VLEIS
500 g varkfilet, in dun repies gesny
’n halwe groen appel, gerasper
2 knoffelhuisies, fyngerasper
15 ml (1 e) sojasous
10 ml (2 t) strooisuiker OF heuning
5 ml (1 t) sesamolie
olie, vir gaarmaak
GROENTE
kookwater
20 g droë sjiïtake-sampioene (opsioneel)
olie
2 knoffelhuisies, fyngerasper
’n halwe kopkool, in baie dun repies gesny
2 krulkoolblare OF spinasie, in baie dun repies gesny
100 g boontjiespruite
15 ml (1 e) vissous
30 ml (2 e) sojasous
15 ml (1 e) rysasyn
10 ml ( 2 t) sesamolie
’n knippie strooisuiker
VIR VOORSIT
jasmynrys
4 eiers, pangebraai met ’n sagte geel
gekapte vars koljanderblare
sesamsade vir oorsprinkel
lemmetjies
ekstra sojasous
1 Vleis Meng al die bestanddele vir die vleis en laat marineer minstens ’n halfuur lank. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan, dreineer die vleis en roerbraai tot net gaar. Voeg enige oorskiet marinade by terwyl jy roerbraai. Skep uit.
2 Groente Giet kookwater oor die droë sampioene en laat week tot sag, indien gebruik. (jy kan vars sampioene ook gebruik, roerbraai dan net saam met die kool)
3 Verhit nog olie in dieselfde pan en roerbraai die knoffel, kool en krulkool of spinasie tot net sag, maar nog lekker bros. Dis baie vinnig.
4 Dreineer die sampioene en sny in skyfies. Voeg by die kool saam met die boontjiespruite. Roerbraai vinnig.
5 Meng die vissous, sojasous, asyn en sesamolie met ’n knippie suiker. Meng by die groente en roerbraai tot geurig.
6 Roerbraai die rys apart saam met bietjie sesamolie tot geurig.
7 Vir voorsit Skep hopies vleis, groente en rys in bakkies en giet die pansappe oor. Skep die eier bo-op en rond af met koljanderblare en ’n sprinkel sesamsade. Sit voor met skyfies lemmetjies en ekstra sojasous.
