As jy by die INNOVATION STUDIO in die Kaapse middestad instap, kan jy maar weet daar wag ‘n unieke ervaring op jou. Die studio wat deur Hannerie Visser en haar span bedryf word, laat mens regtig met nuwe oë na enige kos en kosprodukte kyk. Ek was onlangs uitgenooi om die bekendstelling by te woon van Eskort se kindervarkvleishappies, Kiddos, ‘n eerste in die Suid-Afrikaanse mark.
Dit was nie net ‘n doodgewone bekendstelling nie, maar Innovation Studio het voorwaar my oë oopgemaak hoe om anders om te gaan met Eskort se wye verskeidenheid produkte en klaarverpakte bokse wat onder andere insluit ‘n ontbytboks, tapasboks en familie-braaiboks. Alles om jou te help om sonder moeite kos op tafel te kry, hetsy vir die gesin of as jy onthaal.

Die tafel minimalisties oorgetrek met papier en tou; gemmerbier in ‘n labatorium-maatbuis wat dien as dorslesser, die kos wat ons happie vir happie verras met interresante kombinasies: brosgebraaide heuningspekvleisrepies saam met ‘n glasie Bloody Mary; ontbyt-mini-vetkoeke met worsies; ons kyk met gekleurde brille na jalapeño-twisters en dit verander inderdaad die smaakervaring, die tapashappies met ‘n verskeidenheid souse voorgesit en die ribbetjies, heerlik sag met baie vleis, kom saam met verskeie soorte sprinkels. Daar’s pizza’s en ‘n monkey gland bacon burger jaffle en ‘n mini-trippel-toebroodjie met drie soorte vleis. En wie het geweet jy kan met ‘n verskeidenheid velletjies vleisrolle ‘n propperse mini “roll-up” charcuterie peuselbord voorsit.
Dis veral Eskort se familie-braaiboks wat my verras; daar’s heerlike sosaties en sappige, alhoewel dungesny, varklende-tjops saam met boerewors, kreatief voorgesit met ‘n skaakbordtipe uitpak-aartappelslaai in verskeie kleure, tot pers aartappels.
En toe wag die Kiddos-kosblik op ons – die eintlike rede hoekom ons vandag hier is: Eskort het so pas die eerste reeks varkvleishappies wat spesiaal op kinders gemik is, bekend gestel. Dis nie net lekker nie, maar ook voedsaam met geen bygevoegde MSG of gluten nie en is ook reeds gedeeltelik gaar, wat jou help om binne ‘n kwartier die hongeres te voer. Dit kan in die oond of in die lugbraaier gaargemaak word Boonop het hulle lekker name ook soos Flingas, Tootsies, Smashies, Wim Wams, Tonkies and Cheesy Wiggles en die verpakking is mooi kleurvol.
FLINGAS is gekrummelde varkvingers; TOOTSIES gekrummelde vark”nuggets”, WIM WAMS gekrummelde varkfrikkadelle; TONKIES aartappel-en-spekvleisballetjies; en CHEESY WIGGLES is mini kaas-viennas.
Die nuwe Kiddos asook meeste Eskortprodukte, soos onder andere van die klaarverpakte bokse, is in meeste groot supermarkte beskikbaar. Net reg vir die vakansie- en feestyd.