Episode 4 Elmarie Berry

Sondagkuier

GIN & TEA

Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min

4 sakkies Carmién Turkish Delight

250 ml (1 k) kookwater

60 ml (¼ k) suiker

1 eierwit

60 ml (¼ k) granaatsap

30 ml (2 e) roosstroop

30 ml (2 e) suurlemoensap

60 ml (¼ k) jenewer

1 kg ys

30 g droë frambose, fyn gemaal

1 Plaas die tee, kookwater en suiker in ‘n medium groot pot en kook vir 5 minute. Dreineer deur ‘n sif en laat afkoel tot koud.

2 Plaas die eierwit, granaatsap, roosstroop en suurlemoensap saam met die jenemwer in ‘n mengeldrankie-shaker. Vul met ys en skud goed tot vir sowat 30 sekondes tot goed gemeng.

Giet in martini-glase. Sif framboospoeier oor.

LAMSBOUD MET CREAMY MINT-ROOIBOSSOUS

Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 15 min

Gaarmaaktyd: 2½–3 ure

1 lamsboud met skenkelbeen nog aan indien verkies

Sout en peper

30 ml (2 t) Marmite

30 ml (2 t) Dijon-mosterd

30 ml (2 t) sagte bruinsuiker

30 ml (2 t) olyfolie

3 Wildeklawer-uie, in dik skywe gesny

1 bol knoffel, gehalveer

4 Carmien Creamy Mint groen rooibosteesakkies

SOUS

Sowat 250 ml (1 k) romerige jogurt

Vars ment vir garnering

Voorverhit die oond tot 160°C.

1 Vryf die boud in met sout en peper.

2 Meng die Marmite, mosterd, suiker en olyfolie  saam en smeer die boud oraloor goed in.

3 Plaas die uieskywe en die knoffel in ‘n groot oondpan en plaas die boud bo-op.

4 Maak ‘n sterk aftreksel met 375 ml (1½ k) kookwater en die Carmien-teesakkies en giet in die oondpan. Bedek die pan met tinfoelie en oondbraai soos volg: vir ‘n mediumgaar boud: laat 20—25 min per 500 g vleis toe plus 20—25 min ekstra (interne temperature: 70°C).

5 Verwyder die foelie die laaste 20 minute sodat die boud lekker bruin kan braai.

6 Verwyder die boud uit die oondpan en plaas op ‘n dienbord. Laat 10 minute rus voordat dit gesny word, maak liggies toe.

7 SOUS Voeg jogurt by die pansappe in die oondpan en meng goed. Giet in ‘n kastrolletjie en kook af totdat die sous lekker geurig is. Maak fyn met ‘n stokmenger indien verkies en sit voor saam met die boud.   

TARTIFLETTE

Genoeg vir 6 mense

Voorbereiding: 30 min

Gaarmaak: 45 min

125 ml (½ k) sagte broodkrummels

60 ml (¼ k) fyngerasperde parmesaankaas

Sowat 6–8 groot Wildeklawer-aartappels, gaargemaak, afgekoel en skilletjies afgetrek en in skyfies gesny

Sout

olyfolie

2 rooi soetrissies, gehalveer

1 Wildeklawer-ui, in ringe gesny

4 knoffelhuisies, fyngedruk

300 g baba-spinasie

Sowat 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny

Paar takkies tiemie

80—125 ml (⅓–½ k) Piekenierskloof-witwyn

gelatien

SOUS 

250 g baba-tamaties

25 ml (5 t) tamatie-pesto

Basilieblare vir afronding

Voorverhit die oond tot 190°C. Voer ‘n losboom-koekpan uit met tinfoelie en spuit goed.

1 Kook die aartappels in soutwater tot effe sag, maar nie stukkend gekook. Dreineer.

2 Meng broodkrummels en parmesaankaas en sprinkel helfte daarvan op die boom en teen die kante van die pannetjie.

3 Pak soetrissies met velkant na bo op ‘n bakplaat. Oondbraai tot die soetrissies swart blasies bo-op vorm en die spekvleis gaar, maar nie bros is nie.

4 Verwyder uit die oond, plaas die soetrissies in ‘n plastieksak om af te koel en trek die velletjies af. Sny in groot stukke.

