Ek het leer steak gaarmaak in die middel van die Kalahari – op Upington, die grootwordplek van vele van ons land se kosfoendi’s. Ek is versot op die Kalahari en laat nie ‘n kans verbygaan om daar ‘n draai te gooi nie. Vandag se koswenk wil ek spesiaal opdra aan my kosbare kosvriend, Neil Stemmet, wat ook onlangs die stryd teen Covid 19 verloor het.
Category Archives: Woensdag Wenke
Woensdag Wenke: Chuck
Beesvleis is van die moeilikste vleise om ordentlik gaar te maak en mens moet weet met watter vleissnit jy werk om die regte gaarmaakmetode toe te pas. Die karkas word in ‘n voor- en agterkwart verdeel en elk het verskillende gaarmaakmetodes.
Trek jou suikertand
Geregistreerde dieetkundige Liezel Engelbrecht het onlangs ‘n artikel vir Rapport geskryf oor suiker. Ek het haar gevra om van haar wenke te deel. Hier volg ‘n aangepaste weergawe.
