Kampkampioene

Gewapen met ‘n paar bekroonde preserveringsprodukte en ‘n pak of meer Championship-boerewors, was kosmaak in die natuur ‘n kortpad-avontuur, sonder tierlantyntjies of fieterjasies, maar steeds geurig en liplekker verby. As dit by uitspan kom, het ek nog altyd verkies om êrens in die natuur te gaan batterye laai. ‘n Oorsese reis is altyd vir my avontuurlik en uiters leersaam, maar niks hou kersvas by uitspan in die natuur en na aan die aarde leef as jy op soek is na fisiese en geestelikke verkwikking, nes die hallejua-liedjie van ouds lei: Na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Ek was bevoorreg om vanjaar nou betrokke te kon wees by die beoordeling van verskeie Suid-Afrikaanse ikoniese produkte. Eers was daar Checkers se kampioen-boereworskompetisie en toe ook die tweede Suid-Afrikaanse preserveringskampioenskappe, wat nog tot groot hoogtes gaan styg. Die groot lekkerte van hierdie kampioenskappe is dat die toekenningsplakker jou help in die winkel om ‘n kwaliteitproduk te kies uit die groot aanbieding wat daar op die rakke is.

Op ‘n onvergeetlike kuier in die Kruger-wildtuin onlangs, het ek my bewapen met ‘n hele paar pakke van vanjaar se Checkers Campionship-boerewors asook ‘n bottel of twee bekroonde  preservering kateggoriewenners soos Creative Cuisine Pantry se Tomato & Onion Relish, mensig mense, hierdie produk is heeerlik en so veelsydig, daarby ook hul slaphakskeentjies (wat hul vir Checkers verpak in die luukse handelsmerk, Forage and Feast) en wat menigmaal vir slaai moes instaan.

Ons hou daarvan om te gaan uitspan in die ongerepte kampe in die wildtuin, die kamp is darem omhein en daar is basiee badkamergeriewe en lopende water. Vir die res sorg jy self. En ek hou nie van te veel goed saamkarwy nie, so met die mees basiese, soos net een kastrol, moes ons oor die weg kom. Gelukkig kan mens mos oral saans ‘n vuurtjie aansteek so teen sononder se kant terwyl die hele omgewing hom tooi in die allermooiste kleure.

Menige aand het ons sommer net gesmul aan ‘n worsie op die kole, heerlik op ‘n roosterkoek (baie keer sommer aangeskaf by ‘n meer toegeruste kamp) saam met die geurigste tamatiesmoor van Creative Cuisine Pantry, die Tomato & Onion Relish. Dis gemaak van ‘n kombinasie v tamaties, ook kersie-tamaties en subtiel maar goed gegeur, glad nie soet nie. Smulkos. Vanjaar kan ‘n mens gerus maar Checkers se Championship boerewors koop – dis heerlik sappig, maar nie vetterig nie en propvol geur met koljander wat bo-toon vier met die ander speserye soos naeltjies, neutmuskaat en swartpeper wat subtiel die kitaar slaan.  HIerdie eenvoudige ete was meer as genoeg vir ‘n ligte aandete met nog oor om in te pak vir padkos tydens die volgende dag se dieresoek-avontuur. Hier is sommer ook ‘n paar kiekies van ons onvergeetlike avontuur.

Leave a Reply