‘n Pot rooibos

Vir my is dit nou al so maklik en lekker soos koek eet om met rooibos te kook. Dit het my natuurlike speserykas in ‘n teekoppie geword waarmee ek geur gee aan van brood tot sop, lamsboud daarin gaarmaak, vele slaaisouse daarmee maak en ook om daarmee te bak. En dan is daar natuurlik die lekkerte om ‘n passende koppie rooibostee te kry waar die geure van die tee en die kos met mekaar praat. Met my tweede kosdemonstrasie by Nampo Kaap op Bredasdorp is dit dan ook presies waarop ek gefokus het – tee in die kos en tee om te drink, alles uit Carmientea se wye verskeidenheid rooibostees.

Vanjaar vier Carmientea sy 25e bestaansjaar en het gegroei van ‘n klein plaaslike rooibostee-verskaffer tot ‘n internasionale maatskappy waarvan die handelsmerk tot op Japan se winkelrakke pryk. Die naam gebore uit ons tweelingsusters: die Car van Carmen en mien van Mientjie Mouton, die stigter en besturende uitvoerende hoof van Carmientea.  Carmientea is nou al bekend vir sy innoverende produkte waarmee hul jaar na jaar vorendag kom, nie net verskillende geure en vermengings nie, maar ook funsionele tees en cold brews (tee wat met koue water gemaak word vir ystee). Die nuutste, hul reeks vrouetees wat van Feminine tot Nursing en dan ook Menopause insluit – Tees spesiaal geformuleer vir vroue deur ‘n span formidabele vroue wat weet wat hulle doen.

In my demonstrasie het ek groen rooibostee gebruik om ‘n heerlike lae koolhidraat saadbrood te bak; ‘n slaaisous, gemaak met rooibos asook okkerneute het ‘n lieflike geur aan ‘n Brusselse spruite slaai verleen asook aan die bruinrys en quinoa slaai waar ek beide in rooibos gaargemaak het. Ter afsluiting het ek my nou reeds bekende rooibosteekoek gebak met die meel asook suiker heelwat afgebring om dit gesonder, maar steeds smullekker te maak.

Oor na die resepte

BRUSSELSE SPRUITE-SLAAI MET SELDERY EN APPEL EN -neute-rooibos-slaaisous en airfryer snitchels (in parmesaanmeel)

Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 10 min

OKKERNEUT-SLAAISOUS (x 2)

  • 250 ml (1 k) okkerneute of amandels
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • Handvol koljanderblare en pietersielie
  • 160 ml (2/3 k) olyfolie
  • 45 ml (3 e) suurlemoensap
  • 160 ml (2/3 k)  sterk groen rooibostee met boegoe of brandrissie en gemmer
  • 15—30 ml heuning of bruinsuiker

SLAAI

  • olyfolie
  • 500 g Brusselse spruite, ontdooi indien bevrore
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 groen appels, in dun stokkies gesny
  • 4 stele seldery, in ringetjies gesny
  • 125 ml (1/2 k) sultanas of bosbessies
  • Paar groen olywe
  • 1 rooi ui, in dun ringetjies gesny

VOORSIT

  • 4 hoenderborsfilette
  • Sout
  • bruismeel
  • parmesaankaas
  • Feta-kaas en avokado
  • roketblare
  1. SLAAISOUS Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker of NutriBullet en kap grofweg op.
  2. SLAAI Verhit olyfolie in ‘n pan en roerbraai die brusselse spruite daarin tot sag, voeg die knoffel by terwyl jy roerbraai en geur met sout asook suurlemoenskil. 
  3. Giet driewart van die slaaisous oor die brusselse spruite en laat afkoel.
  4. Kap die hoenderborsfilette platter met die agterkant van jou handpalm, geur met sout. Meng bruismeel met parmesaankaas en rol die filette daarin. Verkoel effe.
  5. Pak in die laai van die Airfryer, drup olie oor en bak sowat 20 minute tot gaar en buitekant lekker bros.
  6. Rangskil die Brusselse spruite en res van die slaaibestanddele in ‘n slaaibak of bord, giet die orige slaaisous oor. Sprinkel feta en avokado oor
  7. Sny die hoenderborsies in repe en pak bo-op. Rond af met roketblare.

