Kersfeestyd is sekerlik die mees besonderse tyd van die jaar. ’n Tyd wanneer meeste mense bietjie kan uitspan of afskaal na ’n besige jaar, maar veral ook wanneer ons tyd saam met geliefdes en vriende kan deurbring. In my grootwordhuis was Kersfeestyd sekerlik die besigste tyd van die jaar wanneer die oes ryp was en moes afgehaal word. ’n Tyd van lang ure werk, maar ook saans met genoegdoening gaan slaap met die wete dat daar weereens mildelik voorsien is. En alhoewel ek dit soms nie so gesien het nie – ons het immers elke Kersvakansie al ons vriende met afguns bejeën wat kon gaan baljaar by die see terwyl ons ingeval het op die plaas – was dit ook ’n baie spesiale tyd waarin ons diep bewus geword het van al ons onverdiende seëninge. Die familie-samesyn en die spesiale Kersritueel op Ou Kersaand, met Kindjie Jesus, die hoofrolspeler. Kersgeskenke was daar ja, maar dit was veral die gees van omgee wat my telkens diep getref het. Ek onthou veral hoe my pa, tussen al die spanning wat die oesery meegebring het, ook tyd ingeruim het om Kaap toe te ry om vir my ma ’n spesiale Kersgeskenk te gaan koop. Vir ons as kinders was dit groter opgewondenheid om my ma se gesig te sien wanneer sy haar Kersgeskenk oopmaak, as die blydskap oor ons eie, want ons het geweet met hoeveel liefde dit gegee is.

Elke jaar het elke huisgesin ook die oudste Bybel-dagstukboek, Uit die Beek, ontvang. Voorin het my pa in sy baie besonderse handskrif vir elkeen van ons ’n spesiale boodskap geskryf: Ek bewaar dit tot vandag toe. In die 2006-dagboek skryf hy:
Geseënde Kersfees – mag die oordenking van die Bybel vir jul wysheid en insig gee vir die pad vorentoe. Mag die Here jul as huisgesin seën. Pa & Ma
Ja, dis ’n besonderse tyd om omgee en liefde aan almal om ons te bewys, bekend en onbekend. Soos een van Moeder Teresa se vele wyshede tereg sê:
“It is Christmas every time you let God love others through you.”
Hier is ’n dorslesser of twee vir die Kerstyd.
PINK LADY

Makes 1 drink
- Half a lemon
- Pink salt
- 1 catering bag Carmien Cranberry Hibiscus Cold Brew
- 125 ml (1/2 c) water
- 1 tot Carmien Floral Gin
- 1 Ready To Drink Carmien berry hibiscus ice tea
- Run the lemon half around the rim of a glass and dip in salt. Allow to dry.
- Place the tea bag in a saucepan, pour over the water and bring to a boil. Cook till syrupy, about 5 min.
- Pour a tot of the syrup in the glass, also add a tot of gin.
- Top with the ready-to-drink ice tea. Finish with a slice of lemon or a flower or two.
FRUITY SOMETHING

Makes 1 drink
- 50 ml of the cranberry hibiscus syrup (see recipe above)
- 1 Ready To Drink Carmien Geranium Mint
- Plenty of fresh berries like strawberries, blueberries and cherries
- Lemon slices
- Ice cubes
- Pour the syrup in a glass and top with the ready-to-drink.
- Add plenty of fruit, lemon slices and ice cubes.
