Nou ja, 2025 is met ons en laat dit ‘n jaar gelaai wees propvol nuwe voornemens. Ek lees op sosiale media die waar sêding raak: “If your habits do’nt change, you won’t have a new year, you will just have another year.” Oprah Winfrey het immers ook gesê: “The greatest discovery of all time isContinue reading “‘n Nuwe jaar vir nuwe voornemens”
Tag Archives: Afrikaans
Voorspoedige 2025
Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat weekliks saam met my op reis gaan, hetsy letterlik of saam met my in die kombuis woeker en nuwe geure en smake ontdek, altyd met goedheid in gedagte, maar ook sonder dat dit te veel inspanning verg. Voorspoed en net die beste vir die nuwe jaar watContinue reading “Voorspoedige 2025”
Geseënde Kersfees
Kersfeestyd is sekerlik die mees besonderse tyd van die jaar. ’n Tyd wanneer meeste mense bietjie kan uitspan of afskaal na ’n besige jaar, maar veral ook wanneer ons tyd saam met geliefdes en vriende kan deurbring. In my grootwordhuis was Kersfeestyd sekerlik die besigste tyd van die jaar wanneer die oes ryp was enContinue reading “Geseënde Kersfees”
Kersie op die koek: trifle
Met al ons wonderlike Kersfeesetes op die plaas was daar altyd ‘n hele spread poedings ook gewees, nie dat ons ons nie al versadig geëet het aan al die heerlike skaapboud met aartappels, vark en lieflike slaaie nie. Ma het altyd gesorg vir ‘n regte gebakte Kersfeespoeding met geldjies in (met ‘n spesiale R5-stuk watContinue reading “Kersie op die koek: trifle”
Dis Kersfees
2024 lê bykans op sy rug en almal is besig om reg te skud vir die feesgety. Begin sommer vroegtydig beplan aan hoe julle Kersfeestafel vanjaar daar gaan uitsien. Dek dit uitspattig in helder kleure om sonnige Suid-Afrika te weerspieël.Beplan ‘n buitetafel op die stoep of onder ‘n lekker koelteboom in die tuin. Gooi ‘nContinue reading “Dis Kersfees”
Koekies vir die feestyd
En sowaar, voor ons alweer kom kry, lê die jaar op sy rug en is ons besig om reg te skud vir die feesseisoen. In my grootwordhuis is daar jaarliks ook verwoed koekies gebak sodat die blikke vol kon wees vir wanneer die familie arriveer. Brosbrood, koffiekoekies, gemmerkoekies, speserykoekies en vele meer. Later van tydContinue reading “Koekies vir die feestyd”
PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE
Ek was die afgelope tyd besig met ‘n baie opwindende projek waaroor ek julle bietjie later meer sal vertel, so ek kon ongelukkig nie veel tyd op sosiale media verwyl, interressante plekkies besoek of nuwe resepte ontwikkel nie. Gelukkig het ek ‘n magdom heerlike resepte wat my telkens verstom laat as ek dit ‘n slaggieContinue reading “PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE”
Somerse Boerekos
Laas week land hier ‘n pakkie, tot boordens toe gelaai met brood en wyn, konfyt en nog vele ander lekkernye by my. Dis van Arina du Plessis, kosredakteur van Landbou-Boerekos. Daarby die someruitgawe van die treffer-tydskrif, Landbou Boerekos, die someruitgawe. Voorop ‘n skottel frikadelle, die frikadelle wat Miriam Onewang, die ontslape Peter Veldsman se jarelangeContinue reading “Somerse Boerekos”
Weskusskatte
Die Weskus verras my van die dag meer en meer – soos die vele kosskatte wat daar is. Kosmarkies op Saterdae is mos geen snaaksigheid meer nie, en ek het lankal reeds geweet van die Hopefieldmark. Maar nou het hierdie mark en verskeie ander groot kokkerdore in die omliggende kosbedryf, soos onder andere die bekendeContinue reading “Weskusskatte”
Eet vegetaries
Ek is ‘n tipiese fleksitariër wat vir weke sonder enige vleis kan klaarkom. Ek hou daarvan om met peulgewasse te eksperimenteer, veral omdat hulle so gedienstig en genadig is met die absorpsie van enige geure.
