Naas brood, is rys een van my vele kosliefdes. Ek kan dit net so, saam met ‘n bietjie sojasous oorgesprinkel, bakkies vol verorber. Hoe spesiaal is dit dat ek een van Spekko se uitverkorenes is om deel te kan neem aan hul nuutste kampanje, Feed your Curiosity, 7 days 7 ways, om te wys dat rys veel meer as net ‘n bykos is, maar inderdaad elke dag op interessante maniere in die allerheerlikste geregte ingespan kan word. Uit die lys van watertand resepte wat ek ontvang het, kies ek om twee te maak – gevulde botterskorsie, die allerheerlikste vegetariese gereg (wat ek skaamteloos man-alleen verober het, so lekker was dit). Dan is daar die beesstert, smulsag gestowe in ‘n pragtige LeCreuset-pot, waaraan my gesin net so lekker saamgesmul het.
Twee allermintige groot bokse daag laat op ’n Donderdagaand per Uber by my huis hier in Langebaan op, die een tot boordens toe gevul met bestanddele waarmee ek die lekker resepte moet kook; in die ander die apparate wat benodig word om hierdie joppie te doen – en nie sommer so nie – dis LeCreuset panne en potte net waar jy kyk – uiteindelik het ek ook nou ’n ordentlike pot om rys in te kook! Die resepte is waarlik heerlik, maar tog vinnig en maklik om te maak en ek kook tog te lekker, sit hier en daar so ‘n bietjie Carmen magic by. Ek voeg byvoorbeeld bietjie rooibostee met ‘n suurlemoengeurtjie by die rys. Heerlik! Vir my is die gevulde botterskorsie die ideale ligte middagete waaraan ek sal smul wanneer ons vinnig ‘n breek vat tussen al ons aktiwiteite deur. Vullend, maar ook lig genoeg as ek later die dag nog ‘n vinnige sessie in die gym wil gaan doen.

STUFFED BUTTERNUT
Serves 4
Preparation time: 15 min
Cooking time: 1 hour
- 125 ml (½ c) Spekko Basmati rice, rinsed
- 2 litres vegetable stock
- 2 bags Carmien Zesty Lemon rooibos tea bags
- 500 ml (2 c) boiling water
- 2 large butternuts, halved lengthways with seeds scooped out
- Salt
- 2 cloves garlic
- Few sprigs thyme
- Oil
- 1 can (400 g) chickpeas, drained
- Paprika
- 1 large onion, chopped
- 2 cloves garlic, grated
- 50 g pecan nuts, chopped
- 50 g cranberries
- 1 lemon
Handful thyme, coriander and basil leaves
Preheat the oven to 190°C.
- Soak the rice in water for half an hour, rinse and drain.
- Place the rice and stock into a pot.
- Steep the rooibos tea in boiling water till strong and pour over the rice. Cook till the rice is soft, then drain off the excess liquid.
- Score the inside flesh of the butternut, going halfway into the flesh.
- Season with salt, garlic and thyme. Brush with oil and place in the oven. Roast for about 45 minutes to 1 hour till cooked and soft.
- Spoon the chickpeas onto a baking sheet, season with paprika and a little oil and roast in the oven till crisp, about 20 min.
- Heat some more oil in a saucepan and fry the onion, garlic and thyme till soft. Add the rice and stir-fry a few minutes.
- Add the chickpeas, pecan nuts and cranberries and stir till well combined. Add lemon zest and lemon juice.
- Scoop out the inside flesh of the butternut, leaving a 1 cm border.
- Mix the butternut flesh with the rice mixture.
- Stuff the butternut with the filling and garnish with fresh thyme, coriander and basil leaves.
