Vinkel en koljander

Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord.

Kuier op die stoep

Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.