Tennis en tee

DRANKIE
TENNISPONS
Genoeg vir 1 litter
Bereiding: 10 min
baie ys
250 ml (of na smaak) Campari
125 ml (½ k) vars lemoensap
1 lemoen, in stukke gesny
4-5 aarbeie, in stukke gesny
halwe omkommer, in dun skyfies of klein blokkies gesny
klein bossie vars kruisement (opsioneel)
2–4 blikkies Carmien Tangerine Grapefruit Sparkling Ice Tea
Sowat 600 ml gemmerlim of na smaak
1 Vul ‘n groot beker met ys. Gooi die Campari en lemoensap by. Voeg die vrugte, komkommer en kruisement, indien gebruik, by.
2 Vul met Carmien-vonkelystee en gemmerlim en roer liggies.
FILO-BEETSOUTTERT
Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20 min
Baktyd: 30 min
KORS
4 velle filodeeg
Gesmelte botter
VULSEL
Olie
2 knoffelhuisies, fyngerasper
1 rooi ui, in skyfies gesny
handvol jong spinasieblare of beetblare
230 g geroomde maaskaas
4 eiers
5 ml (1 t) aangemaakte matige mosterd
sout en peper na smaak
50 g geroomde peperkaasrol
2 bete, geskil in papierdun skyfies gesny
Paar vars tiemietakkies
Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit ‘n losboom-koekpan goed met kossproei.
1 KORS Verf elke vel filodeeg met gesmelte botter en plaas opmekaar in die voorbereide pan. Knip die oorloop stukkies deeg wat oor die kante hang af indien verkies.
2 VULSEL Verhit die olie en braai die knoffel en ui tot sag. Skep in die voorbereide kors. en pak baba-spinasie (of beetblare) bo-op.
4 Klits die maaskaas, eiers en mosterd saam, geur met sout en peper en giet in die pan.
5 Pak die beetskyfies en kaas bo-op (drukke effe in), pak ‘n paar tiemietakkies bo-op en bak sowat 25–30 minute of tot die eiermengsel gestol is. Rond af met nog vars tiemietakkies indien verkies.
PANPITA’S MET SARDIENTJIE-SOUS EN GEKAPTE SLAAI
PANPITA’S
600 g witbroodmeel
10 ml (2 t) sout
10 ml (2 t) suiker
45 ml (3 e) olyfolie
1 pakkie (10 g) kitsgis
400—500 ml louwarm flou Carmien- groentee (gebruik 1 sakkie)
1 Meng al die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak, voeg die louwarm tee by en meng deur.
2 Knie tot glad en elasties, minstens 10 min lank. Bedek en laat rys tot dubbel die volume.
3 Rol sowat 1 cm dik uit en druk groot sirkels, 15 cm in deursnee, uit.
4 Sny diagonale snytjies kruis en dwars oor die deeg. Laat weer 10 min rys tot mooi uitgepof.
5 Verhit ‘n swaarboompan tot lekker warm, moenie olie byvoeg nie. Braai tot alkant mooi bruin (draai ook op die kante) en tot gaar van binne.
TZATZIKI
250 ml (1 k) dubbelroomjogurt
2 knoffelhuisies, fyngerasper
4 mini-komkommers, in klein blokkies gesny
Handvol kruisement, gekap
Sout en peper
Meng al die bestanddele saam.
SARDIENTJIESOUS
60 ml (¼ k) olie (mengsel van olyf- en saadolies)
4 knoffelhuisies, fyngerasper
1 rooi brandrissie, heel of gekap
2–3 (120 g elk) blikke Lucky Star-sardientjies in olie
Driekwart van ‘n blik (410 g) fyngekapte tamaties
125 ml (½ k) swart ontpitte olywe
60 ml (¼ k) kappertjesade
Sout en peper na smaak
Sowat 7,5 ml (11/2 t) fyngekapte origanum of tiemie, pieterselie en selfs basiliekruid
Sowat 5 ml (1 t) bruinsuiker
1 Verhit die olie oor medium hitte.
2 Voeg die knoffel en brandrissie by en soteer vir ’n minuut of twee
3 Verhoog die hitte en voeg nou die sardientjies , tamaties, olywe, indien gebruik, en kappertjiesade by . Bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot geurig, sowat 20 minute lank.
FYNGEKAPTE MENGELSLAAI
‘n fyngesnyde Iceberg-slaaikop
1 mini-komkommer, in klein blokkies gekap
1 Roma-tamatie, in klein blokkies gesny
Halwe groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 radys, in dun skyfies gesny
1 selderystingel, in dun skyfies gesny (opsioneel)
80 ml (1/3 k) fyngekapte pietersielie
SOUS
1 sakkie Carmien Revive rooibostee
80 ml (⅓ k) vars uitgedrukte suurlemoensap
45 ml (3 e) olyfolie
Sout en peper na smaak
SLAAI Meng al die bestanddele saam.
SLAAISOUS Plaas die teesakkie in ‘n meetkoppie en voeg die suurlemoensap by. Trek so 45 sekondes en verwyder die teesakkie. Voeg die olie by asook die sout en peper en klits goed. Giet oor die slaai.
VOORSIT
1 Sny die panpita’s halfpad deur. Skep ‘n klein bietjie van die slaai in, gevolg deur die sardientjiesous en rond af met ‘n skeppie jogurtsous.
JOGURT-PANNA COTTA MET AARBEI-SALSA
Jogurt maak die panna cottas minder ryk maar steeds heerlik romerig.
PANNA COTTA
2 sakkies Carmien Cranberry Hibiscus ColdBrew
625 ml (1½ k) volroommelk
375 ml (11/2 k) dubbelroom natuurlike jogurt
80—100 ml heuning
25 ml (5 t) gelatien
60 ml (¼ k) water
SALSA
125 g aarbeie, in blokkies gesny
Paar takkies roosmaryn
Bietjie suiker
swartpeper
1 Spuit 6–8 teekoppies goed met kossproei.
2 Laat trek die teesakkies in die koue melk tot geurig. Verwyder die teesakkies.
3 Meng die melk, jogurt en heuning goed saam.
4 Spons die gelatien in die water en smelt oor kookwater of in die mikrogolfoond.
5 Meng klein bietjie van die jogurtmengsel eers by die gelatien in en meng dit dan alles met die orige jourtmengsel.
6 Giet in koppies en laat stol.
7 SALSA Meng al die bestanddele saam en laat staan tot geurig en ‘n effense stropie gevorm het.
8 VOORSIT Skep van die salsa in elke koppie en geniet.