Hawermout-saadbrood

Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.

Maak 1 medium brood
Bereiding: 15 min
Baktyd: 40—50 minute

  • 625 ml (21/2 k) hawermout
  • 250 ml (1 k) gemengde sade, insluitend sonneblom-, pampoen-, sesam- en lynsaad
  • 60 ml (1/4 k) psylliumvesels
  • 12,5 ml (21/2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 4 eiers
  • 45 ml (3 e) klapperolie, gesmelt
  • 250 ml (1 k) groen rooibostee
  • 15 ml ( 1 e) appelasyn
  • gemengde sade of sesamsade vir bo-op sprinkel

VOORSIT

  • Avokado

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n klein broodpannetjie en voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.

  • Meng die droë bestanddele goed saam.
  • Klits eiers, voeg klapperolie, water en appelasyn by en klits goed.
  • Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Laat staan 10 min tot stewig.
  • Skep in pannetjie, druk effe plat.
  • Bak sowat 40–50 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit voor met fyngedrukte avokado.

In lugbraaier: Stel die lugbraaier op bak en verhit tot 180°C. Bak 30 minute lank, bedek die brood na 15 minute met tinfoelie om te keer dat dit te donker bak bo-op.

ROOIBOS-SJOKOLADEKOEK

Maak een groot koek,
Bereiding: 20 min
Baktyd: sowat 40 min

KOEK

AFRONDING

  • 250 ml (1 k) geroomde maaskaas
  • Bietjie versiersuiker
  • 250 g vars aarbeie (laat lêin bietjie strooisuiker om stropie te trek) en blommetjies

Voorverhit die oond tot 180°C (of stel bak by AirFryer, ook 180°C)

  • KOEK Meng die koekmeel, kakao, koeksoda, en sout saam, voeg die hawermout en suiker by en meng goed.
  • Giet die olie, asyn en rooibostee in ‘n groot beker en klits goed.
  • Voeg die teemengsel by die droë bestanddele en meng goed.
  • Spuit ‘n silikoon-bundtpan goed met kossproei. Giet die beslag daarin en bak sowat 40—45 min lank of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
  • Bedek die koek halfpad deur die baktyd met ‘n vel tinfoelie om te keer dat die bokant nie te donker bak nie.
  • Laat afkoel in die pan en verkoel tot stewig.
  • Plaas die koek op ‘n koekstaander.
  • AFRONDING Meng die maaskaas en versiersuiker en skep op die koek
  • Rond af met aarbeie en blommetjies 

BRUINRYS-EN-QUINOA-SLAAI MET SONGEDROOGDE TAMATIES EN BLOUBESSIES

Quinoa saam met bruinrys is ‘n volledige proteien. Songedroogde tamaties en bloubessies is heerlik saam.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.

SLAAI

  • 250 ml (1 k) bruinrys, gekook in Carmien Orange Camomile (2 sakkies)
  • 125 ml (½ k) quinoa, goed afgespoel en gekook in Orange Camomile (2 sakkies)
  • sout
  • 1 sak (240 g) songedroogde tamaties in vinaigrette, opgekap (voeg ekstra Orange Camomile- tee by die vinaigrette om slaaisousie te maak)
  • 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
  • 1 mini komkommer, gehalveer en ontpit en in klein blokkies gesny
  • 125 g bloubessies
  • 1 rooi-ui, geskil en in klein blokkies gesny
  • Handvol boontjiespuite
  • hand vol roketblare
  1. Kook die rys en quinoa in aparte kastrolle met soutwater tot net sag, onderskeidelik sowat 40 en 15 min. Dreineer, spoel af en meng.
  2. Roer die die fyngekapte tamaties asook die vinaigrette deur die rysmengsel. Laat afkoel.
  3. Voeg die kekerertjies, komkommer, bloubessies, en ui by en meng liggies.
  4. Skep in ’n opdienbord en sprinkel die boontjiespruite en roket oor.

Leave a comment