeksoda, en sout saam, voeg die hawermout en suiker by en meng goed.
2 Giet die olie, asyn en rooibostee in ‘n groot beker en klits goed. 0
3 Voeg die teemengsel by die droë bestanddele en meng goed.
4 Giet die beslag in die pan en bak sowat 20–25 min lank of tot ‘n toetspen net skoon uit die middel van die koek kom.
6 Laat afkoel in die pan en verkoel tot stewig.
7 AFRONDING Giet die ganache oor die koek en laat staan tot stewig.
8 Versier met botterversiersel en sprinkel reënboogkoekversiersel oor.
9 Rond af met vars blommetjies.
