Mexikaanse Nuwejaarsfees

SPYSKAART Genoeg vir 10 mense. Resepte deur Arina du Plessis en foto’s deur Lee Schwagele Margaritas Geroosterde mielies met rissie-en-kruiebotter Nachos carnitas met salsa, guacamole, bone, suurroom en vars koljander Meellose donkersjokoladekoek met room en vars kruisement of Mexikaanse sjokolademousse WERKSKEDULE1-2 dae vooraf•Bak en versier die sjokoladekoek (of maak die sjokolademousse).•Maak die rissiebotter, bedek enContinue reading “Mexikaanse Nuwejaarsfees”

Somerkersfees oppie Stoep (Somerkersfees 4)

Vir ‘n somerkersfees kan mens nooit genoeg slaai op tafel hê nie. Buiten vir die bêreslaaie, verskaf kleurvolle slaaie vrolikheid aan die Kersfeestafel: Broccoli-slaai vir die broodnodige groenigheid en aarbei-en-beetslaai vir daardie tikkie rooi. Alles om te pas by ons natuurlike Kerstafel met sy groen Kerskrans wat Elmarie van den Berg van Soutbos spesiaal virContinue reading “Somerkersfees oppie Stoep (Somerkersfees 4)”

Somerkersfees 3

DIE SPYSKAARTFynbos-volgraan-plaasbroodjies met kaaskersboompies Gemmer”gammon” met waatlemoen-en-spanspekSlaphakskeentjiesKoperpennieslaaiBeet-en-aarbeislaaiBroccoli-en-tamatieslaaiSwartwoud trifle-koek TE DRINKEWYNPiekenierskloof Heirloom WhitePiekenierskloof CinsaultPiekenierskloof Chenin BlancPiekenierskloof Pinotage (by koek) TEECarmién Floral BerryCarmién Tropical BurstCarmién Orange CamomileCarmién Turkish Delight (by koek) BêRESLAAIE Ek het in ‘n huis grootgeword waar daar nie net verwoed konfyt en blatjang gekook is nie, maar ook ingemaak en alle oorskot uit dieContinue reading “Somerkersfees 3”

Nostalgie (en boekweggee!)

Ek kuier bietjie dag terug op Philladelphia saam met Herman Lensing om die bekendstelling van sy nuutste boek ‘Nostalgie‘ te vier. Dis ‘n heerlike makietie en blye weersiens van vriende en bekendes uit die koswêreld. Met hierdie agste boek, die laaste in ‘n trilogie, vertel Herman die storie van sy lewe tot op 36 jaarContinue reading “Nostalgie (en boekweggee!)”

Namibië 2

Ons stoot die bakkie se neus noordwaarts, al teen die Auob-rivier langs, ons bestemming Swartriet. Die meestal droërivierloop skyn mooi groen, maar dis ongelukkig oorgroei van indringerplante. Imposante versamelneste bondel oral in bome langs die goeie grondpad. Stampriet is ‘n klein oase tussen die dorre duine en is geleë op die Stampriet-waterdraer. Oral word veralContinue reading “Namibië 2”

Vinnige pasta

Spaghetti bly my gunsteling pasta as ek vinnig moet kosmaak en deesdae gebruik ek nogals graag volkoringpasta wat nie net meer veel in het nie maar ook ‘n effense neuterige smaak het wat vir my heerlik is. Hierdie staatmakerresep met my geliefde vars Mediterreense geure van suurlemoen, olywe, balsamieke asyn, basiliekruid en songedroogde tamaties, isContinue reading “Vinnige pasta”