Supermaklike maaskaasbrood

As jy nes ek, mal is oor brood, maar bietjie probeer wegskram van gluten en baie koolhidrate is, is hierdie maaskaas-hawermoutbrood ‘n heerlike alternatief waaraan jy maar sonder skuldgevoel ‘n snytjie of twee kan geniet. Boonop bevat dit lekker baie proteïene en vesel en is ook supermaklik en eenvoudig om te maak – net mengContinue reading “Supermaklike maaskaasbrood”

Goedheid vir jou gut – rooibos en jogurt

Rooibos se ster skitter net al hoe helderder – nie net wil almal deesdae ‘n tikkie rooibos aan hul bas dra nie, maar dis ook ‘n bewese feit dat dit goed is vir jou gut, ‘n gewilde onderwerp wat almal deesdae aan die praat het. In ‘n onlangse artikel op Netwerk24: Dermgesondheid: rooibos en jogurt,Continue reading “Goedheid vir jou gut – rooibos en jogurt”

Luilekker op die queen Victoria

Net na ontbyt Sondagoggend kom die boodskap van die kaptein, Evans Hoyt, dat ons nie Walvisbaai gaan aandoen nie – ons het te veel tyd verloor met die laat vertrek uit Kaapstad en vaar nou direk na een van die Kanariese eilande, Tenerife, toe. Vir ons nogals ‘n teleurstelling, want ons is gek na NamibiëContinue reading “Luilekker op die queen Victoria”