Saamgooikos/Deelkos
Pienk Pons
Genoeg vir 2 litter
YSBAK
2 liter water
kruie van jou keuse
vars blomme
PONS
1 liter water
200 g (250 ml) suiker
500 g-sak bevrore gemengde bessies
6 sakkies Carmien Cranberry Hibiscus Cold Brew
1 kg gebreekte ys
2 liter limonade
1 YSBAK Kook 2 liter water en laat afkoel. Kook weer en laat afkoel tot koud – dit maak die ys deursigtig. Vul ‘n groot, ronde vriesbestande bak halfpad met die koue water. Plaas ‘n tweede, kleiner ronde bak in die water en plaas iets swaars soos blikkieskos binne-in wat die gewig afdruk en die water in die onderste bak tot by die rand laat styg. (Sorg dat die tweede bak nie tot op die bodem van die onderstebak druk nie.) Plak twee repe maskeerband oorkruis bo-oor albei bakke sodat dit stewig sit. Druk kruie en vars blomme in die water en vries oornag.
2 PONS Plaas 1 liter water, suiker en bessies in ‘n middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat kook 5-8 minute of tot vloeistof met die helfte verminder het. Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek 5-8 minute of langer as jy dit sterker verkies. Verwyder teesakkies en laat die stroop afkoel tot heeltemal koud. Verwerk met staafmenger tot puree.
Haal bakke uit vrieskas, doop dit vinnig in kookwater en haal die ysbak uit. Plaas op ‘n mooi bord en gooi ys en koue stroop in ysbak. Gooi limonade by en meng liggies deur. Sit voor met ekstra vars bessies indien verkies.
SAADLAVASH MET BEETHOEMOES EN GEROOKTE TAMATIEPIEKELS
Saadlavash
Maak 10 groot stukke
375 ml (1½ k) hawermout
125 ml (½ k) saadmengsel (sonneblom, pampoen,lynsaad)
30 ml (2 e) chia-sade
15 ml (1 e) phylliumvesel
15 ml (1 e) paprika
5 ml (1 t) sout
80 ml (⅓k) olyfolie
500 ml (2 k) Carmien groen rooibostee (1 sakkie Lekker&Goed cooking bags), afgekoel
VIR AFRONDING
olie
Taco speserymengsel
Swart sesamsade
Voorverhit die oond tot 230°C. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kossproei.
1 Meng al die droë bestanddele, voeg ook die paprika en sout by.
2 Meng die olie met helfte van die rooibostee en voeg by die droë bestanddele. Meng goed en voeg dan net genoeg rooibostee by om ‘n smeerbare deeg te maak.
3 Smeer die deeg so dun as moontlik op ‘n bakplaat met ‘n deegskraper.
4 Verf met olie en gebruik jou vingerpunte om die deeg egalig plat te druk.
5 AFRONDING Sprinkel bietjie taco-speserymengsel oor asook sesamsaad.
6 Bak 15 minute tot gaar en effe bros rondom die kante. (verf halpad deur die bakproses weer met olie).
7 Draai om, verf die onderkant ook met olie en bak ‘n verdere 7–10 minute tot bros.
8 Laat afkoel en breek in stukke.
9 Bêre in ‘n lugdigte houer.
Wenk: Maak weer lekker bros deur die stukke lavash in ‘n lugbraaier te bak vir sowat 5 minute.
BEETHOEMOES
SESAMSAADOLIE
60 ml (¼ k) olyfolie
45 ml ( 3 e) sesamsaad
HOEMOES
500 ml ( 2 k) gaar beet
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer, behou vloeistof
3 knoffelhuisies, fyngedruk met 3 ml sout
2 groot suurlemoene se sap en fyngerasperde skil
3 ml (ruim ½ t) elk fyn komyn en paprika
Carmien groen rooibostee na smaak
1 SESAMSAADOLIE Verhit die olie in ‘n pan en braai die saad tot goudbruin, nie te donker nie. Koel af.
2 HOEMOES Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker en verwerk tot glad, voeg die sesamsaadolie en net genoeg groen rooibostee by om ‘n fluweelgladde mengsel te maak.
3 Skep in ‘n bakkie en sit voor met die piekels en lavash.
GEROOKTE TAMATIEPIEKELS
Maak 1 bottel (750 ml) piekel per groente
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 6 min
BEROKING
30 ml (1 e) los rooibosteeblare
30 ml (2 e) rys
1 kg baba-tamaties saam met 2 gekapte uie en 5 gerasperde knoffelhuisies
Sout, bietjie suiker en olyfolie
PIEKELSOUS
500 ml (2 k) appelasyn
500 ml (2 k) water
15 ml (1 e) sout
125 ml (1/2 k) suiker
1 sakkie Carmien Gut- rooibostee
SPESERYMENGSEL
7,5 ml (11/2 t) heel koljandersaad
5 ml (1 t) heel vinkelsaad
5 ml (1 t) mosterdsaad
1 Was en steriliseer glasflesse en deksels.
2 Plaas teeblare en rys op ‘n groot vel tinfoelie en vou toe. Prik die bokant vol gate.
3 Plaas ‘n vel tinfoelie in ‘n swaarboomkastrol en plaas die pakkie tee bo-op.
4 Pak die tamaties rondom. Maak toe met deksel.
5 Verhitplaat op hoog tot rook begin vorm en by die deksel uitsypel. Verlaag hitte en rook 3–5 minute.
6 Pak die tamaties, uie en knoffel op ‘n bakplaat, geur met sout en bietjie suiker en sprinkel bietjie olyfolie oor. Oondbraai sowat 20 min tot die skilletjies net bars. Skep in die gesteriliseerde flesse.
