Spaghetti bly my gunsteling pasta as ek vinnig moet kosmaak en deesdae gebruik ek nogals graag volkoringpasta wat nie net meer veel in het nie maar ook ‘n effense neuterige smaak het wat vir my heerlik is. Hierdie staatmakerresep met my geliefde vars Mediterreense geure van suurlemoen, olywe, balsamieke asyn, basiliekruid en songedroogde tamaties, isContinue reading “Vinnige pasta”
Author Archives: carmenniehaus
Vis uit ‘n blik
Ek sorg deesdae dat daar altyd ‘n blikkie of meer vis in een of ander aard in my koskas is. Dis dan alte gemaklik as jy vinnig iets te ete aanmekaar moet slaan en boonop bevat veral sardyne en sardientjies hope omega 3 vetsure wat goed is vir jou. Met tuna maak ek graag ‘nContinue reading “Vis uit ‘n blik”
Padkos
In my huis heers groot opgewondenheid, want dis byna tyd om te verkas op ‘n lang verdiende vakansie, al die pad Kalahari toe om daar ‘n bietjie te gaan ontspan en die natuur te geniet. Maar soos altyd die geval, is die reistyd vir ons net so lekker en spesiaal en geniet ons die ryery.Continue reading “Padkos”
Soetigheid vir die pad
Deel van die lekkerte om na jou vakansie-bestemming te reis is mos maar die eetgoed wat saam ingepak word en waaraan almal deurentyd kan peusel. Buiten vir padkos wat moet instaan vir ‘n ete (en waarvoor ons graag stop langs die pad), is dit altyd die houer met soetigheid wat goed aftrek kry. As ditContinue reading “Soetigheid vir die pad”
Geniet dit
Die rugby-wêreldbeker bou nou lekker momentum op met die laaste wedstryde wat in die onderskeie groepe gespeel word. Wees deel van die pret, pak ‘n uitpakbord met ‘n verskeidenheid happies of bak sommer ‘n heerlike brood en geniet dit saam met ‘n wyntjie of ‘n paar lekker drankies.
Kaap van Storms
Nes ek dog die warmer weer is uiteindelik hier, tref die ergste storms denkbaar groot dele van die land. Dis toe dat ek besluit daar’s steeds tyd vir sop kook.
Varknek-vleisstukke & Slaai
Steeds in die gees van Braaidag, is dit seker net gepas dat ons ook ‘n tjoppie of wat op die vuur gooi. Iemand vra my juis nou die dag of ons dan nooit braai by die huis nie. Sjoe, dit het my nogals laat wonder of dit lyk of ons nie juis ‘n vuurtjie pakContinue reading “Varknek-vleisstukke & Slaai”
Trots Suid-Afrikaans (en ons cheer vir die Bokke)
In ons jonger dae het ons luidkeels saamgesing as die gewilde kar-advertensie op TV of oor die radio gespeel is: Braaivleis, rugby, sonneskyn en Rover Defender was toe baie gepas en is eintlik meer so vandag, veral nou wanneer ons een en almal bankvas agter die Bokke staan tydens die Wêreld-rugbybeker. September is ook ErfenismaandContinue reading “Trots Suid-Afrikaans (en ons cheer vir die Bokke)”
Dis rugby-wêreldbekertyd
In my huis heers daar ‘n groot opgewondenheid, uiteindelik is die wag verby en het die groot oomblik aangebreek – die langverwagte rugby-wêreldbeker! Ons almal is vurige rugby- en veral Springbok-ondersteuners en veral nadat ons die All Blacks onlangs so ‘n goeie drag slae gegee het, is ons vol hoop dat die wêreldbeker weer vanjaarContinue reading “Dis rugby-wêreldbekertyd”
MAAK SPORE KERAMIEK
Dierespore is uniek van die Napierse beeldhouer, Nelis Singels, se reeks handgemaakte keramiekware wat hy heel gepas “Maak spore” gedoop het. Dié ekoloog gebruik sy ruim kennis van die natuur- en dierelewe om sy stempel op sy eiesoortige kunswerke af te druk. Diere soos ystervark, skilpaaie, groot grys muishond en duiker pronk statig op dieContinue reading “MAAK SPORE KERAMIEK”
Kook met kruie
Dit bly steeds vir my ‘n wonderwerk hoe alles in die planteryk baldadig aan die groei gaan sodra die lente aanbreek. Deur die winter moes ek my maar grotendeels verlaat op sakkies winkelkruie, maar nou het ek opnuut weer vir my ‘n lekker lot basiese kruieplantjies aangeskaf waarmee ek tog alte lekker in die kombuisContinue reading “Kook met kruie”
Dis lente
Uiteindelik is dit September en amptelik lente! Hier teen die Weskus is die weer nog maar deurmekaar, en ons het alreeds ‘n paar hittige dae beleef net om dan weer opgevolg te word met yskoue reëndae of ‘n vinnige buitjie teen so laataand se kant. Rondom my, in die oop veldjie oorkant die huis enContinue reading “Dis lente”
Kampioen van kampioene
Vir ‘n volle 31 jaar is ek nou al bevoorreg om deel te wees van die paneel beoordelaars wat jaarliks die nuwe Championship Boerewors van Checkers en Shoprite moet aanwys.
Super Smoothies
My liefde vir ‘n lekker smoothie is nou reeds alombekend, veral as die weer eers gedraai het. Met my eerste kuiertjie by Andriette Norman waar ons meer gesels het oor gutgesondheid, het sy ons bederf met ‘n groen sappie – so verfrissend en lekker en dis toe dat ek opnuut weer my groen smoothie gaan afstof het.
Kortpad in die kombuis
Ek het laas naweek tog te lekker gekuier saam met die vroue uit die wynlande by Beyerskloof buitekant Stellenbosch tydens ‘n geldinsameling vir die Faith Fund van Beyers Truter wat fetale alkohol-sindroom onder plaaswerkers aanspreek.
Velddrif vroueaand
Op 8 Augustus het ons die mees ongelooflike vroue-kuieraand gehad by Soverby-lapa, net duskant Velddrif op pad Dwarskersbos toe. Knus teen die water sit die klipstruktuur met die houtpaadjie wat jou lei tot waar die branders breek.
Lekker kuier by Beyerskloof
Hierdie is werklik ‘n trefferresep, my Crossfit-pelle, Christa en Peet, het altyd ‘n baksel daarvan in die vrieskas en vertel gereeld hoe hulle dit geniet as die lus vir ‘n lekker gesonder peuseldingetjie hul van tyd tot tyd oorval.
My eie teestel
Ek kon my geluk dus nie glo toe ek vroeër vanjaar die uitnodiging ontvang om my eie stel breekware te kom saamstel by Mervyn Gers nie. Na ‘n taamlike heen en weer, het my keuse uiteindelik op ‘n teestel geval, want daar is vir my niks lekkerder om ‘n mooi teetafel te dek en ‘n verskeidenheid tees saam met lekker eetgoed voor te sit nie.
Faith Fund
‘n Wonderlike geleentheid my weereens toegeval om te help om fondse in te samel vir die FAITH FUND, ‘n inisiatief wat die befaamde wynboer, Beyers Truter begin het.
Kuieroggend saam met Andriette Norman
Laas Saterdag het ek die lekkerste kuieroggend saam met befaamde sanger Andriette Norman en so ‘n 13-tal vroue gehad by die Evolve20-studio in Durbanville.
