Wintertyd is die lekkerte tyd teen die Weskus met die mooiste sonsondergange, windstil meestal sonnige dae met groenigheid oral en die flaminke wat in bondels staan op die eilande. Boonop loop die snoek en tyd om die Weskusspesialiteit op die kole te gooi. Toe ons nog in die Kaap gebly het, het ons meestal wintertydContinue reading “Weskus-winters”
Category Archives: Resepte
Avokado lekkerte
Avokado is nie net lekker op roosterbrood, in slaai of op pizza nie, dis selfs ideaal om te gebruik in soetgoed – ek probeer dit in sjokoladekoek en in mousse. Ek kan net nie genoeg kry van avokado’s nie – heerlik op ‘n roosterbrood; vir my die perfekte afronding vir van slaai tot pizza enContinue reading “Avokado lekkerte”
Goedheid vir jou gut – rooibos en jogurt
Rooibos se ster skitter net al hoe helderder – nie net wil almal deesdae ‘n tikkie rooibos aan hul bas dra nie, maar dis ook ‘n bewese feit dat dit goed is vir jou gut, ‘n gewilde onderwerp wat almal deesdae aan die praat het. In ‘n onlangse artikel op Netwerk24: Dermgesondheid: rooibos en jogurt,Continue reading “Goedheid vir jou gut – rooibos en jogurt”
Al meer mans kies rooibos
Al meer mans verkies om deesdae aan ‘n koppie rooibos te teug as ontspanning na ‘n dag se harde werk; dit as opstaandrankie te geniet en ook om dit as hidreerder tydens oefening te drink. Saam met ‘n lekker beskuitjie kan dit mos net heerlik wees. Ek span Carmién se rooibostees sommer in om dieContinue reading “Al meer mans kies rooibos”
Eetgenot by Shark Bay
Ons het onlangs ‘n eerste gevier by die mooi stylvolle Shark Bay boetiekhotel in Langebaan – ‘n paar vroue het ontdek hoe kos saam met goeie wyn en ‘n passende tee ,‘n geurontploffing in jou mond kan veroorsaak. Iets wat jy net weer en weer wil proe en ervaar. Vir elke happie van Sjef DeeContinue reading “Eetgenot by Shark Bay”
Londen
Op ‘n blitsbesoek aan Londen verken ons die bekende strate en besienswaardighede per bus, te voet en met die moltrein, geniet Oosterse kosse en dim sum in Chinatown en bubble tea by ‘n stalletjie buite Harrods, eet gesonder kitskos by Leon en die Tesco-expresswinkel met sy redelike verskeidenheid, raak ons laataand stopplek vir proviand waarmeeContinue reading “Londen”
Ouwêreldse mooi
Op ‘n koue Sondagoggend loop ons boottrip ten einde in South Hampton, Engeland. Op pad na Londen bly ons oor in die eeueoue plattelandse dorp, Winchester, bekend vir sy wêreldberoemde katedraal, die Winchester Cathedral wat in 1079 reeds gebou is. By South Hampton-hawe is dit ‘n geroesemoes van mens, want 4 passasierskepe het tegelykertyd gedokContinue reading “Ouwêreldse mooi”
Eilandbekoring
Na 10 dae op see is daar groot opwinding om twee dae agtereenvolgens aan wal te kan gaan en twee eilande in die middel van die Atlantiese Oseaan te verken – Tenerife, die grootste van die Spaanse Kanariese eilande waar ons sy bekende dormante vulkaan, Mount Teide, wat ook Spanje se hoogste piek is, besoek.Continue reading “Eilandbekoring”
Eet Mediterreens
Op ons onvergeetlike seevaart op die Queen Victoria was die etes uit die boonste rakke en is ons baie keer vergas op spesiale tema-aande met die heerlikste kosse wat voorgesit is. Gedagtig aan die wêreldwye gewildheid van Mediterreense styl kosse was dit vir my geen verrassing toe dit gereeld deel van die spyskaart was nie.Continue reading “Eet Mediterreens”
Ode aan Peter
Dis die laat 1980’s en ek stap as groentjie by Huisgenoot se toetskombuis in, jonk, onervare en bang. Die kombuis is langs dié van Sarie op die 22ste vloer van die Naspers Sentrum in die Kaapse Strandgebied geleë. Nie lank nie, of Peter loer in. “Ek kom net gou hello sê”, sê die kosmeester, enContinue reading “Ode aan Peter”
