Praat saam met SarieKos

Sodra ‘n nuwe SarieKos die rakke tref, koop ek een. Om verskeie redes, maar vir my sekerlik die grootste is om ingelig by te bly wat aangaan in die koswêreld en sodoende lekker te kan saampraat. En die nuutste (weliswaar die winteruitgawe) was weereens ‘n treffer. Dikker, in ‘n nuwe formaat en met veel meer resepte, maar ook absoluut gelaai met troppe inligting wat tot alle seisoene spreek. Dan is daar veral die mooi in al sy treffende eenvoud.

Soos wat Herman Lensing in sy voorwoord skryf: “Ek het nog altyd geglo maak nie saak wat nie, mooi sal ons maak! Ek kies om die mooi in die lewe raak te sien. Want dis daar in alles. Van die klein dinge tot die groot goed, dis hoe ek die lewe aanpak. Vir die mooi is niks te veel moeite nie. Niks! Vir my is dit die ure om die regte bord of glas op te spoor, die myle ver ry agter die perfekte plek vir ‘n foto of die varsste bestanddeel aan (Herman het nie brieke as dit kom by ekstra moeite doen nie!). Die mens is van nature aangetrokke tot mooi dinge omdat dit positiewe emosies oproep…vreugde, fantasie, en bewondering. En die nuuste SarieKos is nuut, anders, mooi, maar steeds bekend.

Vir my is die artikel Ouma weet die beste veral goeie leesstof. Dieetkundige, Mariza van Zyl van BeterEet verduidelik hoekom toentertyd se eenvoudiger manier van doen ‘n sleutel kan wees tot ‘n heilsame, gesonder leefstyl: Ouma het met niks gemors nie, daar is vars en seisoenaal gekook, weekliks brood met aartappelsuurdeeg gebak (so het ek dit aan huis ervaar), sy het haar kontrei ondersteun, haar mense rou aartappel gegee v bloeddruk en vleis met bone en grane gerek. Die resepte net so lekker wat wissel van vinnige melktert tot piekelgroente en wildspastei met ‘n skepkors.

Die heerlike ontdekking, witsous oftewel béchamelsous gaan nooit oudmodies word nie, maar is ‘n treffende manier om groentegeregte op te kikker saam met lekker krummels; aartappels, soos eiers sal altyd ‘n stapelkos bly in enige huishouding; avokado’s is smullekker van op roosterbrood tot in slaai en kos wat langsamerhand prut is propvol geur en heerlikheid. Ontdek bistro-kos en onthou ook om plek te hou vir gebakte poeding na ete (met vla of roomys, selfs room of jogurt). Daar’s nog vele meer interressante leesstof en resepte.

Gaan kry jou SarieKos, dis beskikbaar by meeste supermarkte en smul asook saampraat, is jou voorland.    

Leave a comment