Stadiggebakte lamsblaaie, gaargemaak in ‘n geurige rooibos-mentsous saam met vars aartappelslaai en ‘n Oosterse groen slaai, was die hoofgereg tydens die onlangse Lekker en Goed-kookklas wat ek by DeTol Deli digby Citrusdal aangebied het. Meeste van my proviand vir die kookklas het ek gekoop by die DeTol Deli. Dis veral die vleis wat direk van die familieplaas, Bergendal, kom, wat my aanstaan, want dis veldgevoer en totaal en al hormoonvry. So ook is daar lieflike gedroogde perskes en nektariens wat in die groen slaai ingewerk is en die aartappelslaai was deurdrenk met Namaqua se ekstrasuiwer olyfolie wat jy kan tap uit groot tenke by die deli.
DeTol Deli is des moontlik een van die oudste padstalle teen die N7 en word gehuisves in die destydse tolhuis wat reeds in 1864 gebou is om tol in te vorder vir die onderhoud van die Piekenierskloofpas en ook as pitstop gedien het. In die Carmien Tea Shop kan jy steeds die watertrog sien waar donkies en perde van reisigers kon water drink en die Piekenierskloof-proelokaal is keurig ingerig in die eertydse wynkelder met die ou vate steeds daar. In die ou skuur met sy dik kleimure was daar meer as genoeg ruimte om ‘n kookklas te hou en aan te sit by ‘n lang tafel, gedek in ou goed en mooi goed. Piekenierskloof se pryswennerswyn, Shiraz met pruim, swart olyf, swartbessie en vinkelnote saam met Carmien se organiese natuurlike rooibostee, is die perfekte pasmaats by die stadiggebakte lam en slaaie.
Ek beoog om voortaan gereeld kookklasse of demonstrasies aan te bied, so indien jy of jou organisasie belangstel, laat weet my by carmenniehaus@carmientea.co.za
LEG OF LAMB ROAST WITH MINT
Serves 6
Preparation time: 15 min
Cooking time: 21/2–3 hour
- 1 leg/shoulder of lamb of about 3,5 kg (word verskaf)
- Salt and pepper
- 30 ml (2 t) Marmite
- 30 ml (2 t) Dijon mustard
- 30 ml (2 t) soft brown sugar
- 30 ml (2 t) olive oil
- 2—3 onions, sliced
- 1 head of garlic, halved
- 4 Carmien Creamy Mint Green Rooibos tea bags
- About 250 ml (1 c) creamy yoghurt
- Fresh mint for garnishing
Preheat the oven to 160°C.
1 Rub the leg of lamb with salt and pepper.
2 Mix together the Marmite, mustard, sugar and olive oil and smear all over the meat.
3 Place the onions and garlic in an oven roasting pan and place the meat on top.
4 Make a strong tea with the 4 green rooibos tea bags and pour into the roasting pan. Cover the pan and oven-roast as follows: for medium cooked meat allow 20—25 min per 500 g plus 20—25 min extra (internal temperature: 70°C).
5 Remove the lid or cover for the last 20 minutes to allow the meat to brown all over.
6 Remove the leg of lamb from the pan and place on a serving platter. Cover lightly and rest for 10 minutes before slicing the meat. Garnish with a bundel of fresh mint if you like.
7 Add yoghurt to the pan juices and mix well. Cook on the stove till reduced. Serve with the meat.
AARTAPPELSLAAI MET SUURLEMOEN EN ROKET
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min
Kooktyd: 40 min
- 500 g baba-aartappels, in die skil gekook
- Olyfolie van goeie gehalte
- Seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper
- 1 bossie grasuie, gesnipper
- Sap en skil van 1 groot suurlemoen
- 1 pakkie vars roketblare
1 Druk die aartappels effe stukkend met ‘n houtlepel in ‘n slaaibak.
2 Giet heelwat olyfolie oor en geur goed met sout en peper.
3 Sprinkel grasuie en die suurlemoensap en –skil oor. Meng.
4 Stapel die roketblare bo-op
OOSTERSE GROENSLAAI MET LENSIES
Gedroogde geel nektariens, endamame-bone en piekelgemmer is heerlik in hierdie slaai met sy Oosterse geurprofiel. Groen rooibostee werk fantasties om hierdie slaaisous mee te maak.
Genoeg vir 8–10 mense
Bereiding: 20 min
Kooktyd: 40 min (rys en sorghum)
OOSTERSE SLAAISOUS (maak 2x aan)
Maak sowat 180 ml (3/4k)
- 60 ml (¼ k) sonneblom- of canolaolie
- 60 ml (¼ k) rysasyn
- sap en skil van 2 suurlemoene of 4 lemmetjies
- 125 ml (½ k) sterk Carmien Citrus Camomile groen rooibostee (3—4 sakkies)
- 125 ml (1/2 k) sterk Carmien Revive groen rooibostee met gemmer en brandrissie (3—4 sakkies)
- 30 ml (2 e) sojasous
- 5-15 ml (1-3 t) sesamolie
- 15 ml (1 e) suiker of heuning
- 2 knoffelhuisies, fyngerasper
- 80 ml (⅓ k) koljanderblare, gekap
- 15 ml (1 e) kruisementblare, gekap (opsioneel)
SLAAI
- 500 ml (2 k) gaar bruinlensies
- 250 ml (1 k) gaar bruinrys of die helfte daarvan sorghum
- 4 stingeluie, gekap
- 350 g wortel-en-koolslaaimengsel
- 80 ml (⅓ k) gekapte koljanderblare
- 125 g baba-spinasieblare
- 125 g langsteel-broccoli, geblansjeer
- 125 g Endamame-bone (opsioneel)
- 50 g gedroogde geel nektariens, in papierdun skyfies gesny
AFRONDING
- swart sesamsade
- 50 g piekelgemmer, fyner gesny
- Ekstra koljanderblare
1 Meng al die slaaisous bestanddele saam
2 Giet een helfte van die slaaisous oor die lensies en rysmengsel en laat staan om goed te marineer. Skep ‘n laag in ‘n slaaibord.
3 Meng die res van die slaai-bestanddele net voor opdiening en skep bo-op die lensiemengsel, giet die orige slaaisous oor en rond af met piekelgemmer, sesamsade en koljanderblare.