Gecollar en getie
Dis Vrydag 12 April 2024 en die hele Kaapstad is in rep en roer, selfs premier, Allan Winde, vertel opgewonde oor die radio van die rariteit dat twee van die wêreld se mees befaamde passasierskepe, die Queen Mary 2 en die Queen Victoria, tegelykertyd vasgemeer is in die Kaapse hawe. Nie net sorg dit virContinue reading “Gecollar en getie”
Luilekker op die queen Victoria
Net na ontbyt Sondagoggend kom die boodskap van die kaptein, Evans Hoyt, dat ons nie Walvisbaai gaan aandoen nie – ons het te veel tyd verloor met die laat vertrek uit Kaapstad en vaar nou direk na een van die Kanariese eilande, Tenerife, toe. Vir ons nogals ‘n teleurstelling, want ons is gek na NamibiëContinue reading “Luilekker op die queen Victoria”
Groot bederf vir Moedersdag
‘n Heerlike koek, pragtig versier met blomme, bly dié beste manier om Ma te bederf op Moedersdag. Ek bak graag die veerkoek volgens die aangee-resep van my Ouma Carmen en waarmee my ma ons al die fynere kunsies van koekbak geleer het. Telkens as ek die koek bak, bring dit net die mooiste kindwees-herinneringe terugContinue reading “Groot bederf vir Moedersdag”
Mediterreense Tamatiestowe
Ek hou daarvan om geregte te maak wat op ‘n verskeidenheid maniere ingespan kan word in my kookarsenaal. Hierdie tamatiestowe is een van hulle en daar gaan haas nie ‘n dag verby dat daar nie ‘n pot tamatiestowe op my stoof staan en prut nie. Dis die maklikste manier denkbaar om groente aan jou huismenseContinue reading “Mediterreense Tamatiestowe”
Eetbare skottels
Ek het opgegroei met pampoen in die groentetuin langs die plaashuis, want Ma is lief vir pampoen (nie dat ek dieselfde van my pa kon sê nie), veral broodpampoen is haar gunsteling en ons kinders het pampoentert en pampoenkoekies met kaneelsuiker oorgesprinkel, verslind. Ekself span pampoen sommer gereeld in en oondbraai dit graag, deesdae sommerContinue reading “Eetbare skottels”
Lekker gekerrie
Met ons onlangse kuier in die Karoo braai ons een aand skaaptjoppies wat heerlik ingelê is in ‘n geurige kerriesous. My swaer laat weet ons moet tog versigtig kom op die grondpad na hul plaas toe, want soos dit donker word, begin die koedoes loop. So is dit toe ook, ons het skaars afgedraai opContinue reading “Lekker gekerrie”
Souttert Bazaar
Elke jaar net voor Paasfees hou ons kerk op Langebaan bazaar. Nie sommer so nie, dis omtrent ‘n gedoente, behalwe vir die gewoontelike koek- en poedingtafels maak die gemeentelede ook wors, en daar word ‘n potjiekosaand gehou. Die toeloop is goed. Die teetuin is gewoonlik in die middel van die saal waar moeë bazaargangers virContinue reading “Souttert Bazaar”
Avokado bederf
Ek voel sommer baie bevoorreg om deel te kan wees van die groep kosskrywers wat jaarliks deur die South African Avocado Growers’ Association uitgenooi word om die afskop van die avokado-seisoen in Suid-Afrika te vier. Hoe lekker was dit nie om ‘n slaggie weer skouers te skuur met befaamde kookboekskrywers en kosbloggers soos Ilse vanContinue reading “Avokado bederf”
Paasfees-spyse
Lamsvleis het baie Paasfees-simboliek – nie net was dit deel van Jesus se laaste Avondmaal voor hy gekruisig is nie, maar dit simboliseer ook Jesus wat as Lam van God geoffer is om vir ons sondes aan die kruis te sterf.
Naweekbraai
Met ons vinnige kuiertjie op Graaff-Reinet, skaf ons toe sommer vir ons ‘n Karoolam aan. Die kampvrieskas kom goed te pas en ons kan alles gemaklik vervoer sonder om te kommer dat die vleis sal bederf. Eerste naweek tuis in ‘n lang tyd en ons nooi goeie pelle oor om saam met ons die KaroolamContinue reading “Naweekbraai”
