KIBBELBORD VOL KAMPIOENE

Hierdie is die keurigste knibbelbord wat mens ooit bymekaar kan sit vir saampeusel met familie en vriende tydens die Feestyd. Elkeen van die kase en preserveerprodukte tot die wyn op hierdie bord is noukeurig met die hand uitgesoek, is bekroonde kampioene en simbolies van topgehalte en aandag aan detail. Niemand anders as Agri-Expo en dieContinue reading “KIBBELBORD VOL KAMPIOENE”

Wonderlike kookboek – uitstalmooi en prakties

Dis lekker om ‘n kookboek te kry wat jy permanent naby jou kombuis wil uitstal omdat dit so propvol basiese resepte en formules is wat die dinkwerk en sleur uit kosmaak haal (en boonop is die boek mooi ook). Dis presies wat die gewilde Kaapse café, The General Store (geleë aan die onderkant van Breëstraat)Continue reading “Wonderlike kookboek – uitstalmooi en prakties”

Vernuwing: Kiddos vir kinders

As jy by die INNOVATION STUDIO in die Kaapse middestad instap, kan jy maar weet daar wag ‘n unieke ervaring op jou. Die studio wat deur Hannerie Visser en haar span bedryf word, laat mens regtig met nuwe oë na enige kos en kosprodukte kyk. Ek was onlangs uitgenooi om die bekendstelling by te woonContinue reading “Vernuwing: Kiddos vir kinders”

Kokkedoor: Son en See

Dis met goeie rede dat ek bietjie teruggehou het voordat ek ietsie wou sê oor die nuutste baba in die treffer Kokkedoorreeks. Kokkedoor: Son en see. Net 8 episodes, in die kol vir die feesseisoen. Ons ken reeds die dril, 2 maters saam in ‘n span, maar die keer is dit anders, net huiskokke enContinue reading “Kokkedoor: Son en See”

Mooie Prins Albert

Ons besluit om ons Suid-Kaap besoek af te sluit met ‘n oornagslaap op die mooie Prins Albert was uit en uit die moeite werd. ‘n Paar jaar gelede het ek as Kokkedoor-beoordelaar by die mooie Dennehof Karoo Gastehuis net buite die dorp oorgebly en toe reeds het die sjarme van die eeuoue dame, wat uitContinue reading “Mooie Prins Albert”

SuidKaap kuierreis

Deel 2 Op my onlangse kuier deur die Suid-Kaap op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie, het ek heelik ontspan saam met die boervroue van die Mosselbaai-omgewing en ook vir die eerste keer ‘n draai gegooi op die pragmooi dorpie, Uniondale. Vanjaar se tema is kook en ek besef dadelik, hierdie lot vroue kook nie netContinue reading “SuidKaap kuierreis”

Suid-Kaap kuierreis

Deel 1 Op uitnodiging van die Sentraal Suid-Koöperasie het ek onlangs kuier-kuier deur die Suid-Kaap gereis en saam met wonderlike groepe boervroue uit die omgewing gekuier. My eerste stop is Heidelberg. Ek bly oor op Skeiding-gasteplaas met ‘n pragtige uitsig oor die graan- en canolalande. ‘n Welkome reëntjie was nie net die wêreld skoon enContinue reading “Suid-Kaap kuierreis”

Boerekos lekkerte

In my huis is dit altyd ‘n groot opgewondenheid as daar ‘n pakkie vanaf Arina du Plessis, LandbouBoerekos se bekroonde kosredakteur afgelewer word. Die slag is dit ook nie anders nie. ‘n Swart boks met ‘n briefie in Arina se netjiese handskrif bo-op, arriveer. Die nuutste LandbouBoerekos se herfs-en-winteruitgawe. En ek weet sommer by voorbaatContinue reading “Boerekos lekkerte”