Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat weekliks saam met my op reis gaan, hetsy letterlik of saam met my in die kombuis woeker en nuwe geure en smake ontdek, altyd met goedheid in gedagte, maar ook sonder dat dit te veel inspanning verg. Voorspoed en net die beste vir die nuwe jaar wat voorlê en maak moeite om jou drome waar te maak.
Soos C.S. Lewis se sêding immers lui: “You are never too old to set another goal or to dream a new dream.”
2024 is iets van die verlede, ‘n jaar met vele uitdagings, heerlike onthoue, maar veral een van drome wat waar geword het. UIteindelik is dit daar – Lekker & Goed, my poging om heerlike kos propvol heilsaamheid te maak, het televisie gehaal. Van 2 Januarie word dit om 5h30 op KykNet uitgesaai.
Maar dis geensins ek alleen wat getimmer het aan hierdie droom nie – daar is ‘n hele “village” mense wat gesorg het dat ons mooi kon maak op tv. So dankie weereens:
Paul Venter en Jaco Laubser van Homebrew Films wat dadelik ingekoop het in die idee. Martin Gouws en Tania Reed van HomeBrew wat gesorg het dat alles op skedule en reg verloop.
Pascal Wakefield, jy het defnitief ‘n nuwe dimensie en nuwe manier van doen aan kookprogramme gegee. Jy het my uitgedaag, maar ook net so baie leiding gegee, my gerus gestel en boonop kon ons net so lekker lag.
Herman Lensing, wat soveel meer as net kosvervaardiger was. Jou kreatiwiteit ken net geen perke nie en jy het die mooiste stel in ‘n bitter kort tydjie gebou. Saam met jou span, Dylan Buys en Vikayla Govender, het julle magic gemaak in die kombuis en die kos pragtig gestileer; locations gesoek, die mooiste tafels gedek. En boonop ook agter die monitor help seker maak het dat die prentjies in sync bly. Jy dit ook reggekry om almal in die regte mood te kry vir die dag wat voorlê.
Produksie- en kameraspan Eckard Groenewald, Erick Bwanali, Zaahid Cassiem, Janco Pieterse en klankman Michael Snyman dankie vir jul geduld en lang ure wat jul ingesit het.
Eileen Hamer, stilis , vir die mooimaak en pragtige uitrustings verskaf deur Hugo Fleur.
Alwina Hugo en haar span van Shark Bay Lodge in Langebaan, vir die villas waar ons kon skiet en die etes vir die span.
Die borge sonder wie hierdie program nie moontlik sou wees nie: CarmienTea, WIldeKlawer en Piekenierskloof, dankie dat julle geglo en ingekoop het in hierdie program en my gehelp het om dit realiteit te maak.
My kookboek, Lekker&Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, was die beginpunt van hierdie tv-droom. Maak seker jy skaf jou kopie aan om van die heerlike resepte asook vele meer en heelwat gesondheids-inligting daarin te kry. Die boek is beskikbaar aanlyn by Carmien Tea of Lapa.