3 Giet die bestanddele vir die piekelsous in ‘n kastrol en voeg die speserymengsel by.
Bring tot kookpunt en kook 5 minute. Verwyder die teesakkie.
4 Giet die piekelmengel oor die tamaties, maak seker dat die groente heeltemal bedek is. Maak flesse toe en seël. Keer onderstebo en laat afkoel. Laat staan sowat 3 dae voor jy dit voorsit.
MENTOLYWE
Maak sowat 500 ml
Bereiding: 20 min
4 knoffelhuisies, fyngerasper
45 ml (3 e) kappertjiesade
15 ml (1 e) komynsaad
15—30 ml (1—2 e) paprika
7,5 ml (11/2 t) sout
125 ml (1/2 k) sultanas, afgespoel in kookwater
250 ml appelasyn
250 ml water, met 1 sakkie Carmien Revive-rooibostee
OLYWE
150 g elk swart en groen olywe
80 ml (⅓ k) ment, goed afgespoel en fyngekap
Olyfolie om te bedek
1 Meng al die bestanddele vir die piekelmengsel en bring tot kookpunt.
2 Pak die olywe saam met die ment in ‘n skoon fles en giet die piekelmengel oor. Vul aan met olyfolie tot net bedek.
3 Verseël.
OOSTERSE POKé-GARNAALSLAAI
SLAAISOUS
Maak sowat 180 ml
60 ml (¼ k) rysasyn
15 ml (1 e) sjoesji-asyn
60 ml (1/4 k) vars lemmetjiesap en skil van 4 lemmetjies
125 ml (½ k) sterk Carmien Citrus Camomile-groen rooibostee (3 sakkies)
125 ml (1/2 k) sterk Carmien Revive groen rooibostee met gemmer en brandrissie (2—3 sakkies)
60 ml (4 e) sojasous
15 ml (1 e) sesamolie
15–30 ml (1-2 e) suiker of heuning
2 knoffelhuisies, fyngerasper
45 ml (3 e) koljanderblare, gekap
45 ml (3 e) Poke-geurmengsel
PROTEïENE
500 g gaargestoomde garnaalvleis (giet van die slaaisous oor)
BOLAAG – sowat 125 ml elk
Groente: kool-en-wortel, baba-spinasieblare, endanamebone, mini-komkommerstukkies en avokadostukkies
Vrugte: stokkies nektarien of pruime
AFRONDING
sesamsaade
Piekelgemmer en poke-speserye
1 SOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Koel af en giet in ‘n botteltjie.
2 POKE-BAKKIES Giet bietjie van die sous oor die gaar garnale en laat staan terwyl jy die res van die slaai bymekaarsit.
3 Pak die groente en garnale in hopies op ‘n bord of groot slaaibak. Giet die sous in ‘n klein bekertjie en plaas daarnaas.
5 Sprinkel paar stukkies piekelgemmer asook van die poke-speserye mildelik oor en sit voor (die eter giet nog van die sous oor).
KAASKOEK MET BOEGOEVRUGTE
Maak 1 medium kaaskoek
KORS
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
250 ml (1 k) hawermout
50 g gekapte neute of pampoensade
60 ml (¼ k) klappermeel
Knippie bakpoeier en sout
80 g botter, gesmelt
1 eierwit
VULSEL
2 x 230 g gladde geroomde maaskaas (creamed cottage cheese)
250 ml (1 k) volroom natuurlike jogurt
25 ml (5 t) mielieblom
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
4 eiers
125-180 ml (½-¾ k) bruinsuiker
Knippie sout
BOLAAG
3—4 nektariens, perskes of pruime, in skyfies gesny
30 ml 2 e)) bruinsuiker
125 ml (½ k) Carmien Pure Rooibostee (1 sakkie) en Carmien Buchu en rooibos (1 sakkie)
Vars vrugte vir afronding
Voorverhit die oond tot 120˚C
KORS Plaas die bruinsuiker, hawermout, neute, klappermeel, bakpoeier en sout in die voedselverwerker en kap goed fyn. Voeg die botter deur die tuit by en meng goed. Voeg die eierwit by en meng tot ‘n deeg. Skep uit en druk vas in ‘n 23-cm losboompan – teen die boom sowel as die kant. Verkoel.
VULSEL Klits al die bestanddele saam tot net gemeng, nie skuimerig nie. Giet in die kors. Bak 1—1½ uur of tot die vulsel stewig maar steeds nog effe drillerig is. Skakel die oond af en koel af in oond as jy tyd het.
BOLAAG Kook die vrugteskyfies saam met die suiker en rooibostee tot effe stroperig. Koel af en meng vars vrugte skyfies by. Skep oor die afgekoelde kaaskoek.