5 Verhit bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die ui en knoffel daarin tot sag.

6 Pak lae as volg in die broodpannetjie: plaas ‘n paar tiemietakkies onderin die pan. Pak ‘n enkellaag aartappelskywe bo-op, smeer bietjie van die uiemengsel oor en pak ‘n laag kaas bo-op. Pak dan ‘n laag soetrissie, sprinkel spinasieblare oor, Herhaal die lae. Sprinkel ‘n klein bietjie gelatien oor elke aartappel. Dit help dat hulle beter bymekaarhou. Pak nog tiemietakkies op, giet wyn oor en sprinkel die orige broodkrummelmengsel bo-op.

7 Maak liggies toe met tinfoelie en bak sowat 25—30 minute of tot die kaas goed gesmelt is. Rooster vinnig tot effe bruin bo-op.

8 SOUS Roerbraai die baba-tamaties tot hulle net begin oopbars. Roer pesto deur en geur met sout en peper.

8 Laat die tartiflette bietjie afkoel sodat die kaas net effe kan stol en keer dan versigtig op ‘n dienbord uit.  Skep die tamatiesous bo-oor en rond af met basilieblare. 

BEETPIEKEL OP SPINASIE-PESTO

Lewer sowat 500 ml piekel

Bereiding: 20 min

PIEKEL

500 ml (2 k) rou appelasyn

500 ml (2 k) water met 1 sakkie Carmien Masala Chai cooking teabags

15 ml (1 e) sout

125 ml (½ k) suiker

GROENTE

2 bossies Wildeklawer-beet, gaargekook en skilletjie afgestroop terwyl nog warm

PESTO

1 bossie spinasie of beetblare of krulkool, gestroop v harde stingel

Groot handvol basilieblare

60 ml (¼ k) sonneblomsaad, gerooster

3 knoffelhuisies, fyngedruk

60 ml (¼ k) pecorinokaas

60 ml (¼ k) Carmien groen rooibostee (gebruik 1 sakkie)

80–125 ml (⅓-½ k) olyfolie

Gerasperde skil en sap v halwe suurlemoen

Sout en peper

AFRONDING

Za’tatar

Vars mielies, pitte afgesny in repe

basilieblare

1 PIEKELSOUS Plaas al die bestanddele vir die piekelsous in ‘n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Giet oor die gaar bete en laat afkoel. Laat staan oornag of minstens 3 dae.

2 PESTO Plaas die spinasie, beetblare of krulkool en basilieblare saam met die sonneblomsaad, knoffel en kaas in die voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die tee en olyfolie en suurlemoensap by en geur met sout en peper. Verwerk tot grofglad.

3 Skep die pesto op ‘n plat dienbord en rangskik die beetstukkies (sny kleiner) daarop.

4 Sprinkel die za’tatar en mielierepies oor en rond af met basilieblare.

TEERAMISU

Ek maak my eie klappersponsvingers en gebruik dit pleks van die vingerbeskuitjies. Die klapper verlaag die effek van die suiker op bloedsuikervlakke. Maar jy kan ook gewone vingerbeskuitjies gebruik.

1 hoeveelheid klappervingerbeskuitjies (sien ook resep)

180 ml (¾ k) afgekoelde sterkgetrekte Carmien Turkish Delight-rooibostee (Turkish Delight moet nie lank getrek word nie) (3—4 sakkies)

3 eiergele

80 ml (⅓ k) heuning

60 ml (¼ k) brandewyn

2 houers (230 g elk) geroomde maaskaas

kakao

1 plak donker sjokolade, minstens 70%

1 Doop die beskuitjies vinnig in tee en pak die vingerbeskuitjies op die bodem van ‘n vierkantige bak.

2 Klits die eiergele en heuning in die menger se bak en plaas in ‘n katrol met kookwater, roer tot die bak en mengsel goed warm is. Plaas die bak terug in die menger en klits tot lig en dik.

4 Voeg die brandewyn by en meng.

5 Meng die maaskaas by.

6 Skep oor die beskuitjies, stuif met kakao en rasper die sjokolade oor.

7 Verkoel verkieslik oornag.

KLAPPERVINGERBESKUITJIES

3 eierwitte

Knippie sout

180 ml (¾ k) strooisuiker

250 g fyn klapper

1 Spuit ‘n bakplaat met kossproei en voer uit met bakpapier. Spuit weer en stuif met mielieblom.  Klits die eierwit tot dit sagte punte vorm, voeg sout by en klits tot styf.

2 Vou die die klapper in en verkoel oornag.

 Voorverhit die oond tot 180 °C.

3 Vorm in lang rolletjies met jou hande en plaas ver uitmekaar op die bakplaat. Bak sowat 12 minute of tot gaar.

4 Laat afkoel op die bakplaat en bêre in ‘n lugdigte houer.

Leave a comment