‘n Tee vir elke vrou

‘n Verskeidenheid welstandstees wat vroue in alle fasette van hul lewensloop ondersteun, is tydens Vrouemaand deur Carmién Tea bekendgestel. Maar dis veral die Menopause-tee in sy pragtige pienk verpakking wat my na aan die hart lê, want dit help nie net om simptome van menopouse tydens hierdie fase te verlig nie, maar ondersteun vroue ook algeheel tydens alle lewensfasette. Ek was bevoorreg om die ambassadeur vir hierdie unieke tee te wees.

Teen dié tyd weet almal reeds dat Carmién bekend is vir hul innoverende idees en aan die voorpunt is as dit kom by die ontwikkeling van nuwe tees. Vanjaar het hulle weereens glad nie teleurgestel nie en ‘n reeks unieke welstandstees, spesiaal vir vroue, maar ook ontwikkel deur vroue, uitgebring: Daar is Feminine vir vroue van alle ouderdomsgroepe wat tydens die menstruele siklus gedrink kan word en veral help vir PMS en krampe; Fruitful, wat meehelp met fertiliteit en hormonale wanbalanse; Mom-to-be vir verwagtende moeders; Nursing vir ma’s wat borsvoed; Mom Uplift vir diegene wat sukkel met angs en nageboorte-depressie, en dan is daar Menopause, sekerlik dié belangrikste een van die lot, want hierdie tee ondersteun vroue algeheel tydens alle lewensfasette, maar veral tydens menopouse waar dit help om simptome soos nagsweet en warmgloede te beheer. Ek geniet nie net ‘n koppie hiervan op ‘n daaglikse basis nie, maar gebruik dit ook in my smoothie (waaraan ek eintlik so bietjie verslaaf is) wat ek elke oggend drink nadat ek klaar geoefen het.

So maak ek hierdie SMOOTHIE:

Plaas die volgende in die NutriBullet en verwerk tot heeltemal glad:

  • Sowat 125 ml (1/2 k) bevrore bessievrugte, insluitend bloubessies
  • Sowat 80 ml (1/3 k) laevet natuurlike jogurt
  • Soms ‘n handvol baba-spinasieblare
  • 30 ml (2 e) proteïenpoeier (ek gebruik USN se Diet Protein Ultra Light), aarbeigeur
  • 80—125 ml (1/3—1/2 k) Carmién Menopause-rooibostee (gemaak met 1 sakkie) – dit kan maar warm wees (pas die hoeveelheid tee aan afhangende hoe loperig jy die smoothie wil hê)

Heerlik en verslawend!!!

En só beskryf Carmién die unieke Menopause-tee op die Carmién-webtuiste: Carmién Menopause is a specially formulated blend of Rooibos, Raspberry Leaf, Black Cohosh, Ginseng, and Moringa that provides overall menopause support and can help relieve night sweats and hot flushes.

  • The combination of ingredients provides overall menopausal support and helps to relieve night sweats and hot flushes
  • Rooibos is naturally caffeine-free and sugar-free
  • Rooibos contains the potent antioxidant aspalathin, which can help combat several diseases
  • Rooibos can assist with weight loss
  • The cooling nature of Raspberry Leaf can assist with hot flushes and balance the fluctuation in hormones that cause issues like lower libido and vaginal dryness
  • Black Cohosh may improve physical and psychological menopausal symptoms, including anxiety, hot flashes, night sweats, and vaginal dryness
  • Ginseng may help with regulating blood sugar, improve focus and reduce inflammation
  • Moringa’s rich mineral and vitamin content offers numerous potential benefits for women, including improved nutrition, increased energy, and support for bone health. It may also help address anemia and offer anti-inflammatory properties, contributing to overall well-being.

Ingredients: Rooibos (Aspalathus Linearis), Black cohosh, Ginseng, Moringa, Raspberry leaf, Raspberry flavouring, Strawberry flavouring

The information provided is not intended as medical advice. Our products and the information we provide are not intended to diagnose, treat, cure or prevent any disease. Please consult with your healthcare professional before using our teas for any health-related concerns, or if you are taking any medications, are pregnant/nursing (unless we specify that they are safe) or have any mild/serious health conditions. Results may vary among individuals. The efficacy of our teas may depend on factors such as your individual health, lifestyle, diet, consistency, and adherence to suggested use. We do not guarantee specific results.

Vir verdere inligting en ander tees besoek die Carmién-webtuiste.

Leave a comment