KIBBELBORD VOL KAMPIOENE

Hierdie is die keurigste knibbelbord wat mens ooit bymekaar kan sit vir saampeusel met familie en vriende tydens die Feestyd. Elkeen van die kase en preserveerprodukte tot die wyn op hierdie bord is noukeurig met die hand uitgesoek, is bekroonde kampioene en simbolies van topgehalte en aandag aan detail. Niemand anders as Agri-Expo en dieContinue reading “KIBBELBORD VOL KAMPIOENE”

Vernuwing: Kiddos vir kinders

As jy by die INNOVATION STUDIO in die Kaapse middestad instap, kan jy maar weet daar wag ‘n unieke ervaring op jou. Die studio wat deur Hannerie Visser en haar span bedryf word, laat mens regtig met nuwe oë na enige kos en kosprodukte kyk. Ek was onlangs uitgenooi om die bekendstelling by te woonContinue reading “Vernuwing: Kiddos vir kinders”

Kokkedoor: Son en See

Dis met goeie rede dat ek bietjie teruggehou het voordat ek ietsie wou sê oor die nuutste baba in die treffer Kokkedoorreeks. Kokkedoor: Son en see. Net 8 episodes, in die kol vir die feesseisoen. Ons ken reeds die dril, 2 maters saam in ‘n span, maar die keer is dit anders, net huiskokke enContinue reading “Kokkedoor: Son en See”

Mooie Prins Albert

Ons besluit om ons Suid-Kaap besoek af te sluit met ‘n oornagslaap op die mooie Prins Albert was uit en uit die moeite werd. ‘n Paar jaar gelede het ek as Kokkedoor-beoordelaar by die mooie Dennehof Karoo Gastehuis net buite die dorp oorgebly en toe reeds het die sjarme van die eeuoue dame, wat uitContinue reading “Mooie Prins Albert”

Praat saam met SarieKos

Sodra ‘n nuwe SarieKos die rakke tref, koop ek een. Om verskeie redes, maar vir my sekerlik die grootste is om ingelig by te bly wat aangaan in die koswêreld en sodoende lekker te kan saampraat. En die nuutste (weliswaar die winteruitgawe) was weereens ‘n treffer. Dikker, in ‘n nuwe formaat en met veel meerContinue reading “Praat saam met SarieKos”

Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik

Ewe skielik is die winterkoue hier, veral saans en soggens vroeg; sommer so direk van hittige somersdae tot briesend koud, geen stadige oorgang soos ons dit voorheen gewoond was nie. Alhoewel die sonnige dae tussendeur sorg vir pragtige herfsdae met die mooiste sonsondergange. Deesdae voel ek die winterkoue sommer gou-gou in my lyf. Styfheid enContinue reading “Kragtige hoendersop, supergoed en supermaklik”